Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Archive for the 'Uncategorized' Category

Dankie aan ons Hemelse Vader

Gister het ek en Naomi vanaf Virginia vertrek na Villiers waar ons gister aand by my ouers gekuier het. Vandag is ons oppad na Bethlehem vir vanaand se vergadering!

Op ons pad gister, toe ons deur Kroonstad ry, skakel Tannie Annet (ons het by hulle oornag met ons Virginia vergadering) ons en se, dit gaan sleg!

Ek vra toe verbaas, hoekom? Waarna sy my meedeel, dat haar kleindogter so pas in Rustenburg ontvoer is! Ek het onmiddelik vir haar ons Sameroeper (Gert) in Rustenburg se kontak nommer gegee! Gert en `n klompie Suidlanders was binne 5 minute daar, waarop hulle ook mms’e aan al die Suidlanders in Rustenburg uitgestuur het, met n foto van die dogtertjie.

Intussen het Naomi onmiddelik sms’e uitgestuur en gevra dat die Suidlanders intree in gebed by ons Hemelse Vader, ek en sy het ook net buite Kroonstad van die pad getrek en gebid dat ons Vader verwarring sal bring en die dogter haar weg terug sal vind?!

Die dogtertjie, het ook op haar beurt n groot geveg opgesit (gebyt,geskop, met n bottel hulle geslaan ens.) en uit die bakkie gespring! `n Persoon wat die foto toe alreeds van die dogtertjie ontvang het, het haar langs die pad gesien, opgelaai en haar terug besorg aan haar ouers!!

Hulle was alreeds buite Rustenburg met haar!

Eerstens wil ek alle eer en dank aan ons Hemelse Vader gee, dat Hy ons Gebede verhoor het, en haar ongedeerd terug gegee het—Dankie Vader!!!

En tweedens, dankie Gert vir jou en jou span se spoedige en onbaatsugtige optrede!

Met hierdie optrede sal die vyand spoedig begin sien dat hier `n mag (Suidlanders) opgestaan het in hierdie land met een doel voor oe, om God se orde in SA weer te herstel!!!



ARTIEKEL 21 NIE WINSGEWENDE MAATSKAPPY

Fondse word benodig, vir die volgende;

  1. Finale inspeksie van terreine van veiligheid.(nasionaal)
  2. Finale koordinering van alle Fase 1,2,3 en 4 onttrekkingspunte (nasionaal).
  3. Deurgee van pligstate vir organiseerders, vanaf nasionale vlak tot en met grondvlak.
  4. Deurgee van deklerasie, en gedragskodes vir Suidlanders.
  5. Die geleentheid om die Hoof koordineerder vir genoegsame tyd in u omgewing te he, om daardie tegniese vrae wat bestaan, antwoorde op te kry.
  6. Radio kommunikasie af te rond.(nasionaal)
  7. Sou die fondse dit toelaat, om ook advertensies op radio stasies ens. te plaas vir ons openbare vergaderings.(daar is steeds mense wat nie ingelig is rondom die toestande in die land nie, en is dit ons verantwoordelikheid om hul in te lig- net n gebaar van naaste liefde).

Bogenoemde is die hoogste op die preoriteits lys. Johan le Roux is bereid om n landswye toer deur die land te onderneem om as Hoof koordineerder punte 1 tot 5 hierbo af te handel. n Terrein waarop hy in sy staandemag jare baie ondervinding opgedoen het!
As gevolg van die geweldige groei (nie net in terme van mense getalle nie, maar ook die honderde veilige plase wat bygekom het) oor die laaste tyd, het bogenoemde noodsaaklik geword!
Daar is reeds van ons Nasionale organiseerders wat op eie koste deur hul Provinsies en streke gaan om die koordinering te doen.
Die masjien het egter net te groot geword om dit op eie kostes so effektief te doen, as wat nodig is!
Daar sal jaarliks n volledige oudit verslag deur n onafhanklike boekhouer beskikbaar gestel word, oor presies hoe fondse aangewend is. Sodat almal kan sien dat ons net een doel voor oe het, en dit is om ons Skepper en volk te dien!!!
Maatskappy besonderhede is as volg;
Abrina 8795
2008/022001/08
9151551174
Die Bank rekening besonderhede is as volg;
ABSA
Rek nr 9241394221.
Ek dank u
Gustav.



Hierdie ding moet nou al reggestel word!

