Archive for the ‘Nuuskommentaar’ Category
Na aanleiding van al die gerugte van aanvalle wat op buitelanders geloods sou word na afloop van die wêreldbeker sokker was die situasie oor die afgelope paar weke redelik gespanne.
Alhoewel daar wel enkele gevalle was waar buitelanders in die Wes Kaap en ook in Kya – Sands wel aangeval was, is dit slegs geissoleerde gevalle en blyk dit op die stadium redelik onder beheer te wees. Dit wil ook voorkom of dit meestal slegs winkels wat aan buitelanders behoort is wat geteiken was. Daar was wel in Kya – Sands enkele plakkershutte geteiken waar buitelanders gewoon het.
Alhoewel dit blyk dat duisende buitelanders wel terugkeer na hulle lande van herkoms as gevolg van vrese wat onder hulle bestaan dat hulle lewens bedreig sou word in Suid Afrika, wil dit voorkom dat die persone wat die gerugte versprei het en enige geweld beplan het nie oor die nodige momentum beskik om dit tot uitvoering te bring nie.
Die feit dat duisende buitelanders dit verkies om op hierdie stadium terug te keer na hulle lande van herkoms is egter ‘n goeie ding aangesien dit wel verligting bring in plekke waar daar spanning is. Beter grensbeheer sou in die eerste plek die hele scenario rondom xenofobia van die begin af beter aangespreek het.
Indien ons die situasie vergelyk met die xenofobiese aanvalle wat ons in die verlede gesien het waar die geweld amper spontaan ontstaan het en binne enkele dae feitlik landwyd versprei het, dan is dit duidelik dat die situasie nie op die staduim naastenby oor dieselfde momentum beskik as in die verlede nie.
Dit bly egter steeds raadsaam om die situasie dop te hou en nie net te aanvaar dat dit nie weer dieselfde vlakke van geweld sal bereik nie. Op hierdie stadium wil dit egter voorkom of die situasie redelik onder beheer is.
Die berig in Rapport “REGSE SKOK” deur Jacques Pauw geplaas op 27 Junie 2010 het weereens ten doel om die Suidlanders te diskrediteer. Natuurlik vir die leser wat nie vir Gustav Müller as mens ken nie en ook nie die Suidlanders as organisasie ken nie is die tipe artikel dan die spyker in die kis van die Suidlanders.
Oor die afgelope paar jaar was daar al ‘n menigte pogings om die Suidlanders in die media te diskrediteer en dan was (is) daar natuurlik die pogings van die regerende party se “inligtingsdienste” wat eenvoudig op gereelde basis agent-provoketeurs stuur om die Suidlanders te infiltreer en van binne af te probeer afbreuk doen aan dit wat die organisasie reeds bereik het. So was Danie Odendaal dan ook een van die agente (soos wat hy self erken het in die berig) wat gestuur was om die Suidlanders te infiltreer en te beinvloed om sodoende die organisasie van binne af te kelder.
Danie Odendaal (wat meestal onder die invloed van drank is soos wat die mense wat hom ken sal kan bevestig), is reeds meer as twee jaar terug geidentifiseer as ‘n onbetroubare persoon wat met die gebruik van kru taal probeer om persone te oorreed om “meer agresief” op te tree. Vanweë hierdie tipe optrede deur provoketeurs is daar dan reeds oor die afgelope 3 jaar deur gereelde konsultasie onder die bestuur van die Suidlanders duidelike riglyne gestel rakende geweld en enige optrede wat teenstrydig sou wees met die landswette. Die Suidlanders se Beleidsdokument is daarom opgestel en versprei na alle provinsies en gepubliseer op hierdie webblad om sodoende te verseker dat alle deelnemers aan die Suidlanders duidelik bewus moet wees van wat aanvaarbaar is en nie.
