Sonsteek
Net ter inligting, hier is ‘n handige blad oor sonsteek en dehidrasie:
Die bladsy word deur die Universiteit van Maryland (Amerika) se mediese departement bygehou.
Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.
Net ter inligting, hier is ‘n handige blad oor sonsteek en dehidrasie:
Die bladsy word deur die Universiteit van Maryland (Amerika) se mediese departement bygehou.
Ons het die volgende bydrae van leser Chris ontvang. Ons plaas dit verbatim (dankie Chris):
Ek wil graag so ‘n paar idees vir medisyne gee wat goedkoop en effektief is, en tog geen noemenswaardige “side effects” het nie. Siende dat dit nou die tyd van die jaar is wat baie mense verkoue kry, kan ons sommer al begin om sulke medisynes te toets.
Kaneel: Min mense weet dat kaneel baie goeie antivirale eienskappe het. Party mense sal dalk die “one day flu cure” medisyne ken wat relatief goedkoop is en in ‘n groen en bruin boksie beskikbaar is by omtrent alle apteke en meeste inkopieswinkels wat vitamienpille ens. verkoop. Hierdie “one day flu cure” is basies net kaneel wat in alkohol opgelos is. Ek vermoed dat die droee kaneel poeier wat op pannekoeke gestrooi word net so ‘n effektiewe medisyne vir verkoue en griep behoort te wees indien genoeg daarvan geeet of afgesluk word?
Borrie: Borrie, (turmeric in engels) is die geel poeier wat graag in kerry disse gebruik word en baie mense is van mening dat dit ook baie goeie antivirale eienskappe het.
Cayenne Peper: (die soort rooi peper wat die meeste brand) is bekend as ‘n amper ongelooflike bloed suiweraar. As ‘n mens ‘m nat hoes het, dan is hierdie verseker een vn die beste “hoes medisynes” wat ek van weet. Meng so 2 teelepels cayenne peper met ‘n kwart glas water en sluk so vinnig as moontlik af. Dit kan maklik vyf keer ‘n dag gedoen word totdat die slym weg is. Dit het vir my persoonlik nog altyd baie goed gewerk- sommer na die eerste keer elke keer. Ek het ook al gehoor dat cayenne peper saam met borrie, wat eenmaal per dag geneem was, mense se spatare totaal genees het.
Knoffel: Baie mense weet dat knoffel gesond is- as dit tog net nie vir die slegte reuk was nie. Wat min mense besef is dat die sterk aktiewe bestandeel in knoefel wat Allicin genoem word, baie onstabiel is en vinnig afbreek. Allicin word geaktiveer of vrygestel wanneer knoffel gepers of gekou word, en breek dan binne omtrent ‘n uur af. Knoffel wat ‘n mens koop wat klaar gemaal is het dus omtrent geen meet Allicin in nie. Dit is dus die beste om heel knoffel te koop, en dit te pers en op ‘n mens se kos te gooi net voor dat ‘n mens dit eet. Vir die wat siek is en baie braaf is kan die huisie sommer gekou word. Te veel knoffel is egter nie geod vir ‘n mens se gesondheid nie, en die slegte reuk wat ‘n mens begin kry van te veel knoffel behoort ‘n waarskuwing te wees. As ‘n mens knoffel kan kry wat jy self kan plant sal dit goed wees in die bos. Blykbaar hou die knoffel plant baie peste van groente tuine af weg.
Colloidal Silver: Daar is al voorheen hiervan geskryf op hierdie webblad so ek gaan nie hierop uitbrei nie.
As iemand van nog raad het, of sien dat ek dalk ‘n fout iewers gemaak het, laat weet my gerus. My epos is chris_m(at)tuks.co.za (vervang net die (at) met ‘n aapstert teken). As daar dalk enige iemand is wat al met die “Beck Protocol” of ander elektroniese medisyne te doen gehad laat, kontak my asseblief. Ek sal graag van julle wil hoor aangesien ek dit bou maar nog nie regtig kon toets nie.
Ons het die volgende bydrae ontvang vanaf een van ons lesers.
Goeiedag
Ek sien hier is al baie geskryf oor die nuwe vark griep wat die media baie besig hou. Ek wil graag so ‘n biejie perspektief na vore bring.
Ek dink dit sal baie voordelig wees vir almal om die volgende artikel van Dr Mercola te lees: Swine Flu
Ek wil graag die volgende aanhaal:
“this isn’t the first time the public has been warned about swine flu. The last time was in 1976, …it resulted in the massive swine flu vaccine campaign.
