Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Archive for the 'Onttrekkingsinligting' Category

April 2009

Ons het die volgende skrywe vanaf Gustav ontvang:

Met die aanloop tot die verkiesing en dreigende politieke geweld wat hiermee gepaard gaan, is dit nodig dat ons na `n volgende stap van paraatheid gaan. Na 15 jaar het SA ook nou deel geraak van die ‘mode’ van geweld, en veral rondom verkiesings.

Met die taxi staking van 24 Maart het dit vir ons duidelik geword dat hulle ook die vermoë beskik om `n stad binne enkele ure totaal af te sper. Sou so `n staking in die nabye toekoms weer plaasvind en nie net `n eendag staking wees nie, beteken dit dan dat so `n dorp of stad vir etlike dae tot stilstand kan kom met geen uitgang meer nie. Geweld kan dan begin uitbreek!

Dienste soos elektrisiteit voorsiening, water voorsiening, vullisverwydering en verkryging van voedsel kan begin skipbreuk lei. Wat ons mense in haglike posisies kan bring.

Dit is vir ons ook duidelik dat daar `n opbou besig is om te gebeur. Ons is almal bewus van die etlike honderde sporadiese voorvalle wat landswyd oor die afgelope paar maande plaasgevind het.Voorvalle soos Padversperrings (brandende bande), dorpe wat ontwrig is, geweld tussen politieke faksies ens. was kenmerkend van die afgelope tyd. Sou die radikales die land in anargie wou dompel, sal die regte tyd nou wees. Die toets het nou ook vir hulle aangebreek om te kyk of daar oor die vermoë beskik word om nasionaal nou te mobiliseer (wat behoort te begin met stakings) en sodoende die land tot stilstand te dwing.

Ons het die laaste tyd heelwat navraag gehad vir tydelike reëlings oor die verkiesings tydperk, waar persone voortydig eerder uit die stede kan kom. Daar is dan eendragtig deur Suidlander Bestuur besluit om voorlopig plase beskikbaar te stel vir mense wat op EIE INISIATIEF wil uitwyk op `n gegewe tyd. Hierdie reëling is dan slegs as voortydige voorsorg vir mense wat voel hulle wil eerder nie in die stede wees ten tye van die verkiesing nie. Persone wat van dit wil gebruik maak, doen so op eie risiko ten opsigte van hulle werk en kinders se skoolverpligtinge. Ons sou dus voorstel dat indien u van die reëling wil gebruik maak dat u eerder verlof insit by u werkgewer. Dit is dus van groot belang dat elke persoon wat voel hy wil van hierdie fasiliteite gebruik maak, dit oordeelkundig doen.

Die drie plase is onderskeidelik geleë in Noord Tvl – Naby Sentrum, Oos Tvl - Naby Balfour, Wes Tvl - Naby Migdol

Hierdie plase beskik oor geen geriewe en sal slegs `n staanplek en sal ongeveer 40lt water per dag per gesin voorsien word. (U sal u eie toilet moet grawe). Aangesien ons land nog nie in anargie gedompel is nie, beloop die kostes R50.00 per dag/ per gesin. Staanplek moet vooraf telefonies bespreek word. Hierdie fasiliteit sal beskikbaar wees vanaf 1 April tot 30 April 2009. By aankoms op hierdie plase is u bespreking ten volle betaalbaar. Daar sal ook van u verwag word om skriftelik te verklaar dat u niks onwettigs met u saamgebring het nie. U sal ook ten tye van u verblyf daar ten volle onder die reels van die grondeienaar funksioneer.

Wanneer anargie egter uitbreek is die Suidlanders daar om ons blankes gratis te help waar ons kan binne ons vermoë en binne die leiding van die Allerhoogste. Wanneer laasgenoemde tyd aanbreek moet u weet dat daar letterlik honderde veiligheidskampe bestaan waarvan die ligging en identiteit dan bekend gestel sal word aan ons mense, waarheen ons julle dan sal uitplaas. Deeglike voorsorg is reeds by al die veilige punte in plek met betrekking tot logistiek, kommunikasie en bestuur.

