Archive for Junie, 2009
Die leier van die Suidlanders, Gustav Müller, tesame met die ander aangeklaagdes (Henk du Preez en Suné) is vanmiddag in die hof vrygespreek op alle klagtes teen hulle.
Die redaksie en alle Suidlanders wens ons gelukwense oor te dra aan Gustav, Henk en Suné, ons is saam met julle baie dankbaar dat die moeilike tye waardeur julle gegaan het nou uiteindelik tot ‘n punt gekom het.
(Hou gerus die blad dop vir verdere kommentaar)
Baie sin en baie onsin is onlangs geskryf oor die toestand van die wêreld-ekonomie, die oorsake en die gevolge van die onlangse insinking. As mens dit noukeurig volg, is die prentjie redelik skrikwekkend, maar meeste mense het nie die tyd en die lus om gereeld oor die goed op te lees nie.
Die gemiddelde man op straat se ekonomiese inligting kom van die hoofstroom nuusmedia af, en as mens uitsluitlik daarna luister, sou jy kon begin glo dat die resessie besig is om te draai, en dat dinge nie so erg is nie.
Twee Amerikaanse ekonome het die onlangse ekonomiese geskiedenis grafies met die Groot Depressie (1929-) vergelyk. Die prentjie lyk nie goed nie. Dit is moontlik dat ons op pad uit die insinking is, maar dis net so (indien nie meer) moontlik dat die ergste nog op pad is (en vir JARE gaan wees). Hier is ‘n skakel na die bladsy:
Voor die Tweede Wêreldoorlog het die Eerste Wêreldoorlog as die “Groot Oorlog” bekend gestaan. Ons wonder of ons kinders en kleinkinders na 1929 sal verwys as die “Eerste Depressie”…
“Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.” – Jes. 54: 7,8
Daar kom baie keer oomblikke wanneer ons totaal moed verloor, wanneer die lewensstryd onoorwinne lyk en die wêreld rondom ons ons gulsig insluk om ons te verdruk in sy genadelose buik van bekommernisse, geldprobleme, pynlike hartsake, hartverskeurende verlies en die frustrerende onsekerheid van wat voorlê.
Lig jou kop `n bietjie op die volgende keer wanneer jy met jou skouers laag gesak by die voordeur van jou woning uitloop. Strek jou arms uit na die hemele en glimlag met jou gesig in die son se strale in. Dink net hoe dankbaar jy kan wees vir net daardie sagte strale wat knyp aan jou wange, die ligte briesie wat wulps teen jou arms op kruip, haal diep asem, ruik… wat meer kan ons voor vra, want op daardie oomblik is jy deel van God se skepping en nie net `n masjien wat daagliks aanrol en dag na dag deur worstel nie.
Uit die Konsentrasiekamp-Gedenkreeks, verklaar G.D. Scholtz, o.a. oor die toestande na die sluiting van vrede:
“Al was die mense nou weer by hul tuistes terug, was hulle daarom nog nie uit hul ellende verlos nie. Mense moes per trein na die naaste spoorwegstasie na hul wonings vervoer word. Daar moes dan op die een of ander manier vervoer na hul verwoeste wonings gereel word – en dit per perdekar of ossewa. Die mense moes van voedsel voorsien word totdat hulle self in staat was om in hul eie behoeftes te voorsien. Soms sou dit enige maande duur voordat `n gesin weer selfversorgend was. Om die ellende te verhoog, was die somer van 1902-03 besonder droog. En dit het die herstel vertraag. Na alles wat in die oorlog verduur moes word, het nuwe ellende duisende Afrikaners in die gesig gestaar. Ds. S.J. Van der Spuy van Zeerust in die Transvaal het nog op 4 September 1903 geskryf: ‘Vele bleeke aangezichten worden gezien en mijne overtuiging is, honger is de oorzaak ervan. Gedurig komen noodlijdenden naar mij met tranen in de ogen zeggende: ‘Help mij tog, wij hebben niets om te eten.’.”
So volgende keer wanneer jy by jou woning instap, of in die straat afstap… stop vir `n oomblik en wardeer dit wat jy op daardie oomblik ervaar. Dalk kan dit jy wees wat eendag van die veld af terug kom en weer vanvoor af moet begin…
Deur Naomi Muller
Vir diegene wat nog nie ‘n gryp-en-hol rugsak gereed het nie (voorheen in hierdie bladsye beskryf), en die wat dink Australië is die toppunt van veiligheid en verteenwoordig die teenoorgestelde van alles wat in SA verkeerd is, lees gerus hierdie berig in ‘n Australiese koerant:
Melburnians urged to have Go Bags ready in case of evacuation
Let op dat die artikel nie sê iets gaan verkeerd loop nie, dis net vir “ingeval”. Dis ‘n goeie idee. Dit is natuurlik wat ons hier by die Suidlanders ook sê (ons glo ook dat die kanse dat ‘n noodtoestand in Suid-Afrika ontwikkel, GROTER is as in Australië (alhoewel ons nie so vreeslik onder natuurlike rampe deurloop as ander wêrelddele nie)).
Die meeste mense besef nie dat ons elke dag deur die media “gebreinspoel” word, eenvoudig deur die emosionele of gevoelswaarde van terme en woorde wat gebruik word nie. Dis natuurlik ‘n ou politieke laai, wat al vir baie jare gebruik word om jou opponente af te kraak.
Ons dink hier aan byvoorbeeld drie terme wat gebruik kan word om ‘n konserwatiewe persoon te beskryf. “Konserwatief” is ‘n redelik neutrale woord, ons verkies “Behoudend”, wat ‘n positiewe konnotasie het, en die liberalis sal van “Verkramp” praat (negatief).
‘n Ander uitstekende voorbeeld is die term “xenofobiese aanvalle”. Die woord xenofobie se kerne is “xeno” wat vreemdeling beteken, en “fobie” wat onredelike vrees beteken. Die implikasie is dat die aanvaller bang is vir die vreemdeling. Ons hier by Suidlander Redaksie is oortuig dat die gemiddelde aanvaller in die sg. xenofobiese aanvalle baie sterk sal aandring dat hy nie BANG is vir die vreemdeling nie, maar dat hy NIKS VAN HOM HOU NIE en hom nie daar wil hê nie (HEELTEMAL ‘n ander klem as wat die term impliseer).
Die bostaande tegnieke word by uitstek in die politieke retoriek van die Kommunistiese ideologie gevind. In die terme van die ou USSR, wat onder andere gepraat het van die “valiant red army” en die “decadent capitalist pigs” – beskrywings met waarde-terme om groepe te karakteriseer (terloops, beide beskrywings is onakkuraat).
Ons hoef onsself ook nie te beperk by die ou USSR om voorbeelde te kry nie – die ANC se nuusbrief is genoeg van ‘n bron van hierdie retoriek (om nie van hulle meer liberalistiese alliansie-vennote, Cosatu en die SAKP se literatuur te praat nie).
‘n Onlangse voorbeeld (voorheen op hierdie blad aangehaal) is waar die ANC die stelling maak: “South Africans are requested to do away with “the idolisation of the value system which sees individualism and material possessions as the pinnacle of success”.
Wat hierdie skrywer probeer bereik is om mense wat glo in beloning vir individuele prestasie (hierdie Redakteur is onbeskaamd een van hulle), as “minderwaardig” (in terme van karakter) uit te beeld. Die doel is om die kommunistiese ideaal van “almal is gelyk” te bevorder.
Hierdie uitkyk is natuurlik ongelooflik aantreklik vir mense wat nie wil of kan presteer nie. As ons almal gelyk beloon word, ongeag individuele prestasie, trek die nie-presteerder al die voordeel, terwyl die presteerder ingedoen word (en die dryfveer vir prestasie verloor). Dit is natuurlik dan ook ‘n fatale fout in die kommunistiese ideologie – die “ideale man” wat beskryf word, bestaan nie.
Die Suidlanders is in die proses om ‘n Artikel 21 maatskappy te registreer (wag tans vir terugvoer vanaf die Registrateur). Daar sal ‘n bankrekening vir die maatskappy geopen word. In die tussentyd het ons ‘n bankrekening wat vir die uitsluitlike gebruik van die Suidlanders beskikbaar gestel is deur ‘n lid, waar ons donasies kan ontvang.
Die doel van die fondse is om aangewend te word ter uitbreiding van die Suidlander organisasie, d.w.s. vergaderings ens., asook ander aksies (soos die dokumentêre DVD wat ons beplan).
In die toekoms sal alle aankope van DVDs, lapelwapens ens. deur hierdie bankrekening gekanaliseer word, en oorbetalings na privaat rekenings sal uitgeskakel word. Enige donasies kan in hierdie rekening inbetaal word. Daar sal boekgehou word van alle transaksies, en die state sal op aanvraag aan streeksleiers beskikbaar wees om beskuldigings van korrupsie te voorkom.
Die besonderhede is soos volg:
ABSA spaar rekening
Rekeninghouer: JG Erasmus
Rekeningnommer: 9190863595
Die Suidlanders wens almal daaraan te herinner dat die 16 Junie as “Konsentrasiekamp dag” herdenk word. Dit was op die 16de Junie 1900 dat die beleid van verskroeide aarde aangekondig was, en dit het aanleiding gegee tot die oprigting van die konsentrasie kampe waar duisende van ons Volksmoeders en kinders gesterf het.