…
Within a few months, claims totalling $1.3 billion had been filed by victims who had suffered paralysis from the vaccine. The vaccine was also blamed for 25 deaths.
…
However, several hundred people developed crippling Guillain-Barré Syndrome after they were injected with the swine flu vaccine. Even healthy 20-year-olds ended up as paraplegics.
And the swine flu pandemic itself? It never materialized.
More People Died From the Swine Flu Vaccine than Swine Flu!”
Ek wil nie hierdie aanhaling gebruik om inentings ‘n slegte naam te gee nie, maar ek wil graag hê dat ons mense sal wakker word en bewus word van wat om hulle aangaan. Ons moenie enige iets in die media of wat die dokter vir ons vertel net blindeliks glo nie, maar eers alles deegliks toets en van alle kante af bekyk voor ons ‘n besluit maak. Ek raai almal weereens sterk aan om die bo genoemde artikel te lees.
Dit bring my by ‘n tweede punt: Bosmedies. Ons moet ‘n bietjie mooi nadink oor hoe afhanklik ons van konvensionele medisyne geraak het. As ons vir weke of selfs maande moet vlug gaan ons nie meer die gerief van ‘n apteek om die draai hê nie. Ons sal dus alles wat ons moontlik sal nodig hê nou al moet aanskaf.
Vir eerstehulp toerustig is dit geen probleem. Medisyne is egter duur, en het gewoonlik nie baie lang raklewens nie.
Ek dink ons moet begin navorsing doen oor alternatiewe medisyne. “Colloidal Silver” is al genoem, en ek dink dit is ‘n besondere goeie alternatief wat boonop vir watersuiwering en onsmetting kan dien.
Ek is seker die Voortrekkers moes baie kennis oor veld medisyne opgedoen het, en ek sal bly wees indien iemand dalk nog sulke inligting het wat hulle met ons kan deel.
Ons moet ook kyk na die tipes kos wat ons stoor. ALhoewel min mense dit wil glo, het ons dieët ‘n sterk invloed op hoe gesond ons is. Daar is baie bewyse daarvan in die geskiedenis. As ons egter meestal pastas, verwerkte kosse vol chemikaliee en blikkies kos stoor, gaan ons sukkel om sonder moderne medesyne klaar te kom. Sulke kosse het nou wel voordele, in dat die lank rak lewens het, maar ek glo dit moet net ‘n klein deel van ons verbergde kos uitmaak indien ons gesond wil oorleef. Ek stel eerder voor dat ons begin kyk na dinge soos heel onverwerkde koring, sorghum, lensies, en boontjies. Indien ons situasie regtig baie versleg, dien hierdie tipes kos ook as baie waardevolle saad. Hierdie tipes kos stoor net so goed soos pasta byvoorbeeld, maar is ryk aan minerale, vitamiene en ander voedingswaardes. As ‘n mens dit nog oornag in water los voor dit gaar gemaak word, vermeerder die vitamiene maklik vyfvoudig in baie gevalle en dien dus as uitstekeknde kwaliteit kos. Klein hoeveelhede protëin en vette sal dan nodig wees om ‘n baie gesonde oorlewings dieët te handhaaf. Ek dink dat bilting die ideale protein sal wees om te stoor aangesien dit ook min verwerk is en sekerlik die meeste voedingswaarde van enige gestoorde protein bevat. Vette stoor natuurlik beste in die vorm van olies, en ek dink olyfolie sal nie net help om die graankosse beter te laat smaak nie, maar ook belangrikke vette by die oorlewings dieet voeg.
Dit dan van my kant vir eers, en ek sal graag almal se kommentaar hieroor wil hoor.
Onthou dat ons tog ook die belangrikste item inpak: dit is om Jesus Christus in ons harte te he.
Groete
(Naam van leser terug gehou)
Nota: Ons waardeer kommentaar soos hierdie. Ons hoor graag van ons lesers wat iets interresants met almal wil deel.
Leser Francois het ‘n bydrae gestuur wat handige inligting bevat rakende items wat in ‘n oorlewings tas gehou kan word.
Dit is ook hieruit duidelik dat dit nie net ons in SA is wat moeilike tye verwag nie, maar ook mense in ander dele van die wereld.
