Archive for Oktober, 2009
Volgens SAKE 24 het die werkloosheid syfer aansienlik gestyg in Suid Afrika en is die hoeveelheid poste wat verlore gegaan het die hoogste in die aangetekende geskiedenis van die land.
“Werkgeleenthede word teen die vinnigste pas in Suid-Afrika se aangetekende geskiedenis tot niet gemaak, wys die jongste arbeidsmagpeiling wat gister bekend gemaak is.
Daarvolgens het 484 000 werkgeleenthede in die derde kwartaal verlore gegaan en het die land se amptelike werkloosheidskoers van 23,6% tot 24,5% gestyg .
Volgens Statistieke Suid-Afrika het die ekonomies onaktiewe deel van die bevolking in die derde kwartaal alleen met 510 000 tot 14,095 miljoen gegroei. Daarvan is 1,632 miljoen ontmoedigde werksoekers.
Dié syfers het ontleders onkant gevang. Volgens Standard Bank se ekonomiese afdeling lyk dit nou asof die amptelike werkloosheidskoers nog tot 27% gaan styg omdat werkloosheid ’n sloerende ekonomiese aanwyser is.
Tot dusver vanjaar het reeds 959 000 werkgeleenthede verlore gegaan.
“Ek het nog nooit so iets beleef nie. Dit lyk asof ons vanjaar heelwat meer as 1 miljoen werkgeleenthede gaan verloor. Dit kan aanhou tot selfs in die eerste kwartaal van aanstaande jaar,” sê mnr. Mike Schüssler, hoof van Economists.co.za.
Hy sê dat hy begin vanjaar voorspel het dat 300 000 werkgeleenthede verlore kan gaan. “Dit was destyds aan die hoë kant van voorspellings. Nou het een uit elke 18 poste in die land tot niet gegaan.” : BRON SAKE 24
Die geskiedenis het ook reeds vir ons bewys dat ekonomiese omstandighede een van die grootste faktore is in die aanloop na ‘n rewolusie. Met die ekonomie wat reeds baie druk plaas op die burgers van die land om te kan voorsien in hulle basiese behoeftes is dit dan tesame met die hoë werkloosheid nie ‘n gunstige posisie om in te wees in die land nie. Vakbonde wat steeds op gereelde basis stakings afkondig om sodoende werkgewers te dwing om onbekostigbare salarisse te betaal en stakings wat meer geweldadig word is ‘n aanduiding dat die rewolusionêre atmosfeer in die land meer momentum kry.
Dit is dus nie vergesog om te verwag dat Suid Afrika binne die volgende paar maande baie meer misdaad en geweld sal beleef indien die ekonomiese situasie nie drasties verander nie. Met die mentaliteit wat heers onder die massas dat daar ALTYD aan hulle versoeke voldoen moet word, en waar daar geensins klem gelê word op produksie vir vergoeding nie is dit dus te verwagte dat die (kommunisties gedrewe) vakbonde al meer onrealistiese eise sal na vore bring.
Indien ons dan ook in ag neem dat misdaad reeds ‘n baie “winsgewende” bedryf geword het weens die regering se onvermoeë om misdaad hok te slaan, kan ons dan ook verwag dat baie van die werkloses dit al meer aanloklik sal vind om by misdaad betrokke te raak. Ons kan dus binne die volgende paar maande ‘n redelike hoë styging in misdaad statistieke te wagte wees.
Gustav Müller sal môre aand 18:30 in Henneman alle Suidlanders en belangstellendes van die omgewing toespreek.
Vir meer besonderhede, kontak gerus vir Dup op 0724003332.
Een van die probleem-bestanddele wanneer mens brood bak, en nie maklike toegang tot die supermark het nie, is gis (yeast). Gewoonlik word gis droog gekoop en geaktiveer net voor die brood gebak word. Hiervoor is elke keer ‘n nuwe pakkie gis nodig, wat baie goedkoop is by die kafee op die hoek of die supermark.
