Suidlander bestuursvergadering gehou op 30 Mei 2009
Daar was gister ‘n Suidlander bestuurs vergadering te Klerksdorp gehou. Die Senior Bestuur sowel as alle Provinsiale en Streeks leiers was teenwoordig.
Die vergadering was baie goed bygewoon, elke streek in die land was verteenwoordig deur die meer as 40 top en middelvlak bestuurslede wat die vergadering bygewoon het. Met die rugby wat natuurlik die naweek plaasgevind het, is dit ook ‘n bewys dat die Suidlander bestuur se prioriteite op die regte plek is en dat hulle bereid was om honderde en selfs meer as ‘n 1000 km te reis om die vergadering by te woon.
Die doel van die vergadering was hoofsaaklik die daarstelling van beleid ten opsigte van die Suidlander aksie, sowel as om die rigting te bepaal vir die toekoms.
Die vergadering was deur almal teenwoordig beskryf as ‘n reuse sukses. Bydraes vir die agenda was deur elke streek ingedien en suksesvol bespreek. Hierdie is ook ‘n bewys dat die Suidlanders nou sonder enige twyfel gegroei het na ‘n volwaardige organisasie waar ALLE deelnemers sy insette kon lewer en dat dit in die besluitnemingsproses in ag geneem word. Dit is ook verseker ‘n aanduiding dat die Suidlanders huidiglik op die regte pad beweeg. Daar was op alle besprekingspunte met behoorlike debatvoering ooreenstemmigheid bereik.
Dit is wonderlik gewees om te sien dat die algemene denkrigting deur almal teenwoordig ondersteun was en dat daar geen wesenlike verskille na vore gekom het nie.
‘n Volledige verslag van die vergadering sal ook binne die volgende week op die webblad gepubliseer word.
Die Suidlander bestuur wens dan ook om almal te bedank wat die vergadering bygewoon het, en vir die spangees wat deur almal teenwoordig geopenbaar is.