Lees gerus meer: The great depression survival kit
Vrydag-aand na die Funksie in Pretoria, was een van die eerste Suidersterre-vergaderings gehou deur al die vrouens teenwoordig. (Vir die wat nie weet wat Suidersterre is nie: die die ‘vrou-aksie’ van die Suidlanders). Die funksie self was baie suskesvol ten spyte daarvan dat baie mense na Majuba toe was, en van die groepe gaan ‘oefen’ het met hulle toerusting (gaan kamp het), en dat dit so baie gereen het.
Daar was basies oor 5 hoof-onderwerpe gepraat: Kinders, voedsel, gesondheid, ontspanning en troeteldiere. (Ek weet daar is groepe/gesinne waar baie van hierdie goed deur die mans hanteer word - julle mag dit maar lees - daar word nie gediskrimineer nie).
Oor kinders is die volgende genoem: Die ma’s sal hoofsaaklik verantwoordelik wees om die kinders besig te hou - en hoe beter dit gedoen word, hoe minder spanning sal die kinders ervaar. Die idee is om dit so aangenaam moontlik (en tog realisties) vir die kinders te maak. Hulle sal moet seker maak dat genoeg boeke saamgeneem word sodat kinders nog steeds sal kan leer, en van die ouers sal bereid moet wees om onderwyser te wees (sal natuurlik help as iemand in die groep wel ‘n onderwyser(es) is).
Oor voedsel was die volgende genoem: Ons sal moet seker maak daar is genoeg om ons meer as 3 maande te hou, want saad neem ongeveer 3 maande om te groei - en ons glo en hoop ons is suksesvolle boere en dat die saad sal opkom (My eerste poging by die huis was ‘n totale flop - die wortels wat wel opgekom het, was so 3 cm groot). Daar was ook raad i.v.m. die stoor van voedsel gewees: Koring het ‘n ‘geraamde’ lewe van ‘n 1000 jaar, so as jy genoeg koring het, kan jy dit net maal soos nodig - en met water - jy het brood! Heuning het ook ‘n baie lang raklewe. Ander opsie: neem ‘n plastiek 2l koeldrank-bottel, was dit uit met koue water en Jik. As dit HEELTEMAL droog is, gooi meel (of iets soortsgelyk) daarin en stamp die bottel dat die inhoud afsak (so 30 min). maak seker die bottel is vol. (Jy kan dit ook oornag in die vrieskas sit - die koue laat dit nog meer inkrimp en sak). Sodra dit heeltemal vol is, smelt kerswas bo in die bottel in om dit te seel. Sodra die kerswas afgekoel het, is die bottel deeglik geseel en sal geen miet of iets kan inkom nie. As alternatief, kry ‘n dehidreerder (Verimark s’n is ongeveer R500), en dehidreer jou voedsel - dit neem dalk bietjie tyd, maar die gedroogte voedsel neem BAIE min spasie, en het ‘n lewe van ongeveer 3-4 jaar, selfs 6-7 jaar indien dit vakuum-verpak word. Daar is ‘n projek besig om ‘n resepte-boek saam te stel met ‘bos-resepte’ - resepte met min bestandele, en selfs met wildsvleis.
Oor gesondheid was die volgende genoem: Indien jy in die eerste drie maande net op blikkies kos gaan leef, dan sal jy verseker vitamien-aanvullings moet saamneem aangesien die blikkies-kos maar laag in vitamiene en minerale is. Indien daar geen (of baie min) vleis is, moet daar protein-aanvullings ook wees. Ons moet seker maak dat ons genoeg medikasie saamneem om die algemene siektes (griep/verkoue/maagwerke) te kan behandel. Dit sal ook raadsaam wees indien ‘n paar mense op noodhulp-kursusse gaan. Indien jy oor mediese boeke beskik, neem dit saam. Beraders (berading) sal ook handig te pas kom, want as jy nie dinge in jou lewe kan hanteer nie, dan ly jou gesondheid daaronder. Oor kroniese medisyne: stuur ‘n e-pos na johann@suidlanders.co.za.
Oor ontspanning was die volgende genoem: Ons sal moet voorsiening maak vir ontspanning vir die kinders - boeke, bord-speletjies, balle, ens. Ons sal ook moet sorg vir iets vir onsself - en ook ‘n ietsie om jouself mee te bederf - soos ‘n shokelade wat jy oor 3 maande gaan probeer rek.
Troeteldiere kan ‘n gesondheidsgevaar vir die mense inhou indien groot hoeveelhede diere op een punt ongekontroleerd aangehou word. Daar is groepe wat planne maak om troeteldiere appart van die mense te hanteer om sodoende onnodige uitbreek van siekte toestande te beperk. Hou dus in gedagte dat troeteldiere wat saamgeneem word verwyder sal word na omgewings waar hulle wel versorg sal kan word. Groepleiers kan gerus vir die organiseerders in elke area vra wat die stand is met betrekking tot die versorging van troeteldiere.
