Archive for April, 2009

Die Wall Street Journal het ‘n aanlyn wêreldkaart wat die voorvalle van H1N1 griep-epidemie grafies rapporteer.

Die skakel na die blad is hier: H1N1 griep wêreldkaart

Kom ons hoop dat die blad nie staties bly nie, maar gereeld opgedateer word, sodat dieselfde skakel geldig bly.

Opvolg: Hier is ‘n alternatiewe skakel met ‘n baie meer interaktiewe voorstelling van die pandemie: Pandemic Monitoring System

Die besoeke van nuwe lesers (d.w.s. vanaf rekenaars wat nog nie vantevore hierdie webblad gelees het nie) groei die afgelope twee maande teen sowat 50% per maand (dit is een van die statistieke wat outomaties deur die bediener gegenereer word).

In die laaste maand (April) het ons meer as 4000 nuwe lesers bygekry.

Hierdie toenemende leserstal is waarskynlik te wyte aan die onsekerheid rondom die politieke stabiliteit tydens die pas afgelope verkiesing (wat “onnodig” was), maar met die huidige toestand waarin die wêreld as ‘n geheel homself bevind, begin die Suidlanders leefstyl (voorbereiding vir moeilike tye) ‘n al meer redelike opsie raak.

Alhoewel die massa-media probeer om nie hul lesers op hol te jaag nie, is daar toenemende waarskuwingstekens in die media sigbaar wat dui dat die wêreld, soos ons dit tans ken, moontlik bedreig word. Voorbeelde van die verskillende bedreigings (behalwe vir die nuwe grote, naamlik die 2009 H1N1 griep virus) is natuurlik die ekonomiese ineenstorting (wat steeds besig is om te versnel, ten spyte van “almal” se versekerings dat die ekonomie tekens toon van verbetering) en kos tekorte (wat volgens hierdie berig in die Scientific American die val van regerings kan veroorsaak).

Die Suidlanders boodskap het begin met ‘n waarskuwing teen anargie gebore uit politieke geweld. Tot dusver het ons “getye” in die politieke bedreiging gesien, wat tans weer lyk na ‘n laagtepunt. Die boodskap het egter oor die afgelope twee jaar (en meer spesifiek oor die laaste jaar) gegroei om algemene verval na anargie a.g.v. verskeie moontlike oorsake (soos bo genoem) in te sluit.

Van ‘n “radikale” boodskap twee of drie jaar gelede, is ons boodskap nou al meer “aanvaarbaar” (alhoewel dit nie veel verander het nie!).

Leser(es) Monica skryf dat sy voedsel soos rys, pasta, soja ens. vir ‘n uur in ‘n oond teen 100 grade C verhit, voordat sy dit seël (deur ‘n vakuum masjien of in 2 liter koeldrank bottels).  Volgens Monica voorkom dit miet, en sy rapporteer dat sy al vir meer as 5 jaar so berg en wat steeds vry van miet is, en vars is.

Nota van Redakteur: Mieliemeel kan ook in ‘n mikrogolf-oond verhit word, voordat dit geberg word.  Neem omtrent ‘n kilogram mieliemeel in ‘n bak, los dit vir 5 minute op hoog in die mikrogolf-oond, haal uit en roer deeglik (pasop, die meel word warm, en stoom kom af).  Los dit weer vir 5 minute in die oond.

Hierdie mieliemeel is nou half gekook.  Mieliepap wat normaalweg 30 – 40 minute vat om voor te berei, sal nou na sowat 15 of 20 minute gereed wees.  Die meel (wat nou van baie water ontslae geraak het) is ook ligter.

Volgens hierdie berig (op Reuters Alertnet) het die WHO se Dr. Margarent Chan die waarskuwingsvlak vir pandemies na 5 uit die maksimum van 6 opgeskuif.

Die betekenis van hierdie waarskuwingsvlak is dat die wêreld op die rand van ‘n pandemie staan.

Opvolg:

Volgens hierdie News24 berig word die volgende aanhalings aan Dr. Chen toegeskryf:

“All countries should immediately now activate their pandemic preparedness plans.”

“It really is all of humanity that is under threat in a pandemic.”

Leser Ansia het vir ons die resep ingestuur:

Ek het ‘n resep vir Ingemaakte Tamatiespagetti, ek het dit vir die eerste keer die jaar gemaak gedurende Februarie. Ek het so middel April ‘n bottel oopgemaak om te kyk en te proe of dit nog eetbaar was en dit was heerlik; dit smaak ook beter as die wat mens in blikkies koop.

