Archive for the ‘Selfversorgendheid’ Category

Ons het die volgende terugvoer ontvang vanaf Mev Fourie met betrekking tot gedroogde eiers. Graag wens ons haar te bedank vir haar bydrae.

Ek het die droog van eiers op die proef gestel en wil iets onder jul aandag bring. ‘n Eier wat eers gaargemaak is en dan gedroog word,(soos op youtube gewys) stol nooit weer nie – dit kan dus ter wille van voedingswaarde by ‘n gereg gevoeg word, maar dit gaan beslis nie weer in roereiers omskep word nie en ook nie as bindmiddel dien nie.

Eiers droog is ‘n tydsame proses – ekself droog net 6 oor ‘n naweek in my klein konveksieoondjie. My metode: ek klits die eiers, gooi dit dan in ‘n bakplaat (kleinkoekiepan) en vries oornag – die vriesery verwyder ‘n geringe mate van vog en spaar jou maklik soveel as ‘n uur op die droogproses. Hoe dunner die lagie, hoe makliker en vinniger droog dit, probeer vir maksimum dikte van 2mm. Droog soos beskuit teen ‘n maksimum van 120 grade Celcius, hoër temperatuur laat dit verkleur en/of gaar word, iets wat jy juis wil verhoed. (Sit die gevriesde storie net so in die oond.)Moenie olie of spray&cook in die pan spuit nie, dit raak goor en dan is al jou moeite verniet. As dit goed uitgedroog is (enigiets tussen 6 en 10 ure), skraap dit met ‘n spatula van die pan af en verpoeier.

Verpak in sakkies waarvan jy soveel as moontlik lug uitsuig (of vakuumverpak), stoor in ‘n koel plek, yskas of vrieskas. Merk maar jou pakkie met die verpakkingsdatum en die hoeveelheid eiers wat in die pakkie verpoeier is. (Ses verpoeierde eiers pas gemaklik in ‘n skoon, droë banksakkie). Die eerste eiers wat ek so 8 maande terug gedoen het en in die yskas gestoor het, was 100% in ‘n onlangse omelet!

Om te gebruik gooi jy so tussen 80 en 100 ml water per eier by die poeier net om die standaardeier weer in verhouding te rehidreer. Bykomend dan vir byvoorbeeld roereiers ‘n bietjie melk en speserye en maak gaar.

Dis ‘n tydsame proses, so ek stel voor dat as jy jou groot oond gaan aansit, sit ten minste twee plate in om die tyd en krag die moeite werd te maak.

Die dehidreerders met die baie rakkies wat ons deesdae te koop kry, het nie soos die Amerikaanse weergawe ‘n vrugtrol droogskinkbord nie, net die rakkies. In die rakkies kan jy net soliede stukke goed droog, bv. ‘n gaar gebakte eier, vrugte, ens, maar niks in ‘n puree of vloeistofvorm nie. Ek het my rakkie met foelie in ‘n skinkbord probeer omskep, maar kon toe nie die droë eier van die foelie afkry nie!

Wanneer ‘n mens vir langer as net ‘n paar dae kampeer, veral wanneer yskasgeriewe nie maklik beskikbaar is nie, is eiers altyd ‘n probleem.  Gelukkig kry ‘n mens eiers in poeier vorm wat lekker in verskillende resepte gebruik kan word.  Poeier eiers is beskikbaar by baie stap-winkels (bv. Hikers Paradise).

Kommersiële poeier eiers het egter twee nadele – koste, en rakleeftyd.  Dit is nie goedkoop nie, en die vervaldatum is gewoonlik nie te ver in die toekoms nie.

Onderaan hierdie artikel is daar ‘n skakel na ‘n Youtube video wat handel oor hoe om jou eie verpoeierde eiers te maak.  Ons stel voor mense probeer dit vir hulself en sien hoe die proses werk, en ook om dit in resepte te toets (die eiers word gebak voordat dit verpoeier word in hierdie proses).

How to make powdered eggs

Hier is ‘n skakel na ‘n bladsy wat beskryf hoe om kaas te maak.  Die “kursus” is deur ‘n universiteitsprofessor geskryf.