Odendaal het oor ‘n tydperk van ongeveer 8 jaar nie net vir Gustav Müller nie maar ook verskeie ander persone in die organisasie probeer oortuig om by geweldadige optrede betrokke te raak. Múller het homself egter telkemale van sulke optrede gedistansieer. Odendaal se invloed op Müller was dus minimaal, alhoewel Odendaal wel aanvanklik gereken was as ‘n vertroueling van Müller, vandag weet ons egter sonder enige twyfel dat daardie vertroue wat Odendaal probeer kweek het egter slegs was as gevolg van die fondse wat Odendaal vanaf die regering ontvang het om daardie rol te probeer speel. Daar was al verskeie kere die bewerings gemaak dat Müller ‘n agent sou wees en was dit selfs so gepubliseer in die Rapport, die verklaring wat Odendaal nou gedoen het aan Rapport bewys dus egter die teendeel. Müller was weens sy effektiwiteit as ‘n bedreiging vir die regerende party se invloed op blankes geidentifiseer en daarom was Odendaal getaak om die organisasie te infiltreer.
Soos wat almal reeds (behoort) te weet is die media daarop gefokus om koerante te verkoop deur middel van sensasie, hierdie dryfkrag wat gesetel is in sensasie eerder as die waarheid gee aanleiding daartoe dat berigte so geskryf word dat die waarheid nie noodwendig dit is wat geskryf word nie maar eerder hoe die waarheid verdraai kan word om sodoende die mees sensasionele berig te publiseer.
Gustav Müller het reeds vandag (27 Junie 2010) met sy prokureur gekonsulteer oor die onwaarhede wat in die berig gepubliseer is wat sonder twyfel Müller se beeld skade berokken het. Daar is genoegsame bewyse dat die bewerings wat in die berig gemaak is nie die waarheid is nie en is daar reeds besluit om voor te gaan met laster sake teen die betrokke koerante en joernaliste deur Mnr. Johan Legrance, regsverteenwoordiger van Gustav Müller. Die feit dat regstappe begin word teen die betrokke Koerante en joernaliste sal reeds môre deur middel van skrywes aan die betrokke partye oorgedra word.
Dit is ‘n gegewe dat ons as Suidlanders teenstand sal kry vanuit die kringe waarteen ons stry, dit is ons nog altyd te wagte gewees. Ons weet ook dat hierdie nie die eertse of die laaste teenstand is wat ons wel sal ondervind nie, indien dit maklik was en ons geen teenstand verwag het nie sou ons heel waarskynlik besig gewees het op die verkeerde pad, hierdie tipe teenstand bevestig weereens dat ons êrens in die duister ‘n senuwee vasgedruk het en dat die rigting waarin ons beweeg die regte rigting is.
Ons versoek dus dat almal wat met die Suidlanders assosieer nie hierdie as ‘n nederlaag sal beskou nie, maar eerder as deel van die stryd tot oorwinning. Hierdie poging wat deur die media van stapel gestuur is om die Suidlanders te vernietig dui op ‘n “vyand” wat paniekerig raak en foute maak in ’n poging om hul doel te bereik. (Ten minste het die Media ons weereens gratis publisiteit gegee)
Hou gerus die webblad dop vir verdere kommentaar soos wat die situasie homself sal uitspeel.
This article was published on IOL.
By Sinegugu Ndlovu
Young people should be militant and vibrant instead of being docile, says Police Minister Nathi Mthethwa.
He was addressing student leaders from tertiary institutions at the National Association of Student Development Practitioners conference in Durban on Sunday. The conference was intended for student leaders to exchange ideas on dealing with issues including crime and HIV and Aids at universities.
Mthethwa said former president Nelson Mandela had been an outspoken and key component of the armed struggle in his youth, while the late Robert Resha and Peter Mokaba had talked about killing white people.
“The ANC did not kill Peter Mokaba, he continued to be a leader in the political map of this country. We must not make youth docile. We want that militancy and vibrancy, it must all be there,” he said.
Mthethwa, a member of the ANC’s national executive committee, was speaking on the eve of ANC Youth League president Julius Malema’s disciplinary hearing, which is expected to commence on Monday.
Malema stands accused of bringing the ANC into disrepute and of misconduct for disregarding ANC policy.
Mthethwa, however, denied that his comments were intended to defend Malema, who was not mentioned during his address.
He said he had been referring to the nature of the ANC, which had never been led by “docile” leaders.
“People must be built, not destroyed. The major thing is that when there is a war to be pursued in a revolutionary situation, the youth must be at the cutting edge of that situation. Nelson Mandela was extremely militant to the extent of being out of order. Resha was militant to the point of calling people to murder.
“Young people must be within parameters, but not blunt objects. We wouldn’t be here if Mandela had been destroyed. I’m not defending anyone,” said Mthethwa.
He also used the opportunity to defend the militarisation of the police, saying the government wanted to take a “tougher” stance on crime.
He added that the police were expected to combat crime within the boundaries of the law.
“We have balanced our approach to policing with emphasising that there will be greater accountability and civilian over- sight of the police,” he said.
Op Sondag 18 April verskyn daar ‘n berig in die “Sunday Tribune” waarin daar verskeie bewerings gemaak word teen die Suidlanders waaronder die werwing van oud militêre en veiligheids polisie lede en ook dat die Suidlanders agter ‘n e-pos veldtog is wat daarop uit is om die 2010 sokker toernooi in Suid Afrika te boikot. Daar word verder ook beweer dat die persone wat in Worcester gearresteer is met onwettige wapens en springstowwe Suidlanders was.
Die skrywer van die artikel gaan selfs so vêr om te beweer dat die Suidlanders “ondergrondse” strukture het wat gemobiliseer word om sekere onwettige aksies te loods. Die joernalis, ene Dewet Potgieter skryf vêrder dat hierdie bewerings aan hom deurgegee is deur ‘n “bron” binne die Suidlanders.
Die Nasionale bestuur van die Suidlanders verwerp hierdie bewerings met die minag wat dit verdien en daag mnr Dewet Potgieter en ook die SAPD om hierdie bewerings in die publiek met feite te staaf. Die bewerings word gesien as ‘n poging om die Suidlanders te diskrediteer om sodoende die steun wat die Suidlanders huidiglik geniet te minimaliseer.
Die Suidlander Nasionale bestuur stel dit onomwonde dat daar GEEN ondergrondse aktiwiteite bedryf word nie en dat daar geen intensie of poging bestaan om enige onwettige aktiwiteite te bedryf nie. Die amptelike Suidlander DEKLERASIE stel dit duidelik dat geen onwettige aktiwiteite geduld sal word nie. Alles wat deur die Suidlanders bedryf word is in die ope en sigbaar.
Die Nasionale bestuur was vandag in gesprek met die Suidlander bestuur in die Weskaap en ook die sameroeper van Worcester om te bepaal of die aangeklaagdes deel was van enige van die Suidlander groepe. Dit is bevind dat die aangeklaagdes nie deel was of is van enige Suidlander groepe nie en is daar ook geen rekord dat hulle ooit enige Suidlander vergaderings in die streek bygewoon het nie.
Die Nasionale bestuur is egter besig om die saak verder te ondersoek en sal die bevindinge in die media bekend maak so spoedig moontlik.
Ons wens weereens alle ondersteuners te vra om nie summier alle gerugte te glo of verder te versprei voor dit nie behoorlik getoets is nie. Die Nasionale bestuur wens ook alle ondersteuners te maan om te waak teen ENIGE onwettige optrede aangesien dit nie net u self en u gesin beinvloed nie maar ook ‘n groot gemeenskap van ondersteuners landwyd wat reeds in die Suidlander strukture opgeneem is.
The following comment was received from Paddington:
It has been said a people or country get the government they deserve. This would imply that one can get a good government, or a bad government, subject of course to what the people do, have done, or deserve. Could some one please tell me what one has to do to get a non government, such as the Communist A.N.C.? That has proven it’s self to be no government at all.
This non government has been so very busy empting the national coffers, through questionable tender practices, graft greed and corruption. Having focused on robbing the nation and its people, they took their eye of the ball. And as with all corrupt and self serving (none) Governments they forgot to look over their shoulder.
They have for some time allowed a tubby little chap with the asexual name of Juju Malema to establish his own support base, structures and very likely an armed wing. (Why do you think he went to Zimbabwe, see Zimbabwe mail 29/3/2010)
This some what slow thinker has through racial rhetoric and common cause gained support from within the large mass of disgruntled, rejected and dejected people of his own age and racial group. If he is a slow thinker, which he is, how did he achieve such a vast following? Well if you are still living in a plastic shack and sleeping on an old cardboard box, with little or no food, after fifteen years of miss management from the likes of Jacob & Kie INC, you would be ready to support almost anyone. Juju has gained so much support that he is now a danger to the ANC driver, passengers and their never ending string of wives on the world’s longest gravy train.
