Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Argief vir February, 2009

Bykans ‘n hele generasie het SA verlaat

Volgens ‘n berig wat aanvanklik in die NEWSWEEK gepubliseer is, het bykans ‘n hele generasie reeds SA verlaat. Volgens die Suid Afrikaanse Instituut van rasse verhoudinge het die grootste gedeeldte van die generasie tussen 24 en 34 jaar ou reeds Suid Afrika verlaat. Huidiglik is daar meer ouer persone in die blanke gemeenskappe as jong mense, dit is nie normaal vir ‘n land wat s.g. in vrede leef nie. 

Die volgende aanhaling is verseker iets wat ‘n duidelke teken is dat iets verseker nie reg is nie:

 ”The most dramatic figures can be found among South African whites, who are leaving at a pace consistent with the advent of “widespread disease, mass natural disasters or large-scale civil conflict,” according to a report by the South African Institute on Race Relations,” (Die feit dat dit blankes is wat per capita die meeste geraak word deur die situasie is ook ‘n ellement van Volksmoord per deffiniesie)

Die emigrasie syfers word hoofsaaklik toegeskryf aan geweldsmisdaad soos die moord syfer wat reeds meer as 50 moorde per dag is, sowel as verkragting en ander kontak misdade. Hierdie is ‘n beslissende bewys dat daar in Suid Afrika BAIE groot fout is as dit kom by die polisie diens en ook verseker die reg stelsel. Misdadigers word eenvoudig nie afgeskrik deur die stelsels nie, min word gevang en nog minder word skuldig bevind en enige vonnis opgele. Die straf regverdig ook geensins die daad nie, dit is eenvoudig vandag lonend om by misdaad betrokke te raak!

As ons as burgers van Suid Afrika nie gaan opstaan teen die regering se onvermoee om misdaad onder beheer te kry nie, kan ons net sowel maar gaan agteroor sit en wag vir die doodskoot. Daar is reeds verskeie organisasies en aksies teen misdaad, dit het tyd geword dat ons sulke aksies uit volle bors begin ondersteun en oplossings begin soek vir wat gedoen kan word om daadwerklike verskille te maak wanneer dit kom by die bestryding van misdaad. Die situasie kan eenvoudig nie meer deur ‘n enkele burger in die land geignoreer word nie!

Lees ook die volgende artikels:

Fleeing From South Africa

Destruction of an entire ethnic minority


By Adjunkredakteur in Nuuskommentaar  .::. (Lewer kommentaar)

More trouble caused by financial crisis

At the risk of starting to sound repetitive, here is a link to a news story in the UK Herald newspaper regarding civil unrest in Eastern European countries, caused by the financial difficulties that the world is currently experiencing.

The paper reports riots in Latvia and Lithuania, the biggest in 20 years.  This also happened in Bulgaria. Specifically, the report warns against emerging economies (of which South Africa forms part).

With the latest South African GDP figures (released only yesterday), it is clear that we are not spared from the worldwide economic contraction.  And remember, economic woes will likely be a good excuse for people who want to protest in any case (similar to the “service delivery” excuse we are currently getting tired of).



Aanlyn planetarium

Vir diegene wat belangstel in sterrekyk, hier is ‘n skakel na ‘n “aanlyn planetarium”.  Die program laat jou toe om jou posisie op die aardbol in te sleutel, sowel as die tyd.  Jy kan ook konstellasies “aanskakel”, wat dan wys watter sterre aan watter konstellasie behoort.

Al stel jy nie in sterrekyk belang nie, is navigasie met behulp van die sterre ‘n handige stukkie kennis om te hê.  Meeste mense weet van die Suiderkruis, baie mense weet hoe om rigting te bepaal met behulp van die Suiderkruis.  Op hierdie webwerf kan jy nou seker maak jy kan die Suiderkruis uitken.  Terloops, die Suiderkruis is nie altyd sigbaar nie, so maak seker jy kan rigting bepaal met ten minse een meer konstellasie.

