Leser KobusV stel voor dat elkeen vir hom ‘n stelletjie koop om buitebande mee te herstel.  Dis bedoel vir binnebandlose bande, en bestaan uit ‘n spesiale hand-”boor” waarmee jy eers die gat (deur bv. ‘n spyker veroorsaak) skoonmaak, en dan ‘n spesiale handvatsel waarmee die prop (‘n taai stuk rubber wat amper soos bruin “liquorice” lyk) in die gat geplaas word.  Soms is daar ook ‘n gom in ‘n buisie wat aangewend moet word.

Die stelletjies is algemeen by buitelewe winkels beskikbaar, of in die voertuig afdeling van groot winkels soos Game.

Tesame daarmee is ‘n pomp ‘n noodsaaklikheid, pompe kom in handmodelle, voetmodelle of elektriese modelle.  Onthou, as ‘n elektriese pomp R29 kos, kan dit nie van baie hoë gehalte wees nie!  Dieselfde geld vir ander pompe.

‘n Kannetjie (of ‘n paar) “Tyre Weld” (wat in die band ingespuit word, en die lekkasie seël) is handig as die lekplek nie te groot is nie en daar moet haastig weer beweeg word.  “Tyre Weld” is nie bedoel as ‘n permanente regmaak oplossing nie.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)