Archive for the ‘Toerusting’ Category
Ons weet dat gemors die land gaan tref. Wat ons nie weet nie is hoe erg dit gaan wees. As dit banke en ander instellings heeltemal verwoes word en alle rekords raak verlore, sal jy na die tyd kan bewys dat jou huis joune is en dat jou motors joune is?
Maak duplikate van al u dokumente (ID, paspoort, wapen-lisensies, ens), en plaas in ‘n waterdigte sak en voeg dit by jou toerusting. Gaan dalk selfs een stap verder, en skandeer (‘scan’) al die dokumente op jou rekenaar in, sny ‘n paar CD’s met die dokumente op, en begrawe een iewers, stoor een in ‘n ‘safety box’ by die bank, sit nog so 2 of wat by jou toerusting. Maak net seker dat jy by jou dokumente sal kan uitkom.
Wanneer ons terugkom na die onttrekking, sal dit net makliker wees om jou en jou besittings te identifiseer.
Na aanleiding van die Lys van lyste, kom ons kyk na een van die items in die ‘persoonlike’ lys: klere.
As deel van ons voorbereiding, moet ons ook dink aan klere, veral as ons kinders het wat nog baie groei. Indien ons net 3 maande in die bos is, behoort dit nie ‘n probleem te wees nie. Wat gebeur egter as ons vir langer daar moet bly? Selfs al bly ons net vir 3 maande, en kom dan terug en alles is verwoes, waar gaan jy dan klere kry? Die kinders se klere van laas winter gaan nie hierdie winter pas nie.
Indien jy meer as een kind het, dan kan die een dalk vir die ander kind sy klere aan-paas, maar wat van die oudste een. Kyk in julle groepe watter ouderdomme/geslag is die kinders, en waar kan julle aan-paas onder mekaar en waar sal daar probleme ontstaan – en moet nie nou vir my kom se jy is te hoogmoedig om ‘hand-me-downs’ te dra nie. Vir die ‘gapings’ in ouderdomme/geslag sal daar ‘n ander plan gemaak moet word. Ons sit met ‘n paar opsies: koop nou al klere vir ‘n jaar of wat vooruit, of koop materiaal/wol en gaan loop ‘n kursus in naaldwerk/brei (as jy nie weet hoe nie).
Dit sal in elk geval raadsaam wees indien iemand in die groep weet hoe om klere te ‘lap’, kouse te stop, truie te brei, ens. Ons klere gaan nie vir altyd hou nie, en daar gaan nie noodwendig ‘n winkel wees waar ons gou vinnig kan inhardloop en ander koop nie. Ek weet God het Israel in die woestyn gehelp sodat hulle skoene en klere nie gebreek en verslyt het nie, en Hy kan dit weer vir ons doen, maar ek glo ook dat God het ons genoeg ‘common sense’ gegee en genoeg waarskuwing sodat ons self kan voorberei.
Maak in elk geval seker dat jy ook klere saamneem, vir winter en somer. Ek weet dit vereis nog pakplek, maar die keuse is jou eie. En as ons gedurende die somer moet onttrek – onthou asb komberse vir wanneer die winter aanbreek!
Na aanleiding van die Lys van lyste, kom ons kyk na een van die items in die ‘Algemene’ lys: ontspanning.
As deel van ons voorbereiding, moet ons ook dink aan ontspanning – vir groot en klein; deur die dag en in die aand. As ons in die bos gaan wees, gaan ons redelik besig wees, ja; maar daar gaan ook vrye tyd wees waartydens elkeen hom/haar-self moet besig hou. Dis maklik om te dink: ‘Ag, ek sal iets kry’. Vir ‘n paar dae dalk, ja – maar vir ‘n maand? Of wat van 3 maande? Of 6 maande? En om te dink jy sal elke aand om die kampvuur met die ‘bure’, vriende en familie gesels… dink weer.
