Ons het die volgende boodskap van die leier van die Suidlanders, Gustav Muller, ontvang (ons plaas dit woord-vir-woord):

Saterdag 18 April was daar `n vergadering tussen myself en die gewese leier van die AWB in die OVS en afgevaardigdes. `n Opvolg vergadering is ook op 09 Mei 2009 gehou. Talle onderwerpe is by die geleentheid bespreek en ook is die Suidlanders se rigting (die daarstelling van fasiliteite, kort en langtermyn om ons mense van hulp te wees) duidelik uitgespel – dat onder andere al ons projekte binne die riglyne van die wet geskied. Dit was ook duidelik vir my gaste hoe ver en goed ons al Nasionaal georganiseer is. Hiermee was hulle beïndruk en het hul volle ondersteuning aan ons toegesê en ook by ons ingeskakel. So staan die Suidlanders se deure nog altyd oop vir ons mense ongeag hul politieke of kerk-assosiasie. U kan u lidmaatskap behou waar u is en steeds deel van ons wees, want eendrag maak mag. Graag wil ek die AWB’s van die OVS welkom heet by ons en my hoop uitspreek dat ons saam ons mense deur hierdie ‘krisisuur’ sal trek!

Oom Doep is dan ook aangestel as een van die Suidlander organiseerders in die OVS. Hy sal ook spoedig aan die ander organiseerders in die OVS en ook ander provinsies voorgestel word.

Gustav Muller

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)