Die Suidlanders se ontstaan word absoluut gebaseer op geloof in GOD.
Daar is geen twyfel daarin dat ons volk gedruk gaan onder al die geweld en ekonomiese probleme in hierdie land juis as gevolg van die afvalligheid onder ons volk nie.
Het ons stamvaders nie juis uit Europa gevlug as gevolg van die vervolging van hulle geloof nie, was hulle nie dus juis die mees standvastige in hulle geloof nie. Hulle kon net die Roomse kerk aanvaar het, en aangegaan het met hulle lewens, nee…hulle het gekies om om terwille van hulle geloof in GOD eerder alles prys te gee, en na ‘n plek te gaan waar daar niks was, behalwe godsdiens vryheid nie.
Die dinge wat om ons aangaan het ook nie net sommer so ontstaan nie, ons volk se alewige gedwarstrekkery en onderlinge onoplosbare geskille het bygedra dat ons in die situasie geplaas is. Ons afvalligheid en die “gerieflikke Godsdiens” wat so stelselmatig ingebring is in ons midde, het verseker ‘n groot bydraende faktor geword in waar ons, onsself bevind.
In plaas daarvan dat ons die Bybel in sy geheel aanvaar, het ons gegaan en dit so aangepas dat dit ons lewens styl pas. Deut 18: 9 tot 14 “As jy in die land kom wat die Here jou GOD aan jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie” (lees gerus die res tot by vers 14)
Waar God nie deel is van dit wat aangaan nie, sal nooit vrede en welvaart wees nie! Is God in ons regering? Of word die voorvader geeste voor elke parlement sitting “gekonsulteer” (Deut 18:11) Beteken die afgodsaanbidding dan nie juis dat satan in beheer is nie? Deut 32: 16 “Hulle het deur vreemde gode sy ywer gewek; deur gruwels Hom geterg.
17 ”Hulle het aan die duiwels ge-offer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.”
Glo ons Boere volk nog soos ons voorvaders geglo het, of het ons ook maar net weer deel geword van die sekulêre wereld daarbuite? Deut 32: 6 “Durf julle dit die Here vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie?”
7 “Dink aan die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag, vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak, die ou mense, dat hulle jou sê”)
Gaan kyk hoe het ons stamvaders GOD geken in alles wat hulle aangepak het, hoe hulle daagliks huisgodsdiens gehou het. Die Bybel was die punt waarom hulle lewens gedraai het. Waar het alles verkeerd gegaan, hoekom is GOD nie meer die spilpunt in ons lewens nie?
Ons saak kan slegs besleg word indien ons weer as volk ons self voor GOD verootmoedig, en terugkeer na dit wat HY van ons vra.
As daar een ding is waarvoor ons wel moet jammer sê, dan is dit omdat ons vergeet het om GOD te dien SOOS HY van ons vra!!!
II Kronieke 7: 13 “As Ek die Hemel toesluit, dat daar geen reen is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as EK pes onder My volk stuur,
14 “en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle weë, dan sal Ek uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees”
(Gaan lees ook gerus die geestelike afdelings onder www.4him.co.za )