Archive for September, 2009

Die Suidlanders het die pas afgelope naweek die Volksvergadering te Vegkop Gelofte fees terein buite Heilbron bygewoon. Die vergadering het in relatiewe goeie gees verloop en dit was deurentyd duidelik dat die behoefte bestaan vir werkbare oplossings vir die huidige situasie in die land. Alhoewel daar (soos gewoonlik) heelwat verskille bestaan het onder die meeste groepe teenwoordig, het dit nie noodwendig as struikelblok in die pad gestaan vir goeie debatvoering nie.

Gustav Müller het ‘n uitstekende toespraak gelewer, waarna die hele gehoor hom met staande applous toegejuig het. (Geen ander spreker het dieselfde ondervind nie). Gustav se toespraak was hoofsaaklik gefokus op die feit dat die blankes nodig het om terug te keer na ons Skepper, en op Hom te vertrou.

Daar is na afloop van die vergadering twee kommitees gekies,’n Reëlingskommitee, en ‘n Tegniese kommitee.

Die Suidlanders wens graag die organiseerders te bedank vir die reëlings.

Saterdag aand, 26 September, het Gustav die Suidlanders in Vanderbijlpark toegespreek. Die gasvryheid van die Vanderbijlpark Suidlanders was ‘n riem onder die hart, en wens ons vir Willem en sy span te bedank vir die geleendheid om met hulle te kuier, die skaap op die spit was verseker ‘n hoogtepunt. (Julle kan dit gerus weer doen). Dit was ook duidelik dat daar nou reeds gevestigde omgee groepe is, en dat hulle werklik ‘n verskil maak in hulle medemens se lewens. Een persoon se kommentaar was “ons het nou een groot familie geword” 

Die bywoning van die vergadering was goed, en was die meeste mense baie positief na die vergadering. Naomi het ook die vroue toegespreek, en die terugvoer vanaf die vrouens teenwoordig was baie goed.      

Op spesiale versoek plaas ons die volgende:

247 Hektaar uitgesoekte, onaangeraakte natuurskoon in die suidoos Vrystaat.

Die gedagte is om maksimum 6 gesamentlike kopers te kry met naastenby dieselfde Godsdienstige, kulturele, etiese, morele en politieke waardes. Ek wil mense die geleentheid bied om meer hektare te bekom as die normale 1 of 2 hektaar in hedendaagse ontwikkelings. Beskikbaarheid van water kan ‘n beperkende faktor wees – dus die gedagte van maksimum 6 huishoudings. In so ‘n geval sal dit voordelig vir almal wees indien byvoorbeeld 2 huishoudings altyd tuis is, om nou en dan ‘n oog te hou oor die ander se huis. Hoewel misdaad feitlik nie ‘n faktor hier is nie, is dit steeds op SA bodem. In geval van meer as een koper, sal gesamentlike kopers waarskynlik ‘n maatskappy moet stig. Die maatskappy / BK / vennootskap / trust sal dus die koper wees. Deeltitel is nie ‘n opsie voordat ontwikkeling gedoen is nie.

Die hele gedagte is “self ontwikkeling” deur die kopers – daarom sal die prys baie laag klink. Ek wil kopers die geleenthied gee om self te besluit waar elkeen sy huis wil bou (dit sal grootliks bepaal word deur boorgate) en watter klas huis gebou word – ook dat kopers onderling vooraf oor sekere standaarde besluit. Kopers moet ook self besluit omtrent die standaard van heining wat opgerig moet word – nog ‘n rede vir die relatief lae prys.

Vir meer inligting gaan gerus na die volgende skakkel: Suid-Oos Vrystaat

Onlangs was dit die eenjarige herdenking van die finansiële krisis wat amper die Amerikaanse ekonomie gekelder het.  Binne een week in September 2008 het ‘n paar groot finansiële instellings (Lehman Brothers, AIG, Bear Stearns, Morgan Stanley, Fannie Mae, Freddie Mac) tot ‘n val gekom.  Van hierdie instellings is genasionaliseer deur die Amerikaanse regering.

Slegs die massiewe kapitaal inspuiting (wêreldwyd) van triljoene dollars het ‘n totale ineenstorting voorkom.  Die Amerikaanse regering het honderde biljoene (indien nie triljoene) dollars uit die lug gegryp om in die ekonomie in te pomp. Hierdie geld moet gefinansier word, uiteindelik deur ‘n toename in belasting.  Inflasie kan ook ‘n groot probleem word a.g.v. die ekstra geld in sirkulasie.

In die kort termyn verkry die Amerikaanse regering egter fondse deur geld te leen.  Die grootste besitters van Amerikaanse skuld is die Chinese regering ($800 biljoen), gevolg deur die Japanese regering ($724 biljoen).

Daar is verskeie ekonomiese waarnemers wat al vir baie lank waarsku dat, indien China en Japan (en ander lande soos Engeland, Hong Kong, en Brasilie) besluit om nie meer Amerikaanse skuld te koop nie, dit ‘n katastrofiese impak kan hê op die waarde van die dollar (en die Amerikaanse ekonomie).

Dit was dus vir ons besonder interessant om te lees dat die nuwe party aan bewind in Japan, ernstige geluide maak oor hul verhouding met Amerika.  Japan se nuwe eerste minister, Yukio Hatoyama, wil baie meer konsentreer op beter verhoudings met lande in Asië, en dreig om geen verdere skuld van Amerika te koop tensy dit in Yen (i.p.v. Dollars) gespesifiseer is nie.

Ook dreig die nuwe Japanese regering om van Amerikaanse weermaginstallasies in Japan ontslae te raak.

Lees gerus self meer oor hierdie besondere verwikkelinge:  Japan Abandons America

Graag wil ek vir ons mense bietjie terugvoering gee oor ons vergaderings sover gehou op ons toer.

 

In Port-Elizabeth is ons hartlik ontvang deur ons gasheer en gasvrou: Henna en Homan Grasman en `n lieflike verblyf daar gehad. Ons wil vir hulle ook weereens se, namens die Suidlanders, baie dankie vir julle gasvryheid en moeite met `n baie suksesvolle vergadering. By hierdie stampvol saal het oom Calie van Vuuren en Jimmy Gordon `n halfuur voor die aanvang van die vergadering die mense vermaak met kitaar en konsertina wat `n baie lekker warm atmosfeer geskep het. Oom Jimmy en Calie het ook met hierdie geleentheid hulle eerste CD (Karoo-Konsertina) bekend gestel waarvan hulle ook 50 dvds vir ons gegee het, wat op ons vergaderings beskikbaar sal wees vir belangstellendes. Dankie P.E.

 

Ons vergadering in Hogsback wil ek graag vir Prof Tobie Louwe bedank vir sy gasvryheid en braai wat hy gereel het. Daar het ons ook `n lekker vergadering gehad en wil ook dankie se aan mense wat tot sover as 200 km gery het daarnatoe. Hogsback, voorwaar `n pragtige dorpie in die Ooskaap. Baie Dankie.

 

Aan Rudi van die Suidkus wil ons baie dankie se vir die vergadering gereel op Kockstad. Waar daar ook `n goeie gees geheers het. Dankie vir die inboek by die gastehuis, dit word opreg wardeer, Rudi. Dankie Braam en Rudi vir die reel van die Durban vergadering waar ons `n lekker opelug vergadering gehou het. Ook vir Steven en Tersia vir die gasvryheid tydens ons verblyf by julle.

.

 

Pietermaritzburg vergadering, gereel deur Martina, wil ons ook baie dankie se vir al die reelings met die vergadering en ook die oornag fasiliteite wat vir ons gereel was. `n Baie sinvolle vergadering is hier gehou waarvan die wat dit bygewoon het verteenwoordigers was van ander groepe, soos Wartburg en andere. Graag wil ek my wens uitspreek, dat hierdie verteenwoordigers die dringendheid en die erns van dit wat ek met hulle gedeel het sal oordra aan hulle groepe.

 

Gisteraand het ons `n vergadering gehou in Ladysmith en wil ek die organiseerder bedank vir sy reelings in hierdie verband. Ook soos al die ander vergaderings, `n hartlike en eensgesinde gees wat hier geheers het. Net so is ons ook hartlik en gasvry ontvang deur Johann en sy vrou.

 

Daar is heelwat interresante verwikkelinge rondom onder andere die opleiding in Luhathla wat ek op my vergaderings met ons mense deel. Alle inligting wat ek op my vergaderings gebruik word uit ons daaglikse koerante saamgestel om vir u `n duidelike prentjie te skets van hoe alles oor die afgelope paar jaar steeds soos `n goue lyn afstuur op `n revolusie, wat nie meer te lank sal vertoef nie.

 

Boere Groete

 

Gustav Muller

Dit het onder ons aandag gekom dat daar die indruk bestaan dat Suidlander vergaderings ekslusief is tot slegs deelnemende Suidlanders en Suidlander groepe.

Graag wens die Suidlander bestuur dit onder almal se aandag bring dat ALLE geadverteerde Suidlander Funksies en Publieke vergaderings oopgestel is vir ALLE belangstellendes. Die vergaderings is NIE NET vir deelnemende groepe en persone nie!

