Archive for the ‘Voedsel Berging’ Category

Die Suidlanders praat al 2 jaar lank dat ons onsself moet gereed maak vir anargie in SA, en om juis vir daardie rede vir hulself voedsel moet bymekaar maak.

Daar is egter ‘n groter gevaar op die horison, naamlik wereld-wye voedsel-tekort.  Ek sal aan die einde van hierdie skrywe ‘n paar skakels byvoeg indien u meer besonderhede verlang, maar hier is die opsomming:

Die VSA se departement van Landbou het die helfte van die middel weste tot rampgebied verklaar.

Baie boere in die VSA het bykans geen oes: Illinois, Iowa, Noord Dakota, Mississippi, Minnesota, Nebraska, Louisiana, Arkansas, Alabama, Maine, Kansas, Central New York, Oklahoma, en ander – hoofsaaklik a.g.v. ongekende hoeveelheid reen en hael (en selfs sneeu) net voordat hulle moes begin oes.  Sommige het in modderplasse en sneeu probeer om iets te oes, maar sonder veel sukses.  Aan die ander kant het ander state ook swak gevaar – a.g.v. ongekende hitte: Texas, Suid Dakota, Wyoming en ander.

Kalifornie se “Long Valley”, wat normaalweg ongeveer 80% van die VSA se tamaties produseer, het bykans geen oes na 3 jaar se droogtes (en veld-brande).

Romanie het 30% minder geplant as normaal.

Brasilie het Invoer-belasting op koring verwyder sodat dit makliker is om koring in te voer – m.a.w. hulle het ‘n groot tekort.

Argentinie het die laaste 2 jaar onder droogte gebuk gegaan, en hulle koring-oes is heelwat kleiner.  Hulle was ook getref deur ‘n sprinkaan-plaag.

Die swartsee oes (Rusland) het grootliks misluk a.g.v. pes.

Vroee sneeu het China se koring-produksie nadelig getref.

Hitte-golwe het Austalie se oeste verminder, en hulle gaan juis nou al ‘n paar jaar deur ‘n ongekende droogte.

Indie het 18% van sy somer rys-oes verloor, en die winter lyk asof die syfer dieselfde gaan wees.

In Suid-Afrika het die reen van so 3 weke gelede, baie van die top-koring gereduseer na voer vir die diere.

Sit op dit alles by die ekonomiese krisis, en die feit dat baie mense nie geld het om voedsel (met inflasie) te koop nie, dan staar ons ‘n groot hongersnood in dele vandie wereld in die gesig – en dit het alreeds by sommige plekke gebeur: dele van die VAS, China, en Indie het al vroeer die jaar rantsoene op voedsel geplaas.

Vir meer inligting:

Dynamics For Disaster In Agricultural Markets
Worst Harvest Season Ever Seen
noggersblog.blogspot.com

Wanneer ‘n mens vir langer as net ‘n paar dae kampeer, veral wanneer yskasgeriewe nie maklik beskikbaar is nie, is eiers altyd ‘n probleem.  Gelukkig kry ‘n mens eiers in poeier vorm wat lekker in verskillende resepte gebruik kan word.  Poeier eiers is beskikbaar by baie stap-winkels (bv. Hikers Paradise).

Kommersiële poeier eiers het egter twee nadele – koste, en rakleeftyd.  Dit is nie goedkoop nie, en die vervaldatum is gewoonlik nie te ver in die toekoms nie.

Onderaan hierdie artikel is daar ‘n skakel na ‘n Youtube video wat handel oor hoe om jou eie verpoeierde eiers te maak.  Ons stel voor mense probeer dit vir hulself en sien hoe die proses werk, en ook om dit in resepte te toets (die eiers word gebak voordat dit verpoeier word in hierdie proses).

How to make powdered eggs

Een van die probleem-bestanddele wanneer mens brood bak, en nie maklike toegang tot die supermark het nie, is gis (yeast).  Gewoonlik word gis droog gekoop en geaktiveer net voor die brood gebak word.  Hiervoor is elke keer ‘n nuwe pakkie gis nodig, wat baie goedkoop is by die kafee op die hoek of die supermark.

Maar hoe gemaak indien ‘n vinnige toggie winkel toe nie moontlik is nie?  Wel, daar is ‘n antwoord.  Gis kan, met bietjie moeite, “lewendig” gehou word.  Sien die volgende artikel op die “Preparedness matters” web-werf.

