Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Argief vir January, 2010

Gustav Muller se eerste helfte van die jaar: Toerprogram vir 2010.

Daar is geen toegangsgelde by hierdie vergaderings van toepassing is nie, ook is enige van ons volksgenote welkom!

Geen Suidlander vergaderings in die land word in die geheim gehou nie, maar kan deur enige volksgenoot bygewoon word.

Hiermee doen ek ook n beroep op ons mense om enige geheime aktiwiteite waarvan u bewus sou raak te rapporteer (0728737005), sodat ons kan optree.

Uit die aard van die saak is bestuurs vergaderings slegs vir die bestuurslede, op wie van toepassing.

Daar sal ook DVDs 1 tot 7 beskikbaar wees by die vergaderings, asook n DVD wat deur n privaat persoon, by Mosselbaai vergadering opgeneem is. In laasgenoemde DVD (Mosselbaai) tree Adriaan Snyman (i.v.m Siener) ook op, en aangesien daar soveel navrae deur die land was vir so n DVD is die dan ook nou beskikbaar!

Verder wil ek vir ons Hemelse Vader dankie se dat hy ons Suidlanders as n omgeegroep, tot sulke hoogtes geseen het! Ons letterlik in elke streek van hierdie land organiseerders (wat bestaan uit provinsie, streek, stad, dorp en groeps organiseerders) het wat daar is vir ons mense in tye van uiterste nood.

Hierdie organiseerders is dwarsoor die hele politieke en kerke spektrum! Want onthou, “Eendrag maak mag”.

Ons weet dat daar nou nog “bokke” tussen die “skape” is, maar die skeiding sal egter vorentoe kom en het ons volk in die geskiedenis geen stryd gewonne geegee net omdat daar verraaiers tussen hulle was nie.  So sal ons ook nie, met die Hulp van Bo!!!

Die dag, dat elke persoon in hierdie land n finale keuse sal moet maak is voor die deur….en sal elkeen wat n keuse maak met die gevolg, op die langer termyn moet saamleef! Daarom is dit van kardinale belang dat u n gebed saak hiervan ook sal maak! Want kry u, u antwoord van Bo kan jy maar net doen.

“Want al gaan jy dan deur diep donkertes,hoef jy geen onheil te vrees nie”, as God jou gelei het in jou antwoord, sal Hy jou ook verder lei!!!

Vir diegene wat n advertensie wil plaas in plaaslike koerante, kan die volgende bewoording gebruik:

Die Suidlanders.

U word hartlik uitgenooi na n inligtings vergadering gehou deur Gustav Muller (Naomi spreek die vrouens ook toe) van die Suidlanders, waar nie net meer die negatiewe! Maar ook die positiewe en die uitkoms vir u gegee sal word, vir die komende probleme in die land!!!

Vir enige navrae kan u vir Naomi skakel by tel nr 0728737005!

Die program is as volg:

Vrydag 19 Feb = George
Dinsdag 23 Feb = Port Elizabeth
Woensdag 24 Feb = Graaff-Reinet
Donderdag 25 Feb = Middelburg
Vrydag 26 Feb = Philippolis
Saterdag 27 Feb = Wesselsbron

Dinsdag 2 Maart = Ladybrand

Woensdag 3 Maart = Bloemfontein
Donderdag 4 Maart = Brandfort
Vrydag 5 Maart = Winburg
Saterdag 6 Maart = Virginia
Maandag 8 Maart = Bethlehem
Dinsdag 9 Maart = Ladysmith
Woensdag 10 Maart = Pietermaritzburg
Donderdag 11 Maart = Kokstad
Vrydag 12 Maart = Durban
Maandag 15 Maart = Richards Baai
Dinsdag 16 Maart = Vryheid
Woensdag 17 Maart = Paulpietersburg
Donderdag 18 Maart = Utrecht
Vrydag 19 Maart = Newcastle
Dinsdag 23 Maart = Vrede
Woensdag 24 Maart = Ermelo
Donderdag 25 Maart = Nigel
Vrydag 26 Maart = Springs
Maandag 12 April = Pretoria
Dinsdag 13 April = Brits

