Archive for the ‘Bosmedies’ Category
Medisyne is duur, maar tog noodsaaklik. Terwyl ons nou aan die einde van die jaar is, het party mense wat mediese fondse het nog geld op hulle ‘spaar’ rekening wat nie na volgende jaar oorgedra word nie. Ander het dalk al so baie gebruik dat hulle oor die ‘gap-payment’ is. Ek wil hierdie mense aanraai om nou ‘misbruik’ daarvan te maak en julle mediese voorraad aan te vul. Gaan koop alle moontlike ‘oor-die-toonbank’ medisyne – alles van hoesgoed en seer keel tot maagwerk en voetsere. Deur die jaar is daar baie betaal aan die Mediese fondse – laat jou geld nou bietjie vir jou werk.
Onthou asb., ons is nie dokters of mediese spesialiste nie. Hierdie is raad van mede-lesers af.
Ons het die volgende bydrae ontvang van ‘n leser:
Vir medisyne kan ek Colloidal Silver voorstel. Dit maak enige kiem, virus, infeksie dood, kan as ontsmettingsmiddel gebruik word. Het duisende gebruike. Kan selfs in water wat stilstaan en andersins onveilig wees om te drink gegooi word om dit wel drinkbaar te maak. Gaan kyk gerus by http://www.colloidal-silver.co.za . ‘n kan van 20lt kos R1200.00 en behoort ‘n lang tyd te hou. Dit kan ook nie verval nie.
Onthou ook dat dit baie belngrik is dat elke persoon sy bloedgroep moet bepaal en dit duidelik merk op sy klere of aan hom moet dra te alle tye
Leser LW noem die volgende: Probeer gerus H2O2 (HYDROGEN PEROXIDE) in die plek van colloidal silver. Dit maak alle virusse, bakterie en swamme dood. Kos n tiende van die prys van colloidal silver en kan ook n lang tyd hou. Dit kan gebruik word om kanker en selfs aids te genees. Gooi n paar druppels in jou drinkwater om dit te suiwer, dit is absoluut natuurlik. Moet asb. nie net enige graad H2O2 intern gebruik nie. Slegs 35% Voedsel Graad verdun met die regte hoeveelheid “skoon water” (geen Kloor) moet gebruik word. 35% H2O2 is n baie agressiewe middel en moet met groot sorg gebruik word. Fantastiese resultate kan verkry word, maar asb. werk versigtig. Beste is om jou eie navorsing te doen, en n goeie begin is op die volgende web tuiste : http://educate-yourself.org/cancer/benefitsofhydrogenperozide17jul03.shtml
En van nog ‘n leser: Net graag onder die aandag bring , een van die wonderlikste geneesmiddels seker (heuning). kyk na http://www.naturalnews.com. Moet ook nie van gemmer vergeet nie.
Terwyl ons almal so lekker voorberei, moet ons een ding nie buite rekening laat nie – medies. Ja, ons kan seker ‘n paar bottels medisyne stoor, maar meeste hou dalk nie so lank nie. En wat gemaak as iemand skielik siek word, en binne ‘n maand is alles klaar? Hou bietjie boek van hoeveel jy werklik gebruik, en doen dan ‘n skatting van hoeveel jy sal nodig he om 6 of 12 maande te kan oorleef.
‘n Beter opsie is om boeke en inligtings-stukke in die hande te kry oor medisyne wat mens in die veld, in die natuur, kan kry. En BESTUDEER dit. Leer dit ken. Moet dit nie net as ‘n boek in jou boekrak sit, of ‘n elektroniese leer op jou rekenaar hou nie. Gaan doen dalk ‘n kursus oor kruie-medisyne of net oor kruie of iets soortsgelyk; begin jou eie plant en kweek. Wat help dit ons het genoeg kos-voorraad om 5 jaar te oorleef, maar met die eerste griep sterf ons a.g.v. medisyne-tekort…?