Die Suidlanders het ‘n platform geskep waar ons bystand en hulp aanbied vir ALLE blankes in Suid Afrika. Deelname is vrywilliglik, hulp en bystand is vrywilliglik en geen beloftes word gemaak wat enige resultaat waarborg of verpligtend maak nie. Die platform het reeds menigte vriendskappe gesmee tussen mense en oplossings bewerkstellig in moeilike omstandighede.

Hierdie is ‘n gemeenskaps inisiatief wat gemeenskappe die geleentheid bied om binne hulle eie unieke omstandighede oplossings te vind vir moontlike bedreigings, binne ‘n omgewing waar eendersdenkende persone mekaar kan bystaan sonder om mekaar te oorheers.

Alle aksies en optredes val binne die heersende landswette van Suid Afrika en geen onwettige optrede of aksies word goedgekeur nie, daar is dus geen rede om enige blanke, wetsgehoorsame burgers uit te sluit van enige vergaderings of samekomste nie. Die organisasie beroep ons wel op die reg tot assosiasie.  

Ons het reeds in Augustus kennis geneem dat daar in September ‘n SADEC militêre oefening sal plaasvind in die omgewing van Lohatlha in die Noord Kaap.

Die oefening bestaan uit verskeie SADEC lande se weermagte wat ongeveer 6500 soldate, polisie en ondersteuningspersoneel insluit.

Die rede vir die oefening is om te bepaal of die SADEC streek ‘n vredesmag suksesvol sal kan ontplooi indien ‘n land in ‘n staat van anargie sou verkeer.

Ons het reeds mense gehad wat ons gekontak het en gerapporteer het dat hulle “vreemde soldate” in die omgewing opgemerk het. Die tipe oefeninge is egter niks nuuts nie, maar is wel die grootste sedert ’94 wat in Suid Afrika aangebied word.

Ons wens ook vir die lersers daarop te wys dat die oefening nie noodwendig dui op ‘n spesifieke probleem wat mag ontstaan nie, en dat die beplanning van so ‘n operasie selfs jare vooruit gedoen word vanwee die geweldige logistieke beplanning wat saam met dit plaasvind.

Lees gerus meer in die artikel wat reeds op die 19de Augustus op NEWS24 gepubliseer was.

Hier is 2 handleidings wat u gerus kan aflaai en bestudeer:

Oorleefhandleiding:

Mediese Handleiding:

(Deur Naomi Müller)

In `n boek ‘Vroulike verwagtinge en Manlike Fieterjasies’ Geskryf deur: Isak de Villiers stel hy:

“`n Vrou is die een wat bepaal waar en hoe die huis is. `n Gesin se huis is waar die moeder is. Sy maak of breek die huis. Maar `n man moet daardie huis beskerm en van lewens-middele voorsien.”

Dis vir my `n pragtige stelling. Ons as vrouens se taak in hierdie wêreld is groter en baie belangriker as wat ons besef.

As jy weer moedeloos raak wanneer jy by die huis dalk moet sit met die nuwe baba, of `n deur nag met hom/haar moet worstel, of as jy `n werkende moeder is en die middag na werk lyk die huis asof `n orkaan dit getref het, die wasgoed moet gedoen word, tonne strykwerk lê en wag, die kinders moet gebad word, hulle huiswerk moet gedoen word, die huis moet aan die kant, skottelgoed moet gewas word, vloere moet skoon, gordyne en linne moet gewas en gestryk word, badkamers moet skoon, jou man/jou man en kinders moet kos kry, en dan verwag die lewensstyle van vandag dat jy `n inkomste moet verwerf op een of ander wyse. . . Dink net, wat sou van die huishouding geword het sonder jou! Maar net soos wat jy as vrou van kardinale balang vir die huishouding is, so is jou man se insettinge net so belangrik, omdat hy die broodwinner en die beskermer van die huishouding is. Soos die Woord sê: Die een kan nie sonder die ander nie!

Sal jy my verskoon as ek sug dat ek ook net eenmaal aan Christus se voete wou sit, soos, Maria? Sy het die goeie dinge gekies, het Jesus gesê.

Een ding is ek seker van; as daar in Christus se tyd tydskrifte en sielkundiges was, sou Maria nie aan een van hulle geskryf het nie? Sy het immers by die Meester Self geleer.

Wat my weer laat dink; dalk kan ons, deur net ons oë in gebed te sluit, ook aan Sy voete sit?

