Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Amateur radio in die nuus

Amateur radio is ‘n stokperdjie wat oor die laaste paar jaar baie steun verloor het.  Kompeterende tegnologieë, soos Skype, MXit, en gewone selfone het nasionale en internasionale kommunikasie binne amper almal se bereik geplaas - iets wat voorheen net vir radio-amateurs beskore was.

Vandag se radio-amateurs wil nie net praat nie (dit kan enigiemand met toegang tot die internet doen), die stokperdjie is aantreklik vir mense wat dit graag op hul eie wil doen (sonder om afhanklik te wees van ander), en wat belangstel in die tegniese aspekte van die radio.  Terloops, vir diegene wat dink amateur radio is “outyds”, gaan lees gerus op oor die meer moderne goed wat radio-amateurs doen (soos om radioseine via satelliete te stuur, of te reflekteer van die maan af en selfs van meteoriete af).

Die Suidlanders is natuurlik BAIE ten gunste van amateur radio, omdat dit ‘n kommunikasie-medium is wat in enige omstandighede gebruik kan word (solank jy krag het).  Jy is nie afhanklik van infrastruktuur buite jou beheer nie.

Dit was dus verblydend om hierdie artikel te sien:  Ham Radio - a fading hobby, until emergencies hit.  Dit eggo ons standpunt hier en bevestig wat ons glo.

Terloops, vir diegene wat belangstel - die volgende geleentheid om die RAE (Radio Amateurs Eksamen) af te lê is in Mei.  Klasse behoort binnekort te begin by meeste klubs.

Ons beplan om teen einde Meimaand ons nood-streeks-radionetwerk volledig in plek te hê en te bedryf - alle streeksleiers word versoek om een, of indien moontlik, twee, radio-amateurs in hul area te identifiseer, of alternatiewelik, een of twee belangstellendes te identifiseer om die RAE af te lê om sodoende gelisensieer te wees om die radionetwerk in hulle streek te mag bedryf.  Hierdie is baie belangrik - ons kan geen ongelisensieerde kommunikasie toelaat nie.  Ons beplande radionetwerk sal streng binne die wet bedryf word.

Net ter inligting, die Suid-Afrikaanse Radioliga (SARL) bedryf ‘n nood-kommunikasie netwerk genaamd Hamnet.  Ons beplan nie om enigsins met hulle te kompeteer of in te dring op die baie goeie werk wat hulle doen nie.  Om die waarheid te sê, ons moedig al ons radio-amateurs aan om by die SARL aan te sluit en ook Hamnet lede te word (om sodoende in hul plaaslike gemeenskappe by te dra).




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply