Archive for Augustus, 2009

Ons praat al lank hier by die suidlanders dat ons onsself moet voorberei vir ‘chaos’ wat gaan kom… en toe tref die finansiele krisis die wereld; en ook vir ons…

Daar is nog ‘n krisis wat op ons voorstoep is: voedsel.  Indien dit moontlik is, gaar ekstra voedsel op (selfs al is dit meer as wat jy sal kan vervoer as jy moet vlug), want voedsel gaan binnekort BAIE skaars wees oor die HELE wereld.

World Running Out Of Food Before Our Eyes.

India: One Disaster Away From Disaster.

Catastrophic Fall in 2009 Global Food Production.

Gaan doen net ‘n soek op die internet oor “food shortage”.  Daar is BAIE min kos oor…

    Bid or Buy

Although the swine flu has become a global pandemic, infecting hundreds of thousands of people worldwide, an Israeli doctor says it’s time put it in perspective.

Dr. Yuval Rabinovich, medical director of the Leumit health clinic in Arad, told Israel National News Monday that the swine flu is relatively mild, as influenza viruses go. “More people die each year in Israel from routine influenza than have died from the H1N1 virus,” he said.

http://www.israelnationalnews.com/News/News.aspx/132819

Ons as Suidlanders het oor die afgelope paar jare al verskeie waarskuwings uitgereik rondom die politieke en sosiale omstandighede in Suid Afrika. Die agteruitgang in die land in verskeie omgewings is duidelik sigbaar on op die stadium bykans onkeerbaar. Ons sien daagliks hoe misdaad aan die orde van die dag is, korrupsie onder staatsamptenare en leiersfigure is niks nuuts nie, geweldadige “onverklaarbare” moordveldtogte wat deur die land woed en talle onskuldige vrouens, kinders en mans se lewens ongenaakbaar beinvloed.

Die wêreld ekonomiese krisis het ons ook nie onaangeraak gelaat nie, en ons sien hoe die armoede onder die blankes en ander nasies in Suid Afrika daagliks sy tol eis. Tog is daar nog heelwat mense wat nog nie die volle impak van die situasie verstaan of “wil” verstaan nie. Te veel mense leef nog te lekker in sy spog woonbuurt met al sy veiligheidswagte en elektroniese “gadgets” wat die indruk skep dat hulle veilig is. Die oorvloed nuusberigte in die media wat die daaglikse moorde en misdaad in die land publiseer het nou al die gevolg dat mense dit as “deel van die lewe” aanvaar en nie eens meer geskok is omtrent dit nie. Mense is op so stadium dat hulle al geheel en al apaties is teen al die negatiwiteit in die land, bykans soos ‘n volstruis met sy kop in die grond.

Die agteruitgang van dag tot dag is minder sigbaar as mens nie die verlede in oënskou neem nie, en tog, wanneer ons gaan terugkyk na hoe die lewe was ongeveer 18 – 20 jaar gelede, dan besef ons hier is groot fout. So vertel ek die ander dag vir my kinders dat die huise in die buurt waar ek grootgeword het nie eens heinings om gehad het nie, net sekere huise was toegerus met diefwering, en ‘n alarmstelsel het ons nie eens geken nie. So ook onthou ek hoe ek as kind kon loop net waar ek wou, alleen sonder om bekommerd te wees dat ek aangerand, beroof of selfs gemoor sou word. Dit laat mens tot die besef kom dat ons kinders se jeug eintlik van hulle gesteel is, hulle is elke dag bewus van al die geweld en misdaad om hulle. Skool terreine met sekuriteitswagte, palissade en elektriese omheinings, die feit dat hulle nie sorgeloos op hulle fietse kan ry na hulle maatjies toe nie. Is dit werklik hoe ons Vader in die Hemel ons lewensomstandighede wil sien?

Wanneer ons kyk na die groot verskil tussen ryk en arm in die land, en ons neem in ag dat elke gemeenskap ‘n mentaliteit (hoe ‘n persoon optree vanwee sy morele waardes, ondervindinge, kultuur en geloof) van sy eie het, en dat hierdie verskil in mentaliteit nie noodwendig versoenbaar is nie, dan besef ons ook dat gemeenskappe verskillend dink en redeneer oor spesifieke aangeleenthede en dat daar ook ‘n enorme gaping is in morele waardes. Dit is hierdie verskil in denke wat een van die grootste gevare is in Suid Afrika, aangesien die persoon in sy R4miljoen huis met sy DDM (Duur Duitse Motor) verwag dat die persoon wat in die plakkerskamp woon dieselfde morele standaarde moet handhaaf. Hierdie onvermoë om die verskille te interpreteer en te verstaan is dit wat uitgebuit word deur die radikale kommunis, en dit is hier waar die motivering van die massas plaasvind deur te sinspeel op die enorme klasse verskil, en die wat “het”en die wat “nie-het” nie.  Deur ‘n klimaat te skep waar die massas geintemideer word met die rykdom van die “Elite”, en deur hulle denke te rig volgens kommunistiese ideologie, skep dit ‘n ryp atmosfeer vir revolusie.