Everlasting Yeast

Dit lyk of die web-werf ‘n goudmyn van inligting kan wees vir mense wat hou daarvan om na hulself om te sien.

Ons praat al lank hier by die suidlanders dat ons onsself moet voorberei vir ‘chaos’ wat gaan kom… en toe tref die finansiele krisis die wereld; en ook vir ons…

Daar is nog ‘n krisis wat op ons voorstoep is: voedsel.  Indien dit moontlik is, gaar ekstra voedsel op (selfs al is dit meer as wat jy sal kan vervoer as jy moet vlug), want voedsel gaan binnekort BAIE skaars wees oor die HELE wereld.

World Running Out Of Food Before Our Eyes.

India: One Disaster Away From Disaster.

Catastrophic Fall in 2009 Global Food Production.

Gaan doen net ‘n soek op die internet oor “food shortage”.  Daar is BAIE min kos oor…

    Bid or Buy

Leser(es) Monica skryf dat sy voedsel soos rys, pasta, soja ens. vir ‘n uur in ‘n oond teen 100 grade C verhit, voordat sy dit seël (deur ‘n vakuum masjien of in 2 liter koeldrank bottels).  Volgens Monica voorkom dit miet, en sy rapporteer dat sy al vir meer as 5 jaar so berg en wat steeds vry van miet is, en vars is.

Nota van Redakteur: Mieliemeel kan ook in ‘n mikrogolf-oond verhit word, voordat dit geberg word.  Neem omtrent ‘n kilogram mieliemeel in ‘n bak, los dit vir 5 minute op hoog in die mikrogolf-oond, haal uit en roer deeglik (pasop, die meel word warm, en stoom kom af).  Los dit weer vir 5 minute in die oond.

Hierdie mieliemeel is nou half gekook.  Mieliepap wat normaalweg 30 – 40 minute vat om voor te berei, sal nou na sowat 15 of 20 minute gereed wees.  Die meel (wat nou van baie water ontslae geraak het) is ook ligter.

Met al die voorbereidings waarmee ons besig is, tesame met die voedsel-krisis wat in die wereld dreig, is een van die dinge wat ons beslis kan doen, is om voedsel in bottels in te le of te droog of op enige ander manier te berg.

Om te droog, kan mens net ‘n dehidreerder (ongeveer R500 by Makro) koop.  Dit neem redelik tyd, maar sodra afgehandel neem dit BAIE MIN plek in beslag.  Dit het ‘n leeftyd van ongeveer 2 na 3 jaar, en indien dit met ‘n ‘vacume-sealer’ geseel word dan kan die leef-tydperk met nog 2 jaar verleng word.

Om voedsel in bottels in te le is niks vreemds by ons mense nie. Daar is egter van ons mense wat niks van dit weet nie, en nie weet hoe dit werk nie.  Ons vra asb. julle hulp.  Indien u een van die kenners op hierdie gebied is, stuur asb. vir ons ‘n lys van al die verskillende voedsel-tipes wat ingele kan word, en die resep oor hoe om dit te doen.

Indien daar mense is wat weet van ander maniere om voedsel te berg, kan u ons asb. laat weet sodat ons die ander mense ook daarvan kan inlig.

Hier is nog ‘n skakel na ‘n artikel op die web oor ‘n nie-elektriese verkoelings idee wat met sukses in Sudan gebruik word.

Die basiese beginsel is die verdamping van water. Hoe dit gedoen word, is om twee kleipotte binne-in mekaar te plaas met ‘n laag nat sand tussen die potte. Die water wat verdamp (deur die buitenste pot) onttrek hitte van die binneste pot, en hou verskeie kilogram vrugte/groente vars vir ‘n paar weke (die artikel noem 12kg en drie weke).

Voorbeelde van die verbetering in berging-tyd word gegee, soos bv:

Tamaties, sonder pot 2 dae, met pot 20 dae.
Wortels, sonder pot 4 dae, met pot 20 dae.

Skakel:  How a zeer pot fridge makes food last longer

Onderaan hierdie bydrae is daar twee skakels na twee artikels oor die verbou en opberging van vars voedsel (groente en vrugte).