As with all miss managed governments when things go wrong what is one to do? Well within the African contexts, not being accountable for any thing ever at any time, one finds some one to blame.
The ANC has to discipline Juju, but how when he has so much support? “I know we will blame some one ells,” who? Don’t know lets find someone anyone
Problem for the ANC is they can’t beat up the AWB any more they have just had their leader assassinated, be it an ever so messy and clumsy job. They have had little success with their sexual innuendos; the boy in the bed routine has been laughed to scorn. What can you do with a dead man, a hero to his people, and if you do to much the people may very well get more than a little upset. But they still have to do something with Juju with out turning him into a “splinter group” what with him having the support of the masses and maybe a military capability to boot.
Next best thing is??? Go for conservative movements, organizations, and political groups on the right.
Within the next few days we may very well see a lot of media attention being paid to the Suidlanders. They are concerned about the massive support and numbers of the SL; they are even looking at a potato farmer in Natal, as he has gained so much support. No one is exempt from the coming attempt by the ANC to lessen and justify Juju and his tantrum tactics
The ANC will, to draw attention away from Juju, try and construct controversially issues surrounding Suidlanders. I would not be surprised if they even try and have a go at the Freedom Front and the DA. They will try and make it appear that the conservative Christian people of South Africa had it coming to them, Juju was justified in what he was saying, he was just trying to prepare his people as to the dangers of the Christian right (read White People in South Africa) to democracy (democracy is simply the rule of terrine by the majority of one)
The ANC is about to mount a massive Propergander campaign to discredit anything, group, person, political party, to give Chubby Cheeks Malema a window to slide through and away.
At this time they can not afford to have an armed splinter youth group out side of ANC control, and if they come down to hard on Juju that’s what they may very will get, as Malema has massive on the ground support. And who knows what ells.
Can it happen? It happened with the IRA in Northern Ireland .It happened with the PLO in the Middle East to name but two main line groups that splintered.
Be warned the ANC at this time are weak vulnerable and desperately afraid of Malema, as well as the large support now being shown for the Suidlanders and Christian conservative groups. They are capable of almost anything.
Paddington
Na aanleiding van die uitspraak wat gister aand op SABC nuus gemaak was dat die blankes in Suid Afrika besig is om te mobiliseer en dat dit kommer wek by die regering, die volgende:
Die afgelope 15 jaar het die meeste blankes gehoop dat die “Nuwe Suid Afrika” en die beloftes wat gemaak was rondom dit sou waar word. Die onbevoegdheid van regering op alle vlakke was gesien as ‘n oorgangstyd en het die hoop bestaan dat dit wel op ‘n stadium sal omswaai en meer effektiewe regering tot gevolg sou hê. Die behoudende blankes het te midde van hierdie voordurende agteruitgang deurentyd gewaarsku en gesê dat dit nie die geval is nie en dat die verval van regering en stabiliteit in die land ‘n realiteit is. Die waarskuwings is deurentyd geignoreer deur die wat graag eerder “polities korrek” wou wees.
Die moorde op blankes het kommerwekkende syfers bereik en steeds wil dit eerder lyk asof wet en orde met ‘n groter tempo besig is om te verval as ‘n jaar gelede. Stakings word elke dag gesien en anders as ‘n jaar of twee gelede is daar al meer geweld wat deel uitmaak van die stakings. Die situasie word natuurlik ook nie beter gemaak met die rassistiese en uiters gewaagde uitsprake van Julius Malema nie.
Ons lees ook op die 30ste Maart in ”The Zimbabwe Mail” die volgende:
“South Africa’s ruling party ANC is planning Zimbabwean style land invasions after the FIFA 2010 World Cup, amid reports Zimbabwe’s Zanu PF and War Veterans Association will provide crucial support for the programme, sources in Zimbabwe said on Monday.”
Verder meer word die volgende berig: ”
A member of the Zanu PF security department told our reporter that the basis of Malema’s visit to Harare is a follow up to a secret discussion between President Mugabe and his South African counterpart Jacob Zuma, three weeks ago.
