Archive for the ‘Resepte’ Category
Ons het die volgende terugvoer ontvang vanaf Mev Fourie met betrekking tot gedroogde eiers. Graag wens ons haar te bedank vir haar bydrae.
Ek het die droog van eiers op die proef gestel en wil iets onder jul aandag bring. ‘n Eier wat eers gaargemaak is en dan gedroog word,(soos op youtube gewys) stol nooit weer nie – dit kan dus ter wille van voedingswaarde by ‘n gereg gevoeg word, maar dit gaan beslis nie weer in roereiers omskep word nie en ook nie as bindmiddel dien nie.
Eiers droog is ‘n tydsame proses – ekself droog net 6 oor ‘n naweek in my klein konveksieoondjie. My metode: ek klits die eiers, gooi dit dan in ‘n bakplaat (kleinkoekiepan) en vries oornag – die vriesery verwyder ‘n geringe mate van vog en spaar jou maklik soveel as ‘n uur op die droogproses. Hoe dunner die lagie, hoe makliker en vinniger droog dit, probeer vir maksimum dikte van 2mm. Droog soos beskuit teen ‘n maksimum van 120 grade Celcius, hoër temperatuur laat dit verkleur en/of gaar word, iets wat jy juis wil verhoed. (Sit die gevriesde storie net so in die oond.)Moenie olie of spray&cook in die pan spuit nie, dit raak goor en dan is al jou moeite verniet. As dit goed uitgedroog is (enigiets tussen 6 en 10 ure), skraap dit met ‘n spatula van die pan af en verpoeier.
Verpak in sakkies waarvan jy soveel as moontlik lug uitsuig (of vakuumverpak), stoor in ‘n koel plek, yskas of vrieskas. Merk maar jou pakkie met die verpakkingsdatum en die hoeveelheid eiers wat in die pakkie verpoeier is. (Ses verpoeierde eiers pas gemaklik in ‘n skoon, droë banksakkie). Die eerste eiers wat ek so 8 maande terug gedoen het en in die yskas gestoor het, was 100% in ‘n onlangse omelet!
Om te gebruik gooi jy so tussen 80 en 100 ml water per eier by die poeier net om die standaardeier weer in verhouding te rehidreer. Bykomend dan vir byvoorbeeld roereiers ‘n bietjie melk en speserye en maak gaar.
Dis ‘n tydsame proses, so ek stel voor dat as jy jou groot oond gaan aansit, sit ten minste twee plate in om die tyd en krag die moeite werd te maak.
Die dehidreerders met die baie rakkies wat ons deesdae te koop kry, het nie soos die Amerikaanse weergawe ‘n vrugtrol droogskinkbord nie, net die rakkies. In die rakkies kan jy net soliede stukke goed droog, bv. ‘n gaar gebakte eier, vrugte, ens, maar niks in ‘n puree of vloeistofvorm nie. Ek het my rakkie met foelie in ‘n skinkbord probeer omskep, maar kon toe nie die droë eier van die foelie afkry nie!
Baking powder is an important ingredient in many recipes, but suffer from a significant drawback – its shelf life is limited. On top of its uses in baking, baking powder can also be used as an antacid.
Baking powder can be made from ingredients that, stored individually, has a long shelf life. The recipe is as follows:
2 teaspoons of cream of tartar
1 teaspoon of baking soda
The following website (wisegeek.com) contains more information on making baking powder.
Leser Ansia het vir ons die resep ingestuur:
Ek het ‘n resep vir Ingemaakte Tamatiespagetti, ek het dit vir die eerste keer die jaar gemaak gedurende Februarie. Ek het so middel April ‘n bottel oopgemaak om te kyk en te proe of dit nog eetbaar was en dit was heerlik; dit smaak ook beter as die wat mens in blikkies koop.
Hier is die resep vir die mense wat belangstel:
Bestandele:
500g Uie, gekerf
Kookolie
4kg Ryp tamaties, ontvel en in kwarte gesny
375ml (1 1/2 k) fyn appelkooskonfyt
250ml (1 k)witsuiker
12,5ml sout
5ml neutmuskaat
2ml rooipeper
2 pakke (500g elk)spagetti
30ml Bruinsuiker
30ml Oreganum
Metode:
Soteer die uie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie kwarte by die uieringe en laat prut tot die tamaties sag en fyn is. (nogal ‘n tydjie)
Meng die res van die bestandele, behalwe die spagetti, en voeg dit by die tamatiemengsel. Laat prut totdat die mengsel nie meer te waterig is nie.
Kook intussen die spagetti soos op die pak beskryf. Dreineer goed, voeg by die tamatiemengsel en laat nog 5 minute lank prut.(Maak seker jy gebruik ‘n groot pot want as jy die spagetti saam met die tamaties meng is dit nogal baie).