Persone wat u kan kontak om staanplek op die plase te bespreek is as volg:

Noord Transvaal – Johan by tel nr: 073 177 3885

Oos Transvaal – Jorik by tel nr: 072 236 0747

Wes Transvaal – Maartin by tel nr: 082 948 2670 of Alet by tel nr: 083 473 7143

(LW, hierdie is NIE ‘n oproep vir onttrekking nie, dit is slegs ‘n tydelike fasiliteit wat geskep is op aanvraag van Suidlanders wat gedurende die verkiesing verkies om nie in die stede te wees nie)



Kontakte na ‘n tyd van chaos

Ons het die volgende bydrae ontvang vanaf lesers “Barbara”

Net ‘n gedagte – ons behoort almal vooraf met ons familie en vriende bespreek waar ons weer met mekaar kontak kan maak in die geval waar ons uitmekaar gedryf word; by voorbeeld ten minste een persoon wat ons almal ken en wat verkieslik oorsee bly? Ek self sal hierdie naweek vir al my familie en vriende twee kontakte gee (telefoon en e-pos) waar ons na die onrus weer met mekaar in aanraking kan kom, as die Here dit goed dink dat ons dit sal oorleef.

Just a thought – we should all discuss with our family and friends where we could get in contact with each other in case we get scattered by the enemy, for instance at least one person that we all know and who preferably stays overseas. We ourselves will give our family and friends two contacts (telephone and e-mail) this weekend, where we could get into contact with each other after the unrests, if it is the Lord’s will that we should survive this.

Nota deur Adjunkredakteur: Die bg. is ‘n baie goeie voorstel, ek wil egter byvoeg dat indien die buiteland self ook in daardie tyd dalk sekere probleme kan ondervind (sekere profesiee dui op hierdie moontlikheid, en huidige omstandighede ondersteun die moontlikheid) dat ons dalk ook met ons vriende en familie ‘n spesifieke reëling tref van waar (’n dorp of plek) ons mekaar na so ‘n situasie sal kan ontmoet. Hou dan ook in gedagte dat so ‘n plek dalk verder vanaf sekere persone sal wees en dat logistiek soos vervoer ens dalk in so ‘n tyd dalk nie meer so volop sal wees nie, gee dus genoeg tyd sodat almal selfs in die moeilikste omstandighede ‘n billike kans (tyd) sal kan he om by so punt uit te kom.
Laat weet ook ten minste jou naaste familie in watter omgewing jy sal wees gedurende so ‘n onttrekking, aangesien besonderhede van persone wat ‘n veilige gebied gehaal het in daardie area beskikbaar sal wees. Daar moet dan ook in so ‘n tyd rekord gehou word van alle sterf en geboorte gevalle deur elke streek. Sodoende sal dit baie makliker wees vir gesinne en familie om weer bymekaar uit te kom en ook om te kan weet wat van jou geliefdes en vriende geword het. Selfs in chaos is orde bitter belangrik.


Profiel: Omgee-groep, Pretoria

Ons kry steeds navrae oor hoe om ‘n omgee-groep te stig. Daar is nie ‘n spesifieke prosedure nie, en om ‘n oorsig te gee, het ons besluit om ‘n spesifieke omgee-groep in die Pretoria-omgewing te beskryf om ander ‘n idee te gee wat hulle kan doen.

Hierdie groep bestaan uit ‘n hele aantal lede van verskillende vlakke in die samelewing, insluitende families en enkellopende persone. Die groep het heeltemal onafhanklik van die Suidlanders al hul beplanning gedoen (in direkte reaksie op die Suidlanders waarskuwing), en toe net die Suidlanders gekontak om hulleself bekend te stel.

