Archive for the ‘Algemeen’ Category

Daar bestaan tans verwarring oor die Suidlander strukture in die Marble Hall, Groblersdal en Middelburg omgewing. Ons wens dus die volgende onder die aandag te bring van die mense in die omgewing.

‘n Paar maande gelede het Gustav Muller gepoog om die las wat op die Provinsiale bestuur van die Oos Transvaal was te verlig deur vir Manie van Schalkwyk aan te stel as die Provinsiale leier van die Marble Hall, Groblersdal en Middelburg omgewing. Manie het in hierdie tyd aansienlik vordering gemaak deur vergaderings te hou in die streek en het heelwat lede gewerf.

Manie van Schalkwyk het egter weens redes van sy eie besluit om nie verder namens die Suidlanders in die streek op te tree nie en het uit vrye wil bedank as Provinsiale leier en is tans besig met sy eie inisiatiewe en dus glad nie meer deel van die Suidlander struktuur nie.

Die gebiede ter sprake val dus nou weer terug onder die bestuur van Wally Schmidt (Provinsiale leier) wat reeds vir ongeveer 3 jaar die posisie beklee. Vir enige verdere navrae kan u dus die persone soos wat aangedui word onder “kontakbesonderhede” skakel.

Met die geweldige groei wat die Suidlanders oor die afgelope tyd ondervind het, het dit nodig geword om sekere van die Provinsies verder op te deel om dit meer effektief te maak. So is daar dan ook besluit om die Oos Rand gebied as ‘n Provinsie op sy eie te hanteer.

Daar was oor die afgelope paar jaar verskeie leiers in die gebied wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het en ons wil elkeen van u bedank vir die onbaatsugtige tyd en moeite wat u almal ingesit het om die Oos Rand te ontwikkel.

Die Nasionale bestuur het na deeglike oorweging besluit om Casper Klopper (Cassie) aan te stel as die Provinsiale leier in die Oos Rand. Cassie het oor die afgelope 3 jaar sy toegewydheid teenoor die mense in sy omgewing bewys as iemand wat altyd die ekstra myl sal loop ten koste van homself tot voordeel van die mense in sy gebied.

Hiermee dan ons almal se gelukwense aan Cassie as die nuwe Provinsiale leier in die Oos Rand.

Indien u wil deel raak van die omgee groepe in u omgewing kan u gerus kyk onder “kontak besonderhede” vir die besonderhede van die verantwoordelike persoon in u omgewing.

Die Suidlanders in die WES RAND het nou ook hulle eie streeks webblad, u kan dit gerus gaan besoek by http://Suidlanderswr.co.za. Op die blad sal u meer inligting bekom rondom die Suidlander aktiwiteite in die Wes Rand.

Die Wes Rand sal ook voortaan as ‘n provinsie op hulle eie funksioneer waar dit in die verlede gesorteer het onder die Wes Transvaal Provinsiale bestuur. Die Nasionale bestuur wens ook hiermee dan vir Bertus Schwan as die nuwe Provinsiale leier geluk met sy aanstelling.

Die bestuur in die Wes Rand het oor die afgelope tyd ‘n uitstekende werk gedoen om hulle noodplan vir die Provinsie volledig te beplan en te implimenteer. Inlgting rondom die noodplan sal volgens Suidlander beleid slegs gekommunikeer word aan persone wat ingeskakel is by omgee groepe in die omgewing, indien u dus wil deel raak van ’n omgee groep kan u dan ook die leiers in u direkte omgewing kontak, die besonderhede is beskikbaar onder “Kontak Besonderhede” bo aan die blad.

Die Suidlander webblad het oor die afgelope 3 jaar aansienlik gegroei en het ons letterlik duisende besoekers per maand. Ons het al verskeie male versoeke gehad van persone wat hulle produkte of besighede hier wou adverteer, ongelukkig het die ontwerp van die blad dit nie toegelaat nie.

Na die onlangse aanpassings wat gemaak was aan die ontwerp kan ons nou advertensiegeleendhede aanbied.

Die onlangse statistieke van die blad is as volg:

Mei maand het ons 50540 unieke besoekers op die blad gelewer met ‘n totaal van 777347 “HITS” op die blad.

Junie het 38401 unieke besoekers die blad besoek met 673 756 “HITS” op die blad.