Skep uit in skoon, gesteriliseerde flesse. Lewer ongeveer 4L (Ek het so +- 9, 500g Consol Bottels gekry).
Lekker eet!
Met al die voorbereidings waarmee ons besig is, tesame met die voedsel-krisis wat in die wereld dreig, is een van die dinge wat ons beslis kan doen, is om voedsel in bottels in te le of te droog of op enige ander manier te berg.
Om te droog, kan mens net ‘n dehidreerder (ongeveer R500 by Makro) koop. Dit neem redelik tyd, maar sodra afgehandel neem dit BAIE MIN plek in beslag. Dit het ‘n leeftyd van ongeveer 2 na 3 jaar, en indien dit met ‘n ‘vacume-sealer’ geseel word dan kan die leef-tydperk met nog 2 jaar verleng word.
Om voedsel in bottels in te le is niks vreemds by ons mense nie. Daar is egter van ons mense wat niks van dit weet nie, en nie weet hoe dit werk nie. Ons vra asb. julle hulp. Indien u een van die kenners op hierdie gebied is, stuur asb. vir ons ‘n lys van al die verskillende voedsel-tipes wat ingele kan word, en die resep oor hoe om dit te doen.
Indien daar mense is wat weet van ander maniere om voedsel te berg, kan u ons asb. laat weet sodat ons die ander mense ook daarvan kan inlig.
Leser CM het die volgende kommentaar ingestuur oor sy son oond.
Ek het vandag my eerste ete in my son-oond voorberei en ek kan dit regtig sterk aanbeveel. Dis goedkoop, maklik en effektief.
Ek gebruik ‘n swart potyster pot met glas deksel vir die pot in die son oond. Die glas deksel laat die sonlig in, en die swart potyster sit die sonstale in hitte om. Die potyster pot kan ook op ‘n stofie of vuur gebruik word en is dus baie handig.
Kommentaar deur Adjunkredakteur; My mond water sommer aangesien ek weet dat feitlik enige gereg wat so gaargemaak is sekerlik lekker moet wees. Miskien kan die leser dalk vir ons meer detail gee oor die gereg se bestandele en ook vir ons laat weet hoe lank dit geneem het om gaar te word. Ons nooi ook ander lesers om vir ons te skryf oor hulle resepte en ervarings met so lekker (son) pot. Stuur ook gerus foto’s in van julle sonoonde.
Gedink 2-minute noedels is vervelig? Dit blyk dat daar mense is wat ‘n hele webwerf aan kitspasta sal toewy. In Amerika staan die produk as Ramen bekend. Hierdie blog bevat letterlik honderde resepte!
Hier is in skakel na ‘n webwerf wat beskryf hoe om biltong (en droëwors) te maak. Die artikel is in Engels geskryf, en hoofsaaklik gerig aan mense wat nie weet van biltong nie (lees Amerikaners). Die bladsy sluit ook ander biltong resepte in.
In die Romeinse Ryk is soldate gedeeltelik in sout betaal. Die hoeveelheid sout het van hul rang afgehang. Om in sout betaal te word, het in Latyn as “salarium” bekend gestaan – die wortel van die woord salaris. “Sal dare”, om sout te gee, is die wortel vir die woord soldaat (“soldier”). Vandag nog het ons ‘n spreekwoord “jou sout werd wees” (om nie jou sout werd te wees nie was ‘n gruwelike belediging vir ‘n Romeinse soldaat).
Dit word vertel dat die Boere in die Anglo-Boereoorlog vleis langs die perde se nekke laat afhang het sodat die salpeter die vleis kan sout. Sout is een van daardie kommoditeite waarvan die belangrikheid maklik oorgesien word omdat dit so goedkoop en algemeen beskikbaar is.
“Survivalists” in Amerika glo dat mens voorsiening moet maak vir ‘n ruil-handel na ‘n nasionale krisis, en die ideale “geld”eenheid is (1) in groot aanvraag, en (2) maklik verdeelbaar (bv. ‘n 1 ons Krugerrand gaan nutteloos wees). Sout kan dalk aan hierdie vereiste voldoen. As die infrastruktuur nie meer daar is nie, gaan dit ook glad nie maklik wees om nuwe sout te bekom nie.
Soos vroeër genoem, sout is goedkoop en algemeen beskikbaar. Maak maar seker dat jy genoeg of te veel het. Stoor in droë, leë koeldrankbottels om dit beter te bewaar (sout trek water).
Ons het die volgende skakel van leser AndreT ontvang: hoe om groente en vrugte in die son te droog. Hope goeie inligting, maak verseker ‘n draai daar!
