Archive for Oktober, 2008

Daar is oor die naweek ‘n opmars deur Zulu mans na Johannesburg bevestig deur Lukas Swart van AKSKA. Alhoewel daar op hierdie stadium slegs spekulasie is rondom hierdie opmars, kan daar in die heersende politieke omstandighede gespekuleer word dat dit heel moontlik verband hou met die skeuring in die ANC.

Lees gerus meer oor die opmars op die AKSKA weblad

Daar is reeds verskeie persone wat gewaarsku het dat ons ‘n geweldadige verkiesingstyd mag ingaan, en so ook is dit vanmiddag weereens bewys in Gugulethu onder in die Kaap, alhoewel daar nie groot geweld uitgebreek het nie is dit redelik om te aanvaar dat geweld wel sou uitbreek indien die SAPD nie betyds ingegryp het nie, lees die berig op NEWS 24.

Rapport het ook vandag ‘n berig rondom die politieke geweld geplaas, u kan dit hier lees.

Die politieke atmosfeer het redelike temperatuur opgetel oor die laaste week en is dit heel moontlik dat dit binne die volgende paar weke tot kookpunt gedruk kan word. Hierdeur word nie noodwendig geimpliseer dat die blankes in die proses ook aan die ontvangkant kan wees nie, maar daar is altyd ‘n moontlikheid dat die situasie so kan hand uitruk dat elke burger in die land in gevaar kan wees. Hou dus die gebeure met ‘n valkoog dop, wees op die uitkyk vir opstruksies in paaie en vermy enige samedromming van mense, al beteken dit om eerder om te draai en ‘n ander verder of meer tydsame roete na jou bestemming te neem.

Moet nooit in enige van hierdie situasies paniekerig raak nie, hou kop en oorweeg altyd eerder jou en mense saam jou se veiligheid as eerste prioriteit, eerder as om sterk en heldhaftig te wil wees. Ons is redelik seker dat daar ‘n opbou van spanning tussen die twee opponente sal wees, en dat die geweld indien dit sal eskuleer eerder aanvanklik gekonsentreerd sal wees tussen die twee strydende partye, ons het egter al baie in die verlede gesien hoe daar soms onskuldige partye tydens sulke geweld kan seerkry.

ons versoek ook persone wat bewus raak van enige geweld wat uitbreek om ons dadelik te kontak en ons dienooreenkomstig in te lig.

Volgens die onafhanklike verkiesings kommisie is daar tekens dat daar geweld mag uitbreek voor volgende jaar se verkiesing.

Die verklaring deur die OVK kom ‘n dag nadat daar by ‘n byeenkoms waar Terror Lekota en Mbhazima Shilowa begroet was met slagspreuke soos “Kill Lekota, kill Shilowa”.

Die Suidlanders sien ook hierdie uitlatings as uiters gevaarlik aangesien dit daarop dui dat die SAKP, ANCYL en ander ver linkse ekstremistiese ondersteuners enige een wat hulle teenstaan nie net sien as ‘n bedreiging nie, maar selfs volgens hulle eie woorde, bereid sal wees om geweld te gebruik en selfs te moor om hulle doelwitte te bereik.

Hierdie tipe van demokrasie is ‘n spieelbeeld van onlangse gebeure in Zimbabwe en Rwanda waar politieke teenstand dood eenvoudig met geweld geintimideer is. Indien sulke optrede en uitlatings nie deur die heersende ANC regering aangespreek word nie (wat wel die geval is) dui dit daarop dat hulle dit dus hulle stempel van goedkeuring daarop plaas om sodoende ‘n oorwinning by die stembus te kan behaal.

Indien politieke geweld in die land sou uitbreek is dit bitter moeilik om te voorspel waar dit sal stop. Die temperatuur onder die meeste van die ANC ondersteuners het heelwat gestyg die laaste ruk, en dit kan duidelik gesien word op ‘n daaglikse basis deur net die koerante oop te slaan. Daar bestaan absoluut geen demokratiese oortuigings by hulle nie en soos gewoonlik sal daar weereens heelwat bloed vloei en lewensverlies wees voor die stembusse gaan sluit volgende jaar.