Cheese making for beginners

Ons het die volgende kommentaar oor groentetuine ontvang vanaf lesers:

Leser Louw:

Die maklikste en goedkoopste om honde uit te hou is skadunet, wat vir minste 10 jaar behoort te hou. Surplus groente en vrugte soos bv. tamaties,perskes,patat kan gedroog word. Ek berei produk voor deur te was,te sny(produk moet verkieslik nie dikker as 20mm wees nie) en dan swael ek dit. Gebruik wingerd of stuifswael,ongeveer halwe teelepel,plaas in skoon blik in lugdigte houer saam met produk en laat staan oornag.Plaas volgende oggend uit op droograkke.Ek gebruik sommer n skoon vullisdrom met deksel. Moenie brandende swael in blikkie direk op boom of teenan die kant van drom sit nie, die plastiek kan aan die brand raak ek gebruik sommer n baksteen. Die swael verhoed verkleuring en beskerm teen miet en ander bederf

 

Lese Scheepers se raad:

Raad hoe om die hond uit die groente tuin uit te hou.Ek het nou al vir drie jaar ‘n groente tuin, en ek het in die begin ook gesukkel toe stel my man voor om ‘n elektriese omheining te span. Jy kry tekoop ,maar my man het een gebou, die spanning is nie te hoog dat die hond te seer sal kry nie, ek self het al ‘n paar keer ‘n skok gekry en dit is nie seer nie, jy kan die spanning ook stel. Dit werk regtig baie goed,my hond is ‘n labrador en is nuuskierig van aard, ek het nou tans ‘n baba hond en die draad werk baie goed.

Groente is een van die gesondste voedsel wat mens kan kry, maar deesdae kan die pad wat dit neem vanaf die boer na die mark deur die groente winkel tot op die tafel ‘n redelike tyd neem. Dit beteken dat jy nie werklik die vars groente kry wat jy graag sou wou gehad het nie. Ons almal weet daar is niks so lekker as om ‘n vars stukkie groente so reg uit die tuin te eet nie.

Ons het ‘n leser wat ‘n versoek gerig het rondom sy groentetuin. “Wat kan hy doen om sy hond uit sy groente tuin te hou?” – My voorstel is eenvoudig, span ‘n heining om die tuin. (Is daar dalk ander voorstelle?)

Ons sal graag voorstelle ontvang vanaf die vele kundige en suksesvolle “Groentetuin Boere” daar buite omtrent hulle “geheime” vir die suksesse met hulle tuine. Watter tipe kompos, hoe om die beddings te maak, wanneer om wat te plant en ook sommer wat om te doen met die groentes wat dalk meer is as die wat jy vars kan gebruik.

Klik gerus op die “kommentaar” skakkel onder aan die pos en stuur gerus u bydrae, ons sal dit dan hier plaas sodat ons belangstellendes kan help om ook meer suksesvolle “Groentetuin Boere” te word.

Een van die probleem-bestanddele wanneer mens brood bak, en nie maklike toegang tot die supermark het nie, is gis (yeast).  Gewoonlik word gis droog gekoop en geaktiveer net voor die brood gebak word.  Hiervoor is elke keer ‘n nuwe pakkie gis nodig, wat baie goedkoop is by die kafee op die hoek of die supermark.

Maar hoe gemaak indien ‘n vinnige toggie winkel toe nie moontlik is nie?  Wel, daar is ‘n antwoord.  Gis kan, met bietjie moeite, “lewendig” gehou word.  Sien die volgende artikel op die “Preparedness matters” web-werf.

Everlasting Yeast

Dit lyk of die web-werf ‘n goudmyn van inligting kan wees vir mense wat hou daarvan om na hulself om te sien.

Ons het al voorheen ‘n pos geplaas in hierdie lyn, maar hier is ‘n skakel na ‘n webwerf van ‘n man wat krag opwek deur op ‘n “oefenfiets” te trap.  Hy het ‘n kragopwekker aan die “wiel” van die fiets gekoppel, en laai batterye deur die energie wat hy self insit.

Daar is ook ‘n skakel om planne vir ‘n soortgelyke generator self te bou, beskikbaar.

Lees self verder:  Pedal Powered Generator

Baking powder is an important ingredient in many recipes, but suffer from a significant drawback – its shelf life is  limited.  On top of its uses in baking, baking powder can also be used as an antacid.

Baking powder can be made from ingredients that, stored individually, has a long shelf life.  The recipe is as follows:

2 teaspoons of cream of tartar
1 teaspoon of baking soda

The following website (wisegeek.com) contains more information on making baking powder.

Ons het die volgende bydrae ontvang vanaf een van ons lesers.

Goeiedag

Ek sien hier is al baie geskryf oor die nuwe vark griep wat die media baie besig hou. Ek wil graag so ‘n biejie perspektief na vore bring.

Ek dink dit sal baie voordelig wees vir almal om die volgende artikel van Dr Mercola te lees: Swine Flu 

Ek wil graag die volgende aanhaal:

“this isn’t the first time the public has been warned about swine flu. The last time was in 1976, …it resulted in the massive swine flu vaccine campaign.

Within a few months, claims totalling $1.3 billion had been filed by victims who had suffered paralysis from the vaccine. The vaccine was also blamed for 25 deaths.

