Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Archive for the 'Suidlander Funksies' Category

Gustav Müller op toer

Verskeie Koerante meld die afgelope tyd dat SA op die rand van n Revolusie staan! Hoe lyk so n Revolusie en wat kan jy doen om jou in n beter posisie te plaas! U word hartlik uitgenooi na hierdie openbare vergaderings van die Suidlanders te kom luister. Hoofspreker Gustav Muller. Ons doen ook `n versoek aan die vroue om hierdie geleentheid by te woon. Julle sal toegespreek word deur Mev. Naomi Muller.

 

Kimberley

19 November

 

Windburg

20 November

 

Klerksdorp

21 November

 

Hoopstad

23 November

 

Brandfort

24 November

 

Ladysmit

28/29 November

 

Vrede

30 November

 

Lydenburg

1 Desember

 

Potchefstroom

7 Desember

 

Hekpoort

8 Desember

 

Groblersdal

9 Desember

 

Carolina

10 Desember

 

Heidelberg

12/13 Desember

Vir meer besonderhede kan u gerus u streeksleiers kontak, of skakel vir Naomi by 072 873 7005



Suidlander Funksies - Kaapstad & Ceres

Hiermee wens ons alle belangstellendes in kennis te stel van die Suidlander funksies wat gehou word vir die Wes Kaap.

Dinsdag 17 November 2009 om 18:30 vir 19:00 by die Hoërskool Belville skoolsaal.

Woensdag 18 November 2009 om 18:30 vir 19:00 Waboomsrivier Ceres.

Volg gerus die volgende skakkel vir meer inligting: Suidlanders Wes Kaap



Henneman - Suidlander Funksie

Gustav Müller sal môre aand 18:30 in Henneman alle Suidlanders en belangstellendes van die omgewing toespreek.

Vir meer besonderhede, kontak gerus vir Dup op 0724003332.



Pretoria - Suidlander Funksie

Gustav Müller sal op die 23ste Oktober 2009 (Om 19:00) as hoof spreker optree by ‘n Suidlander funksie wat gehou sal word by “Ons Tuis” op die hoek van Soutpansberg en Parker str in Pretoria.

Hierdie funksie form deel van die landwye toer wat Gustav huidiglik onderneem. Ons het reeds terugvoer gegee van verskeie ander funksies waar Gustav reeds opgetree het en die algemene terugvoer is dat die mense dit baie waardevol vind. Die boodskap wat Gustav huidiglik uitdra het ‘n baie diep geestelike inslag maar sluit ook ‘n vooruitskouing in van die omstandighede in Suid Afrika en waarheen dit onderweg is.

Na afloop van Gustav se toespraak sal die Suidersterre (Die Suidlander vroue) ook ‘n spesiale bespreking hê vir die vroue.

Ons nooi alle belangstellendes om die datum te boekmerk. Geen besprekings sal nodig wees nie, en u is welkom om al u vriende en familie ook te nooi om die aand by te woon.

Geleendheid sal gebied word vir persone wat nog nie deel is van omgee groepe nie om ook in te skakel.



Terugvoer - Gustav Müller

Graag wil ek vir ons mense bietjie terugvoering gee oor ons vergaderings sover gehou op ons toer.

 

In Port-Elizabeth is ons hartlik ontvang deur ons gasheer en gasvrou: Henna en Homan Grasman en `n lieflike verblyf daar gehad. Ons wil vir hulle ook weereens se, namens die Suidlanders, baie dankie vir julle gasvryheid en moeite met `n baie suksesvolle vergadering. By hierdie stampvol saal het oom Calie van Vuuren en Jimmy Gordon `n halfuur voor die aanvang van die vergadering die mense vermaak met kitaar en konsertina wat `n baie lekker warm atmosfeer geskep het. Oom Jimmy en Calie het ook met hierdie geleentheid hulle eerste CD (Karoo-Konsertina) bekend gestel waarvan hulle ook 50 dvds vir ons gegee het, wat op ons vergaderings beskikbaar sal wees vir belangstellendes. Dankie P.E.

 

Ons vergadering in Hogsback wil ek graag vir Prof Tobie Louwe bedank vir sy gasvryheid en braai wat hy gereel het. Daar het ons ook `n lekker vergadering gehad en wil ook dankie se aan mense wat tot sover as 200 km gery het daarnatoe. Hogsback, voorwaar `n pragtige dorpie in die Ooskaap. Baie Dankie.