Dit laat mens net wonder wat sou gebeur indien daar ‘n wonderwerk gebeur wat die mag van die ANC sou verdeel.

Lees die oorspronklike berig op NEWS 24   

Ons het die volgende waarskuwing vanaf leser IP ontvang, en voel dat dit uiters belangrik is dat mense hierop let. Moet ook asb nie dink dat indien u nie in Pretoria woonagtig is dat u van sulke situasies vrygeskeld is nie.

DIT GEBEUR BY MEER SKOLE AS WAT EK GEDINK HET, EK HET AL ‘N PAAR E-MAILS VAN ANDER MENSE GEKRY, SOOS DIE EEN HIERONDER!!

Dit is met ‘n baie swaar hart wat ek vandag hierdie email vir julle almal aanstuur, en ek wil julle asb vra om dit vir almal in die Moot omgewing te stuur sodat hulle op die uitkyk kan wees vir hierdie kar met sy insittendes.

Charcoal Toyota Corola, Boks shape REG: RNN439GP

‘n dogter (Megan), en haar beste maaitjie van laas jaar is vanmiddag helder oordag en met ander kinders om haar, geroof, en amper in die kar in gebondel. Die kinders het uit die skool gestap (Wonderboom Suid Hoërskool), sy het haar ma ‘n please call me gestuur want haar Ma kom haal haar elke middag, daar was kinders om haar, seuns sowel as dogters, die seuns het totsiens gese en net die meisies het daar gestaan, ‘n man (swart) het uit ‘n Charcoal Toyota Corola, Boks shape REG: RNN439GP geklim en na die meisies toe geloop, (DIE TWEE MANS NET SOOS OUERS WAT VIR HUL KINDERS WAG TUSSEN AL DIE ANDER MENSE GEPARKEER WAS EN EERS NIE VERDAG GELYK HET NIE) hy het reg voor hul gaan staan, haar foon uit haar hand uitgeruk, en haar saam met hom probeer vat en in die kar in probeer druk, almal het gegryp, geskree en gehelp en gelukkig die skurke met lee hande daar weg gejaag…..

Sê ASB VIR ALMAL OM OP DIE UITKYK TE WEES VIR DIE KAR:

Charcoal Toyota Corola, Boks shape REG: RNN439GP

VRA ASB JULLE KINDERS OM NIE MET HUL FONE IN DIE STRAAT TE LOOP NIE, EN OOK NIE EERS VIR IEMAND DIE TYD TE GEE DEUR OP HUL FOON TE KYK NIE, WAT NOG VAN OP DIE FOON LOOP EN PRAAT!!!!

Ons moet rerig begin uitkyk vir ons kinders, want as ons as ouers en skole nie bymekaar staan nie, wie gaan??? Dinge raak nou rerig te erg, en ons kan nie meer net toeskouers wees in ons eie lewens nie, dis tyd dat ons almal begin help om uit te kyk vir ons kinders, en vir mekaar, daarom doen ek vandag ‘n beroep op al my vriende, Help Sê asb dat ons, ons land weer kan regruk, een stappie op ‘n slag.

Moot wyk area kontak vir Sersant M Rothmann by 0723092672 en gee vir haar die inligting, en hulle sal help. Pretoria Moot Polisie stasie  012 3535 441 .

(Ek het reeds met Sersant Rothmann gepraat en sy is reeds bewus van die voorval wat vanmiddag plaas gevind het!!)

Waarsku asb soveel mense as wat julle kan, en vra dat julle kinders binne die skoolgronde vir julle wag!!

Ons kry baie navrae van Suidlanders wat tweerigting radios wil koop. Hier is net ‘n paar punte om in gedagte te hou:

Enige radio groter as die goedkoop radiotjies wat by buitelewe winkels verkoop word (bv. Zartek, Oregon Scientific ens) het ‘n lisensie nodig. Selfs burgerband radios (“CBs”). Burgerband radios is maklik om te verkry, en goedkoop.

