Na aanleiding van die voorafgaande twee bydraes, wil ons net weer die Suidlanders se standpunt onderstreep dat onsself primêr verantwoordelik is vir die welstand van onsself en ons families.  Ons kan dit nie iemand anders (soos bv. die regering) se verantwoordelikheid maak nie.

Wêreldwyd is daar al meer besig om sporadiese tekorte te ontwikkel, soms is dit kos, soms kontant, soms brandstof, soms kragvoorsiening, en al hoe meer, werksgeleenthede.

Ons wil dus alle lesers weer eens aanmoedig om seker te maak dat hulle ten MINSTE ‘n basiese voorraad noodsaaklike lewensmiddele aanhou.  Dit sluit in ‘n kosvoorraad, brandstof (voertuig en andersins), en ook geld.  Indien omstandighede jou dwing om van hierdie voorraad te gebruik, vul dit so spoedig moontlik weer aan.

En wees oordeelkundig met die gebruik van voorraad – mens is geneig om dom dinge te doen soos om mens se petrolvoorraad te gebruik in ‘n moeilike maand om sodoende geld vir bv. sigarette te hê.  As daar net dan ‘n landswye petroltekort plaasvind en mens MOET ry, is jy gesnoeker.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)