The crucial visit will go a long way in exchanging ideas and preparatory stages for both logistics and mobilisation for sporadic land invasions across the country.”
(Lees volledige berig in “The Zimbabwe Mail”
Gesien in die lig van die reeds geweldige groot aanslag op kommersieele boere in Suid Afrika begin dit net al meer sin maak dat die plaasaanvalle wat daar is verseker polities gemotifeer kan wees.
Die regering doen werklik niks om vertroue onder die gemiddelde persoon in die straat te vestig met betrekking tot sy eie veiligheid nie. Daagliks is daar berigte van aanvalle, verkragtings, rooftogte en moord wat deur die media die wêreld ingestuur word. Die gemiddelde persoon op straat het geen waarborg vir sy veiligheid nie.
Gegewe die huidige omstandighede in Suid Afrika en dan veral die veiligheids situasie is dit te wagte dat die burgers wat gewoond was aan beter standaarde en vandag in vrees lewe vir hulle lewens elke dag een of ander tyd ‘n punt sal bereik waar hulle besef dat dit tyd geword het om aktief deel te raak van dit wat hulle hoop gee. Daardie punt van totale besef dat dinge in die land nie beter gaan raak soos dit nou aangaan nie is voorverlede week verbygesteek met die panga moord op mnr Terreblanche. Duisende mense het tot die besef gekom dat die regering geen effektiewe planne het om die blankes in die land te beskerm teen hierdie moordbendes wat die blankes uitmoor nie.
Die afgelope twee weke het talle regse (behoudende) organisasies se ledetalle gestyg teen ‘n tempo soos wat nog nooit in hierdie land gesien was nie. Die rede hiervoor is voor die hand liggend, die blankes (en talle ander mense) het tot die besef gekom dat die regering besig is om hierdie land oor die afgrond te dryf met hulle beleid van stilswye en swart bemagtiging.
Politieke oplossings bestaan nie meer vir die blankes in Suid Afrika nie, maar indien ons saam hande gaan vat en gaan strewe na oplossings het ons dalk ‘n kans om te oorleef in hierdie land, en duisende mense het dit einde ten laaste besef. Dit maak die regering senuagtig en ongemaklik, maar die blankes het ‘n punt bereik waar hulle nie net meer gaan lê en wag vir die volgende hou wat deur ‘n kommunistiese regering uitgedeel word nie.
Is die ontwaking van die Volk en dit wat huidiglik gebeur werklik mobilisasie of is dit eenvoudig ‘n geval van mense wat besef dat hulle nie meer alleen kan staan in die stryd om oorlewing nie?
Ons het die volgende kommentaar gekry op die Facebook artikel van gister. Dit wil voorkom asof die SAPD reeds ‘n idee het wie die skuldige persoon is maar dit is nog nie bevestig nie.
March 24 2010 – PRAAG. PRETORIA. A black Klerksdorp nurse who allegedly used the name Thato Mbateti Mbateti (a man’s name) is being investigated .
A senior police officer told Dan Roodt of the Pro-Afrikaans Action Group that they ‘know who she is and we know she placed the call for blacks to kill all whites and to rape white women on the Facebook page. Unfortunately the investigation is still ongoing and we can’t reveal her identity just yet’.
Wat egter ook opmerklik is, is dat die administreerders van die FACEBOOK groep waar die artikel wel geplaas is niks doen om dit te verwyder of hulle self van sulke kommentaar te distansiëer nie. Die gevolgtrekking wat gemaak kan word is dat dit dan in werklikheid nie saak maak wie die auteur van die artikel is nie aangesien dit wat genoem is wel deel uitmaak van dit wat aan die gang is in die land.
Die afgelope paar dae het verskeie kommentaar wat geplaas was op die Facebook ondersteunersblad van Juluis Malema regoor die land baie vuurwerke en paniek veroorsaak . E-poste het by die honderde by ons aangekom waarop die mense die een spesifieke persoon (Thato Mbateti Mbateti) se kommentaar rondgestuur het.
In hierdie stuk bespreek Thato hoe die swartes die blankes gaan uitmoor en ook hoe Zuma vermoor sal word. Hy noem ook hoe die wit vrouens verkrag en vermink sal word. Die kommentaar is egter van so aard dat ons verkies om nie die hele stuk hier te plaas nie.
