Archive for Januarie, 2009

Te midde van die nuus dat die regering in Ysland bedank het as gevolg van die ineenstorting van daardie land se geldstelsel, aandelemark en verskeie van die groot banke, het ons op die volgende interessante artikel uit Engeland afgekom:

Revealed: The day the banks were just three hours from collapse

Op 10 Oktober verlede jaar het ‘n aantal groot beleggers gelyk probeer om hul fondse uit Britse banke te onttrek. Dit was amper of die banke het hulle deure toegemaak, alle elektroniese transaksies gestop, en selfs ATMs afgeskakel.

Die Bank of England moes die krediteure van die Royal Bank of Scotland in New York en Tokyo bel om hulle te oorreed om nie hulle fondse te onttrek nie. Die volgende aanhaling uit die artikel wys duidelik daarop dat ons (die publiek) NIE vertel word wat die omvang van die probleme is nie:

Ruth Lea, economic adviser to the Arbuthnot Banking Group, said last night that it was ‘highly irresponsible’ for Lord Myners to reveal the scale of the problems because it could serve to further wreck already fragile levels of confidence.

Skakel na die Ysland artikel hier.

Hierdie week word ‘n verskeidenheid resultate oor die Amerikaanse ekonomie verwag. Die algemeen aanvaarde beskouiing is dat dit nie ‘n mooi prentjie gaan wees nie. Die volgende syfers word verwag:

Verskeie groot maatskappye se vierde kwartaal syfers, vierde kwartaal BBP syfers (einde van die week), huisverkoop syfers, en verbruikers vertroue indekse.

Dan is daar ook ‘n vergadering van die “Federal Reserve” in die middel van die week.

Ekonome wys uit dat die sielkundige weerstandsvlak van 8000 vir die Dow Jones Industriële gemiddeld die afgelope week of wat goed getoets is. Indien dit hierdie week deurstaan sonder om verder te val, is dit ‘n positiewe aanduiding.

Ons hou die markte dop…

Skakel na broninligting: Week ahead for Wall Street

Ons het ‘n hele aantal bydraes gekry van lesers oor die gebruik van kolloidale silwer (verder genoem CS).  Oor die algemeen is die terugvoer deur die bank positief.  Hier is ‘n paar uittreksels met skakels wat deur lesers gestuur is:

CharlD skryf dat hy in ‘n kliniek werk, en al jare met CS werk.  Volgens hom is korrek voorbereide CS veilig en goedkoop, en effektief.  Hier is die skakel wat hy gestuur het:  GaiaResearch

Leser Zach skryf dat daar onderskei moet word tussen silwer-ione in gedistilleerde water, en soliede silwerpartikels in water (wat newe-effekte kan he, bv. verkleuring van die vel).  Hy gee verskeie voorbeelde van silwer wat in die industrie gebruik word (soos bv. in wasmasjiene, yskaste en lugversorgers van groot vervaardigers) om bakteriee dood te maak.

Dan het ons ‘n bydrae van JennyA ontvang waarin sy getuig dat sy ‘n sieklike familielid daagliks met CS dokter, en dat die lid se immuunstelsel nou al so opgebou is dat die sinusaanvalle, verkoues en blaasinfeksies van die verlede omtrent glad nie meer voorkom nie.

Nog skakels van Jenny:

Silverfacts

Colloidal Silver

Daar is heelwat terugvoer vanaf persone wat navraag doen oor Suidlander groepe of Suidlander funksies in hulle omgewing. Ons is huidiglik in die beplanningsfase om Suidlander Funksies vir die jaar te reel. Indien u nie reeds ingedeel is by ‘n Suidlander omgee groep in u omgewing nie sal dit dus raadsaam wees om so ‘n funksie by te woon aangesien u daar ingedeel kan word of kan kennis maak met mense in u omgewing.

Wanneer u deel raak van ‘n omgee groep raak u in werklikheid deel van ‘n familie wat self na mekaar se belange en veiligheid omsien. Ons vind dat omgee groepe baie hegte bande met mekaar smee, en mekaar in baie aspekte van die lewe bystaan. In die vinnige naamlose tyd waarin ons leef is dit goed om mense naby te he wat soos jy dink en voel, en bo dit, vir mekaar omgee en help.

Natuurlik is dit ook altyd goed om so ‘n funksie by te woon om eerstehands te kan hoor wat die nuustste verwikkeling is in die land en u omgewing.