However, several hundred people developed crippling Guillain-Barré Syndrome after they were injected with the swine flu vaccine. Even healthy 20-year-olds ended up as paraplegics.

And the swine flu pandemic itself? It never materialized.

More People Died From the Swine Flu Vaccine than Swine Flu!”

Ek wil nie hierdie aanhaling gebruik om inentings ‘n slegte naam te gee nie, maar ek wil graag hê dat ons mense sal wakker word en bewus word van wat om hulle aangaan. Ons moenie enige iets in die media of wat die dokter vir ons vertel net blindeliks glo nie, maar eers alles deegliks toets en van alle kante af bekyk voor ons ‘n besluit maak. Ek raai almal weereens sterk aan om die bo genoemde artikel te lees.

Dit bring my by ‘n tweede punt: Bosmedies. Ons moet ‘n bietjie mooi nadink oor hoe afhanklik ons van konvensionele medisyne geraak het. As ons vir weke of selfs maande moet vlug gaan ons nie meer die gerief van ‘n apteek om die draai hê nie. Ons sal dus alles wat ons moontlik sal nodig hê nou al moet aanskaf.

Vir eerstehulp toerustig is dit geen probleem. Medisyne is egter duur, en het gewoonlik nie baie lang raklewens nie.

Ek dink ons moet begin navorsing doen oor alternatiewe medisyne. “Colloidal Silver” is al genoem, en ek dink dit is ‘n besondere goeie alternatief wat boonop vir watersuiwering en onsmetting kan dien.

Ek is seker die Voortrekkers moes baie kennis oor veld medisyne opgedoen het, en ek sal bly wees indien iemand dalk nog sulke inligting het wat hulle met ons kan deel.

Ons moet ook kyk na die tipes kos wat ons stoor. ALhoewel min mense dit wil glo, het ons dieët ‘n sterk invloed op hoe gesond ons is. Daar is baie bewyse daarvan in die geskiedenis. As ons egter meestal pastas, verwerkte kosse vol chemikaliee en blikkies kos stoor, gaan ons sukkel om sonder moderne medesyne klaar te kom. Sulke kosse het nou wel voordele, in dat die lank rak lewens het, maar ek glo dit moet net ‘n klein deel van ons verbergde kos uitmaak indien ons gesond wil oorleef. Ek stel eerder voor dat ons begin kyk na dinge soos heel onverwerkde koring, sorghum, lensies, en boontjies. Indien ons situasie regtig baie versleg, dien hierdie tipes kos ook as baie waardevolle saad. Hierdie tipes kos stoor net so goed soos pasta byvoorbeeld, maar is ryk aan minerale, vitamiene en ander voedingswaardes. As ‘n mens dit nog oornag in water los voor dit gaar gemaak word, vermeerder die vitamiene maklik vyfvoudig in baie gevalle en dien dus as uitstekeknde kwaliteit kos. Klein hoeveelhede protëin en vette sal dan nodig wees om ‘n baie gesonde oorlewings dieët te handhaaf. Ek dink dat bilting die ideale protein sal wees om te stoor aangesien dit ook min verwerk is en sekerlik die meeste voedingswaarde van enige gestoorde protein bevat. Vette stoor natuurlik beste in die vorm van olies, en ek dink olyfolie sal nie net help om die graankosse beter te laat smaak nie, maar ook belangrikke vette by die oorlewings dieet voeg.

Dit dan van my kant vir eers, en ek sal graag almal se kommentaar hieroor wil hoor.

Onthou dat ons tog ook die belangrikste item inpak: dit is om Jesus Christus in ons harte te he.

Groete

(Naam van leser terug gehou)

Nota: Ons waardeer kommentaar soos hierdie. Ons hoor graag van ons lesers wat iets interresants met almal wil deel.

Leser CM het die volgende kommentaar ingestuur oor sy son oond.

Ek het vandag my eerste ete in my son-oond voorberei en ek kan dit regtig sterk aanbeveel. Dis goedkoop, maklik en effektief.

Ek gebruik ‘n swart potyster pot met glas deksel vir die pot in die son oond. Die glas deksel laat die sonlig in, en die swart potyster sit die sonstale in hitte om. Die potyster pot kan ook op ‘n stofie of vuur gebruik word en is dus baie handig.

Kommentaar deur Adjunkredakteur; My mond water sommer aangesien ek weet dat feitlik enige gereg wat so gaargemaak is sekerlik lekker moet wees. Miskien kan die leser dalk vir ons meer detail gee oor die gereg se bestandele en ook vir ons laat weet hoe lank dit geneem het om gaar te word. Ons nooi ook ander lesers om vir ons te skryf oor hulle resepte en ervarings met so lekker  (son) pot. Stuur ook gerus foto’s in van julle sonoonde.