Die VSA het verlede week ‘n aanval op Sirie gemaak waarin 8 mense dood is – as waarskuwing aan Sirie. Dinge is op die oomblik baie gespanne daar. Die VSA het sy ambassade in Damascus gesluit.
Vir die van julle wat nie verstaan waar Sirie en Damascus inpas nie. Damascus is die hoofstad van Sirie, en dit is wat die Bybel vir on se met Damascus gaan gebeur. (Jes 17:1) Godspraak oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ‘n vervalle puinhoop word.
Dit sal heel moontlik moet gebeur voor die 3e wereld-oorlog uitbreek, aangesien Sirie nie genoem word as een van die lande wat deel gaan he aan die oorlog nie – al is hulle in die middel van die oorlogs-area.