Dis `n kosbare seën wat ons het om aan Christus se voete te sit en met Hom praat. Die Eer hê om met Hom ons hartsbegeertes en hartsere te deel en weet dat Hy altyd daar is om na ons drome en hoopvolle harte te luister. As ons net kan leer om ons lewens ten volle in Sy hande neer te lê! Sonder om in te meng! Ek weet dit is moeilik, ons as mense wil soms NOU `n ding gedoen hê, en dit is nie noodwendig die tyd wanneer God dit aan jou wil gee nie en wanneer jy dan begin om dit uit Sy hande te wil neem en self te probeer uitsorteer. Wanneer dit gebeur dan vat dit gewoonlik net `n rapsie langer as wat dit sou vat en jou frustrasies raak net meer. Dis seker een van die moeilikste dinge om te oorbrug en reg te kry. Die enigste manier hoe ons dit gaan kan doen, gaan kniel voor Jesus se voete en vra vir Hom om jou die leiding te gee wat jy nodig het vir wat ookal belangrike taak jy het om te verrig. GLO my, dit is die ENIGSTE manier hoe jy moeilike tye gaan oorbrug.

God is nog altyd net waar Hy is, was en sal vir Ewig wees. Dit is JY wat jou van Hom af terug hou. Gaan kniel voor Sy voete en sluit jou oë in opregte gebed! Hy deursoek harte, nie dade en uiterlikke nie! Hy het jou immers geskep, Hy ken jou beter as wat jy jouself ken! Daar is NIKS wat jy vir Hom kan wegsteek nie! Hy weet klaar wat jou hartsbegeertes is en ken jou teëspoede en seer. Wees bereid om te leer uit jou foute, en teëspoede, hulle kom nie verniet oor ons paaie nie en dank Vader daarvoor, want selfs hulle het hy oor ons paaie gebring.

En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons hardte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Romeine 5:3-5

    Bid or Buy

Program vir vergaderings gehou deur Gustav vanaf 16 September 2009 – 29 Oktober.

Tema: Op die vooraand van `n Revolusie in Suid-Afrika.

Enige navrae oor vergaderings, skakel Naomi by: 0728737005

Ek Naomi Muller doen `n versoek dat die vroue hierdie vergaderings aktief sal bywoon, aangesien ek ook met hulle `n woordjie van bemoediging wil meedeel. Hierdie is `n volksoorlewings saak. Net soos die mans hulle afdeling het waarin hulle die volk sal dien, so het die vrou, `n ontsettende belangrike rol om te speel, waaroor ek graag met julle wil gesels.

Woensdag, 16 September: Port Elizabeth

Vrydag, 18 September: Oos Londen

Saterdag, 19 September: Kockstad

Sondag, 20 September: Durban

Maandag, 21 September: Pietermaritzburg

Dinsdag, 22 September: Ladysmith

Donderdag, 24 September: Kroonstad

Vrydag, 25 September: Vegkop

Saterdag 26 September: Van der Bijl Park

Maandag, 5 Oktober: Witbank

Dinsdag, 6 Oktober: Waterval Boven

Woensdag, 7 Oktober: Nelspruit

Donderdag, 8 Oktober: Hoedspruit

Vrydag, 9 Oktober: Phalaborwa

Saterdag, 10 Oktober: Pietersburg

Sondag, 11 Oktober: Louis Trichardt

Maandag, 12 Oktober: Potgietersrus

Dinsdag, 13 Oktober: Brits

Donderdag, 15 Oktober: Oos Rand

Vrydag, 16 Oktober: Nigel

Maandag, 19 Oktober: Krugersdorp

Woensdag, 21 Oktober: Zeerust

Donderdag, 22 Oktober:Rustenburg

Vrydag, 23 Oktober: Pretoria

Saterdag, 24 Oktober: Johannesburg

Maandag, 26 Oktober: Migdol

Dinsdag, 27 Oktober: Welkom

Woensdag, 28 Oktober: Bloemfontein

Donderdag, 29 Oktober: Phillipolis

    Liberty Life

Ons lees in hierdie News24 artikel dat Malawi nou vier Suid-Afrikaners uit die land gegooi het.  Volgens die name van twee van die lede in die berig is dit waarskynlik wit mans.

Die mans, volgens die artikel, is kopers vir tabakmaatskappye, wat tabak op vendusies moet koop.  Die oortredings waaraan hulle hulself, volgens die regering van Malawi, skuldig gemaak het, sluit in:

“sabotaging the economy”
“harming tobacco growers”
“stealing from poor farmers”
“an act of hostility to our country”
“enemy of the people”
“undermine the government”
“make fun [of the president]”

Hulle is ook “kolonialiste” genoem.

So, manne (en dames), bly weg van vendusies af!  Voor jy jou kom kry, as jy nie hoog genoeg bie nie, is jy dalk ‘n terroris!