Die groep het onderling op radiokommunikasie tussen voertuie besluit, en vir die doel ou (tweedehandse) burgerband (CB) radios aangeskaf en op ‘n groep-frekwensie besluit. Van die lede gebruik die radios gereeld en is dienooreenkomstig gelisensieer (ICASA vereis ‘n lisensie om ‘n burgerband radio te gebruik, ongeveer R35 per jaar, plus ‘n eenmalige aansoekfooi van R210 (onder korreksie)).

Die groep vergader met tussenposes (elke paar weke), en ‘n hele onttrekkingsplan is uitgewerk. Van die lede werk in Johannesburg en sal in die geval van ‘n krisis van daar moet terugkom. Van die Pretoria lede is onderling getaak om die families van dié wat in Jhb werk, by te staan in die geval dat die Johannesburgers sukkel om by die huis uit te kom.

Hul eerste onttrekkingspunt is net buite Pretoria, waar hulle dan sal groepeer en meer georganiseerd verder onttrek (indien nodig). Die plan is om vir ‘n paar uur daar te bly en die situasie te evalueer, voordat hulle na een van die VAPs in die Noord-Transvaal vertrek. Indien die aanvanklike onttrekking blyk om ‘n vals alarm te wees, kan hulle terugkeer na hulle huise sonder dat hulle meer as ‘n paar uur verloor het.

Die groep het dan ook sekere “snellers” daargestel waarop hulle outomaties sal onttrek. Een voorbeeld van ‘n sneller is ‘n landswye kragonderbreking (die groep se analise was dat ‘n landswye kragonderbreking NIE binne enkele ure of dae reggestel sal kan word nie). Die groep het ook ‘n interne selfoon (SMS) ketting met ‘n “kodeboodskap” wat onttrekking aandui - elke lid stuur slegs twee of drie SMSe en almal in die groep word verwittig. Die snellers is onafhanklik van die SMSe - indien die selfoon-netwerk nie meer funksioneer nie staan die onttrekkingsnellers steeds.  Hul “tussen-onttrekkingspunt” het die verdere voordeel dat indien die situasie eskaleer, hulle reeds van die hoofweë uit die stad af is (en indien nodig, met grondpaaie na die VAP kan beweeg), maar steeds die moontlikheid van terugkeer na hul huise indien hul oorreageer het, oophou.

Al hierdie planne (en meer) is (soos voorheen genoem) onafhanklik gemaak en uitgevoer, en die groep het die Suidlanders webwerf gekontak net om hulleself “bekend te stel”. Ons beskou hierdie groep as ‘n tipiese (alhoewel groot) omgee-groep.



Vlugteling Aanmeldings Punte

In die laaste jaar en veral die laaste 3 maande het ons Suidlanders so fenomenaal gegroei dat ons genoodsaak is om verdere detail rondom die voorgestelde onttrekkings plan aan u bekend te stel, as gevolg van ‘die’ groei, stel ons die volgende vlugtelings aanmeldings punte (VAP’s) aan u bekend. U moet hierdie artikel deurentyd dophou, aangesien veranderings te enigetyd kan plaasvind. Daar is ook Suidlander aanmeldings punte (SAP’s) landswyd wat slegs aan sameroepers van Suidlandergroepe bekend gemaak sal word. Die rede hiervoor is dat mense wat deel uitmaak van Suidlander Omgee Groepe nie geplaas sal word saam met die wat nie deel uitmaak van formele Suidlander groepe nie, om sodoende voordeel te bied aan persone wat betrokke geraak het by Suidlander Omgee Groepe.

Oranje Vrystaat

1) Heilbron Spar: 24 ure na bekendmaking op T.V. van die Afsterwe van belangrike politieke leier.

2) Oranjeville, by die brug wat oor die Vaalrivier gaan: Vanaf sonop tot sononder, 12 ure na die aankondiging.

3) Gariep Dam, +/- 160km suid (N1) van Bloem - 12 ure na aankondiging, Vanaf Sonop tot Sononder.

Suid Kaap

1) Gouritz Riviermond: 12 ure na afkondiging op TV gemaak is - Vanaf Sonop tot Sononder.

Wes Kaap

1) In proses, behoort binne 2 weke `n punt hier bekend te stel.