Nou wat kan ons dan doen? Ek is seker daar sal ‘n paar rugby-balle en krieket-kolwe vir die energieke jong-klomp wees, en dat daar gereeld wegkruipertjie gespeel sal word. Met die kleintjies kan mens vroteier en ‘touchers’ speel – en hulle verbeelding sal hulle besig hou. Maar wat as dit reen? En wat van die persone wat nie so energiek is nie? Dink verder as die ‘normale’ aktiwiteite.
Jy kan ‘n Playstation/Wii saamneem as jy ‘n kragopwekker en baie brandstof het om dit aan die gang te hou. Jy kan ‘n paar goeie boeke saamneem om te lees en met ander uit te ruil om hulle boeke te lees (dit was mos so lekker op skool om te lees). Wat is jou stokperdjie? Het ons te besig geword met die gejaag na geld en ander dinge dat ons al van dit vergeet het? Wou jy dalk nog altyd skilder, maar het nog nooit tyd gehad nie? Wou jy dalk ‘n boek skryf? Wat van die plesier wat jy daaruit geput het om model-karretjies uit hout uit te kerf? En wat van die kamera en foto-graaf ideale? Dit neem dalk nog ‘n bietjie plek op, maar beplan net mooi. Ken prioriteite toe.
Ek dink dis tyd dat ons die ‘drome’ en ‘stokperdjies’ bietjie afstof en kyk of ons dit kan saamneem om onsself mee besig te hou gedurende daardie ‘vrye’ tyd – vir die wat nie gaan vry nie
. Bespreek dalk met julle groep se volgende vergadering wat julle gaan doen om julleself mee besig te hou – nadat julle elke oggend gaan stap het en die dag-takies afgehandel is.
Medisyne is duur, maar tog noodsaaklik. Terwyl ons nou aan die einde van die jaar is, het party mense wat mediese fondse het nog geld op hulle ‘spaar’ rekening wat nie na volgende jaar oorgedra word nie. Ander het dalk al so baie gebruik dat hulle oor die ‘gap-payment’ is. Ek wil hierdie mense aanraai om nou ‘misbruik’ daarvan te maak en julle mediese voorraad aan te vul. Gaan koop alle moontlike ‘oor-die-toonbank’ medisyne – alles van hoesgoed en seer keel tot maagwerk en voetsere. Deur die jaar is daar baie betaal aan die Mediese fondse – laat jou geld nou bietjie vir jou werk.
Vir die persone wat belangstel in die tegnologiese ‘gadgets’, gaan loer gerus by http://www.technopro.co.za/ Hulle het alles van kameras, verkykers, teleskope (vir sterre en gewere), flitse, nag-visie en nog baie meer. Baie interessant.
Ons kry baie navrae van Suidlanders wat tweerigting radios wil koop. Hier is net ‘n paar punte om in gedagte te hou:
Enige radio groter as die goedkoop radiotjies wat by buitelewe winkels verkoop word (bv. Zartek, Oregon Scientific ens) het ‘n lisensie nodig. Selfs burgerband radios (“CBs”). Burgerband radios is maklik om te verkry, en goedkoop.
Een radio help mens nie veel nie. Jy moet vooraf beplan MET WIE jy wil praat, en daardie persoon moet ‘n soortgelyke radio besit (wat op dieselfde frekwensie geprogrammeer kan word), en daardie persoon moet WEET jy wil met hom praat (d.w.s. daar moet ‘n tyd-skedule vir kommunikasie wees).
Enige van die bekende name is betroubaar. Dink aan Kenwood, Alinco, Midland, Yaesu, Icom, Motorola ens (die lys is NIE volledig nie).
Jou radio-stasie is net so goed soos jou antenna. ‘n Nuwe R10 000 HF amateur radiostel in ‘n voertuig met ‘n 3m “whip” antenna gaan swakker werk as ‘n tweedehandse, R1000 stel met ‘n hoog-geplaaste, korrekte lengte dipool antenna.