Hierdie dag is een van die mees belangrikste dae wat herdenk moet word in ons Volks geskiedenis.
Dit was die eerste Volksmoord op die Boerevolk.
Die Suidlanders wens te versoek dat alle Suidlanders so vêr moontlik op die dag blomme-kranse sal plaas by konsentrasie kampe in elkeen se omgewing.
“Whereas small parties of raiders have recently been doing wanton damage to public property in the Orange River Colony and South African Republic by destroying railway bridges and culverts and cutting the telegraph wires, and whereas such damage cannot be done without the knowledge and connivance of the neighbouring inhabitants and the principal civil residents in the districts concerned,
Now, therefore, I, Frederick Sleigh, Baron Roberts of Kandahar and Waterford, K.P., G.C.B., G.C.S.I., G.C.I.E., V.C., Field Marshal, Commander-in-Chief of Her Majesty’s Troops in South Africa, warn the said inhabitants and principal civil residents that, whenever public property is destroyed or injured in the manner specified above, they will be held responsible for aiding and abetting the offenders. The houses in the vicinity of the place where the damage is done will be burnt and the principal civil residents will be made prisoners of war.”
Proclamation 5 of 1900, issued by Lord Roberts on 16 June 1900 (now Concentration Camp Day), paving the way for the atrocities against Boer children and women during the rest of the war (the First Boer Genocide).
Ons kan weer!
Jy as vrou. Wat weet jy van jou voormoeders? Weet jy genoeg om `n trots te hê dat jy `n boervrou is? Wat jy in staat is om weer die wêreld te kan wys wat lê in ons bloed? Wanneer ons dink aan die boere oorlog se vrouens; dink ons aan die swaarkry in die kampe, die bittere seer, die vasbyt? Of sê jy maar net: ‘Ek wil liewer nie daaraan dink nie, dis hopeloos te morbied!’ Vir sommige van ons kan dit dalk morbied wees. Hoe ek dit sien en hoekom ek dit met julle wil deel is dat, hoe meer ek daarvan lees en hoe meer seer ek teekom in die briewe wat geskryf is deur die vroue in hierdie kampe; hoe groter brand daar `n gevoel van trots in my bors. Om te dink dat hierdie van ons eie bloed is, ons voorgeslagte! Dink net…
Teen die einde van die oorlog was daar in die Vrystaatse kampe `n totaal van 45 146 inwoners, waarvan 37 412 vrouens en kinders was.
In totaal is 26 370 oor die hele Suid-Afrika oorlede; vrouens en kinders en 1 676 mans, wat hoofsaaklik bestaan het uit bejaardes.
Ek sal weekliks `n aangrypende verhaaltjie met julle deel:
Uit die Konsentrasiekamp-gedenkreeks – Bethulie
Mev. Anna Breedt beskryf die afsterwe van haar suster so: ‘Een middag, kort voor haar dood, terwyl ons albei ernstig siek was, kom, ds. Becker weer in ons tent om vir ons te bid. Voordat hy egter begin, vra hy vir Emmie Naude wat die siekste was: “My kind; hoe moet ek vir jou bid en wat moet ek die liewe Heer vra? En sê nou jy moet sterf, wat moet ek vir jou pappie sê as hy kom?” Hierop antwoord sy toe: “Vra net die wil van die Heer en sê net vir my pappie ek het van die honger gesterf.” Dieselfde nag is sy dood en haar laaste woorde was: “Voor ewig met den Heer, naderby, naderby die Vaderhuis!” sy was nie meer daar nie. Sy was `n skrale twaalf jaar oud toe sy oorlede is.
Ds. Becker wat in Bethulie kamp bediening gedoen het sê: ‘Hoe ons fatsoenlike moeders en dogters dit kon verduur, is vir my vandag nog `n raaisel!’
deur Naomi Muller
In ‘n informele opname enkele dae gelede is ‘n paar normaalweg goed ingeligte individue deur hierdie Redakteur gevra “hoeveel mense wêreldwyd het reeds die varkgriep opgedoen?”. Die antwoorde het gewissel, maar dit was interessant dat daar ‘n persepsie bestaan dat sowat 5000 mense al siek is. Die WHO syfer is natuurlik sowat 30 000, en kenners dink dat dit heelwat meer kan wees (honderde duisende), aangesien baie mense siek word, gesond word, en hulself nooit formeel laat toets nie, veral in ontwikkelende lande (die WHO syfers is net laboratorium-bevestigde gevalle).
Die syfer 5000 kom waarskynlik van die punt waar die varkgriep opgehou het om nuuswaardig te wees, en die hoofstroom media opgehou het om aanhoudend berigte daaroor te plaas. Hier by Suidlander redaksie hou ons ‘n grafiek by van die gevalle soos deur die WHO gerapporteer (deesdae ook nie meer daagliks nie), en volgens die grafiek is die toename in gevalle nog besig om spoed op te tel.
