Archive for the ‘Algemeen’ Category
Neem asb kennis van openbare vergadering te Potchefstroom met Gustav Müller as spreker.
Datum: Vrydag 21 Mei
Tyd: 19hr00
Plek: van Rooyensaal
Adres: Piet Bosmanstr 34 Potchefstroom
GPS: 26?42’13”S,27?5’8”E
Bring asb eie stoel saam vir ingeval
Worsbrode, sosaties & koeldrank te koop vir Fondsinsameling
Asook 2 x“ Big Screen” TV skerms buite met klank toerusting
Kontak ons gerus vir enige navrae
Flip van Niekerk 083-447 3233
Blok Botha 0827723235
Chris Nolte 0828032777
Mnr Ben van Rensburg van Vrede se herstel na ‘n operasie waartydens ‘n gewas verwyder is, is nie na wense nie. Ons het ‘n versoek ontvang dat die Suidlanders asseblief vir oom Ben in gebed sal intree.
Oom Ben is een van die oorspronklike Suidlanders wat van die beginjare af ‘n pad met Gustav gestap het.
‘n Openbare Suidlander vergadering word gehou op Rustenburg skougronde op die 23ste April 2010.
Vanaf 17:00 sal daar musiek gemaak word deur Hans Drommedaris.
Die vergadering sal begin om 19:00.
Ons nooi alle belangstellendes uit om die geleendheid by te woon.
Die Suidlanders in alle provinsies en ook hier op die webblad is die afgelope week oorval met navrae vanaf persone wat wil deel raak van die organisasie. Ons wens graag die publiek te vra om geduldig te wees, alle navrae sal beantwoord word so spoedig as moontlik.
Ons wens te versoek dat u navraag asseblief vergesel sal word van u omgewing waar u woon, u e-pos adres of telefoon nommer waarheen ‘n sms boodskap gestuur kan word.
Groete
Suidlander Bestuur
In die begin jare van die Suidlanders en die boodskap van ‘n dreigende rewolusie in Suid Afrika het die Suidlanders vele kritiek ontvang. Boodskappe soos “julle is verkeerd, dit sal nooit gebeur nie” was aan die orde van die dag. Die media veral het die Suidlanders uitgewys as “vêr regs” en selfs “ultra regs”, sonder om eens een onderhoud met Gustav Müller of enige bestuurslid te reël om die ware feite te verkry.
Die openbare vergaderings was gekenmerk aan bywoningssyfers wat gewissel het vanaf 5 tot 50 persone in die eerste paar jaar. Verlede jaar was die bywoning by publieke vergaderings effe beter met syfers tussen 100 en 200 persone. Die boodskap het egter steeds sy pad gevind onder die mense en die kritici het steeds onderlangs gemor “die mense weet nie waarvan hulle praat nie“.
Met die gebeure rondom mnr Eugene Terreblanche se wrede kapmes moord het die publiek besef dat niemand gevrywaar is van die wrede Volksmoord wat stadig maar seker besig is om onder ons plaas te vind nie. Meer as 3200 boere is al wreed vermoor in die land sedert die blankes kaart en transport oorhandig het aan die swart regering. Die wrede moorde word afgemaak as “misdaad” en allerhande mooi praaitjies word elke dag gemaak deur die regering oor hoe “suksesvol” hulle die probleme aanspreek. Die waarheid en feite op die grond spreek egter vir hulself, die regering het GEEN beheer oor misdadigers in die land nie en die Volksmoord kan nie gekeer word deur oneffektiewe veiligheidsmagte nie. Hierdie wrede dade is besig om toe te neem in intensiteit en meer en meer blankes word elke dag op die wrede maniere vermoor.
Die mense het nou ‘n punt bereik waar genoeg verseker genoeg is, mense het met eens “wakker” geword en besef dat die situasie verseker nie gaan verbeter nie. Die bywoning van bykans 100 000 mense (sowat 18 000 voertuie) by mnr Terreblanche se begrafnis is verseker ‘n bewys dat daar ‘n omkeerpunt bereik is. Talle organisasies waarvan die Suidlanders een is word oorval met aansoeke om lidmaatskap.