Wat egter van belang is, is dat die spesifieke kommentaar dalk nooit eens deur ‘n swart man geskryf is nie. Na deeglike ontleding van die kommentaar het dit na vore gekom dat die sinsbou en sekere woorde wat gebruik word nie algemeen onder die swart nasies so gebruik word nie. Hy noem bv: “to take our land over“, indien die persoon ‘n swarte is wat engels magtig is (soos wat dit wel voorkom vanuit die res van die kommentaar) sou hy eerder gesê het: “to take our land” of selfs “to take our land back”. Verder gebruik hy ook in sy kommentaar wat geheel in engels geskryf is die terme “Vrystaat” in plaas van “freestate” soos wat alle swartes wat engels praat sou gedoen het.
Dan is daar natuurlik ook die vloekwoord wat die man gebruik, die woord kan ek egter nie hier plaas nie maar kan wel net noem dat ek nog geen swarte gehoor het wat ooit daardie woord gebruik nie (En ek het baie jare tussen hulle gewerk). Dit is tipies ‘n woord wat deur ‘n blanke Afrikaanssprekende persoon gebruik sou word. Swartes sou eerder die selfde woorde gebruik het wat in hulle “struggle” liedjies voorkom soos “boer” ens.
Die hele trant van die brief tesame met die punte soos bo uitgewys wil vir my eerder daarop dui dat dit die werk is van ‘n radikale Afrikaanssprekende persoon wat as provocuteur optree. Hierdie tipe van optrede is al op verskeie webblaaie in die verlede gesien waar persone as iemand anders registreer en dan uitsprake maak wat gemoedere laat opvlam. Die spesifieke kommentaar het verseker baie mense angsbevange gelaat en in die swart gemeenskappe ‘n vlammetjie aangesteek wat dalk nooit geblus sal kan word nie. Sulke optrede is bitter onverantwoordelik en lafhartig.
Ons versoek egter alle Suidlanders en diegene wat hier lees om nie op die kommentaar op Facebook te reageer nie en dit ook nie per e-pos aan te stuur nie. Die kommentaar is baie verdag en daarop gemik om mense angstig te maak, ignoreer dit eerder en let eerder op dit wat wel bevestig kan word.
Ons volk se bestaan word gekenmerk deur die een oorlewingstryd op die ander, en so is ons nie net oppad na nog so n stryd nie, maar reeds in een!!!
Hierdie stryd, waarsku ons al lankal, sal gedryf word na ‘n hoogtepunt!
Uhuru, Night of the long knives, revolusie, anargie, burgeroorlog, noem dit net wat u wil!
Vanoggend (22/2/2010) se gebeure by Orange Farm spreek boekdele! Die rede waarom die plakkers vanoggend padversperrings opgerig en motoriste aangeval het is nie aleenlik vir swak dienste (toilette) nie, maar hulle ontevredenheid oor Julius Malema se weelde en rykdom!
Terwyl hulle nie werk het nie, soms in haglike toestande woon en honger lei, geniet Malema ‘n rykmanslewe….
Ons weet almal dat die Malemas die volksmoord teen ons haarfyn beplan. Die plaasmoorde en moorde op blankes in die stede (wat gepaart gaan met die ergste brutaliteit!), die misdaadvlakke, regstellende aksie, swart bemagtiging en ontwapening, word deur die liberaliste en die media gemonopoliseer om ons blankes te mislei, en ons op die knieë te hou weens die “misdaad” van apartheid, ens., ens.
Alles om ons blankes in SA te demoraliseer! Om ons dan by ‘n punt te bring waar ons totaal verswak en moedeloos sal wees, en by “hierdie” punt sal die radikale leiers die massas aanstig om oor te gaan tot die revolusie, om ons dan die finale nekslag toe te dien! Ek haal Malema aan uit Rapport van 27 Sept 2009: “Laat ek jou vertel my vriend, ek het jou en jou apartheidsregime oorwin en ek gaan jou weer verslaan, eens en vir altyd”.
n Tipiese Afrika, revolusionêre “kenmerk” het egter vanoggend sy verskyning gemaak, en dit is dat daar ‘n gaping begin ontstaan tussen die massas (die armes) en hul skatryk leiers!!
