Archive for the ‘Kommunikasie’ Category
Amateur radio is ‘n stokperdjie wat oor die laaste paar jaar baie steun verloor het. Kompeterende tegnologieë, soos Skype, MXit, en gewone selfone het nasionale en internasionale kommunikasie binne amper almal se bereik geplaas – iets wat voorheen net vir radio-amateurs beskore was.
Vandag se radio-amateurs wil nie net praat nie (dit kan enigiemand met toegang tot die internet doen), die stokperdjie is aantreklik vir mense wat dit graag op hul eie wil doen (sonder om afhanklik te wees van ander), en wat belangstel in die tegniese aspekte van die radio. Terloops, vir diegene wat dink amateur radio is “outyds”, gaan lees gerus op oor die meer moderne goed wat radio-amateurs doen (soos om radioseine via satelliete te stuur, of te reflekteer van die maan af en selfs van meteoriete af).
Die Suidlanders is natuurlik BAIE ten gunste van amateur radio, omdat dit ‘n kommunikasie-medium is wat in enige omstandighede gebruik kan word (solank jy krag het). Jy is nie afhanklik van infrastruktuur buite jou beheer nie.
Dit was dus verblydend om hierdie artikel te sien: Ham Radio – a fading hobby, until emergencies hit. Dit eggo ons standpunt hier en bevestig wat ons glo.
Terloops, vir diegene wat belangstel – die volgende geleentheid om die RAE (Radio Amateurs Eksamen) af te lê is in Mei. Klasse behoort binnekort te begin by meeste klubs.
Ons beplan om teen einde Meimaand ons nood-streeks-radionetwerk volledig in plek te hê en te bedryf – alle streeksleiers word versoek om een, of indien moontlik, twee, radio-amateurs in hul area te identifiseer, of alternatiewelik, een of twee belangstellendes te identifiseer om die RAE af te lê om sodoende gelisensieer te wees om die radionetwerk in hulle streek te mag bedryf. Hierdie is baie belangrik – ons kan geen ongelisensieerde kommunikasie toelaat nie. Ons beplande radionetwerk sal streng binne die wet bedryf word.
Net ter inligting, die Suid-Afrikaanse Radioliga (SARL) bedryf ‘n nood-kommunikasie netwerk genaamd Hamnet. Ons beplan nie om enigsins met hulle te kompeteer of in te dring op die baie goeie werk wat hulle doen nie. Om die waarheid te sê, ons moedig al ons radio-amateurs aan om by die SARL aan te sluit en ook Hamnet lede te word (om sodoende in hul plaaslike gemeenskappe by te dra).
Van hier by Suidlander Redaksie wil ons graag al die kandidate wat Donderdagaand die Radio Amateur Eksamen aflê, sterkte toewens.
Indien u belangstel in amateur radio, die eksamen word by twee geleenthede jaarliks afgeneem (Mei en Oktober). Meeste klubs bied klasse aan (of kan dit reël), en hierdie stokperdjie is een van die kritieke vaardighede wat ‘n verskil sal maak in die geval van ‘n grootskaalse verlies aan infrastruktuur in die land.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga bedryf ‘n nood-kommunikasie organisasie, genaamd Hamnet, wat gereeld kommunikasie infrastruktuur en -kundigheid beskikbaar maak in noodgevalle. Baie amateurs berei ook draagbare radiostelle voor spesifiek vir gebruik in noodkommunikasie.
Indien enige Suidlanders belangstel, kontak ‘n Radio-amateur klub in jou omgewing, vir meer inligting oor die bekom van ‘n amateur lisensie, en hoe om op die lug te kom.
Die volgende geleentheid om die RAE (Radio Amateur Eksamen) af te le, is op 22 Oktober 2009. Baie radio-amateur klubs bied klasse aan vir voornemende radio-amateurs, en nou is die tyd om betrokke te raak.
Besoek die Suid-Afrikaanse Radioliga se webwerf by www.sarl.org.za vir verdere inligting. Kontak ‘n klub in jou omgewing as jy belangstel om in hierdie stokperdjie betrokke te raak.
Ons wens graag al die Suidlander kandidate wat die onlangse Radio Amateur Eksamen suksesvol afgelê het, van harte geluk.
