As ‘n opvolg op ‘n vorige pos, het ons die volgende brief van Gustav Muller ontvang (ons plaas dit verbatim):
Volgens `n hele paar politieke ontleders (selfs die liberales) die laaste tyd is politieke geweld glad nie meer so `n onmoontlikheid nie. In sommige uitlatings, onafwendbaar! Iets wat ons al `n geruime tyd vir ons volk en Suid-Afrika voorspel. Waarvoor ons onmeetbare kritiek ontvang het en in sommige gevalle veral in die verre verlede uitgelag is. Die stelselmatige opbou na ‘die’ moontlikheid (politieke geweld) het al plus minus vier jaar gelede met die eerste groot stakings (wat in dvd 1 bespreek word) in aanvang geneem. Op die huidige oomblik is baie mense voorbereid in terme van kosvoorraad, brandstof, tente, medies ensovoorts. Die vraag waarop ons egter nie een `n antwoord het nie, is hoe vinnig u moontlik u blyplek sal moet verlaat indien nodig? Ons het dit met Witbank ondervind dat paaie versper was, ons patrollies moes ry om enige invloei van ongewensdes te monitor. Gestel die oproep het daardie nag gekom dat al ons mense binne 20 min in die dorp by `n spesifieke punt moes aanmeld, en vandaar het hul Witbank verlaat om nie gou weer terug te keer nie. Wat sou u binne 5minute kon laai in so situasie? Ek stel voor dat elke gesin `n grypsak pak vir elke lid van die gesin. Die sakke op `n spesifieke plek in die huis te plaas sodat elke gesinslid weet waar dit is en oefen dit in! Dat u binne 5 minute in die motor(wat se brandstof bo driekwart behoort te wees) kan wees en ry. So `n sak kan uit die volgende bestaan:
- 2 Man tent (Checkers) +- R149.00 – Bo op rugsak vas gegespe.
- 1 Slaapsak +- R200.00 – Onder rugsak vas gegespe.
- 1 Stel goeie stapskoene
- 2 Stelle kortbroeke
- 2 Stelle langbroeke
- 2 Kort hemde
- 2 Lang hemde
- 4 Pare kouse
- Warm baadjie
- Onderklere
- Belt
- 1 blikkie Zam-Buk salf
- 2 Blokkies Viva of Sunlight seep vir klere was
- 1 Blokkie lyfseep
- 1 Buisie tandepasta en tandeborsel
- Waterbottel
- Eetstel
- Knipmes
- 2 Bic lighters
- 3 Volle gebalanseede voedsel vervanger (3kg). Dit kan `n volwassene vir 30 dae voed (100g per dag met koue water) – Skakel Riaan Roux by tel nr. 076 350 6221 vir nadere besonderhede.
Met bogenoemde het u kos, klere,slaapgoed en ‘behuising’ vir 30 dae!
Ek sal binnekort `n verdere skrywe rig wat sal opvolg op hierdie.
NS. Let wel, hierdie is slegs advies en moet nie gesien word dat ek paniek probeer saai nie. Bly kalm, bly sterk en bowen alles, bly gefokus op die Almagtige, want net Hy gaan ons deur alles lei en anderkant uitbring.
Hiermee doen ek Gustav Muller `n beroep op elke volksgenoot om elke aand om 20:00 in gebed te tree vir ons volk, ons bestuur (om alles wat ons doen en beplan binne die GROOT PLAN van ons Hemelse Vader te doen) vir Sy Leiding, en bid ook vir u persoonlike. Hierdie instelling, TOTDAT ons weer vry gemaak is deur die ALLERHOOGSTE !!!
Dankie
Gustav
Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry.