Sentraal Kaap

1) Van Wyksvlei: Vier dae na aankondiging en sal elke dag vanaf 10h00 tot 12h00 beman word.

Noord Kaap

Kuruman: Moffat Mision, by die hoofingang - 24 uur na aankondiging, sal daar elke dag tussen 10h00 en 14h00 iemand wees vir vyf dae lank, daarna sal hulle nie meer daar wees nie.

Oos Kaap

Steytlerville BKB: 24 uur na afkondiging vanaf 08H00 tot 16H00 elke dag.

Oos-Londen: Die punt wat +- 100km vanaf Oos-London af behoort te wees, sal binnekort hier vermeld word.

Natal

Aan die Suidkus - Southeast Mall: 24 uur na die afkondiging op T.V. - elke dag vanaf 08h00 tot 17h00.

Munster Motorhawe, tussen Margate en Port Edward: 24 uur nadat die afkondiging plaasgevind het, elke dag vanaf 08h00 tot 17h00.

Kokstad (Rugby Klub): 24 uur nadat die afkondiging op T.V. uitgesaai is. Tussen 08h00 en 17h00 elke dag.

Ladysmith (Spioenkopdam, Hoofingang): 24 uur na aankondiging. Tussen 8h00 en 17h00 elke dag.

Noord Transvaal

Ellisras (Excel Garage): 24 uur na aankondiging. Sal beman word 24 uur per dag.

Sentrum (Noord van Thabazimbi): 24 uur nadat die aankondiging. Sal beman word 24 uur per dag.

Oos Transvaal

Springs: As u die N17 Oos ry, kry u `n brug by `n groot kruising. Die brug wat na hierdie een by die kruising volg in n Oostelike rigting: 24 uur nadat die aankondiging oor T.V. gekom het. Tussen 10h00 en 12h00 en weer tussen 14h00 en 16h00 elke dag.

Wes Transvaal

Migdol (by die graan Silo’s): 24 uur nadat die aankondiging op T.V. was, elke dag en nag.

Groot Marico: By die Inligtings sentrum (Groot Saal soos u inry op die linkerkant, eerste gebou). vanaf 2 ure na afkondiging sal die punt beman word, 24 uur per dag

Hierdie VAP’s sal onder veilige, dus normale omstandighede beman word. Indien die heersende toestande tydens daardie tyd gevaarlik sou raak en gevolglik so `n punt nie meer beman kan word nie moet u ‘altyd’ op die uitkyk wees vir Suidlander boodskappe en of wegwysers op die pad na so `n punt toe, asook by die punt self, om u na nuwe punte van veiligheid te lei.

Neem ook kennis dat hierdie slegs aanmeldpunte is en dat u van daar af gestuur sal word na plase en oorde wat veilig behoort te wees, vir `n tyd, tot moontlike verdere instruksies.

Graag wil ons ook `n beroep op u doen, dat waar u kennisse of familie op die platteland het, verkieslik verder as 80km vanaf stede, dat u hul sal kontak en reel dat u in daardie tyd op hulle plaas kan gaan kamp. Of anders kan u by Suidlander groepe inskakel en reeds voor die tyd, presies weet waarheen u gaan, en natuurlik die laaste senario, u meld aan by `n VAP punt.

In die lig gesien van die Afrika geskiedenis , hoedat hierdie tipe aanvalle op kolonianers gedoen is, is dit voorafgegaan met `n groot amper abnormale stilte, waarna geweld dan letterlik in `n paar ure losbars. Ons hoop en bid dat ons hier ook so `n ’stilte’ gegun sal word. So ‘n “stilte tyd” kan u dan die geleendheid gun om verlof in te sit by u werkgewer om sodoende nie u pos in gedrang te plaas nie. Onttrekking kan dan ‘n dag of twee voor die ter aarde bestelling van die afgestorwe politieke leier plaasvind.