Alle amateurs word versoek om dit ernstig te oorweeg om deel te word van Hamnet, die noodkommunikasie vleuel van die Suid Afrikaanse Radio Liga. Om lid te wees van Hamnet, moet jy egter ook ‘n opbetaalde lid van die SARL wees.
Today (18 April) is World Radio Amateur Day. The South African Radio League (SARL, website www.sarl.org.za) is hosting a fun day (for the whole family) at the National Amateur Radio Centre in Radiokop. If you are interested in finding out more about Amateur Radio (and live in the West Rand), why not swing past the NARC? More info available on the SARL home page.
The last day for registration for the Radio Amateur Examination for May is 23 April. The next RAE date is only in October. Full details on how to register, with the study guides for the different classes of amateur license is available on the SARL site. Click on the (+) sign next to “Licensing” on the menu in the left margin, then navigate to the RAE page.
Daar is al weer SMS boodskappe wat die rondte doen wat allerhande bewerings maak omtrent s.g. inligting wat “noem” dat hier probleme (geweld) in die land gaan uitbreek teen die 18de April.
EK BEVESTIG HIERMEE DAT DAAR TOT OP DIE STADIUM GEEN SULKE INLIGTING AAN ONS BEKEND IS NIE, EN ONS VERMOED DAT DIT IETS IS WAT OP ONAKURATE GERUGTE GEBASSEER IS. ALHOEWEL DIE SMS DIE SUIDLANDERS NOEM KAN EK U VERSEKER DAT HIERDIE SMS NIE DEUR ONS UITGESTUUR IS NIE. ONS VERSOEK OOK DAT ENIGIEMAND WAT WEET WIE DIE OORSPRONGKLIKE SMS UITGESTUUR HET ONS ONMIDDELIK IN KENNIS STEL. ONS VRA OOK DAT U SULKE GERUGTE SAL IGNOREER.
ALHOEWEL ONS VERSEKER NOU ‘N MOEILIKE TYD INGAAN MET DIE VERKIESING, EN WAAR DAAR DREIGEMENTE IS VAN STAKINGS ENS, IS DAAR OP DIE STADIUM GEEN REDE OM ANDERS AS NORMAAL OP TE TREE NIE. HOU U OMGEWING DOP, LET OP VIR DINGE BUITE DIE NORMALE EN RAPORTEER DIT SO SPOEDIG MOONTLIK. DAAR IS EGTER GEEN REDE OM OP HOL TE RAAK NIE!
DIE SUIDLANDERS DISTANSIEER ONS VAN SULKE SMS BOODSKAPPE, EN BEVESTIG WEEREENS DAT INDIEN ONS ENIGE INLIGTING KRY WAT OP ‘N SPESIFIEKE TYD DUI, DAT ONS U ORGANISEERDERS TELEFONIES SAL SKAKKEL, GEEN SMS BOODSKAPPE SAL UITGESTUUR WORD NIE. !
Die datum vir die Meimaand Radio Amateur Eksamen is van die 21ste Mei na die 20ste Mei geskuif, omdat die 21ste Mei Hemelvaartdag is en baie kandidate graag die dag wil vier.
Die laaste datum vir registrasie vir die RAE is 23 April (geen laat registrasies nie). Vir volledige detail, hier is die skakel na die RAE bladsy op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webwerf.
Ons kry baie navrae van Suidlanders wat tweerigting radios wil koop. Hier is net ‘n paar punte om in gedagte te hou:
Enige radio groter as die goedkoop radiotjies wat by buitelewe winkels verkoop word (bv. Zartek, Oregon Scientific ens) het ‘n lisensie nodig. Selfs burgerband radios (“CBs”). Burgerband radios is maklik om te verkry, en goedkoop.
Een radio help mens nie veel nie. Jy moet vooraf beplan MET WIE jy wil praat, en daardie persoon moet ‘n soortgelyke radio besit (wat op dieselfde frekwensie geprogrammeer kan word), en daardie persoon moet WEET jy wil met hom praat (d.w.s. daar moet ‘n tyd-skedule vir kommunikasie wees).
Enige van die bekende name is betroubaar. Dink aan Kenwood, Alinco, Midland, Yaesu, Icom, Motorola ens (die lys is NIE volledig nie).
