Archive for the ‘Biblioteek’ Category

Hier is 2 handleidings wat u gerus kan aflaai en bestudeer:

Oorleefhandleiding:

Mediese Handleiding:

Hier is ‘n skakel na ‘n (Amerikaanse) webblad met resepte en spyskaartbeplanning vir ‘n oorlewingsituasie:

“Survival Cooking, Recipes and Menu-Planning”

Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.
Die klop van die Voortrekkerwawiel
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.

Waar songloed in glorie die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika.

Die golwende veld is ons woning
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika.

Vir die van julle wat dalk vergeet het:

Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: M.L. DE VILLIERS; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS, seun va
n die komponis

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
oor die ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
deur ons vér verlate vlaktes met die kreun van ossewa–
ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika!

In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
in ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
in ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf–
deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
Vaderland!  Ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
in die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
by die klink van huw’liksklokkies, by die kluitklap op die kis–
streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê(g) ons nooit nee nie, sê(g) ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe ja, ons kom, Suid-Afrika!

Op u Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou–
dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:
knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer!

Vir diegene wat daarvan hou om dinge self te doen of te maak, plaas ons hierdie skakel na “Vintage Farm Plans“.  Dit bevat artikels uit ou boeke (soortgelyk aan die ou Popular Mechanics tydskrifte) met planne om ‘n wye verskeidenheid goed self te maak.

Planne sluit houtwerk idees, speelgoed, plaastoerusting ens. in.  Jy kan selfs ‘n kitaar of ‘n boot leer maak.

Die vyfde Suidlanders DVD is nou beskikbaar.  Hierdie is ‘n opvolg op DVD2, en bespreek die nuwe inligting wat oor die afgelope 18 maande onder ons aandag gekom het.  Dit fokus dus meer op die fisiese bedreiging teen ons Volk.

Die koste van DVD5 beloop R100.  DVDs 1-4 is is steeds R80 elk.  Al die DVDs kan by Naomi bestel word, sien die gedeelte in groen bo-aan die bladsy vir kontak detail.

Hier is ‘n skakel na ‘n webwerf van ‘n man wat video-snitte maak oor oorlewingsgerigte en selversorgendheid onderwerpe.

Dit is ‘n onderafdeling van die gewilde YouTube webwerf.  Kyk van die videos gaan waarskynlik bietjie frustrerend wees vir mense met ‘n inbel-internet verbinding, so is meer nuttig en van toepassing op mense met breëband verbindings.

Daar word tans gewerk aan die samestelling van die vyfde Suidlanders DVD.  Hierdie DVD sal ‘n opvolg op nommer 2 wees, en meer op die fisiese bedreiging konsentreer.  Dit sal opgedateerde inligting van die afgelope jaar of wat bevat.

Ons verwag dat die DVD so teen die middel van September gereed sal wees.  Hou hierdie spasie dop.

Ons het ook ‘n bydrae van leser MartinL ontvang met ‘n skakel na ‘n webwerf met heelwat aflaaibare (militêre) handleidings in die mediese veld.  Tesame met die handleidings wat voorheen (onder die “Bibilioteek” kategorie) gepubliseer is, vorm dit ‘n handige hulpbron vir ‘n scenario waar dokters nie algemeen beskikbaar is nie.

Ideaal moet hierdie handleidings afgelaai en uitgedruk word (mens kan nie altyd daarop reken dat ‘n rekenaar beskikbaar gaan wees wanneer jy die inligting nodig het nie).

Hier is in skakel na ‘n webwerf wat beskryf hoe om biltong (en droëwors) te maak.  Die artikel is in Engels geskryf, en hoofsaaklik gerig aan mense wat nie weet van biltong nie (lees Amerikaners).  Die bladsy sluit ook ander biltong resepte in.