Mense vra my baie, gaan die groot geweld voor die sokker, in die sokker of na die sokker plaasvind?
My antwoord is eenvoudig, wanneer die gaping tussen die gepeupel en hul leiers te groot raak (ons word hier ook herinner aan ‘n toespraak wat Jacob Zuma ‘n jaar gelede in Natal gehou het vir die Zoeloes, waar een uit ‘n skare van +/- 8000 opgestaan en gesê het: “Jy sit daar voor op die stoel en word vet, ons sit hier en ly honger!” Waarna die spreker toegejuig was), kan en sal die geweld vroeër plaasvind as wat die leiers dit beplan het! Dit sal eenvoudig die punt wees waar die armes (in hierdie groepering le die “groot” getalle) hul leiers sal ignoreer, reg in eie hande sal neem. En dit is die hande waarin elke Suid-Afrikaner gaan val, ongeag of jy wit, Zoeloe of Xhosa is!! Ons sal verswelg word deur die geweld. Daarom moet ons deuerentyd gefokus bly en gereed wees vir so ‘n gebeurlikheid as ons wil oorleef!!
Net soos ons blankes in die laaste jare verwagtinge gekoester het van ons leiers wat soveel beloftes aan ons gemaak het, en ons telkens teleurgestel is — net so het die swartes se leiers ook aan hulle beloftes gemaak wat nie nagekom is nie!
En nou is die gepeupel se geduld doodeenvoudig besig om op te raak!
En omdat daar enige dag ‘n uitbarsting kan kom, hou dit vir ons ‘n baie groot gevaar in, in terme van “tyd”!!!
Amateur radio is ‘n stokperdjie wat oor die laaste paar jaar baie steun verloor het. Kompeterende tegnologieë, soos Skype, MXit, en gewone selfone het nasionale en internasionale kommunikasie binne amper almal se bereik geplaas – iets wat voorheen net vir radio-amateurs beskore was.
Vandag se radio-amateurs wil nie net praat nie (dit kan enigiemand met toegang tot die internet doen), die stokperdjie is aantreklik vir mense wat dit graag op hul eie wil doen (sonder om afhanklik te wees van ander), en wat belangstel in die tegniese aspekte van die radio. Terloops, vir diegene wat dink amateur radio is “outyds”, gaan lees gerus op oor die meer moderne goed wat radio-amateurs doen (soos om radioseine via satelliete te stuur, of te reflekteer van die maan af en selfs van meteoriete af).
Die Suidlanders is natuurlik BAIE ten gunste van amateur radio, omdat dit ‘n kommunikasie-medium is wat in enige omstandighede gebruik kan word (solank jy krag het). Jy is nie afhanklik van infrastruktuur buite jou beheer nie.
Dit was dus verblydend om hierdie artikel te sien: Ham Radio – a fading hobby, until emergencies hit. Dit eggo ons standpunt hier en bevestig wat ons glo.
Terloops, vir diegene wat belangstel – die volgende geleentheid om die RAE (Radio Amateurs Eksamen) af te lê is in Mei. Klasse behoort binnekort te begin by meeste klubs.
Ons beplan om teen einde Meimaand ons nood-streeks-radionetwerk volledig in plek te hê en te bedryf – alle streeksleiers word versoek om een, of indien moontlik, twee, radio-amateurs in hul area te identifiseer, of alternatiewelik, een of twee belangstellendes te identifiseer om die RAE af te lê om sodoende gelisensieer te wees om die radionetwerk in hulle streek te mag bedryf. Hierdie is baie belangrik – ons kan geen ongelisensieerde kommunikasie toelaat nie. Ons beplande radionetwerk sal streng binne die wet bedryf word.
Net ter inligting, die Suid-Afrikaanse Radioliga (SARL) bedryf ‘n nood-kommunikasie netwerk genaamd Hamnet. Ons beplan nie om enigsins met hulle te kompeteer of in te dring op die baie goeie werk wat hulle doen nie. Om die waarheid te sê, ons moedig al ons radio-amateurs aan om by die SARL aan te sluit en ook Hamnet lede te word (om sodoende in hul plaaslike gemeenskappe by te dra).