Skakel:  Neave Planetarium


By Redakteur in Algemeen, Navigasie  .::. (Lewer kommentaar)

Onthou - Suidlander Funksie Pretoria

Ek herrinner u aan die Suidlander Funksie die eerskomende Vrydag (27 Feb) om 18:30 vir 19:00. Dit sal plaasvind in die saal by die SENIORSTUIS op die hoek van Soutpansberg en Parker straat. Die ingang is in Parker straat.

Die vergadering sal hoofsaaklik fokus op omgee-groepe en die wets aspekte rondom self beskerming.

Die vroue aksie bekend as Suidersterre sal ook ten tye van die vergadering bespreek word.

Daar sal koffie na die vergadering bedien word en die bejaardes van die dienssentrum sal lekker pannekoek verkoop teen R2,50 elk.

Suidlander dvd’s en borsspelde sal ook beskikbaar wees.


By Adjunkredakteur in Suidlander Funksies  .::. (Lewer kommentaar)

Geen end in sig

In die nuus vandag:die Dow Jones Industriële Gemiddeld het gister ‘n 12-jaar laagtepunt bereik (nie eers aangepas vir inflasie nie), met finansiële ontleders wat geen rede sien hoekom die val nie kan voortduur nie, en in Ierland het 100 000 werkers in Dublin gemarsjeer om hul ongelukkigheid oor die regering se hantering van die finansiële krisis (volgens hierdie berig in BBC Nuus).  Hulle standpunt is dat hulle nie die krisis veroorsaak het nie, maar daarvoor moet betaal.

Terselfdertyd sien ons hierdie berig in die Britse Guardian koerant dat die Engelse polisie voorberei vir moontlike gewelddadige massa-optrede.  Hulle waarsku dat groot banke en multi-nasionale maatskappye dalk teikens kan word van die frustrasie van die man op straat (banke en maatskappye wat steeds miljoene uitbetaal aan bonusse aan hul bestuurders, terwyl die regering biljoene rande moet gee om hulle uit die moeilikheid te help, geld wat van die belastingbetaler af kom).



Land van ons vadere

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is –
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Want hy het die roepstem gehoor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

                                (I.D. Du Plessis – Land van ons vadere 1945)


By Adjunkredakteur in Pitkos  .::. (Lewer kommentaar)

Unie verloor beheer oor werkers

Ons het ‘n verwysing na die volgende Beeld-artikel op die Boerevryheid Forums raakgelees:

400 stadionwerkers in die pad gesteek

Twee aanhalings uit die berig:

“Gemoedere by die stadion loop tans so hoog dat ek bevrees is geweld kan enige oomblik losbars.”

Hy erken dat die unie in hierdie stadium beheer oor sy lede verloor het.

Vir baie van ons is optogte deur unie-lede ‘n goeie voorbeeld van buite-beheer geweld.  Wanneer die unie erken hulle verloor beheer en dat geweld kan uitbreek, sidder ons maar net.



Oorlewingsverhale - aksieverslae

Hier is ‘n skakel na ‘n Amerikaanse webwerf wat eerstehandse “aksieverslae” van werklike oorlewingsituasies plaas:

http://www.urbansurvivalstories.com/

Baie van die situasies is nie werklik van toepassing op ons hier in Suid-Afrika nie (orkane is nie SO algemeen in Suid-Afrika nie), maar daar is wel interessante leesstof.

Die verhale is geklassifiseer in die tipe van noodgeval, bv. anargie, orkaan, tornado, sneeustorm, kragonderbreking ens.

In een verhaal, uit die New York kragonderbreking in 2003, vertel die skrywer dat hy gewens het vir ‘n transistor-radio - hulle het nie geweet of dit weer ‘n terroriste-aanval was nie (onthou, dit was net twee jaar na die 11 September aanvalle).

‘n Ander storie speel af in die Los Angeles opstande (anargie afdeling). Die skrywer vertel hoe hulle hul huis met gewere moes verdedig.

Die inligting op hierdie blad is nie net interessante leesstof nie, maar laat mens ook dink en gee dalk ‘n nuwe perspektief. Moet ook nie vergeet dat een TIPE noodgeval in ons land kan lei tot ‘n ander (bv. krag onderbreking wat lei tot anargie).