Een radio help mens nie veel nie. Jy moet vooraf beplan MET WIE jy wil praat, en daardie persoon moet ‘n soortgelyke radio besit (wat op dieselfde frekwensie geprogrammeer kan word), en daardie persoon moet WEET jy wil met hom praat (d.w.s. daar moet ‘n tyd-skedule vir kommunikasie wees).

Enige van die bekende name is betroubaar. Dink aan Kenwood, Alinco, Midland, Yaesu, Icom, Motorola ens (die lys is NIE volledig nie).

Jou radio-stasie is net so goed soos jou antenna. ‘n Nuwe R10 000 HF amateur radiostel in ‘n voertuig met ‘n 3m “whip” antenna gaan swakker werk as ‘n tweedehandse, R1000 stel met ‘n hoog-geplaaste, korrekte lengte dipool antenna.

Ons het dit voorheen gesê, en sê dit weer: ons beveel enigiemand wat belangstel in kommunikasie (landwyd, sonder infrastruktuur) aan om die radio-amateur eksamen af te lê. Verskeie Suidlanders het die pas afgelope eksamen (Oktober) afgelê, die volgende geleentheid is eers in Mei 2009.

Die selfoon industrie sou nie bestaan het as dit eenvoudig en verniet was om met ‘n radio die hele land vol te kan praat nie. Langafstand radio kommunikasie neem toewyding en moeite (dis hoekom daar ‘n stokperdjie soos amateur radio bestaan).

Ons doen ook ‘n beroep op enige bestaande Suidlander radio-amateurs (wat bereid sal wees om te help met kundigheid en toerusting indien daar groot moeilikheid kom) om ons te kontak sodat ons daardie faktor in ons beplanning kan inkorporeer.

Leser J het die berig aan ons deurgestuur.

Straatnaamkwessie ‘n krisis, sê VF Plus
Geskryf deur verslaggewer
Donderdag, 23 Oktober 2008

“Die ANC se roekelose hantering van die straatnaamkwessie in Pretoria
het nou krisisafmetings aangeneem en verg nou dringend ingryping.”

Dit was die reaksie van die VF Plus se LP en voorsitter in die
Groter-Pretoria streek, Willie Spies, op die geweld wat gisteraand in
die Pretoria-Noord stadsaal uitgebreek het tussen strydende faksies
oor die naamkwessie.

Die geweld het uitgebreek toe ‘n swart inwoner ‘n wit inwoner, volgens
berigte van agter met ‘n stoel geslaan het. Tydens die daaropvolgende
hewige argumente is ‘n wit inwoner gearresteer, terwyl die persoon wat
die aanval met die stoel geloods het nie eens aangespreek is nie – hy
is trouens later weer deur die organiseerders van die vergadering na
die verrigtinge teruggenooi.

Spies het gesê die saak moet nou uit die hande van die plaaslike ANC
geneem word omdat die ernstige spanning wat deur hulle aksies geskep
word, ‘n landswye impak kan hê. Die party het gesê dat hy sy
voorbereiding van regsaksie teen die stadsraad gaan versnel om die
proses so gou moontlik onwettig te laat verklaar deur die howe.

Mense, dinge is besig om baie gespanne te raak, en aggressie bou op.  Daar was gister-aand tydens ‘n vergadering oor Pretoria se straatname ‘n bietjie geweld onder die mense.  Daar is sprake van ras-geweld.  U kan die hele storie lees op http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2414483,00.html

Ons het ‘n bydrae van leser DirkB ontvang rakende mid-band BHF radios (dis nou die Burgerlike Beskerming, of “Marnet” radios wat voorheen deur boeregemeenskappe gebruik is).  Moenie Burgerlike Beskerming radios met Burgerband (CB) radios verwar nie.