Jou radio-stasie is net so goed soos jou antenna. ‘n Nuwe R10 000 HF amateur radiostel in ‘n voertuig met ‘n 3m “whip” antenna gaan swakker werk as ‘n tweedehandse, R1000 stel met ‘n hoog-geplaaste, korrekte lengte dipool antenna.
Ons het dit voorheen gesê, en sê dit weer: ons beveel enigiemand wat belangstel in kommunikasie (landwyd, sonder infrastruktuur) aan om die radio-amateur eksamen af te lê. Verskeie Suidlanders het die pas afgelope eksamen (Oktober) afgelê, die volgende geleentheid is eers in Mei 2009.
Die selfoon industrie sou nie bestaan het as dit eenvoudig en verniet was om met ‘n radio die hele land vol te kan praat nie. Langafstand radio kommunikasie neem toewyding en moeite (dis hoekom daar ‘n stokperdjie soos amateur radio bestaan).
Ons doen ook ‘n beroep op enige bestaande Suidlander radio-amateurs (wat bereid sal wees om te help met kundigheid en toerusting indien daar groot moeilikheid kom) om ons te kontak sodat ons daardie faktor in ons beplanning kan inkorporeer.
Ons wil net weer onder almal se aandag bring: die Suidlanders kommunikeer met ons mense deur middel van hierdie webwerf, en ook deur Suidlander Funksies (wat deur mense in die omgewing waar die funksie gehou word, gereël word).
Verder is daar die DVDs (5 so ver). Ons kommunikeer NIE deur middel van e-posse of SMSe met lede nie.
In antwoord op navrae wat ons ontvang het oor sekuriteit oor radio:
Enige “draadlose” kommunikasie (tweerigtingradio, WiFi, iBurst, selfoon ens.) staan die gevaar om onderskep te word, sonder dat die onderskepper toegang tot die twee partye wat kommunikeer, se kommunikasie toerusting het. Indien die partye wat kommunikeer nie die inligting wat oorgestuur word, as algemene kennis wil hê nie, moet een of ander vorm van sekuriteitstelsel gebruik word.
In draadlose internet kommunikasie, sowel as selfone, word hierdie sekuriteit VIR die party(e) gedoen (kan egter steeds onderskep word), maar met tweerigtingradios is dit ‘n ander saak. Een manier om privaatheid te probeer verseker, is om gereeld van frekwensie te verander (sonder om die volgende frekwensie oor die lug te stuur), om die waarheid te sê, daar is radios wat dit outomaties doen (“frequency hopping”, ontwikkel vir militêre radios).
Nog ‘n manier is om ‘n elektroniese toestel (“scrambler”) te gebruik om die uitsending onverstaanbaar te maak, wat aan die ander kant deur ‘n ooreenkomstige toestel weer verstaanbaar gemaak word. Die nadeel hier is dat beide partye die toestel nodig het.
‘n Ander manier is om in “kode” te praat, waar die kode net aan die partye wat kommunikeer, bekend is. Daar is BAIE verskillende maniere om uitsendings te enkodeer (lees self op oor “encryption” en “ciphers”). Vir ‘n kode om te werk, moet die partye vooraf ooreenkom op die kode, en ENIGE lekkasie van die kode maak alle uitsendings wat daardie kode gebruik of GEBRUIK HET (ou uitsendings is moontlik opgeneem), leesbaar. Indien ‘n kode gebruik word, is dit ook ‘n goeie idee om so min as moontlik (net dit wat nodig is) van die boodskap te kodeer (dit gee onderskeppers minder om mee te werk om die kode te breek).
Dit is dus duidelik dat daar eers ‘n vertrouensverhouding moet bestaan tussen die partye wat op ‘n kode ooreenkom.
‘n Verdere vorm van sekuriteit oor radio is om so lae as moontlike krag vir die uitsending te gebruik. As kommunikasie oor ‘n paar kilometer nodig is, kan lae krag gebruik word, en die onderskepper moet dan ook fisies naby aan die partye wees, of om gerigte (“directional”) antennas te gebruik, wat beteken die onderskepper moet min of meer in lyn met die partye wees.