 

Aan Rudi van die Suidkus wil ons baie dankie se vir die vergadering gereel op Kockstad. Waar daar ook `n goeie gees geheers het. Dankie vir die inboek by die gastehuis, dit word opreg wardeer, Rudi. Dankie Braam en Rudi vir die reel van die Durban vergadering waar ons `n lekker opelug vergadering gehou het. Ook vir Steven en Tersia vir die gasvryheid tydens ons verblyf by julle.

.

 

Pietermaritzburg vergadering, gereel deur Martina, wil ons ook baie dankie se vir al die reelings met die vergadering en ook die oornag fasiliteite wat vir ons gereel was. `n Baie sinvolle vergadering is hier gehou waarvan die wat dit bygewoon het verteenwoordigers was van ander groepe, soos Wartburg en andere. Graag wil ek my wens uitspreek, dat hierdie verteenwoordigers die dringendheid en die erns van dit wat ek met hulle gedeel het sal oordra aan hulle groepe.

 

Gisteraand het ons `n vergadering gehou in Ladysmith en wil ek die organiseerder bedank vir sy reelings in hierdie verband. Ook soos al die ander vergaderings, `n hartlike en eensgesinde gees wat hier geheers het. Net so is ons ook hartlik en gasvry ontvang deur Johann en sy vrou.

 

Daar is heelwat interresante verwikkelinge rondom onder andere die opleiding in Luhathla wat ek op my vergaderings met ons mense deel. Alle inligting wat ek op my vergaderings gebruik word uit ons daaglikse koerante saamgestel om vir u `n duidelike prentjie te skets van hoe alles oor die afgelope paar jaar steeds soos `n goue lyn afstuur op `n revolusie, wat nie meer te lank sal vertoef nie.

 

Boere Groete

 

Gustav Muller



Suidlander Funksies

Program vir vergaderings gehou deur Gustav vanaf 16 September 2009 - 29 Oktober.

Tema: Op die vooraand van `n Revolusie in Suid-Afrika.

Enige navrae oor vergaderings, skakel Naomi by: 0728737005

Ek Naomi Muller doen `n versoek dat die vroue hierdie vergaderings aktief sal bywoon, aangesien ek ook met hulle `n woordjie van bemoediging wil meedeel. Hierdie is `n volksoorlewings saak. Net soos die mans hulle afdeling het waarin hulle die volk sal dien, so het die vrou, `n ontsettende belangrike rol om te speel, waaroor ek graag met julle wil gesels.

Woensdag, 16 September: Port Elizabeth

Vrydag, 18 September: Oos Londen

Saterdag, 19 September: Kockstad

Sondag, 20 September: Durban

Maandag, 21 September: Pietermaritzburg

Dinsdag, 22 September: Ladysmith

Donderdag, 24 September: Kroonstad

Vrydag, 25 September: Vegkop

Saterdag 26 September: Van der Bijl Park

Maandag, 5 Oktober: Witbank

Dinsdag, 6 Oktober: Waterval Boven

Woensdag, 7 Oktober: Nelspruit

Donderdag, 8 Oktober: Hoedspruit

Vrydag, 9 Oktober: Phalaborwa

Saterdag, 10 Oktober: Pietersburg

Sondag, 11 Oktober: Louis Trichardt

Maandag, 12 Oktober: Potgietersrus

Dinsdag, 13 Oktober: Brits

Donderdag, 15 Oktober: Oos Rand

Vrydag, 16 Oktober: Nigel

Maandag, 19 Oktober: Krugersdorp

Woensdag, 21 Oktober: Zeerust

Donderdag, 22 Oktober:Rustenburg

Vrydag, 23 Oktober: Pretoria

Saterdag, 24 Oktober: Johannesburg

Maandag, 26 Oktober: Migdol

Dinsdag, 27 Oktober: Welkom

Woensdag, 28 Oktober: Bloemfontein

Donderdag, 29 Oktober: Phillipolis

    Liberty Life


Amerikaanse banke faal steeds…

Volgens die “Failed Bank List” wat deur die Amerikaanse FDIC (Federal Deposit Insurance Corporation) bygehou word, het nog 5 banke die afgelope week bankrot gespeel.  Een van die vyf (Colonial BancGroup Inc.) is die grootste bank hierdie jaar (die grootste bank om te faal sedert Washington Mutual Inc. verlede jaar). Syfers word elke Vrydag bygewerk.