Die Suidlanders beplan ‘n nuwe dimensie wat deel is van dit wat ons reeds in verskeie dvd’s aangespreek was, maar wat verseker die bande tussen ons mense nog stewiger sal smee. Dit het tyd geword dat onbenullige konflik onder ons eie mense aangespreek en tot ‘n halt geroep word, sodat ons as een Volk weer sal kan hoop kry vir ons toekoms in die land. Dit is verseker ‘n groot taak, maar om te begin is altyd beter as om net te praat.

Misdaad en die uitmoor van ons mense bly egter steeds die Suidlanders se fokus, maar dit het tyd geraak om die aspekte beter aan te spreek en na werkbare oplossings te soek om sodoende die veiligheid van ons mense te verseker, en dit is nie onderhandelbaar nie.

Hou gerus die web blad dop, die funksies sal hier bevestig word sodra die reelings in plek is.

Intussen kan die mense in die Pretoria omgewing solank 20 Februarie vanaf 18:30 op die kalender aanteken, meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

Newcastle se mense kan 21 Februarie gerus aanteken as die datum vir hulle funksie, meer besonderhede sal die week op die blad gepubliseer word.

Indien u ‘n funksie wil bespreek vir u omgewing kan u gerus vir ons deur gebruik te maak van die kommentaar funksie onder aan die pos kontak vir besprekings.

Op 22 Januarie is ‘n ANC-munisipale amptenaar van Pietersburg se huis afgebrand.

22 Januarie: Ikosi Mbongeleni Zondi, die kleinseun van ‘n gewilde Zulu koning, en persoonlike vriend en ondersteuner van Jacob Zuma, is doodgeskiet in ‘n sluipmoord aanval terwyl hy in Umlazi met sy voertuig gery het. Die aanvallers het met AK47 gewere op die voertuig losgetrek, sowat 50 rondtes is afgevuur.

Pietersburg: ANC burgermeester Ralepane Mamekoa is Saterdag aangeval by ‘n begrafnis van cholera slagoffers. Sy voertuig is beskadig na dit onder klippe gestook is.

5 Januarie: ‘n ANC raadslid, Jimmy Mohlala van Nelspruit, word voor sy huis doodgekiet deur aanvallers. Sy seun is gewond in die voorval.

In Welkom is twee ANC goedgesinde sakemanne, Patric Khumalo en Martin Matsela aangeval. Hulle het slegs ‘n paar huise van mekaar af gewoon in Jan Cilliers Park. Matsela is op die trappe voor sy huis doodgeskiet. ‘n Uur later terwyl die SADP by Matsela se huis was om die moord te ondersoek is Khumalo en sy vrou aangeval ‘n paar honderd meter verder van waar die SAPD besig was met die ondersoek van die eerste voorval. Khumalo en sy vrou het egter die aanval oorleef.

Verkeie COPE vergaderings is al sedert Desember ontwrig en persone wat die vergaderins wou bywoon is gedreig. In die meeste gevalle word die plek waar die vergaderings gehou word deur persone wat ANC t-hemde dra omsingel, hulle skreeu en raas dan so hard dat die vergadering letterlik nie kan voortgaan nie. Die SAPD moes al by van die vergaderings versterkings inroep om die oproeriges te verwyder.

‘n Senior Lid van COPE Mzonke Mayekiso in Alexandra is by ‘n vergadering deur ANC lede (wat Mayekiso herken) voorgekeer, en sy voertuig beskadig, ook was daar doods dreigemente tydens die voorval aan hom gemaak en COPE lede is sleg gese.

Die bo genoemde voorvalle is slegs dit wat in die media bespreek is, maar ek is daarvan oortuig dat daar baie meer voorvalle is as wat ons van weet. Hierdie voorspel ‘n donker tydperk wat hierdie jaar vir ons voorle met die aanloop na die verkiesing. Daar is bykans geen twyfel, gegewe die gebeurlikhede hierbo, dat ons verseker meer geweld sal begin sien onder die ANC en COPE ondersteuners nie. Dit is tipies “Afrika” politiek, hier word jy geskiet, vermoor en gedreig, en die een wat dit die beste doen is die een wat die meeste stemme werf.

