‘n Baie interessante verwikkeling om dop te hou, is diè berigte wat deesdae die nuus haal oor die koning van die Xhosas nl. Buyelekhaya Dalindyebo van die Thembu stam. Volgens diè berig op die webblad van die Afrikaner Volksparty (ANC en Xhosas dreig met burgeroorlog. Vrydag 8 Januarie) lyk dit nie net na ‘n ydele dreigement nie en as ‘n mens kyk na die lesersbrief in antwoord daarop (lesersbrief:Waarskuwing oor swart burgeroorlog.Saterdag 9 Januarie.) besef ‘n mens dat die verdeeldheid tussen die swart stamme in Suid Afrika al baie groot is en die krake in die damwal elke dag groter word.
Dit is ook baie interessant dat Mbeki en Mandela onder die sg. Thembustam resorteer.
Volgens ‘n nuusberig vandag op Radio Pretoria het Buyelekaya Dalindyebo se prokureur al op 14 Januarie 2010 ‘n sesessie op die parlement bedien waarin hulle verklaar dat hulle hulself nie meer beskou as deel van Suid Afrika nie en dat hulle nou voortgaan met hul eise.
“Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagpanhes. Sê: Staan reg en maak jou klaar,want die swaard het verslind wat rondom jou is.” Jeremia 46:14.
