Daar was sedert die begin van 2009 nog nie een dag wat daar nie in die koerante berig was van een of ander aanval, aanranding of moord van blankes in SA nie. Elke keer was die aanvaller swart en die slagoffer blank. Daar was natuurlik ook voorvalle waar dit ook swart op swart was.

Ek kan nie anders as om te wonder wat sou die regering se reaksie gewees het as die meeste aanvalle blankes was wat swartes so wreedaardig aangerand en vermoor het nie.

Die voorvalle wat vandag in die Beeld gepubliseer is verwys na ‘n voorval in die Walkerville  omgewing(Gauteng) waar ‘n gesin oorval is en waar die man doodgeskiet is in die kombuis van die huis presies op die plek waar sy moeder 12 jaar gelede ook vermoor is deur 12 aanvallers.

Die tweede berig in Beeld vandag verwys na ‘n geval waar ‘n gesin by Rietfontein hoewes naby Hartbeespoort teen omtrent middernag oorval is deur vier swart aanvallers. Dit is net genade alleen dat die man en vrou oorleef het. Die volgende aanhaling is ook ‘n aanduiding dat die primere doel van sulke aanvalle nie noodwendig roof is nie, maar dat dit eerder ‘n dubbele doel dien: “Hulle was wreedaardig en dit was duidelik hulle wou moor. Ons het my twee babakatte ná die voorval dood gevind. Ons trek vandag nog. Ons kan nie meer hier bly nie”.

Die feit dat die mense of dood gemaak word of dat die mense na so ‘n voorval soveel vrees in hulle het dat hulle eerder sal verhuis na ‘n ander plek of selfs eerder in baie gevalle eerder die land verlaat, is ‘n bewys van die gevolge van sulke dade. Daarom kan ons dan die stelling maak dat die doel van sulke misdaad dalk meer as net die roof van goedere is, maar dat dit ten doel het om die blanke uit Afrika te verdryf. Die feit dat die regering bv die skerpioene eerder wil ontbind en nie doen wat nodig is om die tipes “misdaad” (lees volksmoord) te stop nie, wil dit voorkom of hulle die tipe optrede goedkeur en dat die regering oor die lang termyn daarby baat vind aangesien hulle dit dan makliker sal vind om grond en ander welvaart oor te dra aan die skreeuende swart menigtes. 

Gegewe die menigte mense wat daagliks vermoor en aangerand word, tesame met die feit dat die nuwe wapenwet dit bitter moeilik maak om mense in staat te stel om hulle self binne die wette van die land te beskerm, en gevalle waar die persoon wat homself verweer teen aanvallers meestal self agter tralies beland, is ‘n absolute bewys dat die regering of glad nie weet wat hulle doen nie, of dat hulle PRESIES weet wat hulle doen.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)