Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Aanvalle deur “polisie” neem toe

Berigte in die media oor mense wat deur kriminele in polisie-uniform geteiken word, is besig om al meer algemeen te word.

Die nuutste berig, in News24, beskryf hoe ‘n boer en sy familie in Potgietersrus aangeval en gemartel is.  Die aanvallers was in twee voertuie, met blou ligte, en drie van die agt aanvallers was in polisie-uniforms geklee.

Net ‘n week gelede was daar ‘n berig van ‘n kaping deur ‘n man in polisie-uniform, wat in ‘n gemerkte polisievoertuig gery het.

Vir die doel van hierdie berig sal ons die polisie die voordeel van die twyfel gee, en berig dat die kriminele hulle as polisie-lede voordoen, en nie dat die misdadigers wel polisie-lede is nie.  Ons is egter NIE oortuig dat dit die geval is nie.  Toegang tot uniforms is een ding, maar om in ‘n polisievoertuig rond te ry?

Om toegang tot jou huis/plaas te kry, moet die polisie ‘n lasbrief kan toon.  NIE ‘n ou fotokopie van ‘n stuk papier wat miskien, met baie verbeelding, amptelik KAN lyk nie.  Die lasbrief moet spesifiek wees (vir die adres, waarvoor gesoek word, gedateer, ens).

Indien ‘n ongemerkte voertuig (blou lig of te not) jou probeer aftrek, ry na die naaste polisiestasie.  Motorkapers kan blou ligte met geen moeite in die hande kry nie.

Lees die News24 artikel oor die plaasaanval hier:  Fake cops torture farmer, family




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply