Dankie Julius
In die woorde van Julius Malema (hy praat oor die ANC Jeugliga (ANCYL)):
“As revolutionary activists, we have a responsibility to…”
Bron: ANCYL warns ANC Leaders - News24
Ons sien dus dat Julius Malema homself, en sy organisasie, as “revolusionere aktiviste” sien. Ons, as Suidlanders, wil weet: Watter revolusie?
Laat geen persoon ooit weer ons standpunt as kaf afmaak nie: as ons revolusionere aktiviste (in leiersposisies, nogal) het, is daar ‘n revolusie of word ‘n revolusie beplan. Ons hier by Suidlander Redaksie dink nie hulle beplan om TERUG na apartheid te “revolueer” nie, so wat is die alternatief? Is die Suidlanders waarskuwing steeds vergesog?
Net ter opklaring: hier is die definisie van revolusie (in ‘n politieke konteks) (en in Engels): “The overthrow of one government and its replacement with another” (een bron) en “ the overthrow or renunciation of one government or ruler and the substitution of another by the governed” (tweede bron). ‘n Derde bron spesifiseer “met geweld”. Google self.