Archive for the ‘Biblioteek’ Category

Die legendariese Amerikaanse beleggingsbestuurder Barton Biggs (voorheen by Morgan Stanley) het aan die begin van hierdie jaar ‘n nuwe boek met die titel “Wealth, War and Wisdom” gepubliseer.  Hy is veral kundig op ontluikende markte.  Hier is ‘n interessante aanhaling uit die nuwe boek:

“part of your diversification strategy should be to have a farm or ranch somewhere far off the beaten track but which you can get to reasonably quickly and easily. Think of it as an insurance policy…Your safe haven must be self-sufficient and capable of growing some kind of food. It should be well-stocked with seed, fertilizer, canned food, wine, medicine, clothes, etc. Think Swiss Family Robinson. Even in America and Europe there could be moments of riot and rebellion when law and order temporarily completely breaks down.”

As dit is wat Barton Biggs van Amerika en Europa se stabiliteit dink, sal ons graag sy opinie oor die omstandighede in Suid-Afrika wou hoor.

In die Romeinse Ryk is soldate gedeeltelik in sout betaal. Die hoeveelheid sout het van hul rang afgehang. Om in sout betaal te word, het in Latyn as “salarium” bekend gestaan – die wortel van die woord salaris. “Sal dare”, om sout te gee, is die wortel vir die woord soldaat (“soldier”). Vandag nog het ons ‘n spreekwoord “jou sout werd wees” (om nie jou sout werd te wees nie was ‘n gruwelike belediging vir ‘n Romeinse soldaat).

Dit word vertel dat die Boere in die Anglo-Boereoorlog vleis langs die perde se nekke laat afhang het sodat die salpeter die vleis kan sout. Sout is een van daardie kommoditeite waarvan die belangrikheid maklik oorgesien word omdat dit so goedkoop en algemeen beskikbaar is.

“Survivalists” in Amerika glo dat mens voorsiening moet maak vir ‘n ruil-handel na ‘n nasionale krisis, en die ideale “geld”eenheid is (1) in groot aanvraag, en (2) maklik verdeelbaar (bv. ‘n 1 ons Krugerrand gaan nutteloos wees). Sout kan dalk aan hierdie vereiste voldoen. As die infrastruktuur nie meer daar is nie, gaan dit ook glad nie maklik wees om nuwe sout te bekom nie.

Soos vroeër genoem, sout is goedkoop en algemeen beskikbaar. Maak maar seker dat jy genoeg of te veel het.  Stoor in droë, leë koeldrankbottels om dit beter te bewaar (sout trek water).

Dit het onder ons aandag gekom dat baie mense een van die Suidlanders DVDs besit, maar nie weet watter een (van die vier) dit is nie. Om te help met identifikasie, hier is ‘n beskrywing van die aanvanklike spyskaart op elk van die DVDs.

DVD1 – 2 items, “Die Boodskap”, “Die Liedjies”.

DVD2 – 6 items, “Suidlanders Jan 2007″, “Die Liedjies”, “Boere”, “Satawu staking”, “Skare”, “Kruise”

DVD3 – 2 items, “Adriaan Snyman”, “Gustav Müller”.  Spyskaart nie ge-animeer.

DVD4 – Opskrif “Suidland DVD4″, 4 items (“Gustav Muller”, “Die Geestelike Boodskap”, “Knegte van die Allerhoogste”, en “Kontak”)

Onthou dat DVDs beskikbaar is van Naomi 0728737005, of ook by enige Suidlanders Funksie.

Ons het die volgende bestellings-inligting van die skrywer van die boek “Hoe om te oorleef in die stad en in die veld” ontvang:

Prys:  R140 plus R17 posgeld

Bank:  Standard Bank

Rekeningnaam:  De Oude Leeskamer Boeke

Takkode: 012345

Rekeningnommer: 013495526

Faks die bewys van betaling, sowel as jou naam en adres na 012 803 6679.