In die lig van wereld-gebeure, moet ons meer moeite doen om nou al self-versorgend te word.
Ons het ‘n bydrae per e-pos ontvang oor die gebruik van Listerine (mondspoelmiddel) om van muskiete ontslae te raak.
Blykbaar sit jy Listerine in ‘n spuitbottel, en spuit die area rondom jou (of ‘n deur, tent ingang, tafel ens.) en die muskiete bly vir verskeie dae weg.
Probeer dit nou al en sien of dit werk. Dit kan in ‘n boskamp situasie nogal handig wees.
Hier is ‘n uittreksel uit ‘n handleiding vir Lennon se Hollandse Medikasie. Dis algemeen by apteke beskikbaar. Hierdie uittreksel lys al die verskillende medikasies wat beskikbaar is, tesame met die gebruik van die betrokke produk: Lennons medikasie <!– @page { size: 8.5in 11in; margin: 0.79in } P { margin-bottom: 0.08in } –>
Antimoonwyn: Brongitis, Verkoues, Koorsigheid
Anysolie: Winderigheid
Arnikatinktuur: Uitwendige gebruik vir kneusplekke en verstuitings
Balsem-Kopiva: Rygpyn en Nier moeilikheid
Balsem-Spyker: Wintershande en –voete, seer tepels, inflamasie
Balsem-Sulphuris Rugpyn en nier moeilikheid
Balsem-Vita: Koliek, maagpyn en winderigheid
Basilikonsalf: Pitswere en swere
Behoedmiddel vir Kinders Tandekry en maagongesteldhede
Benoudheidsdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid
Bezoardpoeier: Nier en blaas moeilikheid, sinkings
Bloedstillende druppels: Bloedsuiwerende middel en Tonika
Bloedsuiwerende kruie: Bloedsuiwerende middel en sagte lakseer middel
Bloedsuiwerende kruie-ekstrak: Bloedsuiwerende middel en sagte lakseer middel
Boegoeblare: Nier en blaas moeilikheid
Boegoe-essens: Nier en blaas moeilikheid
Borsdruppels: Hoes en brongitis
Bruindulsies: Nier en blaas moeilikheid
Doepa: koliek, widnerigheid
Doepa-olie: Hoes en brongitis
Duiwelsdrek: Senuagtigheid en slaaploosheid
Duiwelsdrekdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid
Entressdruppels: Senuagtigheid en slaaploosheid
Galpille: Lewer-moeilikheid, Galagftigheid, hadlywigheid
Gal en slymmengsel : Lewer-moeilikheid, Galagtigheid, Hardlywigheid
Gesondheidsdrank : Lewermoeilikheid, galagtigheid en hardlywigheid
Groen Amara: Tonika
Grouvomitief poeier: Braakmiddel
Haarlemensis: Nier en blaas moeilikhede
Helmontskruie: Gevolge van hardlywigheid
Helmontskruie-ekstrak: Gevolge van hardlywigheid
Hoffmansdruppels: Verkoues, koues en asma
Huisapteek: Gesinsmedisyne
Ipekakuanawyn: Hoes, verkoues braakmiddel
Jalappoeier: lakseermiddel
Jamaikagemmer: Koliek, slegte spysvertering winderigheid
Kajapoetolie: Winderigheid, maagpyn, gewrigspyne
Kamille-essens: Slegte spysvertering, maagpyn
Kanfer: Koues, sinkings
Kanferolie: Sinkings, rumatiese pyne en verkoues
Karbololie: Septiese wonde en sere
Kinderpoeier: Lakseermiddel vir kinders
Koraaltinktuur: Nier en blaas moeilikhede
Kraamdruppels: Krampe, senuagtigheid en histerie
Krampdruppels: Krampe, maagpyn
Lewensessens: Maagtonika, maagpyn
Maagbitters: Maagtonika
Miangolie: Sere, skruftes
Miltessens: Galagtigheid, lewer moeilikhede
Naeltjie-olie: Winderigheid, tandpyn
Obstructpille: Hardlywigheid