Dirk skryf dat daar reeds derduisende van hierdie radios in omloop is (BAIE boere het die radios gehad, en in baie plekke het die netwerk heeltemal platgeval toe die ANC regering/polisie die Burgerlike Beskerming stelsel ophou ondersteun het).

Dirk noem verder dat hierdie midband radios (wat op ongeveer 70 MHz werk eerder as die standaard 136-174MHz BHF radios) ook ‘n langer reikafstand het as gevolg van die laer frekwensie.

As iemand wat in die radio-industrie werk (en dus daagliks met die probleme te doen kry), noem hy laastens dat, indien ‘n burgeroorlog in SA uitbreek, hy definitief eerder ‘n midband BHF radio in sy voertuig sal wil hê as ‘n hoë-band BHF radio.

Dankie Dirk.

Ons het die volgende bydrae ontvang vanaf leser MB wat op die artikel op die internet afgekom het:

ANCYL Training Camps Discovered

A series of training camps run by the militant ANC Youth League have been discovered in Eshowe, Kwa-Zulu Natal. One report has 500 ANCYL members stationed at the camps, training in a military boot-camp style.

The Freedom Front Plus warned in an October 6th press release that the ANCYL where busy undergoing military training in camps is a volatile sign, considering the recent political unrest in South Africa and recent statements made by ANCYL leaders. Isaac Mahlangu, the secretariat-general of the Youth League, allegedly call for members to murder the cockroaches that stand in our way, reminiscent of similar outbursts over Hutu-radio stations during the Rwanda genocide in 1994. ANCYL leader Julius Malema recently said the group would kill for (ANC Party leader) Jacob Zuma, and Zuma himself is infamous for singing Bring Me My Machine Gun at rallies.

The ANC has acknowledged the camps, saying they were being erected for so-called war veterans that did not integrate in the national army. The problem is that many of these war veterans where no older than seven at the time.

Many are concerned that the discovery of these camps points to hard evidence of plans for Uhuru, or Night of the Long Knives, a belief that blacks are planning to go on a pre-meditated genocide of whites in South Africa. A comparable analogy can be made to the Rwanda Genocide, which was the result of years of muffled conflict and did not happen on impulse. As early as the fifties and sixties, Communist manuscripts stated that that whites and anyone who has colonial ambitions must be subject to a aggressive and ruthles dictator. During the early 1990s, blacks started singing songs that illustrated the danger white people where in. And who would forget the picture of Nelson Mandela and Kasrils as members of the MK pledging to kill white people. Black activist Joe Slovo also swore an oath to move with their machine guns in white cities and to shoot the whites.

Lees gerus die artikel op The Right Perspective:

Nota deur Adjunkredakteur: Die feit dat hulle hier praat van the cockroaches” is ‘n duidelike aanduiding van De-Humanisasie wat op die 3de vlak voorkom van Volksmoord per definisie volgens Artikel II van die Konvensie vir die voorkoming en strafgerig vir Volksmoord. Die feit dat die regering ook die opleiding probeer regverdig met die ongeldige redenasie dat die persone ou MK lede is wat nie in die SANDF opgeneem is nie, is niks anders as ‘n ontkenning van ‘n probleem wat aanleiding kan gee tot baie negatiewe gevolge vir die inwoner/ burgers van die land. Ontkenning is ook te alle tye teenwoordig waar Volksmoord plaasvind.
Die persone wat die opleiding ontvang het hulle self ook gedoop as die SAUIF (South African Unintergrated Forces). In ‘n ander berig (op News24) is daar ook deur die leier van die groep aantuigings gemaak dat daar reed meer as 11000 lede opleiding voltooi het en dat daar sulke kampe in ELKE provinsie teenwoordig is.
Wonder net wat die regering sou doen as die Blankes sulke para millitere opleidingskampe sou bedryf en ons self die  SACF (South African Concerned Forces) sou noem?

‘n Suidlander Funksie sal op Saterdag 25 Oktober by die Midvaal Renbaan plaasvind om 14:00. Die spreker sal die Onderleier van die Suidlanders, mnr Johann Le Roux wees.

