Archive for the ‘Toerusting’ Category

Vir diegene wat geïnteresseerd is in kamoefleerdrag, die Natick U.S. Army Soldier Systems Centre het onlangs hul studie oor kamoefleerdrag wat van 2007 tot 2009 geloop het, bekend gemaak.  Hier is ‘n skakel na ‘n opsomming van die resultate

Natick Officially Releases Camo Study Images

Die tabel met die resultate in drie omgewings vir verskillende kamoefleerpatrone dui aan dat die beste “all-round” kamoefleerpatroon die “Syria” patroon is, gevolg deur die “MultiCam” patroon.  MultiCam doen beter behalwe in woestyn omgewings.

MultiCam kamoefleerdrag is natuurlik beskikbaar in Suid-Afrika.  Dit is duur, maar baie goeie kwaliteit en baie effektief.  Baie boogjagters gebruik deesdae MultiCam (boogjagters moet BAIE nader aan die bokke kom as geweerjagters).

MultiCam kamoefleerdrag is beskikbaar by M&S Equipment in Centurion.

Dit kom voor asof die skakel na die son-oond wat ons vroeër geplaas het, nou ‘n registrasie nodig het om te lees.

Die spesifieke oond staan bekend as die Kyoto Box son-oond (as iemand self wil Google).  Hier is nog twee skakels oor die oond:

Inligting van Inhabitat.com

Kyoto Box op Howstuffworks.com

Hier is ook ‘n blad met planne vir verskillende ANDER modelle van son-oonde:

Plans for Solar Cookers

Onlangs was ‘n son-oond (“solar cooker”) wat $5 kos, en wat ‘n internasionale prys gewen het, baie in die nuus.

Hier is ‘n skakel na ‘n berig oor die oond.

Die oond bestaan uit twee kartondose wat binne-in mekaar pas. Die binneste boks word swart geverf, en die buitenste boks word met tinfoelie uitgevoer om die son se energie te weerkaats. Die twee kartondose word geskei deur iets soos koerantpapier.

Die hele kontrepsie word met ‘n perspex vel toegemaak om die sonstrale deur te laat maar die hitte binne te hou.

Maklik en goedkoop om te maak, goed genoeg om brood in te bak.

At the bottom of this contribution is a link to a webpage describing homemade self-recharging batteries (using solar panels).

The Norwegian who built these batteries used flexible solar panels (1.8V rating) wrapped around some C-size Nickel Metal Hydride (NiMH) rechargeable batteries.

No intelligence is provided for, so overcharging the batteries is a distinct possibility, but it still is a very clever solution to the problem of flat batteries!

SunCat Batteries DIY Prototypes

Leser Leoni het vir ons terugvoer gestuur oor haar ondervinding van ‘n stel van twee “Lifetime” flitse (dis nou die skud-modelle wat by Game beskikbaar is).

Sy berig sy die flitse met ‘n geruste hart aanbeveel, omdat haar ondervinding baie positief is.

Nota van Redakteur:  As so ‘n flits jou enigste opsie is, gaan jy baie moet skud as jy die flits gereeld gebruik.  Dit is egter ‘n baie goeie rugsteun (“backup”) opsie – hou gerus een in die voertuig en een in die kampeertrommel.

Met al die voorberedings, is die norm om genoeg voorraad te he vir 3 maande, en dan ook saad wat jy met jou aankoms by die onttrekkings-punt kan plant.  Na 3 maande sal die saad vrugte en groente wees waarvan jy dan kan leef, en deur dan weer en nog saad te plant, raak jy self-onderhoudend.

Ons het egter ‘n probleem.  Baie van die saad is egter geneties verander sodat jy dit net een keer kan gebruik, en nie die saad uit die vrug wat opkom kan uithaal en weer plant nie.  Hulle wil boere forseer om elke jaar weer saad te koop. Nou is ons op soek na organiese saad vir groente en vrugte – saad wat nie geneties so ‘verwoes‘ is nie.  Indien daar iemand is wat ons kan help, sal ons dit waardeer.

Baie van ons het dalk al gewonder: Hoe lank gaan my voorraad regtig hou.  Jy sit dalk met ‘n paar kratte/bokse/houers vol kos en ander voorraad, maar jy weet nie regtig hoe lank dit gaan hou nie.  Ja, daar is lyste (op hierdie webwerf ook) wat se dat ‘n sekere hoeveelheid voedsel sal vir 2 mense so lank of vir 4 mense so lank hou. 

