Archive for the ‘Ekonomie’ Category

Volgens Cees Bruggemans, vooraanstaande FNB ekonoom, is die ekonomiese krisis min of meer oor.  Alles is nog nie wel nie, maar daar is geen rede vir paniek nie.  Sien die volledige artikel:

Worst is over – Bruggemans

Intussen berig die Buro vir Ekonomiese Navorsing dat die ekonomie ‘n verdere 2% gaan sink hierdie jaar (swakste sedert 1992), 267 000 mense het hul werk verloor in die laaste drie maande (in Suid-Afrika), en nog mense gaan hul werk verloor.

Bron:  More Job Losses Expected (Eyewitness News)

In Amerika vertel President Barack Obama die Amerikaanse publiek dat dit nog “baie maande” gaan vat vir die Amerikaanse ekonomie om te herstel.  Die probleme in die ekonomie is blykbaar veel dieper as wat enigiemand gedink het toe hy die leiding in Januarie oorgeneem het.

“As far as I’m concerned, we will not have a recovery as long as we keep losing jobs,” Obama said

Lees self verder:  Obama says US has ‘many more months’ before full recovery

En verder verloor Amerikaners steeds in hulle honderde duisende hul werk, en mense wat nie hul huise kan betaal nie, verloor hul huise toenemend.  Lees self:

US job cuts, foreclosures mount

En, laastens, wil dit begin lyk asof versekerings-reus AIG weer (nog altyd?) in die moeilikheid is, ten spyte van die $182 biljoen wat hulle ontvang het om hulle uit die moeilikheid te help.  Dit lyk asof hulle nie finansieel swaartrek omdat besigheid sleg is nie, dit lyk asof hulle sommer net gewoonweg ‘n spul skelms is.

Lees gerus hierdie berig oor die manier waarop AIG werk: After $182 billion taxpayer rescue, is AIG on the verge of collapse?

Dit wil lyk of Cees Bruggemans ‘n optimis is.  Ons hier by Suidlanders redaksie hoop namens al ons lede Bruggemans is korrek, maar ons sal nie geld daarop sit nie.