Archive for Oktober, 2008
Die VSA het verlede week ‘n aanval op Sirie gemaak waarin 8 mense dood is – as waarskuwing aan Sirie. Dinge is op die oomblik baie gespanne daar. Die VSA het sy ambassade in Damascus gesluit.
Vir die van julle wat nie verstaan waar Sirie en Damascus inpas nie. Damascus is die hoofstad van Sirie, en dit is wat die Bybel vir on se met Damascus gaan gebeur. (Jes 17:1) Godspraak oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ‘n vervalle puinhoop word.
Dit sal heel moontlik moet gebeur voor die 3e wereld-oorlog uitbreek, aangesien Sirie nie genoem word as een van die lande wat deel gaan he aan die oorlog nie – al is hulle in die middel van die oorlogs-area.
Vir die persone wat belangstel in die tegnologiese ‘gadgets’, gaan loer gerus by http://www.technopro.co.za/ Hulle het alles van kameras, verkykers, teleskope (vir sterre en gewere), flitse, nag-visie en nog baie meer. Baie interessant.
Ons vra omverskoning dat die web blad vanoggend af was, dit was as gevolg van die hoeveelheid verkeer wat ons blad huidiglik ondervind wat meer was as die beskikbare bandwydte wat ons het. Ons het egter die bandwydte verhoog om die geweldige hoeveelheid verkeer te kan hanteer.
Graag wil ek almal bedank wat die webblad so goed ondersteun, en vertrou dat ons binnekort weer nodig sal he om die bandwydte te verhoog.
Dankie vir almal wat laat weet het van die probleem, dit wys net weereens hoe belangrik die inisiatief vir ons mense is.
Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN
Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.
Waar songloed in glorie die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika.
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika.
In reaksie op die klippe op die pad, het ons die persoon opgespoor wat die klip-skraper maak wat vooraan ‘n voertuig aangesit kan word waarmee klippe uit die pad gestoot kan word. Hy noem dit ‘n vooros. Dit weeg tussen 40-50kg dit is uit 6mm plaat gemaak en is nie baie swaar nie (en aerodinamies). Dit word met 20mm round bar aan jou bakkie of motor gemonteer. Die vooros haak net aan en is baie maklik om deur een man op te sit. Hy monteer dit op jou voertuig met ‘n paar slotte waar die vooros net in slot en dan met splitpins in plek gehou word. Hier is ‘n paar foto’s.

Hy het ook ‘n fiets battery laaier. Jy hoef nie lank te trap nie miskien een tot twee minute net om die 12v motortjie aan die gang te kry dan klim jy af en die motortjie sal dan die trapwerk doen. Jy kan die stelsel 24/7/365 laat hardloop jaarin en jaaruit (solank as wat die onderdele hou). Die prinsiep werk van ‘n motorkar alternator af. Die stelsel is kompak en kam maklik opgepak en in jou sleepwa/karavaan verpak word.
Dan het hy die volgende. Parrafien stoffie en geyser gekombineerd aan een. Werk met so 4-6 bar druk wat jy met ‘n fiets pomp oppomp en dan brand die ou laat dit bars. Met 5L parrafien kan vir 5 mense vir 30 dae drie keer per dag kos gemaak word en een keer bad. Jy het binne 20 sek warm water en 30 sek kook water. Hy kan ook parrafien yskaste en deep-freezers bekom, en het gel stoffies en gel brandstof beskikbaar.
Met sy toestemming plaas ek sy besonderhede hier. Dis JJ Beukes – 0832637228. Kontak hom gerus indien u wil bestel of indien u meer inligting verlang.
Jan Lamprecht van African Crises het ‘n deel van ‘n video wat op 25 Oktober op SABC 3 se Nuus uitgesaai was opgeneem. In hierdie video word die ANCYL se lede opgesweep om die opposisie te vermoor.
Die persoon se woorde as volg: ““You are the eyes and ears of the ANC… you are the foot soldiers of the ANC… you are the defenders of the revolution… You are the prosecutors of the revolution, and when they (the black opposition) arrive here, they must find you on guard… they must find you ready… AND YOU MUST KILL THEM!”
Die tipe uitlatings is uiters gevaarlik en gaan verseker tot geweld aanleiding gee in Suid Afrika. Aan die ontvangkant gaan verseker eerstens die “swart opposisie” wees. Die vraag is egter of dit net by die “swart opposisie” gaan bly?
Hierdie tipe uitlatings bevestig weereens dit wat die Suidlanders al reeds lankal oor waarsku, hier is geen verdraagsaamheid teenoor enige persoon wat nie saamstem met die ANC se beleidsrigtings nie, en daar is selfs die bereidwilligheid onder sommige ANC ondersteuners om te moor om sodoende hulle doelwitte te bereik.