Dit bring die totaal vir 2009 op 77 te staan, en 103 sedert begin 2008.  In teenstelling hiermee het daar in die sewe jaar VOOR 2008 slegs 25 banke in totaal bankrot gespeel (dit sluit die vorige Amerikaanse resessie laat in 2001 in).

Jaarlikse syfers:
2001 - 4
2002 - 11
2003 - 3
2004 - 4
2005 - 0
2006 - 0
2007 - 3
2008 - 26
2009 - 77 (”and counting…”)



Suidlander Funksies

Gustav Muller, leier van die Suidlanders, beplan ‘n landswye toer noudat hy weer vrylik kan rondbeweeg.  Indien enige Suidlanders ‘n vergadering in hulle omgewing wil reel, kan hulle hom laat weet, en ‘n datum reel.

Die vergaderings, saal ens. word deur die leiers van die omgeegroepe self gereel.

Kontak vir Naomi (telefoonnommer beskikbaar in die groen seksie bo-aan die bladsy) (stuur SMS as sy nie beskikbaar is nie), voor 14 Augustus asseblief, om ‘n datum en plek te reel.



Suidlander Funksie - Port Elizabeth

Die eerste amptelike Suidlander Funksie was vrydag aand in Port Elizabeth gehou. Die opkoms was goed gewees, wat weereens die belangstelling in die Suidlanders bevestig het.

Daar was tot op hede nog nie amptelik baie aandag gegee aan die groepe in die gedeelte van die Oos-Kaap nie, maar ons is nou baie verheug om te kan verklaar dat daar nou ‘n goeie struktuur in plek geplaas is om die groepe te kan help organiseer. Die aanstelling van die amptelike Streeks Organiseerders en Sameroepers is ook ten tye van die funksie bevestig.

Indien u in die volgende omgewings woon wil ons op u ‘n beroep doen om met ons in verbinding te tree sodat ons u kan verwys na die verantwoordelike persoon in u omgewing. Die hele omgewing vanaf Port Elizabeth tot by Uitenhage, Addo, Jeffrey’s Baai, Kirkwood, Port Alfred, Cookhouse en Grahamstown is ingesluit.

Ons wil dit weereens onder u aandag bring dat die Omgee-Groepe bestaan uit mense uit u eie omgewing, en daarop gerig is om u aan mense bekend te stel wat net soos u bekommerd is oor die situasie in die land. Die uitgangspunt is om deel te raak van noodplanne wat deur elke streek opgetrek word om verantwoordelike optrede te handhaaf in tye van nood, om sodoende paniek en chaos te voorkom en om u kanse op oorlewing te verhoog, let asseblief daarop dat geen onwettige optrede geduld sal word nie.

In ons huidige samelewing het ons begin om by mekaar verby te leef, dit het ten tye van die funksie ook duidelik na vore gekom, met die situasie waar die SAPS soms ure neem om by ‘n misdaad toneel op te daag het dit meer en meer belangrik begin raak dat ons self begin verantwoordelikheid neem vir ons veiligheid. Die Suidlander Omgee-Groepe het tot gevolg dat daar altyd iemand is (wat jy kan vertrou) wat jou tot hulp sal wees in ‘n geval van nood.

Ons bedank weereens almal wat bygedra het tot die geweldige sukses van die funksie in Port Elizabeth. Indien u van ‘n ander omgewing is en graag  ’n funksie in u omgewing wil reel, sal ons dit waardeer indien u met ons in verbinding kan tree deur gebruik te maak van die kommentaar funksie onder aan die pos. 

(Indien u buite die omgewings woon kan u ons ook kontak om te reel vir kontakte in u omgewings) 

 Autostyle Motorsport



Onthou - Suidlander Funksie Pretoria

Ek herrinner u aan die Suidlander Funksie die eerskomende Vrydag (27 Feb) om 18:30 vir 19:00. Dit sal plaasvind in die saal by die SENIORSTUIS op die hoek van Soutpansberg en Parker straat. Die ingang is in Parker straat.

Die vergadering sal hoofsaaklik fokus op omgee-groepe en die wets aspekte rondom self beskerming.

Die vroue aksie bekend as Suidersterre sal ook ten tye van die vergadering bespreek word.

Daar sal koffie na die vergadering bedien word en die bejaardes van die dienssentrum sal lekker pannekoek verkoop teen R2,50 elk.

Suidlander dvd’s en borsspelde sal ook beskikbaar wees.




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.