Dit het tyd geword dat ons moet besef dat daar baie wyer gekyk moet word na wat om ons aangaan. Hierdie is nie ‘n “rasse” kwessie nie, maar eerder ‘n “klasse” kwessie wat gefundeer is in die Kommunistiese Ideologie en so omskryf word in die Kommunistiese Manifesto. Ons bevind ons tans in ‘n vêr gevorderde oorgangsfase tussen kapitalisme en Sosialisme. Ons moet ook besef dat dit nou meer as ooit belangrik geraak het dat ons eerstens as behoudende Blankes en tweedens as Volk moet begin om die onbenullige twis onder mede blankes moet laat staan, en begin om saam te werk en weerstand te bied teen die ideologiese stelsel wat op ons afgedwing word. Met weerstand bedoel ek geensins geweldadige optrede nie, maar daar is wel sekere ekonomiese en politiese weerstand wat ons kan bied, maar ons sal dit slegs kan doen as daar eenheid is. Daar is immers ‘n gesegde wat sê: “United we stand, divided we fall”

Dit is dus uiters belangrik dat ons moet besef dat die legkaart van wat aan die gang is gebou word rondom ‘n baie wye spektrum van invloede. Hierby kan ons insluit, wêreld ekonomie, politiek, opvoeding, media, geloof, kultuur, moraliteit, libiralisme, humanisme ens.

Deur aanhoudend net op een of twee van die onderwerpe te fokus maak ons blind vir die volle omvang van die bedreiging.  Hierdie stryd is ‘n stryd van oorlewing van ware Christelike geloof.

Die Suidlander waarskuwing in die verlede het slegs op sekere aspekte van die bedreiging gekonsentreer.  Omdat voorbereiding op hierdie (dringende) aspekte nou relatief volledig is, is dit belangrik om ons fokus na die wyer bedreiging te sprei, en nie onsself blind te staar teen een of twee simtome van die bedreiging nie.

    Autostyle Motorsport

Hier is ‘n artikel op ‘n “blog” wat heelwat grafieke bevat om die ekonomiese situasie met prentjies voor te stel.  Die artikel is minder as ‘n week oud, en uiters insiggewend (alhoewel effens tegnies).

Uittreksel: “The majority is always wrong.” Right now the majority believe we are exiting the crisis. They are just plain old fashioned WRONG – again.

en later,

That is a HUGE divergence from what’s occurring in the equity markets and from what you hear on television from the supposed experts.

Die artikel is ‘n besliste moet-lees!

It would seem that the Americans are preparing for riots during the planned roll-out of a H1N1 serum.  This article describes a practice run by the National Guard, preparing for possible riots, if people get out of control trying to get to a serum.

In an unrelated story, there has been a report of concerns over side effects of H1N1 vaccines.  This British Daily Mail article describes the concerns of neurologists of an increase in the instances of a brain disorder, linked to the vaccine injections.

In 1976, a swine flu vaccine killed more people than the flu did.  The report refers to that incident (where the vaccine was also not sufficiently tested).

Volgens die “Failed Bank List” wat deur die Amerikaanse FDIC (Federal Deposit Insurance Corporation) bygehou word, het nog 5 banke die afgelope week bankrot gespeel.  Een van die vyf (Colonial BancGroup Inc.) is die grootste bank hierdie jaar (die grootste bank om te faal sedert Washington Mutual Inc. verlede jaar). Syfers word elke Vrydag bygewerk.

Dit bring die totaal vir 2009 op 77 te staan, en 103 sedert begin 2008.  In teenstelling hiermee het daar in die sewe jaar VOOR 2008 slegs 25 banke in totaal bankrot gespeel (dit sluit die vorige Amerikaanse resessie laat in 2001 in).

Jaarlikse syfers:
2001 – 4
2002 – 11
2003 – 3
2004 – 4
2005 – 0
2006 – 0
2007 – 3
2008 – 26
2009 – 77 (“and counting…”)

Volgens die Business Day koerant het kleinhandelverkope met 6.7% geval in die in die jaar Julie 2008 tot Junie 2009, vergeleke met ‘n val van 4.4% in die jaar Junie 2008 tot Mei 2009 (bron:  SA retail sales down 6.7%).

In ‘n ander artikel berig die Business Day dat vervaardiging met 17.1 persent af is oor die afgelope jaar (bron:  More pain as factory slowdown persists).  Jeff Schultz, ekonoom by Absa Capital: “This (data) helps to support our view that SA’s recession is likely to have hit a little deeper, and a little later, than we had previously envisioned,”

Verder:  “We therefore believe that the SA economy is likely to lag the global recovery quite significantly.”

Ekonome reken nou dat die BBP (Bruto Binnelandse Produk) met 2% gaan val hierdie jaar.  Daar is egter ekonome wat reken dit kan op tot 5% wees.