Wanneer sulke uitlatings gemaak word gaan dit die gemeenskappe in en raak dit deel van hulle visie, indien daar later soms “onverskoning” gevra word vir die tipe uitlatings, is dit nie iets wat deur die ondersteuners vergeet word nie. ‘n Voorbeeld hiervan is Mamela se uitlatings “we will kill for Zuma”, hierdie nuutste uitlatings is net ‘n verlengstuk van dit wat Mamela reeds voor “omverskoning” gevra het
Hoe is dit moontlik dat radikale ANC ondersteuners hierdie tipe uitlatings kan maak sonder om vervolg te word? Wat sou gebeur as ons die blankes sou aanspoor om die “opposisie” te vermoor, sou hulle ons ook maar net toelaat om dit te doen sonder om ons te vervolg?
Die video kan HIER gesien word.
Lees ook Jan Lamprecht se kommentaar op African Crises
This article was send in by reader “357″
By Greame Hosken
South Africa’s house robbers are becoming more violent as attacks against home owners escalate.
This was the message from University of South Africa crime researcher Rudolph Zinn when he spoke in Pretoria last week. Zinn has recently finished a report on the profiling of South African house robbers that it is hoped will assist in the fight against crime.
Zinn interviewed 30 prisoners held in six Gauteng prisons for house robbery, a sub-category of robbery with aggravating circumstances.
Between the 2002/2003 and 2006/2007 financial years, house robberies increased by 29 percent, with 12 761 attacks occurring in the 2006/2007 financial year.
Between the 2006/2007 and 2007/2008 financial years, these attacks increased by 25 percent, with 40 house robberies occurring every day, 20 of them taking place in Gauteng,” he said.
The study revealed that those interviewed had, in total, committed 2 099 crimes, with 20 of the offenders admitting that they were involved in 2 051 crimes, which they had yet to be convicted for.
Zinn said 83 percent of those surveyed were South Africans aged between 19 and 26, 76 percent of them having left school between grades 8 and 12.
The study also shows that 97 percent use guns in the attacks, 30 percent commit murder, and 13 percent rape and torture their victims.
This article was originally published on page 3 of The Mercury on October 27, 2008
Ons het op hierdie webwerf afgekom wat ‘n paar oorlewingsmites “ontmasker” – “Survival Myths Debunked”.
Op die webwerf is daar ook baie ander oorlewings-gerigte artikels – kyk gerus rond, daar is baie nuttige inligting op die blad. Hier is ‘n skakel na die indeks: M4040 Oorlewing
Net soos wat mens begin dink ons is heeltemal alleen in ons oortuiging dat die ergste nog op pad is, kom daar ‘n nuusberig oor jou pad wat jou wys, daar is ander wat ook dink hier kom moeilikheid…
In Europa (veral Duitsland) het die mense nog nie vergeet hoe min geld werklik werd is, nie. (Papier)Geld is net iets werd solank as wat ons almal ooreenkom dat dit iets werd is. Lees gerus hierdie berig oor Europeers wat voorberei vir moeilike tye…
Vir die wat nie weet waarna die artikel verwys nie, Google self “Weimar Republic” en gaan na die Wikipedia bladsy. Lees die stuk oor ekonomiese probleme.
Leser Nats het ‘n geldige vraag wat gevra word rondom die versorging van baba’s in ‘n vlugteling situasie.
In so ‘n noodsituasie is weggooibare doeke ‘n probleem met betrekking tot spasie in die voertuig en sleepwa, veral as mens regmaak vir ‘n langer tydperk as net ‘n paar dae. Wasbare doeke vereis weer meer water en natuurlik seep. Ek persoonlik sal eerder as gevolg van spasie probleme en moontlike higieniese omstandighede verkies om eerder die wasbare doeke saam te neem. Water behoort op die meeste vlugtelingspunte genoegsaam te wees om vir moeders voorsiening te maak om doeke te was. Dit sal meer spasie (en finansies) beskikbaar maak vir ander lewens noodsaaklikhede soos kos.
Nats het ook ‘n vraag rondom soya vleis, en maak die stelling dat dit na ‘n ruk nie so goeie gedagte sal wees om elke dag daarop te leef nie. Ek stem saam en daarom is daar baie resepte vir ander tipes kos. Maak biltong, vries dit en neem dit saam. Daar is ook reeds op die blad onder resepte verskeie idees rondom kos geplaas.
Indien daar enige persone is wat ook kan raad gee met betrekking tot die versorging van baba’s in die veld sal ons dit waardeer om vir ons te laat weet hoe julle beplanning daarna uitsien, veral baba kos, doeke en klere!
