Voorbereidheid is ‘n lewenstyl
Baie mense het Gustv Muller se DVD (veral DVD#2) gesien en hulself boeglam geskrik. Na die skrik-lamheid bietjie minder geraak het, het hulle voorsiening gemaak vir ‘n probleemsituasie. Dis goed so.
Om egter uit ‘n voorbereidings-oogpunt deur die lewe te gaan, loop wyer as net ‘n paar bokse vol kos en ‘n jerrykan of twee vol brandstof. Voorbeeld: Weet jy elke aand wanneer jy gaan slaap, waar jou skoene is? As jy vroegoggend wakker word en jou huis brand, en jy moet uit, hoe lank gaan dit vat om jou skoene te vind?
Hierdie redakteur is ‘n paar weke gelede deur ‘n buurvrou wakker geskree omdat ‘n oortreder die alarm-strale net buite haar voordeur gebreek het. Dit het heelwat sekondes geneem om net ‘n flits, die voordeursleutels en my bril te vind (die pistool was darem sommer onder die kopkussing
).
Die volgende aand het die flits en die voordeursleutels reg langs mekaar gele op die koffietafel in die voorhuis, en die bril was op die bedkassie…
Voorbereiding behels onder andere dat elkeen van ons moet dink oor moontlike situasies wat ons kan teekom, en dan ons reaksie vooraf te deurdink. Om besluite te neem onder hoë-stres omstandighede is moeilik, as jy vooraf beplan het gaan jy die planne outomaties in werking stel. Dis oor en oor bewys in bv. vuurwapenopleiding en selfverdediging, so spandeer NOU al die tyd om jou respons op sekere situasies deur te trap.
Almal wat met half-oop oë deur die lewe gaan, kan sien dat die situasie in Suid-Afrika afstuur op ‘n ramp. Dis tyd om realisties te begin kyk na ons situasie, en toepaslike reaksies op moontlike scenarios te deurdink.