‘n Nuwe hoogtepunt vir die Suidlanders is op Maandag 12 April bereik toe ongeveer 6000 mense opdaag vir die openbare vergadering in Pretoria. Die organiseerders het ‘n skoolsaal gehuur vir die byeenkoms met die gedagte dat soveel as 500 mense verwag kan word, verseker ‘n totale onderskatting van die belangstelling wat onder die publiek pos gevat het. (net interesant dat die media nie ‘n saamtrek van sowat 6000 mense by ‘n Suidlander vergadering as nuuswaardig beskou het nie)
Die waarskuwings wat deur die Suidlanders uitgereik was oor die afgelope paar jare is nou nie meer so verregaande soos wat baie mense wou reken nie, die rewolusionêre uitsprake deur persone soos Julius Malema is ’n duidelike aanduiding van wat in die gedagtes van die massas is…”Kill the Boer“. Dit het tyd geraak dat die blankes in die land begin hande vat en begin betrokke raak in hulle gemeenskappe om hierdie dreigende rewolusie die hoof te bied, al is dit net om te oorleef, maar iets moet gedoen word. Ons hande is egter redelik gebind in terme van die wet en die drakoniese vervolging van blankes wat dit sou waag om uitsprake van geweld te maak. Dit verander egter nie die feit dat Suid Afrika op die randjie van ‘n volskaalse rewolusie en daarna ‘n burgeroorlog staan nie.
Die tyd het gekom dat mense uiteindelik besef dat hulle nie net meer apaties op die kantlyn kan staan en skreeu nie, elkeen se deelname word nou vereis om die laaste vesting van ‘n ware gelowige Christen Volk te beskerm teen totale uitwissing deur ‘n barbaarse mag.
Geagte Volksgenote
Die wrede en tragiese moord op die leier van die AWB, mnr. Eugene Terreblanche, plaas opnuut die kollig op die uiterse onveilige toestande waaronder ons as volk daagliks leef. Hierdie moord, asook die ander moorde op meer as 3000 blanke Suid-Afrikaners sedert die 1994 bewindsoorgawe, asook die hoë vlakke van misdaad, veral verkragtings en ander geweldsmisdade wat teen ons gepleeg word, moet as ‘n saak van dringendheid aan die kaak gestel word.
Hierdie was nie net ‘n gewone moord nie, aangesien ‘n kragtige simboliese boodskap aan elke blanke Suid-Afrikaner gestuur is met die plasing van die kapmes op die verminkte liggaam van die oorledene.
As simboliese gebaar, in medelye met die naasbestaandes van Eugene Terreblanche, asook in meegevoel met al die blanke Suid-Afrikaners wat onder soortgelyke omstandighede naasbestaandes aan die dood moes afstaan, of onder geweldsmisdaad moes deurloop, word u versoek om sover moontlik sy begrafnis, DV die 9de April om 12 uur, in groot getalle by te woon. Vir die van u wat dit nie kan bywoon nie, doen ons hiermee ‘n oproep om, as simboliese gebaar, roudienste in u plaaslike omgewings te organiseer en in groot getalle by te woon. Ons as volk staar uitwissing in die gesig, en sal ons toevlug moet neem tot ons hemelse Vader – Psalm 27.
Hiervoor doen ons ‘n beroep op leiers in elke gemeenskap om spoedig inisiatief in hierdie verband te neem en roudienste aldaar te organiseer en te koördineer. Plaas die besonderhede van u aksies op: Facebook Groep “Eugene Terreblanche – Roudienste” sodat soveel mense moontlik hiervan kennis kan neem en mekaar verder in kennis stel. Vir die van u wat vriende en familie oorsee het, hulle is nog altyd deel van ons volk en mag nie uitgesluit word uit hierdie aksie nie. Laat weet hul onverwyld.
Hiermee kan die internasionale wêreld verder kennis neem van die uiters geweldadige en onveilige toestande wat sedert 1994 in Suid Afrika heers.
Dr. Ronnie van der Merwe
Voorsitter: Geloftevolk Koördineringskomitee
Kontak die onderstaande nommers as u so ‘n roudiens wil reël in u omgewing.
