Sedert 18 Desember 2008 tot gister 5 Januarie 2009 was daar reeds 10 bevestigde aanvalle op hoe profiel blankes in Ladysmith. Na bewering is daar tot so ver al toegeslaan op eienaars van ‘n gaste huis, fabrieke, IT besighede, hotel eienaar en ander. Wat opmerklik is, is dat al die persone wat geteiken word redelikke hoe profiel blanke persone in die samelewing is.
Na bewering word die persone in die aande by hulle wonings aangeval, die vrouens word verkrag deur meeste van die aanvallers. Die mans en vrouens word baie ernstig aangerand. Dit is duidelik dat die demoralisering van die slagoffers bedoel is om ‘n boodskap van vrees in die gemeenskap uit te stuur aangesien geen een van die slagoffers tot dusver vermoor is nie en die diefstal van goedere duidelik nie die prioriteit is nie.
Die items wat buit gemaak word is minimaal en wil voorkom of dit eerder oppertunisties is. Daar is onder andere rekenaars, selfone, kontant en vuurwapens buit gemaak.
Tot dusver was daar tussen 5 en 7 aanvallers by elke geval betrokke. Hulle is ook opgemerk in ‘n swart Volkswagen Golf met ‘n Gauteng registrasie nommer, ons het egter nie op die stadium die detail rondom die nommer nie.
Volgens ons kennis tot op hierdie stadium was die SAPD geensins in staat om enige vordering te maak met hulle ondersoek na die sake nie.
Ons wil eerstens versoek indien daar mense is wat vir ons meer lig op die onderwerp kan werp om ons asseblief te kontak.
Die Suidlanders in Ladysmith is tans ook besig om prosedures in plek te sit om sodoende die gemeenskap se veiligheid te verbeter.
Indien daar in ander gebiede in die land ‘n soortgelyke opvlam van aanvalle was sal ons waardeer indien u ons daarvan kan laat weet.
Ons wag nog vir ‘n meer volledige verslag en sal dit hier publiseer sodra dit aan ons deurgestuur is.
