Archive for the ‘Ekonomie’ Category

Die stroom van banke wat bankrot speel (in Amerika) is klaarblyklik nie besig om kleiner te word nie, as mens na die FDIC “Failed Bank List” kyk.  In 2008 het daar gemiddeld een bank elke twee weke sy deure gesluit.  In vergelyking was 2009 se syfer vyf banke elke twee weke.

So ver hierdie jaar het 10 banke reeds ondergegaan.  Dit is wel histories so dat die bank falings nog voortgaan nadat ‘n ekonomiese herstel reeds begin het, maar net omdat bank falings steeds voortgaan beteken nie dat ‘n ekonomiese herstel besig is om plaas te vind nie.

Ons hou maar steeds die ekonomiese toestand wereldwyd dop, want die wereld-ekonomie het verseker ‘n indirekte invloed op ons hier in Suid-Afrika.

Ter ondersteuning van ons vroeere bydrae oor die daling in huis-verkope in Amerika, het ons op hierdie artikel afgekom waar ‘n verslag beskryf word oor die “foreclosures” in die Amerikaanse huismark.

“Foreclosure” is die term wat gebruik word wanneer ‘n huiseienaar nie sy huislening kan betaal nie, en die bank die huis terugneem (en die eienaar moet uittrek).

Volgens die verslag is “foreclosures” in 2009 21 persent meer as in 2008, en 120 persent meer as in 2007.  Desember se syfers het geklim met 14 persent vanaf November, en was 15 persent meer as die vorige Desember (2008).

‘n Onbevestigde stelling deur ‘n Amerikaanse eiendomsagent noem dat die media tipies 4 tot 6 maande laat is in hierdie tipe verslaggewing, en as daar na die huidige stilte in die huismark gekyk word, verwag hy dat daar in die tweede helfte van 2010 ‘n eiendomspaniek onder politieke leiers en die algemene publiek gaan uitbreek.

Bron:  REALTYTRAC year-end report

Net ‘n maand of twee gelede is daar nog wyd en syd in die Amerikaanse media berig oor die ekonomiese herstel.  Een van die aanduidings was die styging in huis-aankope.  Wat NIE genoem is nie, is dat baie huiskopers gekwalifiseer het vir ‘n verlaging in belasting.  Vir sommige ekonomiese analiste (soos ook vir ons hier by Suidlander Redaksie) was die syfers nie verteenwoordigend van die werklike stand van die ekonomie nie.

Intussen het die afsnydatum vir die belastingvoordeel verbygegaan.  Ten spyte van die feit dat die Amerikaanse Kongres die afsnydatum na 30 April 2010 toe uitgestel het, het huisverkoop syfers in Amerika in Desember met die grootste persentasie die afgelope 40 jaar geval (af met amper 17 persent).

‘n Soortgelyke kontant-insentief het motorverkope (in Amerika) aan die einde van verlede jaar ook ‘n goeie hupstoot gegee.    Dit is dus baie moontlik dat die “ekonomiese herstel” waarvan daar so baie gepraat is, nie so groot is (of glad nie bestaan nie?) en dat daar nog moeilike tye voorle.

Hier is ‘n aanhaling uit die bron-artikel: “Despite fears that home prices are starting to fall again, some analysts still believe the worst is over.”

Vir ons klink dit of die ekonome se storie besig is om te verander.  Ons sal almal baie bly wees as die resessie/depressie eindelik verby is, maar ons is nie so optimisties nie…

Bron:  December home sales down nearly 17 percent

Moody’s Investor Services, die maatskappy wat ekonomiese navorsing en analise op regerings instellings en maatskappye doen, het in ‘n nuwe verslag gewaarsku dat verskeie lande (in beide die ontwikkelde en ontwikkelende wêreld) hulself in die komende jaar sal moet staal teen sosiale en politieke onstuimigheid.

Brittanje word uitgesonder, maar is nie die enigste land wat gewaarsku word nie.  Griekeland het in die laaste jaar baie uitgawes gesny, en baie van die sosiale onrus in daardie land word aan die ekonomiese moeilike omstandighede gekoppel

Lees die oorspronklike artikel hier:  Moody’s warns of ‘social unrest’ as sovereign debt spirals

Vir diegene wat geinteresseerd is in die wêreld se ekonomie, veral die van Amerika, is hier nog ‘n paar uittreksels uit nuusberigte wat ons onlangs raakgeloop het.

Alhoewel die Amerikaanse ekonomie ons nie direk raak nie, is dit onmoontlik om een land se ekonomie af te sny van die res van die wêreld.  Dit IS moontlik, maar dan lyk jy soos Zimbabwië.

Net vanoggend het die finansiële kommentator op die radio die moontlikheid van 11 000 op die Dow Jones gemiddeld genoem (tans net onder 10 000).  Hier is ‘n ander perspektief:

Dow will fall to 6300 by year end:  Portfolio Manager

Twee professionele beleggingsfonds-bestuurders (van verskillende maatskappye) is van opinie dat die Dow by 6300 einde hierdie jaar, en 4200 by 2011, gaan draai.