Dr. Ronnie van der Merwe (Fraserburg) 073 – 557 3337 / 02072 vra 2221
Flip Swanepoel (Groot Marico) 082 – 455 4303 / 014252 vra 3731
Frikkie Strauss (Piketberg) 022 – 913 2391
Phillip Groenenstein (Petrusburg) 083 – 334 1547
“An armed republic submits less easily to the rule of one of its citizens than a republic armed by foreign forces. Rome and Sparta were for many centuries well armed and free. The Swiss are well armed and enjoy great freedom. Among other evils caused by being disarmed, it renders you contemptible. It is not reasonable to suppose that one who is armed will obey willingly one who is unarmed; or that any unarmed man will remain safe among armed servants.” - Niccolo Machiavelli, “The Prince” (1532)
Neem asseblief kennis dat die Suidlander dvd 7 ook nou beskikbaar is. Daar is ook ‘n DVD wat opgeneem is tydens die vergadering in Mosselbaai en is daar besluit om dit beskikbaar te stel vir al die mense wat sou belangstel in Oom Siener van Rensburg.
Kontak gerus vir Naomi by naomi@suidlanders.co.za vir meer inligting.
Na deeglike oorweging wens ek die volgende onder die aandag te bring van die getroue Suidlander ondersteuners.
Weens persoonlike probleme wat huidiglik baie van my tyd in beslag neem en weens die feit dat ek nie die nodige aandag kan gee aan al die pligte wat op my gelê is as Onderleier van die Suidlanders nie, wens ek Johann Le Roux voorlopig afstand te doen van my posisie as die onderleier van die Suidlanders met onmiddelike effek.
Na gesprek wat gevoer is met Gustav Muller het ek wel die verantwoordelikheid aanvaar om steeds voort te gaan met die koördinering van die noodplan in alle provinsies. Ek sal dan ook in kontak wees met alle provinsiale leiers om reëlings te tref vir vergaderings waar die noodplan in elke streek in meer besonderhede bespreek sal word.
Let asseblief daarop dat ek steeds getrou aan die saak sal wees en al die ondersteuning moontlik sal gee om die Suidlanders se vooruitgang te verseker.
Sodra as wat omstandighede dit toelaat sal ek weer my volle gewig agter die saak ingooi.
Groete
Johann Le Roux
Amateur radio is ‘n stokperdjie wat oor die laaste paar jaar baie steun verloor het. Kompeterende tegnologieë, soos Skype, MXit, en gewone selfone het nasionale en internasionale kommunikasie binne amper almal se bereik geplaas – iets wat voorheen net vir radio-amateurs beskore was.
Vandag se radio-amateurs wil nie net praat nie (dit kan enigiemand met toegang tot die internet doen), die stokperdjie is aantreklik vir mense wat dit graag op hul eie wil doen (sonder om afhanklik te wees van ander), en wat belangstel in die tegniese aspekte van die radio. Terloops, vir diegene wat dink amateur radio is “outyds”, gaan lees gerus op oor die meer moderne goed wat radio-amateurs doen (soos om radioseine via satelliete te stuur, of te reflekteer van die maan af en selfs van meteoriete af).
Die Suidlanders is natuurlik BAIE ten gunste van amateur radio, omdat dit ‘n kommunikasie-medium is wat in enige omstandighede gebruik kan word (solank jy krag het). Jy is nie afhanklik van infrastruktuur buite jou beheer nie.
Dit was dus verblydend om hierdie artikel te sien: Ham Radio – a fading hobby, until emergencies hit. Dit eggo ons standpunt hier en bevestig wat ons glo.
Terloops, vir diegene wat belangstel – die volgende geleentheid om die RAE (Radio Amateurs Eksamen) af te lê is in Mei. Klasse behoort binnekort te begin by meeste klubs.
Ons beplan om teen einde Meimaand ons nood-streeks-radionetwerk volledig in plek te hê en te bedryf – alle streeksleiers word versoek om een, of indien moontlik, twee, radio-amateurs in hul area te identifiseer, of alternatiewelik, een of twee belangstellendes te identifiseer om die RAE af te lê om sodoende gelisensieer te wees om die radionetwerk in hulle streek te mag bedryf. Hierdie is baie belangrik – ons kan geen ongelisensieerde kommunikasie toelaat nie. Ons beplande radionetwerk sal streng binne die wet bedryf word.
Net ter inligting, die Suid-Afrikaanse Radioliga (SARL) bedryf ‘n nood-kommunikasie netwerk genaamd Hamnet. Ons beplan nie om enigsins met hulle te kompeteer of in te dring op die baie goeie werk wat hulle doen nie. Om die waarheid te sê, ons moedig al ons radio-amateurs aan om by die SARL aan te sluit en ook Hamnet lede te word (om sodoende in hul plaaslike gemeenskappe by te dra).