Woensdag 14 April = Krugersdorp
Donderdag 15 April = Vanderbijlpark
Vrydag 16 April = Heidelberg
Saterdag 17 April = Johannesburg

Maandag 19 April = Witbank
Dinsdag 20 April = Carolina
Woensdag 21 April = Badplaas
Donderdag 22 April = Waterval-Boven

Vrydag 23 April = Nelspruit
Woensdag 28 April = Lydenburg
Donderdag 29 April = Hoedspruit
Vrydag 30 April = Phalaborwa
Dinsdag 4 Mei = Tzaneen
Woensdag 5 Mei = Louis Trichardt
Donderdag 6 Mei = Pietersburg
Vrydag 7 Mei = Potgietersrus
Saterdag 8 Mei = Ellisras
Maandag 10 Mei = Nylstroom
Dinsdag 11 Mei = Groblersdal
Woensdag 12 Mei = Cullinan

Donderdag 13 Mei = Nasionale Bestuursvergadering

Vrydag 14 Mei = Rustenburg
Saterdag 15 Mei = Zeerust

Maandag 17 Mei = Migdol
Dinsdag 18 Mei = Christiana
Woensdag 19 Mei = Kimberley

Donderdag 20 Mei = Hoopstad
Vrydag 21 Mei = Potchefstroom
Saterdag 22 Mei = Klerksdorp
Maandag 24 Mei = Ventersburg
Dinsdag 25 Mei = Ficksburg
Woensdag 26 Mei = Reitz
Donderdag 27 Mei = Kaapstad
Vrydag 28 Mei = Kaapstad
Saterdag 29 Mei = Ceres

Maandaag 1 Junie = Nasionale Bestuursvergadering
Dinsdag 2 Junie = Nasionale Bestuursvergadering
Woensdag 3 Junie = Nasionale Bestuursvergadering

In Julie maand beplan ons n toer deur Europa.

Daar is reeds n borg vir die vliegkostes daarheen en terug, ons is net besig om n program saam te stel.

Indien daar mense is met goeie kontakte, laat gerus weet (0728737005).

Sodat ons ook van gesig tot gesig amptelik die buitewêreld kan inlig,van hoe ons volk in hierdie land onderdruk, mishandel en uitgemoor word.

Die tweede helfte van die jaar se program sal spoedig ook op die web geplaas word, as ons gespaar bly.

Ons sien uit daarna om u weer te sien!

Groete Gustav.


By Gustav Müller in Uncategorized  .::. (Lewer kommentaar)

Aanvalle deur “polisie” neem toe

Berigte in die media oor mense wat deur kriminele in polisie-uniform geteiken word, is besig om al meer algemeen te word.

Die nuutste berig, in News24, beskryf hoe ‘n boer en sy familie in Potgietersrus aangeval en gemartel is.  Die aanvallers was in twee voertuie, met blou ligte, en drie van die agt aanvallers was in polisie-uniforms geklee.

Net ‘n week gelede was daar ‘n berig van ‘n kaping deur ‘n man in polisie-uniform, wat in ‘n gemerkte polisievoertuig gery het.

Vir die doel van hierdie berig sal ons die polisie die voordeel van die twyfel gee, en berig dat die kriminele hulle as polisie-lede voordoen, en nie dat die misdadigers wel polisie-lede is nie.  Ons is egter NIE oortuig dat dit die geval is nie.  Toegang tot uniforms is een ding, maar om in ‘n polisievoertuig rond te ry?

Om toegang tot jou huis/plaas te kry, moet die polisie ‘n lasbrief kan toon.  NIE ‘n ou fotokopie van ‘n stuk papier wat miskien, met baie verbeelding, amptelik KAN lyk nie.  Die lasbrief moet spesifiek wees (vir die adres, waarvoor gesoek word, gedateer, ens).

Indien ‘n ongemerkte voertuig (blou lig of te not) jou probeer aftrek, ry na die naaste polisiestasie.  Motorkapers kan blou ligte met geen moeite in die hande kry nie.

