Archive for the ‘Voedsel Berging’ Category

Die ideaal om na te streef in die voorbereiding vir selfversorgendheid, is om so ver as moontlik onafhanklik van ander te kan oorleef.  Prakties kan so ‘n strewe nie werklik verwesenlik word nie, maar daar is baie wat mens kan doen om daarnatoe te werk (en jou afhanklikheid te minimaliseer).

Dit is egter so ‘n moeilike taak, dat dit maklik as “onmoontlik” beskou kan word en die strewe laat vaar word.  Die koste van voorbereiding kan ook na ‘n onoorkombare probleem lyk.  Dit is dus belangrik om mylpale te stel en die proses in stappe af te handel.

As eerste mylpaal kan mens byvoorbeeld as doelwit stel om vir 72 ure te kan oorleef in haglike omstandighede.  Dit is byvoorbeeld waar ‘n “gryp-en-hol” rugsak inkom, of ‘n oorlewingsak in jou voertuig.  So ‘n rugsak is al in ‘n vorige pos bespreek.

As volgende doelwit of mylpaal kan mens vir twee weke voorberei.  Dit is belangrik om so ver moontlik, al die fasette van voorbereiding gelyktydig aan te spreek, en toepaslike hoeveelhede van items aan te skaf.

Byvoorbeeld:  as jy net 200 liter brandstof vir jou voertuig het, is dit onnodig om verskeie stelle onderdele vir toekomstige dienste aan te hou – die voertuig gaan op die beste 2000 tot 3000 km loop voor die brandstof gedaan is, en dis onwaarskynlik dat die voertuig meer as een olievervanging gaan nodig hê in daardie tyd.  Spaar onderdele vir iets wat breek, is natuurlik ‘n ander storie.

Net so, as jy ‘n gaslamp besit, kyk na die gemiddelde leeftyd van die sakkie (“mantle”).  Is dit nodig om 10 ekstra sakkies aan te koop as jy net twee of drie bottels gas vir die lamp het (wat moontlik nog met ‘n stoofplaatjie gedeel moet word)?

Dit is beter om te begin met die “lys van lyste” wat voorheen bespreek is, en te poog om op alle terreine eers vir 72 uur, dan twee weke, een maand, drie maande, en een jaar (of langer) voor te berei, as om die lyste van die begin af van bo af te probeer afmerk vir bv. 1 jaar se voorraad.

Met voedselberging van langer as 3 maande is dit belangrik om na sade te begin kyk – die kweek van ‘n groentetuin vat tipies ten minste 3 maande om te begin voedsel lewer, so as jy net vir 2 weke kos het, is ‘n versameling saad laer prioriteit as nog meer kos.

Die bostaande is natuurlik van toepassing vir ‘n scenario waar her-aanvulling van bv. brandstowwe en voedsel vir ‘n lang tydperk nie moontlik is nie.

Ons het die volgende lys van ‘n leser ontvang. Dit bevat die aanbevole bergingstyd vir verskillende voedselstowwe. Ongelukkig is die lys in Engels (Amerikaans), maar dit kan steeds handig te pas kom.