Die eerste skakel is gemik op seiljag-vaarders, maar is natuurlik ook van toepassing op ander dissiplines.  Die artikel lys verskillende voedselsoorte, met die tyd wat dit geberg kan word en onder watter omstandighede dit geberg moet word (wanneer ‘n yskas nie beskikbaar is nie).

Die tweede artikel lys die hoeveelheid van elke voedseltipe wat verbou (en geberg) moet word om ‘n familie van 4 persone te onderhou.

Skakels:

Cruising without the fridge

Amounts of Vegetables to be Grown and Preserved for a Family of 4 Persons

  Bio Fires

Vrydag-aand na die Funksie in Pretoria, was een van die eerste Suidersterre-vergaderings gehou deur al die vrouens teenwoordig.  (Vir die wat nie weet wat Suidersterre is nie: die die ‘vrou-aksie’ van die Suidlanders). Die funksie self was baie suskesvol ten spyte daarvan dat baie mense na Majuba toe was, en van die groepe gaan ‘oefen’ het met hulle toerusting (gaan kamp het), en dat dit so baie gereen het.

Daar was basies oor 5 hoof-onderwerpe gepraat: Kinders, voedsel, gesondheid, ontspanning en troeteldiere. (Ek weet daar is groepe/gesinne waar baie van hierdie goed deur die mans hanteer word – julle mag dit maar lees – daar word nie gediskrimineer nie).

Oor kinders is die volgende genoem:  Die ma’s sal hoofsaaklik verantwoordelik wees om die kinders besig te hou – en hoe beter dit gedoen word, hoe minder spanning sal die kinders ervaar.  Die idee is om dit so aangenaam moontlik (en tog realisties) vir die kinders te maak.  Hulle sal moet seker maak dat genoeg boeke saamgeneem word sodat kinders nog steeds sal kan leer, en van die ouers sal bereid moet wees om onderwyser te wees (sal natuurlik help as iemand in die groep wel ‘n onderwyser(es) is). 

Oor voedsel was die volgende genoem: Ons sal moet seker maak daar is genoeg om ons meer as 3 maande te hou, want saad neem ongeveer 3 maande om te groei – en ons glo en hoop ons is suksesvolle boere en dat die saad sal opkom (My eerste poging by die huis was ‘n totale flop – die wortels wat wel opgekom het, was so 3 cm groot).  Daar was ook raad i.v.m. die stoor van voedsel gewees:  Koring het ‘n ‘geraamde’ lewe van ‘n 1000 jaar, so as jy genoeg koring het, kan jy dit net maal soos nodig - en met water – jy het brood!  Heuning het ook ‘n baie lang raklewe.  Ander opsie: neem ‘n plastiek 2l koeldrank-bottel, was dit uit met koue water en Jik.  As dit HEELTEMAL droog is, gooi meel (of iets soortsgelyk) daarin en stamp die bottel dat die inhoud afsak (so 30 min). maak seker die bottel is vol.  (Jy kan dit ook oornag in die vrieskas sit - die koue laat dit nog meer inkrimp en sak).  Sodra dit heeltemal vol is, smelt kerswas bo in die bottel in om dit te seel. Sodra die kerswas afgekoel het, is die bottel deeglik geseel en sal geen miet of iets kan inkom nie.  As alternatief, kry ‘n dehidreerder (Verimark s’n is ongeveer R500), en dehidreer jou voedsel – dit neem dalk bietjie tyd, maar die gedroogte voedsel neem BAIE min spasie, en het ‘n lewe van ongeveer 3-4 jaar, selfs 6-7 jaar indien dit vakuum-verpak word.  Daar is ‘n projek besig om ‘n resepte-boek saam te stel met ‘bos-resepte’ – resepte met min bestandele, en selfs met wildsvleis.

Oor gesondheid was die volgende genoem: Indien jy in die eerste drie maande net op blikkies kos gaan leef, dan sal jy verseker vitamien-aanvullings moet saamneem aangesien die blikkies-kos maar laag in vitamiene en minerale is.  Indien daar geen (of baie min) vleis is, moet daar protein-aanvullings ook wees.  Ons moet seker maak dat ons genoeg medikasie saamneem om die algemene siektes (griep/verkoue/maagwerke) te kan behandel. Dit sal ook raadsaam wees indien ‘n paar mense op noodhulp-kursusse gaan.  Indien jy oor mediese boeke beskik, neem dit saam.  Beraders (berading) sal ook handig te pas kom, want as jy nie dinge in jou lewe kan hanteer nie, dan ly jou gesondheid daaronder.  Oor kroniese medisyne: stuur ‘n e-pos na johann@suidlanders.co.za.