Lees die News24 artikel oor die plaasaanval hier:  Fake cops torture farmer, family



Hoekom ons die buitelandse nuus dophou

Baie Suidlanders het al die vraag gevra hoekom ons buitelandse nuus sowel as die gebeure in Suid-Afrika dophou.  Die sentiment is gewoonlik dat ons onsself slegs hoef te bekommer oor die verskillende bedreigings in Suid-Afrika, en dat die gebeure in die buiteland ons nie aangaan nie.

Hier by Suidlander Redaksie wil ons van daardie opinie verskil.  In vandag se wêreld is ons nie meer so geïsoleer soos bv. twintig jaar gelede nie.  Die gebeure in die buiteland het ‘n direkte invloed op ons lewens.

Op ‘n ander onderwerp, wat hierby aansluit, is jul Redakteur ook van opinie dat enige moeilikhede wat die Boerevolk ondervind of gaan ondervind, voorspel is deur Siener van Rensburg.  Alhoewel ek van opinie is dat nie een van die skrywers van boeke oor Nicolaas van Rensburg (daar is ten minste drie boeke, en interpretasies, deur drie verskillende outeurs) die visioene van die Siener heeltemal korrek interpreteer nie, is daar tog waarde (hierdie Redakteur se opinie) om na die Siener se voorspellings te luister.

Vir diegene wat van mening is dat Siener van Rensburg ‘n kwak was, is hierdie argument natuurlik waardeloos.

Die punt is egter dat Siener van Rensburg die moeilikheid wat hy vir die Boerevolk (van vandag) voorsien, in ‘n wyer konteks geplaas is met gebeure in die buiteland (Amerika, Engeland, Europa).  Die wyer konteks sluit in finansiële moeilikhede, oorloë en meer.

DIT is ‘n groot rede dat ons die ekonomie, politieke situasie, natuurrampe en siektes/epidemies van dwarsoor die wêreld in ag neem op hierdie blad.  Alhoewel die Suidlanders waarskuwing nie gebaseer is op profesieë (die van Siener van Rensburg of enige ander persone) nie, kan mens nie help om die ooreenkoms tussen spesifiek Van Rensburg se visioene en die huidige klimaat (polities, ekonomies, ens) op te merk nie.

‘n Verdere rede is, soos in die eerste paragraaf genoem, dat die “global village” waarin ons lewe ‘n impak op ons lokale ondervinding het, of ons dit nou aanvaar of nie.

Ons sal dus aanhou om die situasie wêreldwyd dop te hou, en daarop berig te lewer.  Dit beteken nie ons skeep die binnelandse situasie af nie, en soos enigiemand kan sien, die situasie binnelands lyk ROOSKLEURIG met die sokker wêreldbeker wat al nader kom (ten minste, dis wat die massa media ons vertel).


By Redakteur in Algemeen  .::. (Lewer kommentaar)

Banke wat bankrot speel

Die stroom van banke wat bankrot speel (in Amerika) is klaarblyklik nie besig om kleiner te word nie, as mens na die FDIC “Failed Bank List” kyk.  In 2008 het daar gemiddeld een bank elke twee weke sy deure gesluit.  In vergelyking was 2009 se syfer vyf banke elke twee weke.

So ver hierdie jaar het 10 banke reeds ondergegaan.  Dit is wel histories so dat die bank falings nog voortgaan nadat ‘n ekonomiese herstel reeds begin het, maar net omdat bank falings steeds voortgaan beteken nie dat ‘n ekonomiese herstel besig is om plaas te vind nie.

Ons hou maar steeds die ekonomiese toestand wereldwyd dop, want die wereld-ekonomie het verseker ‘n indirekte invloed op ons hier in Suid-Afrika.



Haiti en die Suidlanders

Die onlangse gebeure in Haiti onderstreep die boodskap wat die Suidlanders al meer as drie jaar (sigbaar - langer as mens die tyd voordat die Suidlanders die media gehaal het) bring - naamlik dat ons moderne samelewing nie so robuust is as wat meeste mense dink nie, en dat enige van ‘n groot aantal dinge ‘n afbreek van infrastruktuur kan meebring wat vinnig tot barbarisme kan lei.