Hier is die resep vir die mense wat belangstel:
Bestandele:
500g Uie, gekerf
Kookolie
4kg Ryp tamaties, ontvel en in kwarte gesny
375ml (1 1/2 k) fyn appelkooskonfyt
250ml (1 k)witsuiker
12,5ml sout
5ml neutmuskaat
2ml rooipeper
2 pakke (500g elk)spagetti
30ml Bruinsuiker
30ml Oreganum

Metode:
Soteer die uie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie kwarte by die uieringe en laat prut tot die tamaties sag en fyn is. (nogal ‘n tydjie)

Meng die res van die bestandele, behalwe die spagetti, en voeg dit by die tamatiemengsel. Laat prut totdat die mengsel nie meer te waterig is nie.

Kook intussen die spagetti soos op die pak beskryf. Dreineer goed, voeg by die tamatiemengsel en laat nog 5 minute lank prut.(Maak seker jy gebruik ‘n groot pot want as jy die spagetti saam met die tamaties meng is dit nogal baie).

Skep uit in skoon, gesteriliseerde flesse. Lewer ongeveer 4L (Ek het so +- 9, 500g Consol Bottels gekry).

Lekker eet!

Na wat berig word is daar reeds sowat 152 mense dood aan die nuwe varkgriep virus sedert dit sowat ‘n week gelede sy opwagting gemaak het in Mexico. Daar is ook reeds 50 gevalle in Amerika bevestig van mense wat met die virus besmet is. In Nieu-Seeland, Australië, Colombia, Chili, Denemarke, Swede, Switserland, Ierland, Is-rael, Frankryk en Suid-Korea word meer as 130 gevalle ondersoek.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het eergisteraand sy waarskuwingsvlak vir pandemies van vlak drie na vlak vier opgestoot.

Alhoewel daar nog geen gevalle van die virus in Suid Afrika gediagnoseer is nie, is die kanse baie goed dat die virus ook hier sal versprei as gevolg van internasionale reisegers wat dalk elders kan aansteek en dan hierheen reis.

Daar bestaan huidiglik geen entsof teen die virus nie en dit kan selfs maande neem om so entstaf te ontwikkel. Die virus is egter weerstandig teen antivirale middels maar die middel ”Tamiflu” werk egter om die virus te stuit. 

  •  

    Waarskuwingstekens vir dringende mediese aandag:

     

  • Kinders – vinnige en moeilike asemhaling, drink nie genoeg vloeistowwe nie, word nie wakker nie of toon min interaksie, so geïrriteerd dat hulle nie vasgehou wil word nie, hul griepsimptome verbeter, maar keer dan erger terug, koors met uitslag. 

     

  • Volwassenes – moeilike asemhaling, kortasem, maag of borskaspyn en -drukking en skielike duiseligheid.
  • Lees gerus die berig in Beeld

    Op 20 April 2009 is daar ‘n nuwe griep virus in Mexico geidentifiseer. Daar is reeds meer as 1000 mense besmet en reeds meer as 60 mense dood aan die virus gedurende die week.

    Die Wêreld Gesondheids Organisasie (WHO) is bekommerd dat die virus enige vorige griep epidemie kan oortref. Die virus is uitgeken as ‘n nuwe virus bekend as H1N1 en is ‘n mengsel tussen virusse afkomstig vanaf voëls, varke en mense. Daar bestaan huidiglik geen inentings wat die virus by mense kan stop nie, maar wel wat dit in varke kan stop.

    Die virus vesprei tussen varke en mense, en ook tussen mens en mens. Met internasionale reisegers wat tussen alle kontinente en lande reis, kan die virus baie vinnig wêreldwyd sy verskeining maak.

    Daar is reeds gevalle waar mense besmet is met die virus ook aangemeld in Amerika (Texas). Daar word reeds aanvaar dat die virus heel moontlik wêreldwyd sal versprei en dat miljoene mense met die virus besmet sal word.

    Daar is ook weens die seldsame samestelling van die virus goeie rede om te glo dat die virus in ‘n laboratorium ontwikkel is en dus heel moontlik kan deel uitmaak van een of ander “chemiese wapen” wat deur een of ander land ontwikkel is vir oorlogvoering.

    Ons is ook oortuig dat die gesondheidsdienste in SA nie noodwendig gerat sal wees om so uitbraak in SA te kan hanteer nie. Op hierdie stadium kon die virus egter slegs in Mexico en Amerika uitgeken word, maar dit is verseker ‘n virus wat indien dit in Afrika beland, baie hoë sterftesyfers tot gevolg kan hê weens die algemene swak higiëniese toestande in Afrika.

    Griep in perspektief

    In 1918 met die Spaanse griep epidemie is nagenoeg 50 miljoen mense wêreldwyd dood.

    Jaarliks is daar tussen 250 000 en 500 000 sterftes wêreldwyd as gevolg van “gewone” griep.

