Mnr Piet Honeyborne (50) is gister oggend omstreeks 01:00 in sy woning op die plaas Blinkpan vermoor deur aanvallers. Die aanvallers het die 98 jarige mev Honeyborne (ouma) in die huis rondgesleep.
Die oorledene se vrou Bella het hulpeloos na patrone vir haar vuurwapen gesoek ten tye van die aanval.
Daar is ten tye van die aanval niks gesteel nie. Die tipe aanvalle dui verseker op etniese suiwering wat plaasvind aangesien die diefstal van goedere nie die primêre doel van die aanval was nie. Die tempo waarteen hierdie tipe aanvalle op blankes beide op plase en in stedelike gebiede toeneem is kommerwekkend.
Daar sal op een of ander wyse baie sterker standpunt ingeneem moet word teen die tipe geweldsmisdade. Gemeenskappe sal ook baie meer betrokke moet raak by projekte om misdaad aan te spreek en mense beter in te lig rondom wat elke persoon kan doen om beter voorbereid te wees om sulke situasies te voorkom.
Die Suidlanders wens ons medelye uit te spreek teenoor die familie en vriende van die slagoffers.