Ons het dit voorheen gesê, en sê dit weer: ons beveel enigiemand wat belangstel in kommunikasie (landwyd, sonder infrastruktuur) aan om die radio-amateur eksamen af te lê. Verskeie Suidlanders het die pas afgelope eksamen (Oktober) afgelê, die volgende geleentheid is eers in Mei 2009.
Die selfoon industrie sou nie bestaan het as dit eenvoudig en verniet was om met ‘n radio die hele land vol te kan praat nie. Langafstand radio kommunikasie neem toewyding en moeite (dis hoekom daar ‘n stokperdjie soos amateur radio bestaan).
Ons doen ook ‘n beroep op enige bestaande Suidlander radio-amateurs (wat bereid sal wees om te help met kundigheid en toerusting indien daar groot moeilikheid kom) om ons te kontak sodat ons daardie faktor in ons beplanning kan inkorporeer.
Ons het ‘n bydrae van leser DirkB ontvang rakende mid-band BHF radios (dis nou die Burgerlike Beskerming, of “Marnet” radios wat voorheen deur boeregemeenskappe gebruik is). Moenie Burgerlike Beskerming radios met Burgerband (CB) radios verwar nie.
Dirk skryf dat daar reeds derduisende van hierdie radios in omloop is (BAIE boere het die radios gehad, en in baie plekke het die netwerk heeltemal platgeval toe die ANC regering/polisie die Burgerlike Beskerming stelsel ophou ondersteun het).
Dirk noem verder dat hierdie midband radios (wat op ongeveer 70 MHz werk eerder as die standaard 136-174MHz BHF radios) ook ‘n langer reikafstand het as gevolg van die laer frekwensie.
As iemand wat in die radio-industrie werk (en dus daagliks met die probleme te doen kry), noem hy laastens dat, indien ‘n burgeroorlog in SA uitbreek, hy definitief eerder ‘n midband BHF radio in sy voertuig sal wil hê as ‘n hoë-band BHF radio.
Dankie Dirk.
Leser JG noem die volgende: Sover ek weet , is die miershoop skoon gemaak en ‘n klein gat skuins na agter gemaak vir die hitte om stadig the ontsnap. Nou word die vuur binne in die miershoop gemaak , krap die kole plat , sit jou broodpan op die kole , gebruik sommer ‘n swartpot deksel om die gat voor toe te maak – maak ‘n bietjie modder aan en smeer die gat oor die swartpotdeksel en die deksel met klei – Bak vir omtrent 1 uur en siedaar …’n lekker Boerbrood !!!. Die gat in die miershoop skuins na bo aan die agterkant moet nie te groot wees nie , so omtrent 50mm x 50mm – Die miershoop kan natuurlik oor en oor gebruik word
Leser TB het vir ons die volgende twee webtuistes uitgewys waar die konstruksie en gebruik van klei-oonde baie deeglik verduidelik word. Die konstruksie tegnieke kan baie handig tepas kom in ‘n tydperk waar jy vir lang tye in die veld of ver van elektrisiteit af is.
Kyk gerus na http://www.traditionaloven.com & http://clayoven.wordpress.com/
Een van die lesers wil weet hoe om ‘n bakoond te maak? Dit is nou ‘n buiteoond soos wat die Voortrekkers hulle brood in gebak het. Hulle het blykbaar miershope uitgehol en dit gebruik. Het iemand dalk ‘n idee hoe hulle dit presies gedoen het?
Leseres Joey het ons laat weet dat sy ‘n dehidreerder by Makro gekoop het vir R499. Sy droog van groente tot eiers.
Groente word vir 5 minute gestoom, en dan op die rakkies van die dehidreerder geplaas (sy doen dit oornag). Die volgende oggend verpak sy die gedroogde groente in ‘n vakuumverpakking.
Vrugte word in heuning gedompel en gedroog. Maalvleis en eiers word gaargemaak, dan gedroog. Joey sê sy maak tot biltong met die dehidreerder.