    Die Asiese griep epidemie van 1957 het ongeveer 2 000 000 lewens geeis.

    In 1976 was daar ook ‘n varkgriep epidemie wat uitgebrek het in New Jersey Amerika. Nagenoeg 40 Miljoen mense is toe teen die virus inge-ent. Die virus het egter nooit die area verlaat nie.

    Die H5N1 (Voëlgriep) epidemie het sedert 2003 slegs 275 lewens geeis in 15 lande. 300 miljoen voëls moes vernietig word om die virus te stuit.

    In die meeste griep epidemies is dit die ou mense en jong mense wat die meeste sterf. Wat egter interresant is, is dat die H1N1, net soos die 1918 virus, eerder jong gesonde volwassenes eerste tref.

    Bronne:

    How swine flu spreads in humans

    An advanced biowar event

    Pandemic potential

    Factbox

     

    OUTsurance

    Met al die voorbereidings waarmee ons besig is, tesame met die voedsel-krisis wat in die wereld dreig, is een van die dinge wat ons beslis kan doen, is om voedsel in bottels in te le of te droog of op enige ander manier te berg.

    Om te droog, kan mens net ‘n dehidreerder (ongeveer R500 by Makro) koop.  Dit neem redelik tyd, maar sodra afgehandel neem dit BAIE MIN plek in beslag.  Dit het ‘n leeftyd van ongeveer 2 na 3 jaar, en indien dit met ‘n ‘vacume-sealer’ geseel word dan kan die leef-tydperk met nog 2 jaar verleng word.

    Om voedsel in bottels in te le is niks vreemds by ons mense nie. Daar is egter van ons mense wat niks van dit weet nie, en nie weet hoe dit werk nie.  Ons vra asb. julle hulp.  Indien u een van die kenners op hierdie gebied is, stuur asb. vir ons ‘n lys van al die verskillende voedsel-tipes wat ingele kan word, en die resep oor hoe om dit te doen.

    Indien daar mense is wat weet van ander maniere om voedsel te berg, kan u ons asb. laat weet sodat ons die ander mense ook daarvan kan inlig.

    Leser CM het die volgende kommentaar ingestuur oor sy son oond.

    Ek het vandag my eerste ete in my son-oond voorberei en ek kan dit regtig sterk aanbeveel. Dis goedkoop, maklik en effektief.

    Ek gebruik ‘n swart potyster pot met glas deksel vir die pot in die son oond. Die glas deksel laat die sonlig in, en die swart potyster sit die sonstale in hitte om. Die potyster pot kan ook op ‘n stofie of vuur gebruik word en is dus baie handig.

    Kommentaar deur Adjunkredakteur; My mond water sommer aangesien ek weet dat feitlik enige gereg wat so gaargemaak is sekerlik lekker moet wees. Miskien kan die leser dalk vir ons meer detail gee oor die gereg se bestandele en ook vir ons laat weet hoe lank dit geneem het om gaar te word. Ons nooi ook ander lesers om vir ons te skryf oor hulle resepte en ervarings met so lekker  (son) pot. Stuur ook gerus foto’s in van julle sonoonde.

    Die taxi staking wat gedreig het om die verkiesing omver te werp is Maandag afgestel deur die NTA (National Taxi Aliance). Hierdie is verseker goeie nuus en dit wil op hierdie stadium voorkom of ons dalk bo alle verwagtinge ‘n relatief vreedsame verkiesings tyd mag beleef. lees gerus meer op IOL

    Die stakings van die afgelope paar weke het verseker die spanning hoog laat loop omdat dit wou voorkom dat verskeie unies die verkiesing as afpersmiddel wou gebruik om hulle wense te vervul met betrekking tot verskeie eise wat gestel was deur die verskeie unies en instansies wat betrokke was by stakings en dreigemente van stakings. Die geweld ten tye van die vervoer staking het ook bygedra tot ekstra spanning.

    Ons wens dan ook van die geleendheid gebruik te maak om alle Suidlanders wat tot dusver kalm gebly het in die moeilike tye, geluk te wens met hulle goeie dissipline en volwasse benadering. Dit is weereens ‘n bewys dat die Suidlanders nou gegroei het tot ‘n gedissiplineerde organisasie wat verseker tot voordeel strek van almal wat hulle self trots Suidlanders noem. Ons handhaaf egter steeds ‘n hoër vlak van gereedheid op die stadium, alhoewel ons nie nou enige ernstige bedreigings direk kan identifiseer binne die volgende paar dae nie.

    Die verkiesing is egter ‘n bietjie meer as 24 uur weg en ons kan dalk nog gevalle van geweld ondervind. Hou dus steeds u oë oop vir enige optredes wat dalk die stabiliteit in hierdie tyd kan ontwrig.