Dit is duidelik in die laaste paar weke, dat die massas dinge in hierdie land begin dikteer. Ek haal n uittreksel aan uit die Koerant Beeld; “Mbeki het die groot transformasie uitgestel. Jacob sal dit deurvoer. Die armes kan nie langer wag nie. Die uitgestelde Groot Transformasie of uitgestelde Revolusie?”.
Met ander woorde, die massas het sekere verwagtinge wat hulle koester, omdat sekere beloftes aan hulle gemaak is oor etlike jare! Maar, soos ons Afrika ken, het die wat tot leiers verkies word, die rykdom en weelde van hul posisies so geniet dat hul gou vergeet van die armes!
Die armes kan egter nie langer wag nie, en het laas week geskreeu, “Zuma is n flop” in die hele Vaal Driehoek se woongebiede! En by Orange Farm het hul geskreeu dat Malema in weelde leef en hulle in armoede! Die Munisipale Werkers Unie het gese Zuma moet uit! Ens.
Geen wonder dat Maatskappye soos Anglo se, dat hul vir eers nie in hierdie land gaan bele nie, want die geldmagte kon nog altyd die massas beheer, deur hul leiers om te koop (dis waar die weelde vandaan kom). Maar met die uitsprake van die massas die laaste paar weke teen Zuma en selfs Malema, het daar n gaping ontstaan tussen die leiers en hul eie volgelinge. Wat hul beheer oor die massas op risiko plaas! Malema het dit ook opgetel, daarom die hernude vlaag van haatspraak, om die ongeduldige massas se steun en vertroue terug te wen!
Die geldmagte kan nie die massas omkoop nie, en dus nie meer beheer nie. Daarom raak n Revolusie in hierdie land onvermydelik?! Want die armes kan nie langer wag nie!
En vir die mense wat nog nie voorberei het nie, raak die tyd nou min! Die dag wat ons Hemelse Vader die deur van hierdie “ark” gaan sluit is nie meer jare weg!!!
Sterkte, en mag die Genade en Barmhartigheid van ons Hemelse Vader met u wees!
