Die toename van geweld in Suid Afrika raak al meer kommerwekkend. Daagliks berig die media van gevalle waar persone (meestal blankes) geweldadig aangerand en vermoor word, steeds word dit as “misdaad” afgemaak deur die Regering. Dit is deesdae veral in die stedelike gebiede waar die voorvalle meestal plaasvind, alhoewel daar nog geen sigbare afname is in aanvalle op landelike gebiede nie. Daar is ‘n voortdurende aanslag om die Blankes in Suid Afrika te demoraliseer en te viktimiseer deur onregmatige arrestasies, vals klagtes en dan natuurlik fisiese geweld. Lees gerus meer oor die misdade teen blankes op Uncensored SA News
Wanneer daar “misdade” gepleeg word moet daar ook gevra word wat die doel agter die daad was. Somtyds moet na die resultate gekyk word om ‘n moontlike motivering te kan ontmasker. Ons sien in meeste gevalle waar plaasmoorde plaasvind, dat die oorlewendes gewoonlik eerder die plaas in die mark sit, en nooit weer self terugkeer na hulle eiendom nie. Persone in stedelike gebiede wat wreedaardig aangerand word verkies om in die meeste gevalle eerder werk te kry in die buiteland, en sodoende hulle geboorteland vaarwel te roep. Dus kan ons ‘n gevolgtrekking maak dat die tipe misdade wat teen Blankes gepleeg word, ten doel het om die Blanke vanuit sy geboorteland te verdryf (een van die ellemente van Volksmoord). Hier is dan ‘n berig wat gister in Beeld verskyn het, wat duidelik die resultate van hierdie “misdade” bevestig: Hoewepaar te bang vir huis toe gaan
Dit wil al meer begin voorkom of daar ‘n poging is vanaf nie-blanke groepe om te mobiliseer, die taxi staking in Johannesburg gister (24 Maart) is ‘n voorbeeld. In die Berig wat geplaas is in die Beeld kom dit duidelik na vore dat die Polisie nie oor die vermoee beskik het om beheer uit te oefen oor die ongeveer 4000 taxi’s wat deelgeneem het nie. Alhoewel die stakers se redes vir die staking hoofsaaklik deurgegee was as ‘n bekommernis oor die BRT sisteem wat hulle klieente basis kan knou, wil dit soms voorkom of daar dalk meer daaragter kan wees. Met woorde soos die volgende, is dit heel moontlik dat hulle ‘n ander agenda mag he “Ons sal doodmaak en die stad tot op sy knieë bring as hulle voortgaan met die BRT. Hier gaan nie ’n 2010 (Wêreldbeker-sokkertoernooi) of Konfederasiebeker wees as hulle met die BRT voortgaan nie.” .
Hier was ook baie duidelik gesien hoe vinnig en effektief slegs ongeveer 4000 taxi’s feitlik ‘n hele stad soos Johannesburg tot stilstand kon bring. Die van u wat in die Johannesburg omgewing woon sal besef dat ‘n beter oplossing vir die vervoer probleme in die stad dringend gesoek moet word, die paaie kan “net soveel” verkeer hanteer, maar weereens het die Taxi eienaars net hulle self in gedagte en gee nie ‘n blou duit om vir enige ander burgers van die land nie. Is hulle redenasie dus, gegewe die verkeers situasie op die paaie, die werklike rede vir die mobilisasie. Die Regering het immers verklaar dat die Taxi drywers eerste opgelei sal word om in die bus siteem opgeneem te word, dus is dit nie werklik moontlike werksverlies wat pla nie.
Geweld het op verskeie plekke uitgebreek, en daar was absoluut geen ontsag vir enige wetsgehoorsame burgers nie. Ons het ONBEVESTIGDE berigte gekry van persone wat oop en bloot met AK47 aanvals gewere tussen die taxi’s beweeg het. ‘n Dreigende skare het ook blykbaar selfs probeer om Luukse Langafstand busse van die pad af te dwing. Hierdie busse vervoer nie persone wat enigsins in die mark is vir ‘n rit in ‘n taxi nie, maar steeds word hulle hanteer asof hulle ‘n bedreiging is.
In Natal was daar oor die afgelope paar maande heelwat geweld wat verklaar word as “Politieke Geweld”. Die situasie het nou al so ‘n vlak bereik dat die ANC nou al selfs ‘n oproep gedoen het om die SANW in die provinsie te ontplooi. Volgens die berig op NEWS24 word die IVP hoofsaaklik deur die ANC beskuldig van geweld: “Photos of people roaming the streets of a township in Greytown dressed in IFP colours and armed with assegais, knobkieries and pangas were issued on Tuesday, following violence on Sunday in which three ANC supporters were injured.
Political conflict is increasing sharply in KwaZulu-Natal compared to previous elections, said Belinda Scott, ANC MPL and member of the party’s monitoring committee.”
Die IVP het weer ‘n ander verweer: “Albert Mncwango, national IFP organiser, said IFP members were merely retaliating after the ANC had attacked them first. He said the ANC was circumventing the joint contact committee and was trying to slander the IFP.”
Hou ook die opkomende SATAWU staking met valkoe dop, dit was wel uitgestel na die einde van Maart, maar ek kan u die versekering gee dat hulle wel ‘n rede sal kry om te staak, weereens sal ons hier ook geweld sien. En ook hier sal massa mobilisasie plaasvind wat weereens nie behoorlik beheer kan word nie.
Nieteenstaande is dit uit die b.g berigte baie duidelik dat daar regoor die land verskeie situasies is waar daar mobilisasie plaasvind. Ons moet ook onthou om altyd te kyk hoe dinge in die verlede gedoen was, daar was altyd eers redes gesoek om mense byeen te kry, stelselmatig was intimidasie ingebring en dan eers wanner die groepe groot genoeg was het grootskaalse geweld uitgebreek. In die huidige politieke klimaat van totale onverdraagsaamheid, ‘n styging in geweldsmisdade en die onvermoee van die Regering om dit effektief te beheer, kan ons verseker wees dat dit net nog erger gaan raak tot dit tot massa anargie kan aanleiding gee. Waar dit gaan stop kan ons maar net raai.