Artikel deur Andy Rabie

Een ding wat ons as Suidlanders (volk) moet besef, is dat wanneer ons gaan onttrek met die groot donkerte wat oor ons land gaan toesak, is dat ons mekaar bitter nodig gaan kry. Daar gaan nie meer tyd of plek vir ons volk wees om onder mekaar te stry nie.
So is daar drie dinge waaroor ons nog altyd lekker kon verskil, en dit is sport, politiek en Godsdiens. Gelukkig het die liewe Vader alreeds ons politiek heeltemal van ons weggeneem, sport moet nie eers in ‘n goeie geselskap genoem word nie want dit is deel van die oorsaak van die gemors waarin ons volk nou is.
Dit laat ons dan nou by die enigste wat oorbly nl. Godsdiens! Baie jare al word daar gepoog om kerkeenheid te bewerkstellig, sonder sukses. Hoekom dit so is, weet ek nie maar ek glo ons Hemelse Vader het in Sy alwetenheid ‘n plan en ‘n doel daarmee. Intussen moet ons mekaar verdra in liefde en eensgesindheid.
As ons mooi oor die saak gaan dink sal ons besef dat te midde van al ons kerklike verskille soos doop,gebruik van die Heilige Name ens. Is daar een ding waaroor niemand van ons Volk verskil nie, en dit is, ons glo en aanbid die God van Abraham, Isak en van Israel! Die God van ons Bybel, die God van Bloedrivier en dat Hy sy eniggebore seun Jesus die Christus vir ons aan die kruis laat sterf het sodat ons die ewige lewe kan verkry. – Die groot “vereiste“ wat tot redding van jou siel lei, nl.Rom. 10 :9 – “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.”(1954 vertaling)
Ons behoort dus nie meer vir mekaar te vra “in watter kerk is jy “nie. Maar eerder (as jy dalk daaroor wonder) te vra “wat is jou belydenis”? Dit is die mees basiese wat nodig is om te weet. God se in Sy woord dat selfs die wat kennis het, geduld moet beoefen met die wat nie die kennis het nie! En ook se Hy dat ons teen die einde van die tye nie meer mekaar sal hoef te leer, en se “ken die Vader”, want klein en groot sal Hom ken! Oom Siener het ‘n gesig hieroor gehad en dit is dat ons na hierdie donker tyd, wanneer die son weer gaan deurbreek - “n Beter volk,met een “Geloof” wat nou vaster staan as ooit te vore” gaan wees!!!
Kom ons spandeer al ons tyd en energie daaraan om onsself voor God te verootmoedig en om broederskap en liefde onder mekaar te hê. En op hierdie onderwerp kan u gerus gaan lees op die webwerf - www.afrikanervolksparty.org – die artikel met die opskrif – Dis skemer in Suid Afrika. Luister goed! Wat hoor jy? Voel jy nie die yskoue asem van die dood nie?



Vergadering in Port Elizabeth

Hiermee wil ons vir Homan en Henna van Port Elizabeth bedank vir hulle hartlikheid en gasvryheid Dinsdag aand. Die opkoms van die vergadering was fantasties en die uitkoms was uiters positief.
En baie dankie vir die heerlike hoender wat julle op die spit vir ons gebraai het!
Daar was heelwat nuwe mense by die vergadering. Ons wens julle alle sterkte toe met die werk wat voorle!



ONS SE DANKIE

Graag wil ek en Naomi vir Cor en Suzette bedank vir die vergadering wat hul in George gereel het. Dit was n groot sukses, die tafel wat so mooi gedek was, Ds Pieter wat vir ons geopen het.

Aan Mnr A Snyman wat ook n inset oor “Siener” kom lewer het, Cor en Naomi wat n kort maar kragtige boodskap gebring het!

Dankie almal vir n groot sukses!!!



Reaksie op De Klerk uitlating!

Graag wil ek hierdie brief plaas (uit die vele wat ek ontvang het), wat in reaksie was op my brief waarin ek gereageer het op Mnr De Klerk se uitlatings oor ons manne op die grens! Voorts wil ons ook poog om meer dikwels iets oor hierdie “Geskiedenis” van ons volk te plaas. Aangesien daar heelwat inligting, betreffende die Bosoorlog is wat nie met ons mense gedeel word nie! Dit het nou tyd geword om ons mense te vertel, onder andere hoe suksesvol ons werklik was! En u net n bietjie te vergewis van die ware feite en nie met die “feite” wat die politici aangewend het as propaganda om hul oorgawe te regverdig nie!

HI Gustaf.