Ons wens dus versoek dat mense hulle oe oop hou, en nie in omgewings ingaan waar daar massas saamdrom nie. Selfs net 20 f 30 oproeriges kan aansienlike skade aanrig. Vermy dus enige situasie waar jy tussen sulke groepe moet inbeweeg Al is jy dalk nie ‘n COPE of ANC ondersteuner nie, vrywaar dit jou nie van geweldadige optrede deur sulke “ondersteuners” nie.   

Hier is ‘n skakel na ‘n interessante artikel deur Iain Martin, uit die Britse “Telegraph” koerant.

Martin maak die argument dat die Britse regering nie weet wat hulle doen nie, die GBP37 biljoen wat die Britse regering in die ekonomie ingedruk het (3 maande gelede) moes die ekonomie reggeruk het, maar al wat hulle bereik het is om die banke nog 3 maande staande te hou (die banke is WEER in die moeilikheid).

Die artikel eindig met die woorde:

“In this gloom, the Prime Minister has but one slender hope: that somehow, by force of personality, the new President Obama engineers a rapid American recovery restoring global confidence, energising the markets and making us all forget this bad dream.

Obama is talented but he is not a magician. Instead, Gordon Brown’s nightmare, in which we are all trapped, is going to get much worse.”

In sy inhuldigingstoespraak het Barack H. Obama ‘n opmerking oor kommunisme gemaak, wat uitgesny is in enige nuusberigte in China (‘n kommunistiese land).  Blykbaar is die volgende dele van die toespraak, “Recall that earlier generations faced down fascism and communism not just with missiles and tanks, but with sturdy alliances and enduring convictions,” en “To those who cling to power through corruption and deceit and the silencing of dissent, know that you are on the wrong side of history, but that we will extend a hand if you are willing to unclench your fist,” verander, in die eerste geval is die verwysing na kommunisme verwyder, in die tweede geval is die hele stuk uit die toespraak weggelaat.  Nou wonder ons hoe die Suid-Afrikaanse regering (en hulle SAKP bondgenote) voel oor hierdie toespraak van BHO?

Oorspronklike artikel oor die China verandering is hier te vinde.

“The problem with socialism is that you eventually run out of other people’s money.” – Margaret Thatcher

Hier is twee handige artikels (met ‘n Amerikaanse inslag) oor hoe om dit te hanteer indien jy in ‘n betoging of sosiale onrus vasgevang word:

Skakel na eerste artikel

Skakel na tweede artikel

‘n Belangrike punt is om goed ingelig te wees.  Baie mense weier om na sekere radiostasies te luister terwyl hulle ry, en luister eerder na ‘n radiostasie soos Classic FM of na ‘n kompakskyf.  Die verkeersverslae en nuusberigte op van die radiostasies (waarna dan nou nie geluister word nie) is egter baie handig om op hoogte te bly van die nuutste nuus/verkeersprobleme, veral as jy in die stad iewers heen op pad is (buite die gebied wat jy gewoonlik rondry).

Die WHO (“World Health Organisation”) publiseer gereeld rapporte op hulle webblad met statistiek oor die cholera situasie in Zimbabwe. Dis egter redelik moeilik om die tabelle van statistieke te interpreteer (behalwe vir die kumulatiewe totale van gevalle en sterftes).

Iemand het die moeite gedoen om ‘n grafiek teenoor tyd te trek van die voorkoms van cholera, asook die aantal sterftes. Kliek op hierdie skakel om die grafiek te sien.

Hierdie grafiek is opgestel op 9 Januarie. Intussen (volgens News24) het die dodetal tot oor die 2200 gestyg. Dit is baie duidelik uit die grafiek dat die gevalle (en sterftes) steeds stygend is, al vinniger om die waarheid te se. Dit is redelik om te verwag dat die grafiek ‘n klassieke klok-kurwe sal vorm wanneer die behandeling van liefdadigheidsorganisasies begin vrugte afwerp.

Dit is duidelik dat die piek van die kurwe nog nie in sig is nie.  Om die waarheid te sê, die groeikoers uit die grafiek toon syfers van gemiddeld ongeveer 25-30 sterftes per dag (ongeveer 1700 in twee maande).  Die laaste twee syfers vanaf die WHO is 2053 op 12 Januarie, en 2225 op 15 Januarie (amper 60 per dag).

Dit lyk dus asof die sterftesyfer besig is om te versnel (drie dae is wel ‘n baie kort tydjie om ‘n afleiding te maak, net die tyd sal leer).