Banke wat bankrot speel
Die stroom van banke wat bankrot speel (in Amerika) is klaarblyklik nie besig om kleiner te word nie, as mens na die FDIC “Failed Bank List” kyk. In 2008 het daar gemiddeld een bank elke twee weke sy deure gesluit. In vergelyking was 2009 se syfer vyf banke elke twee weke.
So ver hierdie jaar het 10 banke reeds ondergegaan. Dit is wel histories so dat die bank falings nog voortgaan nadat ‘n ekonomiese herstel reeds begin het, maar net omdat bank falings steeds voortgaan beteken nie dat ‘n ekonomiese herstel besig is om plaas te vind nie.
Ons hou maar steeds die ekonomiese toestand wereldwyd dop, want die wereld-ekonomie het verseker ‘n indirekte invloed op ons hier in Suid-Afrika.