Ek was ook daar gewees toe 32 CHARLIE uitgeskiet is deur ‘n MIG vegvliegtuig, ek was so 20 meter vanaf jou broer se Ratel, ek sal die gesig en die bloed nooit vergeet nie, ek kry nou nog Drome oor daardie dag, vroeg Desember 1987 (15:23) OPS MODULER. Ons was maar net jong seuns gewees wat alles sou gee vir ons land & volk se voortbestaan.
Ek is nou gestrem, maar sal nie huiwer om dit weer te doen nie.

Groete aan al die manne van die 32 batteljon wat daardie dag saam met my in die bosoorlog was.

GROET

Wimpie

Dankie aan almal wat reageer op ons plasings, en dankie Wimpie! Nog meer, baie meer vir jou tweede laaste sin “Ek is nou gestrem, maar sal nie huiwer om dit weer te doen nie”. Ek salueer jou! En dit is die tipe moed wat ek by ons volk wil sien! Want met ons Skepper aan ons kant en sulke heldemoed sal niks en niemand ons van oorwinning weerhou!!!



Graag wil ek n storie met u deel!

Graag wil ek vandag n storie met u deel, wat ek dink nog geen een van u beleef het nie! Maak seker u sit stewig op n stoel, terwyl u die een lees!
Interessant, dog n komiese inslag!?
Een van ons Sameroepers in die Oos-Rand, Cas bel my gister en vertel my “die” storie!
Hy ry gister na `n onderdele winkel toe, waar hy al jare lank besigheid doen om weer n paar goedjies daar te gaan koop. Daar gekom, help n swarte hom wat hy ook al goed ken, en `n kleurling wat hom bystaan. Soos dit `n goeie Sameroeper betaam, begin hy hulle pols oor Mandela, Mbeki en natuurlik ook Zuma, om die gesprek te lei in `n sekere rigting. Die rigting was om by die huidige “gewelds kwessie”, wat in die land dreig by uit te kom.
So het hulle toe by hierdie onderwerp van geweld uitgekom, en het Cas vir hulle gevra, wat dink hulle gaan in hierdie land gebeur?
Soos koue water in Cas se gesig, se die swarte uit die bloute!!!
“My pa het n boek gehad van n Profeet….ek kan nie die naam van die boek onthou nie”, en hier val die kleurling hom soortvan in die rede “my pa het ook n boek van `n profeet gehad, iets van `n van Rensburg ou”!
Cas, kon nie glo wat hy hoor nie en vra toe vir hulle,”praat julle nou van die boek Siener van Rensburg?”! “Ja!!”, se hulle altwee tegelyk!
Die swarte vra toe waar hy so boek in die hande kan kry! Want hy wil vir die swart mense wat so graag wil oorlog maak en die wittes doodmaak, wys wat met hulle gaan gebeur as hul voortgaan met hul gewelds planne! Die kleurling se toe, hy sal uitvind waar daardie boek van sy pa is!
As u dit uit die “perd se bek” wil hoor, se Cas, kan enige iemand hom hieroor skakel.
Kan julle dit glo!!!



Graag wil ek reageer op mnr. FW de Klerk se uitlatings in onderstaande artikel in Rapport van 07 Februarie 2010.


Die opofferings van ons seuns in die Angolese Grensoorlog was nie verniet nie, hiermee stem ek volkome saam met mnr de Klerk!! Maar om totaal ander redes!
Eerstens, het my broer (die laaste keer toe hy op “pas” was, voordat hy in 32 Bataljon gesneuwel het in Angola) gesê, die hele lewe gaan oor die stryd tussen goed en kwaad! En dat dit wat hy doen, sy aandeel is vir die goeie!
Verder is daar legio voordele wat daardie tyd van Diensplig vir ons as ‘n volk ingehou het! Dink maar hoeveel ma’s was so trots en het dikwels gesê, “ek het ‘n seuntjie weggestuur, en ‘n man teruggekry”! Hoeveel jong seuns kyk en luister vandag nog met bewondering, wanneer die ouer manne oor hierdie gebeure gesels! U sê, hulle sou bykans die helfte van hul lewens moes diensplig doen (sou ons weerstand teen Kommunisme bly bied het) en dat die prys vir u te hoog klink, is enige prys te hoog ter verdediging van ‘n Christelike standaardstelsel? Weet u dat meer as ‘n miljoen mense reeds ons land verlaat het, nou doen hulle “Diensplig” in vreemde lande! Daar is sowat 7 000 van ons jong seuns in vreemde Weermagte.