Maar hoe gemaak indien ‘n vinnige toggie winkel toe nie moontlik is nie? Wel, daar is ‘n antwoord. Gis kan, met bietjie moeite, “lewendig” gehou word. Sien die volgende artikel op die “Preparedness matters” web-werf.
Dit lyk of die web-werf ‘n goudmyn van inligting kan wees vir mense wat hou daarvan om na hulself om te sien.
Van hier by Suidlander Redaksie wil ons graag al die kandidate wat Donderdagaand die Radio Amateur Eksamen aflê, sterkte toewens.
Indien u belangstel in amateur radio, die eksamen word by twee geleenthede jaarliks afgeneem (Mei en Oktober). Meeste klubs bied klasse aan (of kan dit reël), en hierdie stokperdjie is een van die kritieke vaardighede wat ‘n verskil sal maak in die geval van ‘n grootskaalse verlies aan infrastruktuur in die land.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga bedryf ‘n nood-kommunikasie organisasie, genaamd Hamnet, wat gereeld kommunikasie infrastruktuur en -kundigheid beskikbaar maak in noodgevalle. Baie amateurs berei ook draagbare radiostelle voor spesifiek vir gebruik in noodkommunikasie.
Indien enige Suidlanders belangstel, kontak ‘n Radio-amateur klub in jou omgewing, vir meer inligting oor die bekom van ‘n amateur lisensie, en hoe om op die lug te kom.
Gustav Müller sal op die 23ste Oktober 2009 (Om 19:00) as hoof spreker optree by ‘n Suidlander funksie wat gehou sal word by “Ons Tuis” op die hoek van Soutpansberg en Parker str in Pretoria.
Hierdie funksie form deel van die landwye toer wat Gustav huidiglik onderneem. Ons het reeds terugvoer gegee van verskeie ander funksies waar Gustav reeds opgetree het en die algemene terugvoer is dat die mense dit baie waardevol vind. Die boodskap wat Gustav huidiglik uitdra het ‘n baie diep geestelike inslag maar sluit ook ‘n vooruitskouing in van die omstandighede in Suid Afrika en waarheen dit onderweg is.
Na afloop van Gustav se toespraak sal die Suidersterre (Die Suidlander vroue) ook ‘n spesiale bespreking hê vir die vroue.
Ons nooi alle belangstellendes om die datum te boekmerk. Geen besprekings sal nodig wees nie, en u is welkom om al u vriende en familie ook te nooi om die aand by te woon.
Geleendheid sal gebied word vir persone wat nog nie deel is van omgee groepe nie om ook in te skakel.
Vir diegene wat geinteresseerd is in die wêreld se ekonomie, veral die van Amerika, is hier nog ‘n paar uittreksels uit nuusberigte wat ons onlangs raakgeloop het.
Alhoewel die Amerikaanse ekonomie ons nie direk raak nie, is dit onmoontlik om een land se ekonomie af te sny van die res van die wêreld. Dit IS moontlik, maar dan lyk jy soos Zimbabwië.
Net vanoggend het die finansiële kommentator op die radio die moontlikheid van 11 000 op die Dow Jones gemiddeld genoem (tans net onder 10 000). Hier is ‘n ander perspektief:
Dow will fall to 6300 by year end: Portfolio Manager
Twee professionele beleggingsfonds-bestuurders (van verskillende maatskappye) is van opinie dat die Dow by 6300 einde hierdie jaar, en 4200 by 2011, gaan draai.
Die koerante berig dat beleggers moet pasop vir goud – die onlangse prysverhogings word nie deur fundamentele faktore gesteun nie. Hier is ‘n ander perspektief:
GOLD: Breakout alert – powerful uptrend imminent
Dit is nie hier die plek om tegniese analise vs. fundamentele analise te bespreek nie (Google self), maar die grafieke (tegniese analise) toon ‘n klassieke patroon wat GEWOONLIK tot ‘n groot prys-breek boontoe gevolg word.