Die nuus (gister) is natuurlik dat die WHO nou die H1N1 (vark) griep virus uitbraak formeel as ‘n pandemie verklaar het. Die woord pandemie beteken letterlik ‘n siekte wat oral voorkom. Dit maak nie die griep virus meer dodelik as voorheen nie, dit dui net op die feit dat dit oral voorkom (ongeveer 75 lande het dit al gerapporteer).
Ten spyte van die Suid-Afrikaanse regering se aandrang dat H1N1 nie in Suid-Afrika voorkom nie, is dit natuurlik ‘n uitspraak wat onmoontlik gemaak kan word. Wat wel gesê kan word, is dat daar nog geen BEVESTIGDE gevalle van H1N1 in Suid-Afrika was nie.
Die H1N1 pandemie is nie iets om besonder bekommerd oor te wees nie, aangesien die siekte nie so dodelik is nie (150 sterftes uit 30 000 gevalle, of 0.5% sterftesyfer). Dit is egter iets om dop te hou, aangesien kenners ook verwag dat die virus moontlik kan muteer of kombineer met ‘n dodeliker variant van die griep. In so ‘n geval sal die ernstigheid van die siekte natuurlik baie hoër raak.
Volgens die berig in Beeld gaan die regering nou spoed gee aan “transformasie” by opvoedkundige instellings.
Transformasie klink na ‘n baie mooi woord, maar wanneer daar gekyk word na die invloed wat dit het op kultuurgroepe wat in die minderheid is, is dit niks anders as om sekere groepe te bevoordeel bo die res nie. Daar word onder andere genoem dat Afrikaans nie as rede gebruik mag word om studente wat nie Afrikaans magtig is, uit te sluit nie. Dit het dus tot gevolg dat die persone wat Afrikaans as moedertaal het, nou in ‘n ander taal sal onderrig moet ontvang, of dat daar ekstra personeel aangestel sal moet word om klasse ook in Engels (of ander taal) aan te bied. Dus word die Afrikaans sprekende studente erg benadeel ten gunste van ander studente wat eerder by universiteite kon gaan studeer het wat wel onderrig bied in die taal van hulle keuse. Dus is hierdie “strategie” van transformasie niks anders as om die Afrikaans sprekende studente se vryheid tot assosiasie en reg op onderrig in sy moedertaal erg te misken nie.
Met Nzimande se uitspraak rondom die feit dat die regering weerstand teen transformasie by Universiteite “nie meer gaan duld nie“ en as in ag geneem word hoe ander instellings wat al ver getransformeer het bykans verval het tot rondslomp, korrupte en “dienslose” instellings, dan is dit duidelik wat die toekoms van universiteite vir ons inhou indien hierdie standpunt gehandhaaf word.
Nzimande haal rassisme en geweld van “wit teenoor swart” aan, maar vergeet om te noem van swart rassisme en geweld teenoor blankes wat by verre meer is per capita as die teenoorgestelde.
Die kommunistiese stelsel word gebaseer op ‘n stelsel waar alle inwoners van die land ongeag van vermoëns as 100% gelyk geag word. Dus sal ‘n persoon wat in so sisteem ‘n straat veër is presies gelyk geag word aan bv ‘n mediese dokter. Beloning vir individuele prestasie bestaan nie soos ons dit ken nie.
In die tipe stelsel is daar dus geen persoon wat uitstyg bo die res nie. Ambisie van mense word dus erg ingekort en almal word as ewe intelligent geag. Ons weet egter dat daar ‘n groot verskil tussen mense voorkom, sommiges se intellektuele vermoëns is ver bo ander wat sukkel om te leer om te tel tot by 10.
Individualiteit word in so kommunistiese stelsel dus geensins geduld nie. Wanneer ons kyk na Blade Nzimande se uitsprake rondom opvoedkundige instellings en dan meer spesifiek Universiteite kan die kommunistiese doelwitte duidelik in dit gesien word.
“Een van die aanbevelings behels ’n oorsig van die transformasie van leerplanne en tot watter mate dit ’n bydrae lewer tot die “sosialisering” van studente sodat hulle ’n bydrae tot die samelewing kan lewer.” (die is ‘n duidelike implimentering van sosialisme in die stelsel)
Ander uitsprake, soos bv. die volgende aanhaling uit die “ANC Today” (aanlyn nuusbrief van die ANC), wys op ‘n uitgebreide aanslag: South Africans are requested to do away with “the idolisation of the value system which sees individualism and material possessions as the pinnacle of success” (uit ‘n berig op News24).