Daar is ‘n paar probleme met die lyste.  Hulle neem aan dat alle mense eet dieselfde hoeveelheid, of sal in staat wees om hulself te beperk tot ‘n sekere rantsoen elke dag.  Hulle neem aan dat almal hou van dieselfde kos.  Ek bly byvoorbeeld eerder sonder vleis as wat ek soya eet, en hou niks van Macaroni nie.  Ek vat eerder ekstra rys.  So het elkeen sy eie voorkeure en smaak.  Nou hoe gaan ek weet hoe lank gaan my voorraad hou – hoe lank is ‘n stukkie tou?

Ek sou graag my lys wou neem na iemand wat bekwaam is met logistieke beheer en voorraad-beplanning in die hoop dat hulle my kan help.  Hulle gaan egter vir jou ‘n paar vrae vra voordat hulle jou kan antwoord.  Indien jy egter die antwoorde op hierdie vrae het, dan kan jy self uitwerk ‘hoe lank jou stukkie tou is‘.

Die vrae is net die volgende – hoeveel voorraad verbruik julle gemiddeld elke maand?  Nou dis moeiliker om dit uit te werk as almal elke dag skool en werk toe gaan en daar van ander bronne se voorraad gebruik maak – soos die toilet-papier by die werk, of die etes wat jy by die werk eet (of “take-aways”).  Hier le egter ‘n vakansie-tydperk voor waar die kinders by die huis is en die meeste mense by die huis is. Maak gebruik van hierdie geleentheid en kyk hoeveel verbruik julle oor ‘n maand of ‘n paar weke, en as julle iewers ander gaan eet, “‘take-aways” kry of op enige ander manier ‘ander’ bronne van gebruik maak, teken dit op en voeg dit by jou som.  Ek weet almal wil net braaivleis hou en ‘party’, maar probeer so normaal as moontlik te eet en te leef, en dan sal jy self kan uitwerk ‘hoe lank jou stukkie tou is‘.

Ons het ‘n bydrae ontvang van leser HeinG, wat daarop wys dat die lys wat onlangs gepubliseer is (rugsakinhoud) ‘n kompas en watersuiweringstablette kort.

Enigiemand wat die nuus lees, sal saamstem dat ons watervoorraad in Suid-Afrika al swakker raak.  Watersuiweringstablette is dus ‘n BAIE goeie idee.  Die Chlor-Floc handelsnaam is baie bekend as ‘n goeie produk.  Dieselfde maatskappy maak ook ‘n produk WaterMaker, wat in ‘n poeiervorm verkoop word, en wat gebruik word om groter volumes te suiwer.  Volg die instruksies op die verpakking.

‘n Kompas is ‘n debatteerbare item.  Dis nooit ‘n slegte idee om ‘n goeie klein kompas in ‘n rugsak te he nie, en ‘n kompas kan mens help voorkom om in sirkels in die bos rond te loop.  Maar baie min mense beplan om baie kilometers deur vreemde bosse te stap nie…

Ideaal moet mens ‘n kompas, ‘n goeie kaart (of stel kaarte) hê, en moet mens weet hoe om dit te gebruik.  Dit hang nie soos ‘n GPS ontvanger af van krag om te werk nie.  Maar om ‘n volledige stel kaarte rond te piekel is ook nie altyd prakties nie.  En dit gaan ook nie help as mens in ‘n krisis eers moet leer navigeer op kompas en kaart nie.  Die gebruiker moet goed bekend wees met die verskil tussen ware noord, magnetiese noord, kaart interpretasie en -skaal, en die gebruik van die toerusting.

Die ideaal om na te streef in die voorbereiding vir selfversorgendheid, is om so ver as moontlik onafhanklik van ander te kan oorleef.  Prakties kan so ‘n strewe nie werklik verwesenlik word nie, maar daar is baie wat mens kan doen om daarnatoe te werk (en jou afhanklikheid te minimaliseer).

Dit is egter so ‘n moeilike taak, dat dit maklik as “onmoontlik” beskou kan word en die strewe laat vaar word.  Die koste van voorbereiding kan ook na ‘n onoorkombare probleem lyk.  Dit is dus belangrik om mylpale te stel en die proses in stappe af te handel.

As eerste mylpaal kan mens byvoorbeeld as doelwit stel om vir 72 ure te kan oorleef in haglike omstandighede.  Dit is byvoorbeeld waar ‘n “gryp-en-hol” rugsak inkom, of ‘n oorlewingsak in jou voertuig.  So ‘n rugsak is al in ‘n vorige pos bespreek.

As volgende doelwit of mylpaal kan mens vir twee weke voorberei.  Dit is belangrik om so ver moontlik, al die fasette van voorbereiding gelyktydig aan te spreek, en toepaslike hoeveelhede van items aan te skaf.