Die massiewe aardbewing wat Haiti sowat twee weke gelede getref het, het die infrastruktuur uitgewis, en groot lewensverlies tot gevolg gehad.  Die onvermoe van die Haiti regering, en tot ‘n groot mate die internasionale gemeenskap, om met die krisis te deel, het tot gevolg dat normaalweg goed opgevoede mense hul tot byvoorbeeld plundery en geweld wend (iets waarteen Gustav Muller al jare waarsku).

Alhoewel ‘n monster-aardbewing altyd ‘n groot moontlikheid in Haiti was (en steeds is, as ons na seismoloe luister), en Suid-Afrika nie in groot gevaar is uit hierdie oord nie, wil ons die Haiti ondervinding gebruik ter illustrasie van die gevare wat inwoners in enige moderne stad in gedagte MOET hou.

Dit is belangrik om noodplanne vir verskillende scenarios VOOR DIE TYD te deurdink en in plek te stel.  Een scenario mag dalk vereis dat mens (sonder infrastruktuur soos elektrisiteit en watervoorsiening) in jou huis vir jouself moet sorg; ‘n ander scenario vereis dalk dat jy tydelik na ‘n veilige hawe WEG van jou huis moet uitwyk.

Dit help nie om jouself blind te staar na een scenario, en uitsluitlik daarvoor te beplan nie.  Dis wel beter as GEEN beplanning nie, maar hier moet ons “common sense” gebruik.

Dit is ook interessant om op te let hoe die hoofstroom-media (veral in Amerika) al meer en meer op individuele voorbereiding vir ramp-toestande begin konsentreer en artikels daaroor plaas.  Voorbereiding vir ‘n noodsituasie is nie paranoia nie, in ons samelewing is dit ‘n rasionele reaksie op gevare wat baie mense eenvoudig ignoreer.



Opvolg: Huisverkope in Amerika

Ter ondersteuning van ons vroeere bydrae oor die daling in huis-verkope in Amerika, het ons op hierdie artikel afgekom waar ‘n verslag beskryf word oor die “foreclosures” in die Amerikaanse huismark.

“Foreclosure” is die term wat gebruik word wanneer ‘n huiseienaar nie sy huislening kan betaal nie, en die bank die huis terugneem (en die eienaar moet uittrek).

Volgens die verslag is “foreclosures” in 2009 21 persent meer as in 2008, en 120 persent meer as in 2007.  Desember se syfers het geklim met 14 persent vanaf November, en was 15 persent meer as die vorige Desember (2008).

‘n Onbevestigde stelling deur ‘n Amerikaanse eiendomsagent noem dat die media tipies 4 tot 6 maande laat is in hierdie tipe verslaggewing, en as daar na die huidige stilte in die huismark gekyk word, verwag hy dat daar in die tweede helfte van 2010 ‘n eiendomspaniek onder politieke leiers en die algemene publiek gaan uitbreek.

Bron:  REALTYTRAC year-end report


By Redakteur in Algemeen, Ekonomie  .::. (Lewer kommentaar)

Val in huis-aankope (Amerika)

Net ‘n maand of twee gelede is daar nog wyd en syd in die Amerikaanse media berig oor die ekonomiese herstel.  Een van die aanduidings was die styging in huis-aankope.  Wat NIE genoem is nie, is dat baie huiskopers gekwalifiseer het vir ‘n verlaging in belasting.  Vir sommige ekonomiese analiste (soos ook vir ons hier by Suidlander Redaksie) was die syfers nie verteenwoordigend van die werklike stand van die ekonomie nie.

Intussen het die afsnydatum vir die belastingvoordeel verbygegaan.  Ten spyte van die feit dat die Amerikaanse Kongres die afsnydatum na 30 April 2010 toe uitgestel het, het huisverkoop syfers in Amerika in Desember met die grootste persentasie die afgelope 40 jaar geval (af met amper 17 persent).

‘n Soortgelyke kontant-insentief het motorverkope (in Amerika) aan die einde van verlede jaar ook ‘n goeie hupstoot gegee.    Dit is dus baie moontlik dat die “ekonomiese herstel” waarvan daar so baie gepraat is, nie so groot is (of glad nie bestaan nie?) en dat daar nog moeilike tye voorle.