Nog ‘n artikel met ‘n stukkie interessante kommentaar is hierdie een in “The Silver Bear Cafe”. Die aanhaling uit die laaste paar sinne in die artikel is interessant:
“This system (securitization) which created the mess, cannot be restored. It required a strong currency, artificially low interest rates, and credulous investors who were unaware of the inherent risks of illiquid assets. Those conditions no longer exist, nor have they for more than two years. Even so, the Fed continues to pump blood into a corpse hoping for some fleeting sign of life. This is why an even bigger crisis cannot be too far off.”
Volgens die pessimiste is die ekonomiese STELSEL gebreek, en niks is nog gedoen om dit reg te maak nie. Om die waarheid te sê, al die geld wat in die stelsel ingepomp is om dit aan die lewe te hou, breek die stelsel nog verder.
Ons advies hier van Suidlander Redaksie: Hou maar jou oë oop, en moenie te veel glo wat die “ekonome” jou vertel nie. Onthou, hulle is die mense wat NIE hierdie krisis sien kom het nie (en die “leke”, die pessimiste, het!).
Net as finale stukkie humor, hier is ‘n video oor Ben Bernanke (hoof van die “Federal Reserve”, ook bekend as Helicopter Ben), se uitsprake oor die afgelope paar jaar. Onthou, hy is die ou wat almal vertel die resessie is “tegnies oor”:
Waarskuwing: dit is ‘n YouTube video, en gebruik ‘n baie bandwydte. Eintlik vir mense met vinnige internet verbindings.
The main stream media has totally ignored this month’s hate-speech in which all whites are ordered to be murdered by ex-freedom fighter Sam Nujoma, the founder and ex-president of modern-day neighbouring Namibia. Instead The Sunday Times could not wait to publish a very bad written article about last week’s “Volksvergadering” and blame speakers for hate speech.
Nujoma called on his people , speaking in front of the foreign newsmedia but only in his own language – to ‘beat in the heads of Englishmen with hammers’, and called for the murder of all whites. This has gone ‘apparently unnoticed’ by the Sunday Times and other mainstream news media. The only place the article appeared was in The Namibian.
Whites also threatened with genocide by neighbouring Namibia:
Any of these threatened Afrikaner families in South Africa who are hoping to flee to neighbouring Namibia to try and save themselves from annihilation by South Africa’s many tens of thousands of well-organised, heavily-armed ‘crime’ gangs – better think again.
This gigantic desert-country country of only 2.1-million people – 12.6% percent of whom are white and coloured Afrikaans-speakers.
Nujoma had prepared a speech in English for the benefit of the the assembled foreign news media – but had put it aside, instead speaking in Oshiwambo. The only black journalist who reported this hate-speech was Oswald Shivute from The Namibian.
The British want to be beaten up. Anyone find an Englishman, do so, beat him up,” Nujoma said. He said SADC countries are united and will stand up to anyone who violates the rights of one of its member countries.’Let us beat them … with hammers in their heads…’
“Let us beat them, not with knopkieries, but with hammers in their heads, if they touch one of our SADC countries,” Nujoma said.
“The whites must know that if they continue doing us harm, we will definitely beat them. They must take their hands away from Zimbabwe,” Nujoma told the Swapo crowd.
”They want to take President Mugabe away from his Presidential position in Zimbabwe, and then from there to us here. Be careful. If they come here we will show them and teach them a lesson as we did to South Africa during the liberation war,” Nujoma said. He called on all Namibians to be ready to fight against “the imperialists now killing people in Iraq and Afghanistan”, because it was possible that they would come to Africa next.