By Redakteur in Algemeen  .::. (Lewer kommentaar)

Cholera - 1 New case per minute

According to an article published in The Times, one new case of cholera is reported in Zimbabwe every minute. The official (note: not correct) number of infected people now stands at 80 000.

This epidemic has now gone much worse that the “worse case scenario” of 60 000 affected, as predicted by the WHO at the start of this outbreak.

As we all know, the cholera has spread across the border into South Africa and is now also running loose amongst South Africans. According to a doctor that I spoke to, the epidemic in South Africa is much worse than what is reported in the media.

Our rivers are also in a very bad state due to municipalities not doing maintenance on sewage plants and drain systems, this causes raw sewage to flow into our river systems. After all the media coverage and video material shown, test results etc., we still hear from government that our river systems are not under threat.

Will we have to wait until we see a death toll of thousands of people before we seek a solution.

Water supply is the most important life sustaining substance on earth, without it there can not be life. Therefore this situation is a good example of why we have to prepare for certain scenarios of possible emergencies. Government has all the resources to stop such a crises, but they just don’t act. We have to put ourselves in a position where we don’t have to rely on someone else to assist us in a time of need.


By Adjunkredakteur in Nuuskommentaar  .::. (Lewer kommentaar)

“Nuwe” Suidlanders

Hierdie webwerf kry tans ongeveer 2000 nuwe besoekers elke maand (dis nou mense wat nog nooit vantevore die webwerf besoek het nie). Hierdie syfer groei ook elke maand. Hierdie bydrae is gerig aan diegene wat eers onlangs van die Suidlanders bewus geword het.

Dit is ‘n algemene reaksie (veral op DVD2) om half magteloos te voel oor die moontlike bedreiging wat ons in die gesig staar. Meeste mense reageer hierop deur inderhaas sekere voorbereiding in plek te probeer kry.

Die gevaar bestaan dat mense effens paniekerig kan raak, of oorboord kan gaan met voorbereiding (en hulself in erge skuld kan dompel, of oorhaastige besluite kan maak wat hul toekoms beinvloed). Hierdie is nie wat ons graag wil sien nie. Nog ander mense WIL nie die gevare in ons samelewing sien nie, en soos ‘n volstruis met kop in die sand, weier om enige gevaar te erken.

Die ideale respons is om nugter te dink en die verskillende bedreigings te identifiseer. Daar is oorgenoeg berigte in die hoofstroom nuus om mens ‘n Suidlander te maak sonder enige ekstra inligting. Dan, gebaseer op ‘n rasionele evaluasie van die gevaar, moet mens begin met voorbereiding vir sekere scenarios. Hierdie is ‘n aangaande proses, en nie iets wat mens gou kan doen en afhandel nie.

Die gevare teen ons sluit in: die moontlikheid van politieke geweld (bv. met die verkiesing), die moontlikheid van ‘n epidemie (soos cholera of voëlgriep), die moontlikheid van sosiale onrus a.g.v. die ekonomiese verval, of die moontlikheid van ‘n natuurlike ramp (soos die onlangse brande in Australië).

Die voorbereiding wat die Suidlanders voorstaan sluit al die bogenoemde scenarios in, en dis hoekom hierdie webwerf gereeld kommentaar lewer op nuusberigte wat oor die bostaande onderwerpe handel. Die sleutelgedagte is: moenie deur vrees of paniek verlam word nie, moenie onredelik optree nie. Identifiseer die bedreiging, neem toepaslike aksie, en weet dat jy beter voorbereid is as wat jy vantevore was.

Bo alles, glo ons hier by die Suidlanders dat enige stappe wat ons kan neem, ons niks gaan help as ons verhouding met ons Hemelse Vader nie reg is nie. Geestelike voorbereiding is net so belangrik, indien nie belangriker, as enigiets wat ons in ons eie krag vir onsself kan doen.

Om die kontak detail van die streeksverteenwoordiger in jou omgewing te bekom (om ‘n omgeegroep te stig of by een aan te sluit), kontak vir (per e-pos) vir johann (aapstert) suidlanders.co.za


By Redakteur in Algemeen  .::. (Lewer kommentaar)


You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.