Hier is ‘n aanhaling uit die bron-artikel: “Despite fears that home prices are starting to fall again, some analysts still believe the worst is over.”

Vir ons klink dit of die ekonome se storie besig is om te verander.  Ons sal almal baie bly wees as die resessie/depressie eindelik verby is, maar ons is nie so optimisties nie…

Bron:  December home sales down nearly 17 percent



‘n Brief aan Afrika

Hallo Moeder Afrika.
Ek’s Jou kind van n Europese pa.
Afrikaner, volk sonder land
My koning septer in n vreemde hand

Dingaan wou my uitroei.
Die Engelseman het my plaas geskroei
My vel is wit jou wet is swart.
Het jy plek vir my Afrikaner hart.

My helde het laas perd gery.
My vryheid, het ek by De la Rey gekry.
Apartheid het dit uitverkoop.
Het vryheid van my weg geloop?

Refrein

Sal jy antwoord op my roepstem
Kan jy offer wat ek vra.
Bly ek lewe gaan ek sterwe.
Is jy nog my Afrika?

Pietersburg en die ou Transvaal,
Word uit die kaartboek gehaal.
Is dit die lot van my Afrikaner taal?
Sal my woorde op dowe ore val.

My gees is rou my gemoed gebind
Wanneer sal ek rus kan vind
Sal ‘n Boer my weer kom lei.
Sal my septer weer sy pallem kry.

Ek is klaar met die bakleiery.
Wit en swart moet sy vrede kry
Ek will net my vryheid he.
Se my waar my grond nou le?

Refrein

Sal jy antwoord op my roepstem
Kan jy offer wat ek vra.
Bly ek lewe gaan ek sterwe.
Is jy nog my Afrika?

Deur Johan Theunissen 2010-01-11
Alle regte voorbehou


By Admin in Pitkos  .::. (Lewer kommentaar)

Nog ‘n profesie van oom Siener wat in vervulling gaan?

Berig deur A Rabie:

1 Jan 1918 - In Europa staan n man met blauw pak klere en wit boordje en kijk hiernatoe.

Oom Nicolaas sê hierdie gebeure is niks ander as ‘n wonderwerk nie. Dinge in Duitsland sal baie skielik verander wanneer n belangrike en sterk Duitse leier (blauw pak klere,wit boordjie) op die voorgrond gaan tree,en die weermag oorneem.In ‘n dramatiese aankondiging gaan hy dan ook bekend maak dat hy die boere se saak goed gesind is.
(Bron:  “Siener van Rensburg - Boodskapper van God”  deur Adriaan Snyman.)

In die aanlyn tydskrif The trumpet.com van 18 Jan.2010 onder die opskrif “Germany’s Political Crisis” skryf Ron Fraser “Should Germany’s political crisis result in the coalition government becoming literally unworkable,it could destroy Angela Merkel’s chancellorship and result in representation to the German president,Horst Kohler,to appoint a leader to caretake the governance of the country till an alternative government can be elected.Such a situation would lend itself to presidential appointment of the only bright and shining political star in Germany,the very man the Trumpet has urged its readers to watch,Germany’s most popular politicianKarl-Theodor zu Guttenberg.

Hy skryf verder “So great is the crisis of leadership in the German government that the chancellor called a behind-closed-doors meeting with her coalition leaders for Sunday, January 17.”
A majority of Germans seeChancellor Angela Merkel as a weak leader,a poll suggested.”
In ‘n ander berig op The trumpet raak die Duitse bevolking toenemend ongelukkig oor Angela Merkel se toegeneëntheid teenoor Israel.
Lees ook gerus hierdie berig van The Trumpet (a New German defence Giant fulfills prophecy)
Die volgende is ‘n aanhaling uit Die Vaandeldraer November 2009.