Tans het ons tussen 1800 tot 2000 unieke besoekers per dag wat die webblad lees.

Daar was vir die jaar tot dusvêr ‘n totale besoekers getal van 221015 gewees wat altesaam 3899605 “HITS” op die blad gelewer het.  

Indien u sou belangstel in advertensie geleendheid op die blad kan u ons gerus kontak by (johann@suidlanders.co.za) vir verdere besonderhede.

Ons wens net weereens die publiek daarop te wys dat HIERDIE webblad die amptelike stem van die SUIDLANDERS is. Publieke forums en Facebook groepe, alhoewel deur SUIDLANDER ondersteuners bedryf, is nie die amptelike stem van die SUIDLANDERS nie.

Dit het onder ons aandag gekom dat daar op FACEBOOK weereens boodskappe geplaas was wat nie in oorleg met SUIDLANDER BELEID is nie. Hierdie tipe boodskappe word deur individue geplaas sonder die goedkeuring vanaf die NASIONALE BESTUUR van die SUIDLANDERS. Aangesien die SUIDLANDERS as organisasie geen beheer het oor individue se optrede nie kan die organisasie ook geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige optrede of plasings op publieke forums deur individue wat nie volgens die amptelike SUIDLANDER voorskrifte en beleid optree nie.

Dit sal dus raadsaam wees om enige bewerings op publieke forums met ‘n knippie sout te neem en eerder alles eers te bevestig met die leiersstruktuur in u omgewing.

Die www.suidlanders.co.za webtuiste is nou ook selfoon vriendelik.

Om hierdie webtuiste vanaf u selfoon te besigtig, besoek eenvoudiglik www.suidlanders.co.za van u selfoon af, geen addisionele skakels is nodig nie. ‘n Handige funksie indien daar ‘n nood situasie wel ontsaan en u nie by ‘n rekenaar uitkom nie. Ons stel voor om hierdie funksie te toets en sodoende enige tyd op hoogte te kan bly met die nuutste inligting. Indien u vind dat u handstuk nie die webtuiste kan besigtig nie, laat weet gerus tegnies@suidlanders.co.za wat u selfoon se maak en model nommer is en ons sal poog om sagteware by te werk sodat u selfoon die blad kan hanteer. Ongelukkig is daar geen waarborg dat ons alle selfone versoenbaar sal kan maak nie.

Huidige weblesers wat die mobiele webtuiste wel kan lees:
2.0 MMP, 240×320, 400X240, AvantGo, BlackBerry, Blazer Cellphone, Danger, DoCoMo, Elaine/3.0, EudoraWeb, Googlebot-Mobile, hiptop, IEMobile, KYOCERA/WX310K, LG/U990,MIDP-2., MMEF20, MOT-V, NetFront, Newt, Nintendo Wii, Nitro, Nokia, Opera Mini, Palm, PlayStationPortable, portalmmm, Proxinet, ProxiNet, SHARP-TQ-GX10, SHG-i900, Small, SonyEricsson, Symbian OS, SymbianOS, TS21i-10, UP.Browser, UP.Link, webOS, Windows CE, WinWAP, YahooSeeker/M1A1-R2D2

Raakskerm lesers:
iPhone, iPod, Android, BlackBerry9530, LG-TU915 Obigo, LGE VX, webOS, Nokia5800

Die afgelope paar weke was daar heelwat op die internet versprei rondom die moontlikheid dat daar op die 12 de Julie  hernude xenofobiese aanvalle mag plaasvind.

Met die ondersoek wat die Suidlanders tot op datum gedoen het is die volgende bevind;

  1. Heelwat swartes is bewus van die gerugte.
  2. Die gerugte sluit hoofsaaklik aanvalle in op swartes wat vanaf ander Afrika lande Suid Afrika binne gekom het.
  3. Nie een van ons bronne in die swart woongebiede het enige aanmanings gehoor waar blankes of Indiers ingesluit is by dreigemente nie.
  4. Die oorsprong van die gerugte kon tot nou toe nie bevestig word nie.
  5. Daar is heelwat haatspraak teen blankes wat op forums soos FACEBOOK plaasvind.
  6. Die gerugte is baie wyd versprei.

Die gevolgtrekkings wat ons hieruit kan maak is die volgende.