Oogdruppels: Ontsteekte oe
Oorpyndruppels: oorpyn
Oogsalf: karkatjies en onsteekte ooglede
Paragoriese-elikser: Hoes en verkoues
Patatsalf: Veldsere
Pepermentdruppels: Koliek, winderigheid
Peperment olie: koliek, winderigheid
Poligrispille: Hardlywigheid
Pynstillende druppels: maagkrampe
Rabarberpoeier: Leweragtigheid, hardlywigheid
Rooilaventel: Floutes, slegte spysvertering, winderigheid
Rooipoeier: Koors , krampe, nier en blaas moeilehied
Ruaitersalf: nete
Souttinktuur: Maagtonika, bloedreiningingsmiddel
Staaldruppels:Bloedtonika
Sterksalf: Rumatiese pyne, spierpyne
Stuipdruppels: Senu-kalmeermiddel
Tandpyndruppels: Tandpyn, widnerigheid
Turlington: Hoes en bors moeilkheid, wonde
Teerolie: Tandpyn, winderigheid
Verdwynpleister: Om swelsels te verminder
Verstekdruppels: Tonika
Vitalispoeier: Koues, jig, gewrigspyne
Witdulsies: Koorsigheid, floutes
Witkinapoeier: Malaria, Tonika
Witvomitiefpoeier: Braakmiddel
Wonderkroonessens: Maag- en ingewande ongesteldheid, krampe
Ons het ook ‘n bydrae van leser MartinL ontvang met ‘n skakel na ‘n webwerf met heelwat aflaaibare (militêre) handleidings in die mediese veld. Tesame met die handleidings wat voorheen (onder die “Bibilioteek” kategorie) gepubliseer is, vorm dit ‘n handige hulpbron vir ‘n scenario waar dokters nie algemeen beskikbaar is nie.
Ideaal moet hierdie handleidings afgelaai en uitgedruk word (mens kan nie altyd daarop reken dat ‘n rekenaar beskikbaar gaan wees wanneer jy die inligting nodig het nie).
Rocco en sy vrou het gaan kampeer toe hulle baba slegs 3 maande oud was. Ek is seker dat meeste van ons so iets sou wou vermy, maar Rocco berig dat dit nie so erg is nie:
Hulle was goed voorbereid, en ten spyte van ‘n koue winter was enige besoeke aan ‘n dokter onnodig. Hy noem dat dit besonder belangrik is dat die baba warm slaap (tussen die ouers indien nodig). In ‘n boskamp word goed baie vuiler as in ‘n huis, so dis belangrik om al die baba se goed te kan steriliseer.
Hulle moes baba-formule gebruik, wat dinge bietjie moeiliker gemaak het – warm water is nodig in die middel van die nag. Omdat dit nie altyd prakties is om ‘n vuur te maak op daardie tyd nie, het hulle warmwaterflesse gebruik (vlekvrye staal – die glas/plastiek goed hou nie). ‘n Staal fles is natuurlik ook handig al het jy dit nie vir ‘n kleinding nodig nie.
Dis belangrik om voorsiening te maak vir al die medisyne wat jy kan nodig kry, soos hoesstroop, verkoue medisyne ens. Selfs al moet jy dit later weggooi sonder om dit te gebruik het, onthou: “Rather have it and not need it, than need it and not have it”.
Laastens beveel Rocco aan dat dit handig kan wees om ‘n noodhulpkursus by te woon om voorbereid te wees om iemand te kan help geboorte skenk. As ten minste een persoon in elke omgee-groep so ‘n kursus kan bywoon behoort daar nooit ‘n tekort aan helpers te wees nie.
Lees gerus hierdie artikel (geskryf deur twee Amerikaanse dokters) oor die beste manier (en tyd) om bosluise te verwyder. Dit bespreek ook wat om NIE te doen nie.