”Those (white) newspapers must know, the day God will be away from them, and Satan comes to them, we will deal with them,” Nujoma was quoted by local journalist Oswald Shivute, writing in The Namibian, as saying… (end quoted article)
Namibia imports 50% of all its cereal needs:
Comment: Of course Nujoma is entirely correct when he says that ‘imperialists’ – i.e. industrialising countries which also of course include Russia, China and India these days – want to ‘exploit its natural resources.
But this ‘exploitation’ also keeps his people alive: without the cash from its minerals, Namibians would basically starve to death as they need to import at least 50% of all their food-needs at the best of times. When there’s a ‘drought’ – in Namibia that’s nearly always – they are totally unable to create a sustainable agricultural community although living in a country just over half the size of Alaska – with only 2,1-million people.
Mining accounts for 8% of Namibia’s GDP, but provides more than 50% of foreign exchange earnings
Its rich alluvial diamond deposits make Namibia a primary source for gem-quality diamonds. Namibia is the fourth-largest exporter of nonfuel minerals in Africa, the world’s fifth-largest producer of uranium, and the producer of large quantities of lead, zinc, tin, silver, and tungsten. Yet the highly-mechanised mining sector employs only about 3% of thebest-skilled population while about half of the population depends on subsistence agriculture for its livelihood.
Namibia thus has to import at least 50% of its cereal requirements each year – and in its ‘drought years’ food shortages are at its most severe in rural areas populated by black subsistence-farming tribesmen.
This inability to feed themselves is startling: this gigantic African country has a surface-area of 825,418 sq km – yet in its past 25 years of ‘independence’ it has not bothered to expand one inch of its present 80 sq km of irrigated commercial farm land. And this tiny life-giving patch of reasonably fertile Namibian soil is there only because it was built up over many decades by white Afrikaner and German farmers carting in tons of guano from well-stocked bird-islands next to the bleak Namibian coast.
Just like neighbouring Zimbabwe and South Africa, the Namibian government also seems totally unable to build up any kind of sustainable agricultural sector to keep its own populatiion fed and prosperous – unless they allow experienced agricultural experts, mostly ethnic Afrikaners and other Europeans – to run their commercial-style farms. Yet African countries which have embraced European-style commercial farming and land-ownership registries – such as neighbouring Zambia – show that they can develop a sustainable agricultural sector if they really wanted to.
Dit is ‘n onbetwiste feit dat misdaad in Suid Afrika geheel en al buite beheer is en dat die veiligheidsmagte eenvoudig nie die vermoëe het om die misdaad onder beheer te bring nie. Dit is ook so dat die woorde van Zuma die week dat die polisie moet “skiet om dood te skiet” nogal heel goed op die oor kan val van die persoon wat reeds keelvol is vir die hoë misdaad syfers in die land.
Daar moet egter eers goed gekyk word na die implikasies van so ‘n stelling voor dit eenvoudig as ‘n oplossing vir die groot mate van wetteloosheid in die land aanvaar kan word.
Met die stelling word die gemmidelde polisieman feitlik sonder voorwaarde die mandaat gegee om as ondersoekbeampte, vervolger en regter op te tree. Dit beteken letterlik dat die polisie beamte, ongeag van die kans dat iemand dalk onskuldig kan wees in ‘n saak, summier die “doodstraf” kan voltrek op enige verdagte sou die beamte dit goed dink. Hierdie stelling is verseker ‘n baie roekelose stelling om te maak, en dan is dit nog bonop vanaf iemand wat in die hoogste posisie in die land sit.
Is daar nie dalk ook ander meer regverdigbare redes dat misdaad so erg buite beheer is nie? Wanneer ons kyk na die meeste ernstige misdade in die land is daar verseker ‘n neiging dat hierdie misdade in baie gevalle gepleeg word deur onwettige (en selfs wettige) imigrante vanaf ander Afrika lande soos Zimbabwe, Nigerie en Mozambique. Dus kan die afleiding gemaak word dat dit ter wille van misdaad bekamping ‘n uitstekende teenmisdaad aksie sal wees indien die invloei van buitelanders geensins verder geduld sal word nie, en dat die wat reeds hier is so spoedig moontlik gedeporteer moet word. Dit alleen sal reeds bydra tot ‘n verlaging in die misdaad syfers.
