Vrydag-aand na die Funksie in Pretoria, was een van die eerste Suidersterre-vergaderings gehou deur al die vrouens teenwoordig. (Vir die wat nie weet wat Suidersterre is nie: die die ‘vrou-aksie’ van die Suidlanders). Die funksie self was baie suskesvol ten spyte daarvan dat baie mense na Majuba toe was, en van die groepe gaan ‘oefen’ het met hulle toerusting (gaan kamp het), en dat dit so baie gereen het.
Daar was basies oor 5 hoof-onderwerpe gepraat: Kinders, voedsel, gesondheid, ontspanning en troeteldiere. (Ek weet daar is groepe/gesinne waar baie van hierdie goed deur die mans hanteer word - julle mag dit maar lees - daar word nie gediskrimineer nie).
Oor kinders is die volgende genoem: Die ma’s sal hoofsaaklik verantwoordelik wees om die kinders besig te hou - en hoe beter dit gedoen word, hoe minder spanning sal die kinders ervaar. Die idee is om dit so aangenaam moontlik (en tog realisties) vir die kinders te maak. Hulle sal moet seker maak dat genoeg boeke saamgeneem word sodat kinders nog steeds sal kan leer, en van die ouers sal bereid moet wees om onderwyser te wees (sal natuurlik help as iemand in die groep wel ‘n onderwyser(es) is).
Oor voedsel was die volgende genoem: Ons sal moet seker maak daar is genoeg om ons meer as 3 maande te hou, want saad neem ongeveer 3 maande om te groei - en ons glo en hoop ons is suksesvolle boere en dat die saad sal opkom (My eerste poging by die huis was ‘n totale flop - die wortels wat wel opgekom het, was so 3 cm groot). Daar was ook raad i.v.m. die stoor van voedsel gewees: Koring het ‘n ‘geraamde’ lewe van ‘n 1000 jaar, so as jy genoeg koring het, kan jy dit net maal soos nodig - en met water - jy het brood! Heuning het ook ‘n baie lang raklewe. Ander opsie: neem ‘n plastiek 2l koeldrank-bottel, was dit uit met koue water en Jik. As dit HEELTEMAL droog is, gooi meel (of iets soortsgelyk) daarin en stamp die bottel dat die inhoud afsak (so 30 min). maak seker die bottel is vol. (Jy kan dit ook oornag in die vrieskas sit - die koue laat dit nog meer inkrimp en sak). Sodra dit heeltemal vol is, smelt kerswas bo in die bottel in om dit te seel. Sodra die kerswas afgekoel het, is die bottel deeglik geseel en sal geen miet of iets kan inkom nie. As alternatief, kry ‘n dehidreerder (Verimark s’n is ongeveer R500), en dehidreer jou voedsel - dit neem dalk bietjie tyd, maar die gedroogte voedsel neem BAIE min spasie, en het ‘n lewe van ongeveer 3-4 jaar, selfs 6-7 jaar indien dit vakuum-verpak word. Daar is ‘n projek besig om ‘n resepte-boek saam te stel met ‘bos-resepte’ - resepte met min bestandele, en selfs met wildsvleis.
Oor gesondheid was die volgende genoem: Indien jy in die eerste drie maande net op blikkies kos gaan leef, dan sal jy verseker vitamien-aanvullings moet saamneem aangesien die blikkies-kos maar laag in vitamiene en minerale is. Indien daar geen (of baie min) vleis is, moet daar protein-aanvullings ook wees. Ons moet seker maak dat ons genoeg medikasie saamneem om die algemene siektes (griep/verkoue/maagwerke) te kan behandel. Dit sal ook raadsaam wees indien ‘n paar mense op noodhulp-kursusse gaan. Indien jy oor mediese boeke beskik, neem dit saam. Beraders (berading) sal ook handig te pas kom, want as jy nie dinge in jou lewe kan hanteer nie, dan ly jou gesondheid daaronder. Oor kroniese medisyne: stuur ‘n e-pos na johann@suidlanders.co.za.
Oor ontspanning was die volgende genoem: Ons sal moet voorsiening maak vir ontspanning vir die kinders - boeke, bord-speletjies, balle, ens. Ons sal ook moet sorg vir iets vir onsself - en ook ‘n ietsie om jouself mee te bederf - soos ‘n shokelade wat jy oor 3 maande gaan probeer rek.
Troeteldiere kan ‘n gesondheidsgevaar vir die mense inhou indien groot hoeveelhede diere op een punt ongekontroleerd aangehou word. Daar is groepe wat planne maak om troeteldiere appart van die mense te hanteer om sodoende onnodige uitbreek van siekte toestande te beperk. Hou dus in gedagte dat troeteldiere wat saamgeneem word verwyder sal word na omgewings waar hulle wel versorg sal kan word. Groepleiers kan gerus vir die organiseerders in elke area vra wat die stand is met betrekking tot die versorging van troeteldiere.
Hierdie was net die eerste van vele vergaderings om te kom. Intussen word al die mense in die verskillende groepe aangeraai om met mekaar kontak te maak om uit te vind watter unieke vermoeens in die groep bestaan (onderwysers, mediese personeel, beraders, tegniese mense, ens). Die vrouens in die besonder moet ook bymekaar probeer kom en resepte en idees uitruil, mekaar help om voedsel in te le, en enige ander nuttige wenke uit te ruil.
Ten slotte kan ons net se: ons voorsien ‘n wonderlike toekoms vir die suidersterre!