Oor ontspanning was die volgende genoem:  Ons sal moet voorsiening maak vir ontspanning vir die kinders – boeke, bord-speletjies, balle, ens.  Ons sal ook moet sorg vir iets vir onsself – en ook ‘n ietsie om jouself mee te bederf – soos ‘n shokelade wat jy oor 3 maande gaan probeer rek.

Troeteldiere kan ‘n gesondheidsgevaar vir die mense inhou indien groot hoeveelhede diere op een punt ongekontroleerd aangehou word. Daar is groepe wat planne maak om troeteldiere appart van die mense te hanteer om sodoende onnodige uitbreek van siekte toestande te beperk. Hou dus in gedagte dat troeteldiere wat saamgeneem word verwyder sal word na omgewings waar hulle wel versorg sal kan word. Groepleiers kan gerus vir die organiseerders in elke area vra wat die stand is met betrekking tot die versorging van troeteldiere.

Hierdie was net die eerste van vele vergaderings om te kom.  Intussen word al die mense in die verskillende groepe aangeraai om met mekaar kontak te maak om uit te vind watter unieke vermoeens in die groep bestaan (onderwysers, mediese personeel, beraders, tegniese mense, ens).  Die vrouens in die besonder moet ook bymekaar probeer kom en resepte en idees uitruil, mekaar help om voedsel in te le, en enige ander nuttige wenke uit te ruil.

Ten slotte kan ons net se: ons voorsien ‘n wonderlike toekoms vir die suidersterre!

Baie van ons het dalk al gewonder: Hoe lank gaan my voorraad regtig hou.  Jy sit dalk met ‘n paar kratte/bokse/houers vol kos en ander voorraad, maar jy weet nie regtig hoe lank dit gaan hou nie.  Ja, daar is lyste (op hierdie webwerf ook) wat se dat ‘n sekere hoeveelheid voedsel sal vir 2 mense so lank of vir 4 mense so lank hou. 

Daar is ‘n paar probleme met die lyste.  Hulle neem aan dat alle mense eet dieselfde hoeveelheid, of sal in staat wees om hulself te beperk tot ‘n sekere rantsoen elke dag.  Hulle neem aan dat almal hou van dieselfde kos.  Ek bly byvoorbeeld eerder sonder vleis as wat ek soya eet, en hou niks van Macaroni nie.  Ek vat eerder ekstra rys.  So het elkeen sy eie voorkeure en smaak.  Nou hoe gaan ek weet hoe lank gaan my voorraad hou – hoe lank is ‘n stukkie tou?

Ek sou graag my lys wou neem na iemand wat bekwaam is met logistieke beheer en voorraad-beplanning in die hoop dat hulle my kan help.  Hulle gaan egter vir jou ‘n paar vrae vra voordat hulle jou kan antwoord.  Indien jy egter die antwoorde op hierdie vrae het, dan kan jy self uitwerk ‘hoe lank jou stukkie tou is‘.

Die vrae is net die volgende – hoeveel voorraad verbruik julle gemiddeld elke maand?  Nou dis moeiliker om dit uit te werk as almal elke dag skool en werk toe gaan en daar van ander bronne se voorraad gebruik maak – soos die toilet-papier by die werk, of die etes wat jy by die werk eet (of “take-aways”).  Hier le egter ‘n vakansie-tydperk voor waar die kinders by die huis is en die meeste mense by die huis is. Maak gebruik van hierdie geleentheid en kyk hoeveel verbruik julle oor ‘n maand of ‘n paar weke, en as julle iewers ander gaan eet, “‘take-aways” kry of op enige ander manier ‘ander’ bronne van gebruik maak, teken dit op en voeg dit by jou som.  Ek weet almal wil net braaivleis hou en ‘party’, maar probeer so normaal as moontlik te eet en te leef, en dan sal jy self kan uitwerk ‘hoe lank jou stukkie tou is‘.