Die ander faktor wat ernstig oorweeg moet word is die verwoestende effek wat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in die veiligheidsmagte gehad het. SEB het tot gevolg gehad dat DIE beste polisie-manne en vroue die diens verlaat het aangesien daar baie ernstig teen hulle gediskrimineer word. Hierdie “breindrein” tesame met onvervangbare jare se ondervinding wat vir die polisie vir ewig verlore is het verseker ‘n onsettende effek gehad op die effektiwiteit van die SAPD.
Die (oneffektiewe) aanstellings in Senior posisies wat suiwer vanuit ‘n “polities korrekte” oogpunt gemaak is het verseker ‘n uitwerking gehad op die moraal van die polisie beamtes wat steeds toegewyd was tot hulle diens aan die publiek. Dit het ‘n duidelike boodskap gestuur dat politiek ‘n baie belangriker faktor is in die veiligheidsmagte as die welsyn van die burgers van Suid Afrika.
Om nou aan elke polisie beamte die “volmag” te gee om eenvoudig te skiet om dood te skiet is dus uiters onverantwoordelik teenoor die algemene burger in die land en gaan geensins die polisie in ‘n effektiewe misdaad voorkomings departement verander nie.
Wat dink Mnr Zuma sal die gevolge wees indien iemand onskuldig doodgeskiet word omrede die polisie beamte eenvoudig besluit het dit is nodig? Dit kan baie maklik aanleiding gee daartoe dat gemeenskappe in opstand kan kom teen die veiligheidsmagte en ’n aanloop tot algehele anargie in die land kan ontketten word.
Daar moet verseker BAIE, BAIE strenger opgetree word teen misdadigers. Maar daar moet eers hand aan eie boesem geslaan word voordat sulke uitsprake as “aanvaarbaar” uitgedra kan word. Die effektiwiteit van die polisiediens sal eerstens baie hard aan gewerk moet word. Die nodigheid om SEB af te skaf in die veiligheidsmagte sal onmiddelike aandag moet geniet, en effektiewe “oud” polisie beamtes moet weer aangestel word om sodoende die effektiwiteit terug te bring.
Hierdie “wilde weste” benadering gaan verseker nie misdadigers afskrik nie, inteendeel, dit gaan eenvoudig daartoe lei dat misdadigers beter bewapen sal wees en makliker en vinniger sal lostrek op die polisie of selfs die publiek. Die regering het nodig om hulle uitkyk te verander rondom “swartbevoordeling” en eerder baie meer aandag spandeer aan effektiwiteit om misdaad te voorkom. Redes vir misdaad moet deeglik ondersoek word en ‘n omgewing geskep word waar die redes wat aanleiding gee tot misdaad nie meer teenwoordig is nie. Eerder as om die polisie meer “brutaal” te maak sal dit dus ‘n BAIE beter oplossing wees om hulle eerder meer effektief te maak. Wanneer ons ook kyk na die afgelope paar weke se geweld gedurende stakings wat uitgevoer word teen korrupsie en swak dienslewering, dan sal dit dalk ook ‘n goeie idee wees om sommer alle staatsdepartemente meer effektief te maak eerder as net “polities korrek”.
Indien daar voortgegaan word met hierdie “skiet om dood te skiet” houding en aanstellings in staatsdepartemente wat gemik is op ”swart bevoordeling” eerder as effektiewe bestuur, is dit ‘n bewys dat stabiliteit nie werklik ‘n groot preoriteit is nie.
Mnr Zuma, alhoewel die polisie eenvoudig nie net kan toeskouers wees in ‘n vuurgeveg nie, is jou stelling gewaagd en onverantwoordelik teenoor die wetsgehoorsame burgers van die land!