Die hele Suidlander “plan” is tweeledig, nl. Geestelik (letterlik honderde oproepe van ons mense oor die land wat ‘n gebeds saak gemaak het van wat hulle moet doen in hierdie onseker tye, en sonder uitsondering die volgende boodskappe gekry het as hul, hul Bybels oopgeslaan het; “vlug na die woestyn” en “vlug na die berge” en “jul sal nou nie meer in die stede woon maar in die veld” om net enkele Skrifte deur te gee). Die tweede been van die “Plan” die fisiese insette van uiters kundige en profesionele mense op hierdie terrein.

Ons wens u alle sukses en voorspoed toe vir die toekoms en doen `n beroep op u om kalm, stil en beheersd te bly onder alle omstandighede, met u oë gerig op ons Hemelse Vader en ten alle tye, op Hom gefokus te bly.

KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE,TEEN DIE HELE WERELD VRY!!!



Staanplek op plase

Indien ‘n familie besluit om te onttrek in geval van ‘n krisissituasie, moet die keuse van staanplek weldeurdag wees. Grootte, beskikbaarheid van sanitasie geriewe en water, ensovoorts speel ‘n rol in die keuse van ‘n plek om te bly. Die riglyne hieronder word geplaas met ‘n hipotetiese krisis van geweld by die afsterwe van ‘n politieke leier as motivering.

Basiese Minimum vereiste vir Staanplek:

1) Daar moet water voorsiening van minstens 40 liter per gesin per dag wees.

2) 10m x 10m Staanplek per gesin.

3) Waar moontlik, nie meer as 100 gesinne op een punt (rugby veld grootte = 100 gesinne).

4) Die rugby veld grootte kampe moet minstens 500m uit mekaar gespasieer wees.

5) Die kampgangers is verantwoordelik vir die grawe van 1 toilet per 10 gesinne, hierdie perseel sal met verlaat van die kampterrein weer gelyk vol grond gemaak word. Vir 100 gesinne is ‘n area van 10m x 50m nodig vir minstens 10 toilette (10 gate) (100m vanaf die kamp). ‘n Graaf, pik, klein hamertjie, 20 vierduim spykers, 4 x 2.5m seil, figuur saag en ‘n 2m plank van +\-25mm by 100mm word benodig om ‘n put-toilet op te rig.

6) Hierdie staanplekke moet ideaal beskikbaar wees vanaf gratis tot R200.00 per week per gesin, die bedrag sal deur die eienaar ontvang word by aankoms, na gelang van die hoeveelheid weke wat kampgangers wil spandeer.

7) Hierdie staanplekke moet ideaal beskikbaar wees vanaf die aanvang van die situasie tot en met `n week na die afhandeling van al die formaliteite en terugkeer na normaliteit.

8 ) Terrein sal net so gelaat word soos gevind by aankoms.

9) Plaas eienaar bepaal die reëls, aangesien dit sy perseel is.

10) In elke kamp van 100 gesinne, moet die gesinne in kleiner groepe van 10 gesinne, elk met `n leier, opdeel.

11) Die eienaar van die terrein sal dan nou saamwerk met slegs die leiers (en nie elke kampganger).

12) In die geval van meer as 10 kampe per plaas is, moet ‘n verteenwoordigende leier vir elke 10 leiers gekies word.

13) Die grondeienaar moet ook `n terrein +- 100m vanaf die kamp terrein hê waar kampgangers hul afval in swart of groep plastiek vullis sakke wat goed bo geknoop is kan los, en die plaas eienaar moet iemand aanwys wat alleenlik verantwoordelik sal wees om die vullis te verbrand.

14) Indien lopende water nie binne 400m vanaf kamp beskikbaar is nie, moet plaas eienaar verkieslik elke oggend ‘n water kar by die kamp he, wat aan elke gesin sy 40 liter uitgee.