Voorts sê u dat die meeste mense het gevoel dat daar ‘n verandering moes kom! Hoekom het hulle so gevoel? Want u het hulle die versekering gegee dat hul minderheidsregte beskerm sou word en beloftes gemaak, waarvan niks ooit gerealiseer het nie! Die Burger het onlangs ‘n peiling gedoen, en gevra dat sou ons nou weer Ja of Nee kon stem, wat sou jy stem? Weet u wat was die uitslag? Slegs 36% het gesê hul sal weer Ja stem (en ons sal moet sien hoeveel van hulle bly oor, want hef aan lê nog vir ons voor). Byna twee derdes (64% ) het gesê hulle sal nou Nee stem! Onthou u nog: in 1992 het u gespog dat twee derdes Ja gestem het! Die vraag is: wat dan nou gebeur dat die mense ‘n ommekeer gemaak het? Het hulle gesien dat van AL u beloftes het net mooi niks gekom het nie? M.a.w. ons was bedrieg!!! Ons kan in alle opregtheid nie meer ‘n woord glo wat u sê nie, u het tog in 1994 belowe dat hierdie land gaan bloei, ons het u seker net verkeerd verstaan! U was heeltemal reg, ons land “bloei”! Want daagliks word u medeblankes brutaal vermoor! ‘n Duur prys om vir u mooi beloftes te betaal, of hoe? En vir wat, mnr de Klerk? Vir wat bring ons hierdie offers? In die hele Bosoorlog het ons +-700 man oor n tydperk van +-18 jaar verloor en kon ons minstens sê die prys was vir die vryheid van ons volk en om nie deur Kommuniste regeer te word nie! Nou betaal ons ‘n heelwat duurder prys (vir niks) en julle het ons van ons vryheid beroof! Hoe lank sal dit julle (liberales) neem om te sien dat ons volk nie meer geseën nie, maar “gestraf” word en dat jul resep op ‘n totale mislukking uitgeloop het? Jul moes meer tyd en geld spandeer het om vir die wêreld te wys watter geleenthede swartes in hierdie land gehad het en hoe goed ons vir hulle was (skole, universiteite, sportsentrums, gratis medies, ens. — om maar net enkeles te noem) en wat ons vir hulle gebou en daargestel het, selfs al het hulle dit afgebrand! Pleks daarvan om te kapituleer, moes u meer tyd spandeer het om ons volk moreel te rig, ons jeug op ons geskiedenis van eer, regverdigheid en heldemoed te wys, ens.
Weet u dat die Israeli Staat nog nooit gekapituleer het onder al die “eeue” se druk van die Palestyne nie? So ook die Hollanders wat vir dekades lank oorlog gevoer het teen die destydse sterk Spaanse ryk!
Ek wonder hoe goed u die geskiedenis van Masada ken?

Dit is ‘n Fort wat Herodes gebou het om na toe te vlug sou die bedreiging vir hom te groot raak! Met die beleëring van die Romeine het ongeveer 900 mans en vroue daarheen gevlug, dit het die magtige Romeinse reik 3 jaar geneem om net ‘n toegangsroete te bou om by Masada se poorte uit te kom! Met die oopbreek van die poorte het hulle gevind dat almal daarbinne eerder selfmoord gepleeg het, as om onder die Romeine se vlag te buig. (Ja, dit was die prys wat hulle bereid was om te betaal vir hul vryheid)! Maar mnr. de Klerk, waar is die “veilige vesting” wat u vir ons as volk agter gelaat het? Anders as daardie mense by Masada, gaan ons nie selfmoord pleeg nie! Nee, ons as volk is klaar besig om ons veilige vesting te bou ? die enigste een wat daar is — ons verhouding met ons HEMELSE VADER!!! En so sal ons die stryd vir die GOEIE bly voort sit, net soos ons voorouers dit gedoen het! Al lyk die toekoms hoe donker en onmoontlik, ons dien ‘n GOD wat die onmoontlike doen en dus sal die wonderwerke net nog groter wees!!! En sal ons nie anders kan as om sy NAAM te eer vir dit wat HY, vir ons in hierdie land gaan doen nie!!!!!
En ek twyfel of u daar gaan wees om dit te aanskou…

Ek heb gesegt!



Masada! Kyk heel bo op die berg!

Masala1



Vergadering in Hekpoort

Ons sal `n vergadering hou in Hekpoort op die 13 Mei 2009.

Vir verdere navrae: skakel asseblief vir Naomi: 0728737005

Baie dankie




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.