Byvoorbeeld:  as jy net 200 liter brandstof vir jou voertuig het, is dit onnodig om verskeie stelle onderdele vir toekomstige dienste aan te hou – die voertuig gaan op die beste 2000 tot 3000 km loop voor die brandstof gedaan is, en dis onwaarskynlik dat die voertuig meer as een olievervanging gaan nodig hê in daardie tyd.  Spaar onderdele vir iets wat breek, is natuurlik ‘n ander storie.

Net so, as jy ‘n gaslamp besit, kyk na die gemiddelde leeftyd van die sakkie (“mantle”).  Is dit nodig om 10 ekstra sakkies aan te koop as jy net twee of drie bottels gas vir die lamp het (wat moontlik nog met ‘n stoofplaatjie gedeel moet word)?

Dit is beter om te begin met die “lys van lyste” wat voorheen bespreek is, en te poog om op alle terreine eers vir 72 uur, dan twee weke, een maand, drie maande, en een jaar (of langer) voor te berei, as om die lyste van die begin af van bo af te probeer afmerk vir bv. 1 jaar se voorraad.

Met voedselberging van langer as 3 maande is dit belangrik om na sade te begin kyk – die kweek van ‘n groentetuin vat tipies ten minste 3 maande om te begin voedsel lewer, so as jy net vir 2 weke kos het, is ‘n versameling saad laer prioriteit as nog meer kos.

Die bostaande is natuurlik van toepassing vir ‘n scenario waar her-aanvulling van bv. brandstowwe en voedsel vir ‘n lang tydperk nie moontlik is nie.

Na aanleiding van die Lys van lyste, kom ons kyk na een van die items in die lys: Voertuig.

As ons moet onttrek, sal ons dit verkieslik met ‘n voertuig wil doen. Fietse en te voet sal ook werk, maar dit moet die laaste opsie wees. Indien die voertuig so belangrik is, moet ons seker maak dat ons tref voorbereiding vir die voertuig ook.

Baie van die voertuie wat ons deesdae koop, kom met diens- en instandhouding-planne waarby die dienste van die voertuig outomaties gedoen en betaal word. Indien ons egter ‘in die bos’ is, is daardie fasiliteite nie meer beskikbaar nie. Indien jy gelukkig is, is daar darem ‘n motor-werktuigkundige daar. Maar selfs hy gaan niks kan doen as daar geen spaar parte is nie. Dus…

Wanneer jou motor weer gaan vir ‘n diens, vra om te ou parte te kry en hou dit. ‘n Part wat bietjie verweer het is beter as geen part nie. Indien die finansies dit toelaat, koop self ekstra filters, briek-blokkies en -skoene, en ander soortgelyke parte. U hoef nie AL die parte van die voertuig te hê nie, net genoeg om dit deur een of twee ‘normale’ minor’ dienste te kan sit. En moet nie vergeet van olie nie – ‘n diens gebruik nogal baie van dit, en dit help in elk geval nie jy het 1000 liter brandstof maar geen olie nie. Kry sommer ook ‘brake-fluid’, ‘power-steering fluid’, en ekstra ‘wipers’ ook. (‘Pirate’ parte is goedkoper as die handelaars s’n, en in die bos gaan ons net gepla wees om die voertuig aan die gang te kry/hou.)

U ken u voertuig. Daardie klein parte wat nie baie plek opneem nie (en gewoonlik ook nie baie duur is nie), maar wat die kan maak dat die voertuig ‘onbruikbaar’ is, skaf dit aan. Indien ons die hoofweë gaan vermy, en dalk baie op grondpaaie gaan ry, kry dan gerus ‘n ekstra lug-filter ook – stofpaaie maak hom gou-gou vuil.

Batterye is ‘n moeiliker een. Jy kan nie ‘n battery nou koop en vir 6 maande ‘stoor’ nie. Hy raak onbruikbaar. Indien u wel ‘n ‘droë sel’ kan kry, en ‘n paar bottels battery-suur, dan kan dit werk. (Indien daar iemand is wat weet waar ons ‘droë selle’ kan kry, laat weet asb.)

Nog iets om in gedagte te hou is die bande. Maak seker dat jy meer as die normale 1 spaarband het – vir die voertuig en die sleepwa/karavaan. Dis nie nodig om die hele wiel aan te skaf nie, net die band – dis goedkoper en ligter en neem minder spasie op. Maak seker jy het ‘n pomp – ‘n handpomp mag dalk lank neem, maar dit werk. Maak seker jy het ‘puncture-kits’ vir lekke aan die bande.