15) Plaas eienaars voorsien dus net die volgende,

a) pik en graaf om toilette te grawe

b) 40 liter water per gesin per dag

c) kamp oppervlak soos beskryf

d) geen brandhout of enige vorm van energie om voedsel voor te berei nie (elkeen is vir sy eie energie-behoeftes verantwoordelik)

e) reëls op die plaas

Hiermee doen die Suidlanders `n beroep op boere in die Vrystaat, Kaapprovinsie (veral Sentraal-, Oos- en Noord-Kaap), verre Wes- en Noord-Transvaal om u plase vir hierdie doel beskikbaar te stel (Danie kan in hierdie verband geskakel word by telnr. 0727898727), aangesien u die volgende voordele hieruit kan geniet:

a) Finansiele voordeel: 100 Gesinne = R20 000.00, 200 Gesinne - R40 000.00 per week - ens.

b) Meer van ons mense op u plaas lei noodwendig tot voordeel van u eie veiligheid.

Indien so ‘n krisis egter plaasvind, vra ons u om die situasie soos volg te hanteer, dat elke daad van dan af gratis en met liefde vir jou naaste gedoen sal word, wat in enige nood mag verkeer, en waar u binne die vermoë sal wees om te help.



Aanmeldings Punte

Weens die groot ondersteuning wat ons kry vir die Suidlanders initiatief, om te onttrek vanaf brandpunte in die geval van grootskaalse onrus wat moontlik mag ontstaan, het ons na deeglike beraadslaging besluit om die volgende rëelings te implimenteer.

1. “FAP” (Familie aanmeldings punt): Persone wat self familie of vriende het op ‘n plaas of plek waar hulle verseker sal wees van hulle veiligheid, kan self met die eienaar van daardie punt ‘n rëeling tref waar hulle kan aanmeld sou onttrekking uit dorpe en stede nodig word. Hierdie punte sal dus slegs bekend wees aan die persone wat daarby betrek word, en sal die persone ten tye van ‘n onttrekking direk na die punte toe beweeg. Die Suidlanders versoek egter dat ‘n sameroeper in kennis gestel word van die punt indien u nie ‘n probleem het met dit nie.

2. “SAP” (Suidlander aanmeldings punt): Hierdie punte is uitsluitlik vir persone wat inskakel by omgee groepe. Die groep besluit self waar hulle mekaar sal ontmoet indien onttrekking nodig sou word, die Sameroeper van daardie streek sal dan vooraf ‘n punt naby of in die area van veiligheid aan die omgee groep leier gee, waar ‘n verskeidenheid van groepe sal aanmeld. By hiedie finale punt sal die groepe dan uitgeplaas word in die veilige area. Hierdie punte sal slegs aan elke individuele groep bekend wees. Die Suidlander omgee groepe sal ook by plasing in die veilige area voorkeur geniet.

3. “VAP” (Vlugtelings aanmeldings punte): Hierdie punte is tipies die punte wat aanvanklik gepuliseer was, behalwe dat daar nou landswyd ten minste 15 punte sal wees. Hierdie punte sal publiek gemaak word en is bedoel vir enige persoon wat nie aan een van die b.g. vereistes voldoen nie. Hierdie punte sal beman word deur mense wat vooraf gereël is, sodra die situasie in ‘n spesifieke omgewing in die land so ‘n onttrekking sou regverdig. By aankoms by die “VAP” sal u verwys word na ‘n finale punt van veiligheid. Persone sal na punte verwys word volgens elke persoon (of gesin) se vlak van voorbereiding. Hierdie punte behoort binne die volgende paar dae bekend te wees, en sal dan hier gepubliseer word.

Graag wens ons ook persone wat plase of grond besit wat in ‘n veilige area geleë is, en nie sal omgee om dit aan ons besikikbaar te stel ingeval van ‘n nood toestand nie, om ons te kontak. Verkieslik moet sulke plekke ten minste 100 tot 150km weg wees vanaf enige stedelike gebied. Daar sal te alle tye gepoog word om so min as moontlik mense per punt te vestig, om sodoende die infrastruktuur nie te oorskry nie. Tipies sal nie meer as sowat 100 gesinne op een plaas geplaas word nie, tensy die infrastruktuur groter groepe kan hanteer.




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.