In die nuus vandag:die Dow Jones Industriële Gemiddeld het gister ‘n 12-jaar laagtepunt bereik (nie eers aangepas vir inflasie nie), met finansiële ontleders wat geen rede sien hoekom die val nie kan voortduur nie, en in Ierland het 100 000 werkers in Dublin gemarsjeer om hul ongelukkigheid oor die regering se hantering van die finansiële krisis (volgens hierdie berig in BBC Nuus). Hulle standpunt is dat hulle nie die krisis veroorsaak het nie, maar daarvoor moet betaal.
Terselfdertyd sien ons hierdie berig in die Britse Guardian koerant dat die Engelse polisie voorberei vir moontlike gewelddadige massa-optrede. Hulle waarsku dat groot banke en multi-nasionale maatskappye dalk teikens kan word van die frustrasie van die man op straat (banke en maatskappye wat steeds miljoene uitbetaal aan bonusse aan hul bestuurders, terwyl die regering biljoene rande moet gee om hulle uit die moeilikheid te help, geld wat van die belastingbetaler af kom).