Die koerante berig dat beleggers moet pasop vir goud – die onlangse prysverhogings word nie deur fundamentele faktore gesteun nie.  Hier is ‘n ander perspektief:

GOLD:  Breakout alert – powerful uptrend imminent

Dit is nie hier die plek om tegniese analise vs. fundamentele analise te bespreek nie (Google self), maar die grafieke (tegniese analise) toon ‘n klassieke patroon wat GEWOONLIK tot ‘n groot prys-breek boontoe gevolg word.

Nog ‘n artikel met ‘n stukkie interessante kommentaar is hierdie een in “The Silver Bear Cafe”.  Die aanhaling uit die laaste paar sinne in die artikel is interessant:

“This system (securitization) which created the mess, cannot be restored. It required a strong currency, artificially low interest rates, and credulous investors who were unaware of the inherent risks of illiquid assets. Those conditions no longer exist, nor have they for more than two years. Even so, the Fed continues to pump blood into a corpse hoping for some fleeting sign of life. This is why an even bigger crisis cannot be too far off.”

Volgens die pessimiste is die ekonomiese STELSEL gebreek, en niks is nog gedoen om dit reg te maak nie.  Om die waarheid te sê, al die geld wat in die stelsel ingepomp is om dit aan die lewe te hou, breek die stelsel nog verder.

Ons advies hier van Suidlander Redaksie:  Hou maar jou oë oop, en moenie te veel glo wat die “ekonome” jou vertel nie.  Onthou, hulle is die mense wat NIE hierdie krisis sien kom het nie (en die “leke”, die pessimiste, het!).

Net as finale stukkie humor, hier is ‘n video oor Ben Bernanke (hoof van die “Federal Reserve”, ook bekend as Helicopter Ben), se uitsprake oor die afgelope paar jaar.  Onthou, hy is die ou wat almal vertel die resessie is “tegnies oor”:

Ben Bernanke was wrong

Waarskuwing:  dit is ‘n YouTube video, en gebruik ‘n baie bandwydte.  Eintlik vir mense met vinnige internet verbindings.

Onlangs was dit die eenjarige herdenking van die finansiële krisis wat amper die Amerikaanse ekonomie gekelder het.  Binne een week in September 2008 het ‘n paar groot finansiële instellings (Lehman Brothers, AIG, Bear Stearns, Morgan Stanley, Fannie Mae, Freddie Mac) tot ‘n val gekom.  Van hierdie instellings is genasionaliseer deur die Amerikaanse regering.

Slegs die massiewe kapitaal inspuiting (wêreldwyd) van triljoene dollars het ‘n totale ineenstorting voorkom.  Die Amerikaanse regering het honderde biljoene (indien nie triljoene) dollars uit die lug gegryp om in die ekonomie in te pomp. Hierdie geld moet gefinansier word, uiteindelik deur ‘n toename in belasting.  Inflasie kan ook ‘n groot probleem word a.g.v. die ekstra geld in sirkulasie.

In die kort termyn verkry die Amerikaanse regering egter fondse deur geld te leen.  Die grootste besitters van Amerikaanse skuld is die Chinese regering ($800 biljoen), gevolg deur die Japanese regering ($724 biljoen).

Daar is verskeie ekonomiese waarnemers wat al vir baie lank waarsku dat, indien China en Japan (en ander lande soos Engeland, Hong Kong, en Brasilie) besluit om nie meer Amerikaanse skuld te koop nie, dit ‘n katastrofiese impak kan hê op die waarde van die dollar (en die Amerikaanse ekonomie).

Dit was dus vir ons besonder interessant om te lees dat die nuwe party aan bewind in Japan, ernstige geluide maak oor hul verhouding met Amerika.  Japan se nuwe eerste minister, Yukio Hatoyama, wil baie meer konsentreer op beter verhoudings met lande in Asië, en dreig om geen verdere skuld van Amerika te koop tensy dit in Yen (i.p.v. Dollars) gespesifiseer is nie.

Ook dreig die nuwe Japanese regering om van Amerikaanse weermaginstallasies in Japan ontslae te raak.

Lees gerus self meer oor hierdie besondere verwikkelinge:  Japan Abandons America

Hier is ‘n artikel op ‘n “blog” wat heelwat grafieke bevat om die ekonomiese situasie met prentjies voor te stel.  Die artikel is minder as ‘n week oud, en uiters insiggewend (alhoewel effens tegnies).

Uittreksel: “The majority is always wrong.” Right now the majority believe we are exiting the crisis. They are just plain old fashioned WRONG – again.

en later,

That is a HUGE divergence from what’s occurring in the equity markets and from what you hear on television from the supposed experts.

Die artikel is ‘n besliste moet-lees!

Volgens die “Failed Bank List” wat deur die Amerikaanse FDIC (Federal Deposit Insurance Corporation) bygehou word, het nog 5 banke die afgelope week bankrot gespeel.  Een van die vyf (Colonial BancGroup Inc.) is die grootste bank hierdie jaar (die grootste bank om te faal sedert Washington Mutual Inc. verlede jaar). Syfers word elke Vrydag bygewerk.