Leser LindaV beveel die boek “The Sheltering Desert” deur Henno Martin aan, uitgegee deur AD.DONKER/PUBLISHER.  Dit is ‘n verhaal van oorlewing in die Namib-woestyn.

Ons het die bestellings inligting van PieterB ontvang vir die boek “Hoe om te oorleef in die stad en in die veld”, geskryf deur Ina Magdalena Booysen. Die boek kan bestel word van Jannie Spangenberg, sy e-pos adres is judahe(aapstert)vodamail.co.za

Leser PieterB het ‘n bydrae gestuur met die naam van ‘n Afrikaanse boek oor oorlewing: “Hoe om te oorleef in die stad en in die veld”, geskryf deur Ina Magdalena Booysen. Die ISBN nommer is 0-620-24318-X. Ons kon hierdie boek nie opspoor op die web-blaaie van Kalahari.net of Exclusive Books nie. Indien iemand weet waar die boek bekom kan word, laat ons asb. weet.

In dieselfde e-pos het ons ‘n oorlewingshandleiding deur Francois C. Terblanche (in pdf formaat) ontvang. Sodra ons aflaai-area op hierdie blad in werking is, sal ons die dokument (saam met ander) daar plaas.

Indien daar een boek is wat elke Suidlander moet oorweeg om te koop, is dit “The Encyclopedia of Country Living”, deur Carla Emery.  Hierdie waardevolle boek (nou in sy 9de uitgawe) is amper 900 bladsye oor selfversorgendheid, en werklik die geld werd (omtrent $20 van Amazon, en sowat R300 van Kalahari).

Twee ander (verniet) boeke wat van die Hesperian Foundation se webwerf afgelaai kan word, is “Where there is no doctor” en “Where there is no dentist“.  Kyk hier vir hulle ander publikasies wat beskikbaar is om af te laai.

‘n Boek in soortgelyke trant as die eerste, is “Making the best of basics (a family preparedness handbook)”, deur James Talmage Stevens.  Ook beskikbaar by Amazon.

Laastens kan ons die “SAS survival handbook” deur John Lofty Wiseman aanbeveel.  Hierdie boek, wat by Exclusive Books bestel kan word (ongeveer R150), is suiwer gerig op oorlewing (in die bos, sneeu, op see ens). Baie interessant en leersaam.

Leser KobusV het die name van sy gunstelinge gestuur, naamlik “The Stand” en “Cell”, beide van Stephen King. Vir die uitbeeld van ‘n oorlog teen ‘n vyand met oorweldigende meerderheid, die “Lord of the Rings” trilogie.

‘n Bydrae van AndreP oor ‘n fliek wat “ethnic cleansing” uitbeeld: “Tears of the Sun”.

Leser EricB het sy gunsteling gestuur – ‘n boek wat op die webwerf www.escapeallthesethings.com te koop is, Bybels gefundeer oor die eindtyd. Hy beveel dit sterk aan.

Daar is baie fiksie wat insiggewend is vir ‘n oorlewings-gesinde persoon (soos die meeste Suidlanders :-) ). Hier is ‘n paar boeke en flieks. Pos vir ons julle gunstelinge, of lewer kommentaar…

Boeke:

  • Lucifer’s Hammer, deur Larry Niven en Jerry Pournelle
  • Lights Out, deur Halffast (aanlyn fiksie)
  • Alas, Babylon, deur Pat Frank
  • Patriots, Surviving the Coming Collapse, deur James Wesley, Rawles

Flieks/televisie:

  • Jericho (TV reeks) (na kernaanval)
  • The Postman (na oorlog) (die boek is beter)
  • Mad Max 2: The Road Warrior (na oorlog)
  • Panic in the Year Zero (na kernaanval)
  • The Omega Man (onlangs weer gemaak as “I am legend”)
  • Deep Impact (Natuurlike ramp met vroeë waarskuwing)
  • Black Hawk Down (nie-fiksie, maar insig in stad-gebaseerde geweld)

Hierdie is ‘n kort lys, daar kan nog baie bygevoeg word. Ons sien uit om julle nominasies te ontvang!