Archive for the ‘Aksie Verslag’ Category

The workers at the Medupi power plant was a bid tired of the “bad” food they get for free everyday and decided to through the food at mannagement.

Now you might get an idea why Escom needs a couple of BILLION rands. Daily thousands of employees at Medupi receives free transport, free accommodation and free food. Considering the fact that millions of people in South Africa live in poverty and don’t know where the next meal will be comming from, these pictures explains it all !!! 

Free Food

 

Gustav Müller sal op die 2de Junie 2010 om 19:00 by die CVO skool in Ventersdorp ‘n publieke vergadering hou.

________________________________________________________________________________________________

Op 03de Junie 2010 sal Gustav Müller in Randfontein by Hoërskool Jan Viljoen se sportgronde ’n publieke vergadering hou om 19:00.

Ons nooi alle belangstellendes om die onderskeie vergaderings by te woon.

Na deeglike ondersoek na aanleiding van die sms veldtog wat landwyd opskudding gemaak het met bewerings dat ‘n aanval op blankes beplan word op Dinsdag 27 April 2010 het ons die volgende bevind:

  1. Geen pamflette of bewys van pamflette wat sulke bewerings maak kon gevind word deur die Suidlanders en ander organisasies en die SAPD wat die saak ondersoek het nie.
  2. Daar was wel bewyse gevind van pamflette wat uitgedeel was in verskeie gebiede om “vryheidsdag vieringe” te adverteer.

Daar is baie gerugte wat in omloop is en na aanleiding van die dreigemente wat reeds oor die afgelope weke op die internet en in die media gedoen was sal dit egter steeds net ‘n goeie idee wees om eerder aan die veilige kant te wees. Wees dus waaksaam en versigtig gedurende die 27ste April 2010 en vermy omgewings waar massas mag saamdrom.

Na deeglike ondersoek na aanleiding van die sms veldtog wat bewerings maak dat daar pamflette uitgedeel is in sekere swart gebiede wat swartes klaarblyklik die opdrag gee om soveel moontlik blankes te vermoor, die volgende.

Ons kon bevestig dat daar in sekere gebiede wel pamlette uitgedeel was. Die bewoording op die pamflette is egter nog GEENSINS bevestig nie. Ons het baie betroubare bronne wat huidiglik die saak ondersoek en ons onmiddelik sal in kennis stel sodra die bewoording bevestig is.

Ons versoek asseblief dat almal sal kalm bly en dat indien u so sms ontvang dit NIE VERDER SAL AANSTUUR NIE.

Dit is nooit ‘n slegte idee om gereed te wees vir enige gebeurlikheid nie en sal dit in die geval ook net ‘n goeie idee wees om wel gereed te wees indien dinge wel sal skeefloop. Daar is egter op die stadium GEEN REDE vir paniek nie.

Hou gerus die Suidlander webblad dop, enige nuwe nuus sal hier bevestig word.

Is dit nou toeval, of wat?  Net gister noem ons in ‘n bydrae die moontlikheid van ‘n huis wat brand, en hoe voorbereid jy daarop is, en vandag kom ons hierdie artikel teë, oor ‘n Britse paartjie se huis wat aan die brand geraak het, en hulle ondervinding.  Die moeite werd om te lees:

My house burnt down and I still don’t know how I got out alive

Die storie illustreer gister se punt pragtig.

In Suid-Afrika is ons alte bewus van wat die gevolge is wanneer ‘n komplekse stelsel daargestel word, en dan vir jare nie aangevul of onderhou word nie (Eskom se kragvoorsieningsnetwerk).

Hierdie berig in die Britse “Guardian” beweer dat die GPS (“Global Positioning System”) stelsel gevaar loop om deur dieselfde lot getref te word.  Volgens die berig sukkel die Amerikaanse lugmag (wat die GPS stelsel ontwikkel het en in beheer is van die stelsel) om GPS satelliete te vervaardig, o.a. as gevolg van subkontrakteur probleme.

‘n Verslag aan die Amerikaanse Kongres stel dit dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat die stelsel kan begin faal, so vroeg as 2010 reeds, met nadelige gevolge vir beide siviele en militere gebruikers.

Brasiliane het blykbaar ‘n nuwe antwoord vir skakings en roof by verkeersligte – “armoured cars”!  Lees hierdie berig oor die nuwe modegier in Brasilië:  versterkte voertuie teen geweld en misdaad.

Ek moet sê, ek sal nie omgee om vir ‘n skaker by ‘n verkeerslig die vinger te wys nie, ongelukkig is ons vyand nie gewapen met handwapens nie, maar wel AK47s…

Ons het gerugte ontvang van honde wat op verskeie plekke vergiftig is by woonhuise. Ons vra dat persone wat weet van honde wat vergiftig is ons asseblef in kennis stel sodat ons kan bepaal of daar ‘n patroon is.

Stuur asseblief alle inligting deur op die “Kommentaar” skakel onder aan die pos te klik.

Leser PieterB het vir ons die volgende bydrae gestuur.  Baie dankie!

“Ek deel graag my ondervindinge mbt ‘n kamp wat ons omgee groepie gehad het.

Ons het gaan kamp op ‘n plaas in die Vrystaat.  Ons is tans besig om te oefen vir onttrekking en toets ook ons groep se graad van voorbereiding.  Dit blyk dat ons groepie goed voorbereid is, maar dit lyk nog nie of samewerking heeltemal glad verloop nie.  Dinge soos gesamentlik kosmaak, dieselfde kos gaarmaak en selfs etenstye is nog nie lekker uitgesorteer nie.  Goed, mens kan seker in ag neem dat ons dit nog sien as ‘n “vakansie wegbreek”.  Verder reis ons ook almal baie swaar, want ons het elkeen ‘n swartpot, elkeen ‘n ketel, gasstoof ens, wat ek voel ons sal moet uitsorteer voor die “lang kamp” aanbreek.

Ons het ongelooflik baie reen gehad gedurende ons drie dae kamp, en die volgende is vir my noodsaaklik in sulke situasies:

  • Baie goeie grondseil
  • Baie goeie tent
  • Skroplap
  • Dri-mac of reenjas
  • Staanrak wat binne in jou tent kan staan om baadjies/drimac en ander goed soos bv ‘n handdoek aan op te hang
  • Kamp bedjie (Stretcher)

Indien jy slegs ‘n seil tent het, en dit reen so onophoudelik, begin die klammigheid later van onder af deurslaan.  Dit beteken dat al jou bagasie wat op die grond staan, matras ingesluit, nat word.  Ons het al op ‘n vorige geleentheid dieselfde reen ondervinding gehad, en met baie swaar reen is slote rondom die tent ook nie voldoende om jou droog te hou nie.  Vergeet ook van ‘n opvou kampgrafie.  Hulle buig baie maklik om en beteken niks.  Koop eerder vanuit die staanspoor ‘n ordentlike graaf.

Sterk winde wat soms met die reen gepaardgaan veroorsaak ook dat alles nie droog bly onder ‘n gazebo nie.  Moet dus ook nie daarop staatmaak om jou goed onder die gazebo te wil ophang nie.

‘n Ander probleem met baie reen is nat vuurmaakhout.  Jy sal dit wel weer aan die brand kry, maar die rook wat dit maak, laat jou hele tent, en jou klere na ‘n stroois ruik!

Ietsie anders wat ek voel is belangrik met ‘n kamp saam met jou omgee groepie, is dat mens moet leer om jou mede kampeerders in ag moet neem.  Moet nie oorneem, as jy sien daar is kanse dat julle eerder kan saamwerk nie.  Hou jou kinders in toom, leer hulle van mededeelsaamheid, maar ook om ander mense se goed te respekteer.”

Leser “T” het vir ons terugvoer gestuur oor die aanvalle te Ladysmith wat oor die laaste deel van 2008 ernstige afmetings aangeneem het.

Op 8 Januarie 2009 was daar deur die stadsraad ‘n openbare vergadering gehou om die situasie te bespreek.

Die volgende punte het meer duidelkheid gevestig op die situasie.

  • Aanvalle was meestal gekonsentreerd op twee dele van die dorp nl. Egerton en Reservoir Hills.
  • Volgens die polisie-kommissaris was 2 van die huise se deure nie gesluit nie.
  • By een huis was toegang verkry deur n koevoet
  • Mense was aangeval wat by hulle huise aankom.
  • Dit was ook vasgestel in daardie vergadeing dat die SAPS geensins vertrou word deur die inwoners van die Ladysmith nie as gevolg van hulle swak dienslewering
  • Sekere lede van die dorp het voertuie vrygestel met die doel om die woon buurtes te patrolleer, maar ten spyte van hulle pogings, was hulle gevra om dit te staak . Hulle word as ”Vigilantes” beskou.
  • Huidiglik tot nou was daar nog geen verdere aanvalle nie

Volgens die bogenoemde waar inwoners gevra is om die patrollering van strate te staak kan die afleiding gemaak word dat die stadsraad (en SAPD) geensins die reg op selfbeskerming erken nie. Indien die SAPD die beskerming aan die gemeenskap gegee het wat hulle plig is om te doen, sou die gemeenskap nie self nodig gehad het om op eie onkoste die buurte te patroleer nie. Gemeenskappe moet toegelaat word om betrokke te raak by misdaad voorkoming. Deur gereelde patrolering van woongebiede maak dit vir misdadigers dit baie moeiliker om te beweeg in die teiken gebiede en sodoende kan misdaad bekamp word.

Die Suidlanders is van mening dat dit baie beter is om eerder misdaad te voorkom deur vooruit te dink en te beplan as wat dit is om na die tyd die misdadigers te probeer vervolg. Die enigste voorwaarde wat moet heers is dat die voorkoming van misdaad moet plaasvind binne die voorskrifte van die wet, dit sal dus baie gevaarlik wees indien die gemeenskap self misdadigers probeer aankeer, aangesien daar 99% van die tyd waar die gemeenskap verantwoordelik is vir die aankeer van misdadigers ‘n klag van aanranding teen die lede van die gemeenskap gemaak word. Die beste is dus om eerder die SAPD te kontak (en te hoop hulle sal reageer) indien verdagtes opgemerk word.