Die belangrike ding om op te let is die volgende:  ekonome was verkeerd oor die resessie (in die verlede), en stem tans nie saam nie.  Van hulle moet dus verkeerd wees, en die moontlikheid bestaan dat almal die resessie onderskat (of oorskat).

Verder moet opgelet word dat Suid-Afrika agter die res van die wereld is, en dit eers beter hier sal gaan nadat dinge oorsee regkom.

Ons raad (en ons is NIE ‘n geregistreerde finansiele adviesburo nie, maar ons het ‘n bietjie “common sense”):  Moenie nou geld spandeer op luukshede (soos ‘n nuwe motor, televisie of duur vakansie) nie, spaar eerder die geld (of betaal skuld af).

Dit is ons opinie dat die ekonomiese speelveld (wereldwyd) besig is om vir altyd te verander.  Die verbruikers-mentaliteit wat die afgelope jare/dekades ontstaan het, is waarskynlik iets van die verlede.    Die beste belegging wat jy kan maak is om van skuld ontslae te raak, hoe duurder die skuld, hoe groter die prioriteit (bv. kredietkaarte voor huislenings!).

Op 24 November 2008 het ons op hierdie blaaie ‘n bydrae geplaas oor (onder andere) die Amerikaanse regering se oortrokke rekening.  Op daardie stadium was die nasionale skuld in Amerika 10.663 triljoen (miljoen miljoen) dollar.  Oorspronklike artikel:  Die “Finansiele Krisis”

In die artikel word genoem dat verlede jaar se begrotingstekort amper $500 biljoen was, teenoor $163 biljoen die jaar voor dit.

In vandag se nuus (Geithner asks Congress to Increase Federal Debt Limit) word berig dat Timothy Geithner die Amerikaanse Kongres gevra het om ‘n toename in die land se “oortrokke limiet” goed te keur – die limiet is tans op $12.1 triljoen.  Hy vra dat die Kongres dit doen voordat hierdie limiet (in omtrent twee maande) bereik word.

Die nasionale skuld (volgens die National Debt Clock webwerf) staan vandag op $11.667 triljoen.  In ons vorige artikel is berig dat die skuld teen gemiddeld 4 biljoen per dag groei.  As ons die groei (1 triljoen dollar) oor die laaste 9 maande neem, werk dit uit op so $3.7 biljoen per dag – so die groei is nog steeds min of meer dieselfde.

Soos voorheen berig, is die Amerikaanse regering se inkomste uit belastings omtrent $7.5 biljoen per dag – die ekstra skuld is omtrent die helfte van die inkomste.  D.w.s. die Amerikaanse regering spandeer omtrent 150% van hulle inkomste – duidelik nie in enige termyn volhoubaar nie.

Moet dus nie julle asem ophou vir die ekonomiese oplewing wat algemeen beloof word nie…

P.S. die begrotings tekort vir hierdie jaar beloof om sowat $1.8 triljoen dollar te wees, meer as TIEN maal die syfer twee jaar gelede.  En die belangrike aanhaling uit die Wall Street Journal artikel is die volgende:

“It is critically important that Congress act before the limit is reached so that citizens and investors here and around the world can remain confident that the United States will always meet its obligations,”

Wat Geithner hier se is dat die Amerikaanse regering SLEGS sy beloftes kan nakom deur ekstra skuld (d.w.s. ekstra beloftes) te maak.  Dit ruik vir ons hier by Suidlanders Redaksie soos ‘n piramide-skema (in Amerika bekend as ‘n Ponzi scheme).

Net ter inligting, hier is ‘n handige blad oor sonsteek en dehidrasie:

Dehydration and Heat Stroke

Die bladsy word deur die Universiteit van Maryland (Amerika) se mediese departement bygehou.

Na aanleiding van die verval van by-populasies wereldwyd (die sogenaamde “Colony Collapse Disorder (CCD)” waarvan die oorsaak nog nie 100% bekend is nie), waaroor hierdie blad al voorheen berig het, het ‘n Britse organisasie ‘n kuns-korf bekendgestel.

Die doel van die oefening is om mense aan te moedig om bye in hul tuine of op hul dakke aan te hou, om die by-populasie groter te maak.  Die plastiek korf is 1 meter by ‘n halwe meter, maar teen 500 pond ‘n bietjie duur!

Die verval van byekorwe het einde 2006 in die nuus verskyn.  Voorheen het dit ook gebeur, maar nooit op die skaal wat sedert toe gesien is nie.  Oorspronklik was dit sigbaar in Amerika, maar dit het uitgebrei na Europa, veral Engeland.  Volgens Wikipedia het die Britse by-populasie in twee jaar met meer as 15% gedaal.

Bye is natuurlik van kardinale belang vir die mens, aangesien die oorgrote meerderheid van ons geplante voedsel deur bye bestuif word.

Bron:  UK conservation agency launches plastic beehive