Hierdie was net die eerste van vele vergaderings om te kom. Intussen word al die mense in die verskillende groepe aangeraai om met mekaar kontak te maak om uit te vind watter unieke vermoeens in die groep bestaan (onderwysers, mediese personeel, beraders, tegniese mense, ens). Die vrouens in die besonder moet ook bymekaar probeer kom en resepte en idees uitruil, mekaar help om voedsel in te le, en enige ander nuttige wenke uit te ruil.
Ten slotte kan ons net se: ons voorsien ‘n wonderlike toekoms vir die suidersterre!
Ons het ‘n hele aantal bydraes gekry van lesers oor die gebruik van kolloidale silwer (verder genoem CS). Oor die algemeen is die terugvoer deur die bank positief. Hier is ‘n paar uittreksels met skakels wat deur lesers gestuur is:
CharlD skryf dat hy in ‘n kliniek werk, en al jare met CS werk. Volgens hom is korrek voorbereide CS veilig en goedkoop, en effektief. Hier is die skakel wat hy gestuur het: GaiaResearch
Leser Zach skryf dat daar onderskei moet word tussen silwer-ione in gedistilleerde water, en soliede silwerpartikels in water (wat newe-effekte kan he, bv. verkleuring van die vel). Hy gee verskeie voorbeelde van silwer wat in die industrie gebruik word (soos bv. in wasmasjiene, yskaste en lugversorgers van groot vervaardigers) om bakteriee dood te maak.
Dan het ons ‘n bydrae van JennyA ontvang waarin sy getuig dat sy ‘n sieklike familielid daagliks met CS dokter, en dat die lid se immuunstelsel nou al so opgebou is dat die sinusaanvalle, verkoues en blaasinfeksies van die verlede omtrent glad nie meer voorkom nie.
Nog skakels van Jenny:
Nog ‘n artikel oor son-watersuiwering is hier te vinde. Die artikel bespreek ‘n waterkan wat gebruik kan word om sonlig te gebruik om die water te suiwer. ‘n Ingeboude aanduiding wys wanneer die water reg is vir gebruik.
Ongelukkig is die produk in Swede ontwikkel. Hopelik sal die produk een of ander tyd in Suid-Afrika beskikbaar raak.
In response to some (verbal) comments by one or two Suidlanders, we have read up on colloidal silver and it’s reputed antibiotic properties.
Colloidal silver is often sold as a disinfectant, immune system support, and general super-medicine (killing off bad bacteria but not harming human tissue or the “good” bacteria in the human intestines.
According to Wikipedia there is no evidence to support claims of the therapeutic value of colloidal silver, and in America (and Australia) sellers are not allowed to publish any such claims. The product has the status of “dietary supplement”. There are reports of side-effects connected to the use of colloidal silver.
The sellers of colloidal silver products claim otherwise. In fact, it is touted as a miracle cure. If any of our readers know of any published evidence to support the claims of colloidal silver sellers, we would be interested to hear from you.
Die nuutste News24 berig plaas die Zimbabwe cholera dodesyfer op 1732, en meer as 34000 wat al die siekte opgedoen het. Heelwat gevalle is ook in SA aangemeld.
Onthou - cholera word deur besmette water oorgedra, en die siekte kan voorkom word deur water te kook.
‘n Interessante tegniek waarop ons onlangs afgekom het, behels die ontsmetting van water deur middel van ultraviolet-strale vanaf die son.
Die tegniek, in kort, is om water in ‘n deurskynende plastiekbottel (soos ‘n 2-liter koeldrankbottel) te tap, en vir 6 ure in die direkte son te los. Die ultraviolet strale maak die skadelike bakterieë in die water dood.
Dis belangrik dat die 6 ure riglyn vir helder water geld. Ultraviolet strale kan nie deur modderige water dring nie, en effens melkerige water moet langer in die son gelos word. Modderige water moet so ver moontlik gefilter word.
Dis ook ‘n goeie idee om hierdie nie as primêre tegniek vir watersuiwering te beskou nie, maar eerder as ‘n rugsteun metode indien ander metodes nie beskikbaar is nie. Net nog ‘n troefkaart in jou oorlewings-”arsenaal” van tegnieke.
Lees meer oor die ontwikkeling van die tegniek by Solar Water Disinfection