Crackers 3 months Keep dry & weevil proofed
Frostings, canned 3 months Cool
Nuts other packaging 3 months Cool and dark – better refrigerated or frozen
Nuts in shell 4 months Cool, dry and dark – better refrigerated or frozen
Mayonnaise 6 months Cool & dark
Milk non-fat dry 6 months Bone dry and cool
Rice flavored or herb 6 months Sealed, dry and weevil proofed
Salad oils 6 months Sealed, dark, cool. Better refrigerated
Cocoa, powder or mixes 8 months Sealed and cool
Frostings mix 8 months Dry and cool
Biscuit, brownie, muffin mix 9 months Sealed, cool, dry, weevil proofed
Cake mixes, regular 9 months Sealed, cool, dry, weevil proofed
Coffee creamers, powdered 9 months Sealed and cool
Chocolate bars or chips 18 months Cool and dark
Chocolate, semi-sweet or unsweetened, 18 months Cool and dark
Cornstarch 18 months Keep dry
Gelatin, all types 18 months Protect from moisture
Tea, bags 18 months Sealed and dry
Rice brown 3-6 months Dry and weevil proofed, better refrigerated or frozen
Pancake mix 6-9 months Dry and weevil proofed
Peanut butter 6-9 months Sealed, cool, dark
Fruits, dried 6-12 months Cool, sealed, weevil proofed
Potatoes, instant 6-12 months Dry and weevil proofed
Sauce and gravy mixes 6-12 months Cool and dry
Flour, refined white 8-12 months Dry & weevil proofed
Syrups (corn syrup based) 8-12 months Sealed and cool
Salad dressings 10-12 months Sealed, dark, cool. Better refrigerated
Canned food metal can, acidic 12-18 months Cool & dry
Sugar confectioners 18 months Tightly sealed, dry
Whole wheat 4-6 weeks Keep dry, refrigerate or freeze for longer shelf life
Cake mixes angel food 1 Years Sealed, cool, dry, weevil proofed
Cornmeal 1 Years Keep dry & weevil proofed
Hominy, hominy grits, masa harina 1 Years Dry and weevil proofed
Milk, condensed or evaporated 1 Years Turn over every 2 months
Nuts, vacuum canned 1 Years Cool and dark
Pudding mixes 1 Years Cool and very dry
Shortening, solid 1 Years Cool, dark, tightly sealed.
Soup mixes 1 Years Cool, dry, and weevil proofed
Vegetables, dried 1 Years Cool, dark, dry, weevil proofed
Baking soda 2 Years Sealed & dry
Bouillon, cubes or granules 2 Years Sealed, cool and dry
Canned food: metal can, non-acidic 2 Years Cool & dry
Chocolate syrup 2 Years Cool & tightly sealed
Coffee, regular 2 Years Cool, dry and sealed
Grains, whole 2 Years Dry and weevil proofed
Honey 2 Years Cool, tightly sealed, dark
Jellies, jams, preserves 2 Years Dark, cool, tightly sealed.
Molasses & syrups 2 Years Tightly sealed
Pastas (macaroni, noodles, etc) 2 Years Dry and weevil proofed
Peas and beans, dry (not soybeans) 2 Years Dry and weevil proofed
Sugar, brown 2 Years Tightly sealed, dry
Tea loose 2 Years Sealed and dry
Tea instant 3 Years Sealed, dark, dry
Coffee instant 1-2 Years Cool, dry and sealed
Canned food glass jars 2-3 Years Dark , cool & dry
Rice, white 2+ Years Dry and weevil proofed
Sugar granulated 2+ Years Dry
Vinegar 2+ Years Sealed
Yeast (dry) Pkg expiration date
Cool, sealed, dry. Better frozen
Baking powder Till can date
Sealed & bone dry

Hier is ‘n bydrae uit die ou Google Groups e-pos lys (ingestuur deur JacquesF):

Maak 200g tot 300g maalvleis met net sout gaar.  Strooi dit op ‘n bakplaat en droog dit in die oond teen 100 grade C.  Roer gereeld.  Na 60-90 minute sal dit soos grond lyk, dan is dit reg.  Dit kan ook dan vakuumverpak word om langer te hou.

Om weer te eet:  Bedek die gedroogde maalvleis met water, en laat week dit vir 30 minute.  Gooi dan die water af, en verhit.

Gaan kyk gerus by Alan T. Hagan se voedselberging FAQ vir nuttige inligting oor die stoor van voedsel.  Die blad hanteer ook watersuiwering en daar is baie inligting oor rakleeftye.

Indien jy nie baie plek het om ‘n groentetuin aan te lê nie, hier is ‘n interessante webwerf met ‘n alternatiewe metode (vertikale tuinmaak):  GardensUp!

In die Romeinse Ryk is soldate gedeeltelik in sout betaal. Die hoeveelheid sout het van hul rang afgehang. Om in sout betaal te word, het in Latyn as “salarium” bekend gestaan – die wortel van die woord salaris. “Sal dare”, om sout te gee, is die wortel vir die woord soldaat (“soldier”). Vandag nog het ons ‘n spreekwoord “jou sout werd wees” (om nie jou sout werd te wees nie was ‘n gruwelike belediging vir ‘n Romeinse soldaat).

Dit word vertel dat die Boere in die Anglo-Boereoorlog vleis langs die perde se nekke laat afhang het sodat die salpeter die vleis kan sout. Sout is een van daardie kommoditeite waarvan die belangrikheid maklik oorgesien word omdat dit so goedkoop en algemeen beskikbaar is.

“Survivalists” in Amerika glo dat mens voorsiening moet maak vir ‘n ruil-handel na ‘n nasionale krisis, en die ideale “geld”eenheid is (1) in groot aanvraag, en (2) maklik verdeelbaar (bv. ‘n 1 ons Krugerrand gaan nutteloos wees). Sout kan dalk aan hierdie vereiste voldoen. As die infrastruktuur nie meer daar is nie, gaan dit ook glad nie maklik wees om nuwe sout te bekom nie.