Dit bring die totaal vir 2009 op 77 te staan, en 103 sedert begin 2008.  In teenstelling hiermee het daar in die sewe jaar VOOR 2008 slegs 25 banke in totaal bankrot gespeel (dit sluit die vorige Amerikaanse resessie laat in 2001 in).

Jaarlikse syfers:
2001 – 4
2002 – 11
2003 – 3
2004 – 4
2005 – 0
2006 – 0
2007 – 3
2008 – 26
2009 – 77 (“and counting…”)

Volgens die Business Day koerant het kleinhandelverkope met 6.7% geval in die in die jaar Julie 2008 tot Junie 2009, vergeleke met ‘n val van 4.4% in die jaar Junie 2008 tot Mei 2009 (bron:  SA retail sales down 6.7%).

In ‘n ander artikel berig die Business Day dat vervaardiging met 17.1 persent af is oor die afgelope jaar (bron:  More pain as factory slowdown persists).  Jeff Schultz, ekonoom by Absa Capital: “This (data) helps to support our view that SA’s recession is likely to have hit a little deeper, and a little later, than we had previously envisioned,”

Verder:  “We therefore believe that the SA economy is likely to lag the global recovery quite significantly.”

Ekonome reken nou dat die BBP (Bruto Binnelandse Produk) met 2% gaan val hierdie jaar.  Daar is egter ekonome wat reken dit kan op tot 5% wees.

Die belangrike ding om op te let is die volgende:  ekonome was verkeerd oor die resessie (in die verlede), en stem tans nie saam nie.  Van hulle moet dus verkeerd wees, en die moontlikheid bestaan dat almal die resessie onderskat (of oorskat).

Verder moet opgelet word dat Suid-Afrika agter die res van die wereld is, en dit eers beter hier sal gaan nadat dinge oorsee regkom.

Ons raad (en ons is NIE ‘n geregistreerde finansiele adviesburo nie, maar ons het ‘n bietjie “common sense”):  Moenie nou geld spandeer op luukshede (soos ‘n nuwe motor, televisie of duur vakansie) nie, spaar eerder die geld (of betaal skuld af).

Dit is ons opinie dat die ekonomiese speelveld (wereldwyd) besig is om vir altyd te verander.  Die verbruikers-mentaliteit wat die afgelope jare/dekades ontstaan het, is waarskynlik iets van die verlede.    Die beste belegging wat jy kan maak is om van skuld ontslae te raak, hoe duurder die skuld, hoe groter die prioriteit (bv. kredietkaarte voor huislenings!).

Op 24 November 2008 het ons op hierdie blaaie ‘n bydrae geplaas oor (onder andere) die Amerikaanse regering se oortrokke rekening.  Op daardie stadium was die nasionale skuld in Amerika 10.663 triljoen (miljoen miljoen) dollar.  Oorspronklike artikel:  Die “Finansiele Krisis”

In die artikel word genoem dat verlede jaar se begrotingstekort amper $500 biljoen was, teenoor $163 biljoen die jaar voor dit.

In vandag se nuus (Geithner asks Congress to Increase Federal Debt Limit) word berig dat Timothy Geithner die Amerikaanse Kongres gevra het om ‘n toename in die land se “oortrokke limiet” goed te keur – die limiet is tans op $12.1 triljoen.  Hy vra dat die Kongres dit doen voordat hierdie limiet (in omtrent twee maande) bereik word.

Die nasionale skuld (volgens die National Debt Clock webwerf) staan vandag op $11.667 triljoen.  In ons vorige artikel is berig dat die skuld teen gemiddeld 4 biljoen per dag groei.  As ons die groei (1 triljoen dollar) oor die laaste 9 maande neem, werk dit uit op so $3.7 biljoen per dag – so die groei is nog steeds min of meer dieselfde.

Soos voorheen berig, is die Amerikaanse regering se inkomste uit belastings omtrent $7.5 biljoen per dag – die ekstra skuld is omtrent die helfte van die inkomste.  D.w.s. die Amerikaanse regering spandeer omtrent 150% van hulle inkomste – duidelik nie in enige termyn volhoubaar nie.

Moet dus nie julle asem ophou vir die ekonomiese oplewing wat algemeen beloof word nie…

P.S. die begrotings tekort vir hierdie jaar beloof om sowat $1.8 triljoen dollar te wees, meer as TIEN maal die syfer twee jaar gelede.  En die belangrike aanhaling uit die Wall Street Journal artikel is die volgende:

“It is critically important that Congress act before the limit is reached so that citizens and investors here and around the world can remain confident that the United States will always meet its obligations,”

Wat Geithner hier se is dat die Amerikaanse regering SLEGS sy beloftes kan nakom deur ekstra skuld (d.w.s. ekstra beloftes) te maak.  Dit ruik vir ons hier by Suidlanders Redaksie soos ‘n piramide-skema (in Amerika bekend as ‘n Ponzi scheme).