Die roete aanduidings is as volg;

As jy van Johannesburg af kom, neem jy die R59 Na Meyerton. Neem dan die Johan Le Roux afrit na die Meyerton CBD. By die stop draai links. Ongeveer 100meter sal jy nog n stop kry, met n Zenex vulstasie op die Regter kant. Oorskry die stop en ry oor die brug. Onder die brug sal n treinspoor wees, met n industriële gebied aan jou linker kant.

Aan die onderkant van die Brug sal jy weer n stop kry, aan jou regterkant sal jy African Products sien, Oorskry die stop ook. Ongeveer 300meter sal jy weer n stop kry, met n Engen vulstasie aan jou regter kant en n brandweer stasie aan die linker kant. Oorskry die stop ook. Jy sal dan n rugby veld sien aan die linker Kant, en dan n stop Kry. Draai regs by die stop. Jy sal dan in Verwoerd laan wees. Volg die pad tot dat jy weer n stop kry met n Engen Vulstasie op jou regter Kant. Draai links en volg die pad.

Ongeveer 200 meter verder sal jy oor n brug ry, wat die Kliprivier oorskry. Ry reguit aan tot jy verby die begraafplaas aan jou linkerkant verby gaan gevolg deur n stop. Jy sal oplet dat n renbaan langs die stop geleë is. Draai links by die stop, en ongeveer 200 Meter draai weer links by die renbaan in. Die plek se naam is Midvaal Ren baan.

As jy van Vereeniging se kant af kom, neem die R59 Tot by Johan Le Roux Afrit, en volg die instruksies Bo.

Volgens statistieke wat saamgestel is deur “The Earl of Stirling” lyk die syfers as volg:

50% Kans vir ‘n streeks oorlog in die Midde Ooste kan uitbreek voor middel Januarie (3 maande van nou af).

25% kans dat grootskaalse konflik in die Midde Oostelike streek kan uitbreek binne die volgende 2 weke. (Oktober).

95% kans vir grootskaalse oorlog in die Midde Oostelike streek wat kern, radiologiese, chemiese, gevorderde biologiese en gevorderde konvensionele wapens aangewend kan word.

100% kans dat Amerike in ’n oorlog in die Midde Ooste betrokke sal wees.

85% Kans dat die Europese Unie betrokke sal wees in ‘n Midde Oosterse konflik.

95% Kans dat NATO tot ‘n konflik in die Midde Ooste sal toetree.

99% Kans dat een of meer Europese lande betrokke sal wees by grootskaalse konflik in die Midde Ooste.

85% Kans dat ‘n volskaalse konflik in die Midde Ooste kan aanleiding gee tot ‘n biologiese oorlog binne die grense van Noord Amerika en Europa, en dat dit dan wereldwyd kan versprei. Die biologiese oorlog sal gevoer word teen die publiek woonagtig in die lande aan die ontvangkant, met ‘n minimum sterfte syfer van 30% van die publiek. Dit kan aanleiding gee tot millitere kwarentyn en beheer oor die publiek.

90% Kans dat grootskaalse konflik in die Midde Ooste en die gepaardgaande biologiese oorlog kan aanleiding gee tot ‘n wereld oorlog met die volle gebruik van kernwapens en ander gevorderde wapentuig. Die vermoede is dat meer as 10 000 kernwapens in die Noordelike halfrondte kan ontplof.

66.6% kans dat jy kan sterf in die geval van ‘n oorlog in Iran (ek neem aan die syfer is vir persone in die Noordelike Halfrondte)

Gebede vir almal is in orde

Nota: hierdie syfers is verkry vanaf ‘n dokument opgetrek deur Stirling, en die Suidlanders kan nie bevestig op watter gronde die syfers saamgestel is nie. Die Suidlanders publiseer slegs die syfers aangesien dit baie interresante leesstof uitmaak, en omrede dit stof tot nadenke gee.