  1. Weens die feit dat die oorsprong van die gerugte nie vasgestel kon word nie is die kanse goed dat die weereens ‘n bangmaak storie kan wees en die geweld heel moontlik nie sal plaasvind op die datum soos deurgegee nie.
  2. Die feit dat die gerugte so wyd verspreid is tesame met die hoeveelheid haatspraak wat ons wel op die internet forums sien kan aanleiding gee daartoe dat daar wel moontlik in sekere omgewings geweld mag uitbreek teen ongeveer die 12 Julie. Dit mag hoofsaaklik gekonsentreerd wees op swart tot swart geweld, daar is egter geen waarborg dat dit nie sal oorspoel tot die blanke gebiede nie.
  3. Alhoewel ons reeds oor die afgelope paar maande reeds ‘n redelike poging sien om die massas te mobiliseer deur stakings, is die mobilisasie nie volkome nie en is die afleiding wat gemaak word dat geweld nie huidiglik  deur die meerderheid ondersteun word nie. (Dit beteken egter nie dat daar nie genoegsame steun sal wees vir xenofobiese aanvalle om suksesvol te wees nie, maar dat dit eerder meer geissoleerd kan wees en nie noodwendig baie wyd sal voorkom op groot skaal nie)
  4. Die aanslag deur middel van haatspraak teenoor blankes het verseker meer intens geword oor die afgelope ruk en kan dit duidelik gesien word in die hoeveelheid aanvalle in stede en op plase teen blankes. Verseker is somige van die aanvalle eerder suiwer misdaad, maar die hoeveelheid gevalle waar die blankes wreed aangerand en vermink en selfs vermoor word dui verseker op meer as net misdaad. (Lees berig in Beeld)
  5. Alhoewel die Suidlanders geen datum kan bevestig nie bly dit steeds ‘n wyse besluit om te alle tye gereed te wees om u self te beveilig indien geweld sou uitbreek, bly op hoogte van wat in u omgewing aangaan en let op enige mobilisasie wat plaasvind waar massas by betrokke is.
  6. Rappoteer enige geweldsaksies wat in u omgewing sou plaasvind so spoedig moontlik aan u sameroepers of streeksverteenwoordigers.

Let asseblief daarop dat die vergadering in die Wes Kaap verskuif word vanaf Bellville  na Somerset Wes Stadsaal (Hoofweg, by die sirkel)

Die vergadering sal steeds op 28 Mei 2010 plaasvind om 19:00 met Gustav Muller as die gasspreker.

Graag wens ons u daarop te wys dat die kontak besonderhede van die Suidlander verteenwoordigers in u omgewing gereeld opgedateer word en nou verskyn onder die afdeling “Bladsye – Kontakbesonderhede” op die regterkant van die blad.

Kontak gerus die persoon die naaste aan die omgewing waar u woon indien u nie u omgewing op die lys sien nie.

Graag maak ons die besonderhede vir die volgende openbare Suidlander vergadering in die Weskaap bekend, met die Nasionale Leier – Gustav Muller – as gasspreker.

 

Datum:                        Vrydag 28 Mei 2010

 

Tyd:                 18:45 vir 19:00

 

Ligging:            Bellville Hoërskool Saal

                        Paratus Straat (vanaf De La Haye)

                        Bellville

 

GPS:               S33 53.593 E18 38.969

 

Algemeen:       Die saal kan ’n groot aantal mense akkommodeer, maar as voorsorg bring asb. ’n kamp stoeltjie saam. Bring asb. u gade saam – na afloop van die vergadering sal die dames die geleentheid kry om met mekaar te skakel en betrokke te raak by die Suidersterre.

 

Kontak:            Kontak gerus die volgende persone indien daar onduidelikhede is.  Ons vra egter asb. dat u ’n SMS sal stuur om te verseker dat daar so spoedig moontlik op ’n navrae gereageer kan word.

 

                        Jacques Aproskie       082 770 5399

                        Steve Fourie               082 457 0943

                        Nico Barnard               076 545 6169

 

(Persone wat vanaf die Helderberg area kom kan die via die R300 kom – Neem die Brackenfell afdraai en gaan links uit rigitng Bellville (op Ou Paarl weg).  Gaan verby Andrag en Stikland Hospitaal tot by De La Haye weg.  Draai regs op De la Haye – Bellville Hoërskool op linkerkant na ongeveer 200meter.)