“Kyk ons nou na Duitsland, Dit wil amper lyk of gebeure daar die aanloop kan wees vir sy gesig oor die “Duitse mililitêre leier wat na ons kant toe kyk”, en uiteindelik hulp gaan stuur.  Op 23 Oktober vanjaar het Angela Merkel die 37-jarige baron, Karl-Theodor zu Guttenberg, aangewys as haar nuwe minister van verdediging.  Dit skaars agt maande nadat sy hom aangestel het as min is ter van finansies, en hy die pos uitstekend behartig het – deur sy toedoen, is o.a. die Opel motormaatskappy van ondergang gered.  Baron Zu Guttenberg met ‘n doktorsgraad in politieke wetenskap se meteoretiese opgang is ongeëwenaard in die na-oorlogse Duitse politiek. Hy het Merkel self gevra vir die pos van verdediging. Net soos sy, is hy ook sterk konserwatief grootgemaak. Die liberale pers verwys dikwels snedig na sy verbintenis met verregses, soos Edmund Stoiber, en die eertydse konserwatiewe Duitse kanselier, Franz-Josef Strauss. Terloops, mnr. PW Botha het in sy boek, Stem uit die Wilderness, daarvan meld ing gemaak dat kanselier Strauss Suid-Afrika goedgesind
was.

Gedurende die Koue Oorlog was baron Zu Guttenberg se oupa bekend vir sy konserwatiewe uitsprake. Sy ma is in 1985 getroud met Adolf von Ribbentrop, die seun van Hitler se destydse min is ter van buitelandse sake, Joachim von Ribbentrop. Sy voorouers het ons gedurende die 2de Vryheidsoorlog nie net in ons stryd teen die Engelse bygestaan nie, maar van hulle was so entoesiasties oor ons taal dat hulle dikwels saam met die Boere van ons bekendste liedjies gesing het.  Siener het op 3 No vem ber 1915 gesien hy is tussen die Duitsers en hulle is baie plesierig, en onder hulle is daar ‘n man met ‘n swart hoed (keil) op sy kop wat na ons kant toe kyk. Edelliede dra dikwels by spesiale geleenthede ‘n swart pluiskeil of hoed op die kop.

Kan die verskyning van hierdie jong Duitse min is ter van verdiging dalk iets te doen hê met siener se bekende gesig van ‘n Duitser met militêre verbintenis wat ‘n belangrike rol gaan speel wanneer die vyf Duitse oorlogskepe hulle opwagting in Lüderitzbaai gaan maak? In hierdie stadium wil mens nie te veel sê nie, maar ons het betroubaar verneem dat van ons eie “konserwatiewe” volksgenote baron Zu Guttenberg reeds ontmoet het…”

Dit is baie opwindende tye waarin ons lewe met profesieë wat voor ons oë in vervulling gaan.Dit is nou die tyd, meer as ooit,dat ons ons verhouding met ons hemelse Vader versterk en opbou,want in die tyd wat vir ons volk voorlê is dit net Sy reddende hand van liefde en beskerming wat ons hierdeur gaan dra.


By Admin in Algemeen  .::. (Lewer kommentaar)

Dreigende burgeroorlog tussen Xhosas en ANC

‘n Baie interessante verwikkeling om dop te hou, is diè berigte wat deesdae die nuus haal oor die koning van die Xhosas nl. Buyelekhaya Dalindyebo van die Thembu stam.  Volgens diè berig op die webblad van die Afrikaner Volksparty (ANC en Xhosas dreig met burgeroorlog. Vrydag 8 Januarie) lyk dit nie net na ‘n ydele dreigement nie en as ‘n mens kyk na die lesersbrief in antwoord daarop (lesersbrief:Waarskuwing oor swart burgeroorlog.Saterdag 9 Januarie.) besef ‘n mens dat die verdeeldheid tussen die swart stamme in Suid Afrika al baie groot is en die krake in die damwal elke dag groter word.

Dit is ook baie interessant dat Mbeki en Mandela onder die sg. Thembustam resorteer.

Volgens ‘n nuusberig vandag op Radio Pretoria het Buyelekaya Dalindyebo se prokureur al op 14 Januarie 2010 ‘n sesessie op die parlement bedien waarin hulle verklaar dat hulle hulself nie meer beskou as deel van Suid Afrika nie en dat hulle nou voortgaan met hul eise.

“Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagpanhes. Sê: Staan reg en maak jou klaar,want die swaard het verslind wat rondom jou is.” Jeremia 46:14.




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.