Volgens ‘n gepubliseerde lys van bedrae in die Verenigde State se “bailout plan” is daar tot dusver sowat US$7.2 triljoen (miljoen miljoen) toegeken, waarvan sowat US$2.6 triljoen reeds gespandeer is. En dan hoor ons dat vyf van die state in die VSA gesamentlik vir NOG sowat US$1 triljoen in hulp aansoek gedoen het (omdat hulle bankrot is), en dan is daar nog Barack Obama se plan om ‘n verdere US$1 triljoen te spandeer.
Om hierdie bedrae in perspektief te plaas, die totale hoeveelheid inkomste wat die VSA regering in die 2007 finansiële jaar ingekry het, was net onder US$2.6 triljoen (volgens Wikipedia). Die BBP (Bruto Binnelandse Produk, of GDP in Engels) van die VSA in 2007 was onder US$14 triljoen.
So die VSA regering het REEDS een hele jaar se belasting inkomste gespandeer, en beplan om nog twee en ‘n half maal dit te spandeer. Waar kry hulle die geld? Hulle het dit verseker nie – d.w.s. hulle leen dit. Sonder ‘n plan om dit terug te betaal – probeer dit ‘n bietjie by JOU vriendelike bankbestuurder!
Wees maar wakker – hier kom groot moeilikheid a.g.v. die finansiële wanbestuur (in die verlede, huidig en in die toekoms).
Skakel na die gepubliseerde lys: Who is getting the bank bailout money