Soos vroeër genoem, sout is goedkoop en algemeen beskikbaar. Maak maar seker dat jy genoeg of te veel het.  Stoor in droë, leë koeldrankbottels om dit beter te bewaar (sout trek water).

In nog ‘n bydrae van Rocco ontvang ons die volgende advies:

Na ongeveer 3 weke in sy kamp het hulle baie reën in stortbuie gekry, wat alles onder water gelaat het.  Baie van sy voorraad was nie so goed geberg soos wat hy gedink het nie, en hy het ‘n klomp kos verloor.  Kartondose om kos in te stoor, is nie ‘n goeie idee nie, al is die voorraad onder seile trek die vog van die grond af in.  Hy stel voor dat voorraad soos meel, suiker, sout, koffie en ander droë rantsoene in 2 liter koeldrank bottels geseël word.  Gebruik ook plastiekhouers wat kan seël of toeknip.

As dit so nat is, kan selfs ‘n goeie paar skoene of stewels vinnig die gees gee.  ‘n Goeie idee is reënstewels (“Wellington boots”, of “wellies”).  Hulle is goedkoop, duursaam, hou jou voete droog, en (dankie Rocco vir jou ondervinding) ‘n slang pik nie deur hulle nie.

Rocco sê ook hy het ‘n hele paar Bic aanstekers gehad, en toe dit so nat was, kon hy darem steeds vuur maak.  Hy beveel aan dat mens altyd sorg dat jy genoeg droë vuurmaakgoed het.

Ons het twee stukkies kommentaar van leser Melanie ontvang:  Die dehidreer masjiene wat deur Verimark bemark word, werk blykbaar uitstekend.  Kos droog na ongeveer 1/4 die oorspronklike grootte, en is lekker lig.

Sy gee ook raad oor die stoor van toiletpapier in ‘n rugsak:  deur die kartonrolletjie in die middel te verwyder, neem dit minder spasie.

Volgens hierdie News24 nuusberig kan ‘n beplande staking deur SAMWU op tot tien miljoen mense se watervoorsiening tot stilstand bring.  Gelukkig het die Suidlanders lankal voorsien en begin verkondig dat die infrastruktuur waaraan ons gewoond is, maar redelik kwesbaar is en het ons aanbeveel dat alle Suidlanders kos en water berg vir presies die tipe krisis.

As jy STEEDS nog nie voorsiening gemaak het nie, daar is nie ‘n beter tyd as NOU nie.  Onthou ook dat indien jou water wel afgesny word, daar steeds 150 of meer liter water in jou warmwatersilinder is.  Dit wil egter nie uitloop nie omdat daar nie drukking op die inset van die silinder is nie.  Dit is moontlik om die water uit te kry deur die silinder af te skakel, die pyp wat die silinder voer, te ontkoppel, en die kraan oop te draai.  Dis egter BAIE makliker om eenvoudig voor die tyd water te berg vir so ‘n krisis (roteer gereeld).

Ons het die volgende skakel van leser AndreT ontvang:  hoe om groente en vrugte in die son te droog.  Hope goeie inligting, maak verseker ‘n draai daar!

‘n Absolute noodvoorraad (voedsel) is vroeër gepubliseer. Hier volg ‘n meer volledige lys vir ‘n langer tydperk. Verskoon asseblief dat van die beskrywings in Engels is (dis hoe die blikkies gemerk is). Hierdie lys is genoeg vir 6 mense vir een jaar (of natuurlik 3 mense vir 2 jaar).

  • Suikerbone 5kg x 3
  • Asyn 5L x 1
  • Baked Beans x 72
  • Ertjies x 60
  • Pilchards x 72
  • Beans & Meatballs x 72
  • Geblikte boontjies x 72
  • Rys 500g x 60
  • Rys 5kg x 2
  • Mieliemeel 12.5kg x 3
  • Macaroni 12kg x 3
  • Spaghetti 12kg x 7
  • 2min Noodles x 180
  • Bully beef x 120
  • Bisto x 24
  • Sop Poeier (elk) x 130
  • Kookolie 20L x 2
  • Sout 500g x 40
  • Growwe sout 500g x 40
  • Konfyt x 24
  • Stock powder x 2
  • Soya mince x 55
  • Curried vegetables x 72
  • Sweetcorn x 84
  • Heelpit mielies x 24
  • Chakalaka x 48
  • Tamatie & Uie x 24
  • Mixed Veggies x 48
  • Spaghetti & Tomato souce x 24
  • Tuna x 36
  • Viennas x 36
  • Butternut stew x 30
  • Beans & Viennas x 12
  • Game Poeier(24 sachets) x 1